De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

Hoe behandel ons gedigte in die klas??

Verwante presentaties


Presentatie over: "Hoe behandel ons gedigte in die klas??"— Transcript van de presentatie:

1 Hoe behandel ons gedigte in die klas??
KENMERKE

2 Wat is poësie? Dit is ‘n genre wat geskryf word om liefde, pyn, toewyding, bewondering, ens. uit te druk. Poësie maak hoofsaaklik gebruik van ritme, figuurlike taalgebruik, beeldspraak, klankeffekte en gevoelstaal om gedagtes en gevoelens by die leser te ontlok. Dit kan in ‘n spesifieke vorm (gebruik gewoonlik versreëls en strofes) of in vrye versvorm geskryf word.

3 Waarom die studie van ‘n gedig?
Die leser bestudeer ‘n gedig om: te verstaan, te verklaar wat die digter sê en die gedig as ‘n eenheid te waardeer.

4 Wat sê die KABV? Huistaal verstaan die bedoelde boodskap of tema van ‘n gedig deur aan die volgende aspekte aandag te gee: letterlike en figuurlike betekenis stemming beeldspraak tema en boodskap stylfigure, woordkeuse, toon, retoriese middels, emosionele reaksies, versreëls, strofes, punktuasie, verbande, refrein, herhaling, tipografie, enjambement en klankeffekte (alliterasie en assonansie, rym, ritme, klanknabootsing)

5 Digvorme en -strukture
Gedigte is gewoonlik in versreëls en strofes geskryf, nie in sinne en paragrawe nie. ‘n Gedig hoef nie noodwendig te rym nie. ‘n Digter kan sy eie vorm bepaal, bv. met ‘n vrye vers. ‘n Digter gebruik die voorgeskrewe vorm/skema/raamwerk as hy/sy ‘n sonnet dig. ‘n Digter het die vryheid om woorde te gebruik wat afwyk van die aanvaarde taalreëls, ten einde betekenis oor te dra Daar is verskillende soorte gedigte afhangende van die struktuur wat gebruik word. As ons die struktuur van gedigte bestudeer, kyk ons na die lengte van die gedig, rympatrone en vers- en strofebou

6 Die belangrikste vrae Wat sê die gedig? (Wat is die betekenis/doel daarvan?) Wie praat? Hoe word die betekenis/doel oorgedra? ‘n Sekere Willem de Vos was bang dat sy meisie hom los Hy maak toe sy somme en koop vir haar blomme, maar sy’s allergies en het hom gepos. [Limeriek deur C. Ferreira]

7 ASPEKTE VAN GEDIGTE Titel –Vertel dit iets van wat gaan volg? Letterlik/figuurlik? Woordgebruik – watter woorde word gebruik om betekenis oor te dra? Verstaan sommige woorde nie? Die spreker – Wie praat in die gedig? Dit is baie keer nie die digter nie, hy/sy dra ‘n masker. Die aangesprokene – met wie praat die spreker? Stemming of toon – die spreker se houding teenoor die onderwerp of die leser? Inhoud – waaroor gaan die gedig? Tema – Wat is die hoofgedagte? Progressie – stappe van ontwikkeling binne die gedig. Digvorm of Bou - in watter vorm word die inhoud weergegee. Bv. Sonnet, vrye vers, ens.

8 RYM Het ‘n bepaalde funksie
Lewer ‘n bydrae om die skoonheid van die gedig te verhoog Rym is een van die klankelemente in die poësie.

9 VERSTEGNIESE ASPEKTE Rymskema: Paarrym bv. aa bb cc
Kruisrym bv. abab cdc Omarmde / omarmende rym bv. abba cddc Gebroke rym bv. abcb defge Geen vaste rympatroon bv. abcd efgg addh Vrye vers bv. wanneer geen woorde opsigtelik rym nie Binnerym bv. wanneer woorde binne ‘n versreel met mekaar rym Ritme – Dit is die musiek in poësie, die beweging, die vloei of die “dans”. Dit dra betekenis, stemming en toon van die gedig Hoe die gedig voorgedra word. Hoe die gedig voel. Metrum – vaste ritmiese patroon, gebaseer op beklemtoonde en onbeklemtoonde lettergrepe

10 Soorte strofes Koeplet : 4 opeenvolgende versreëls Tersine : ‘n Strofe met drie versreëls Kwatryn: ‘n Strofe met vier versreëls Sonnette: Italiaanse sonnet – eerste agt versreëls vorm die oktaaf laaste ses vorm die sestet die oktaaf gee ‘n beeld of beskrywing die sestet gee ‘n verdieping of toepassing. Engelse sonnet – drie kwatryne en rymende eindkoeplet.

11 Digterlike Vryheid – digters het die “reg” om taalkovensies na vrye keuse te gebruik of aan te pas. Bv. geen punte, kommas, hoofletters, woordorde verander. gewoonlik ter wille van rym of metrum

12 Stylfigure en *Beeldspraak
*Vergelyking Ons vergelyk twee dinge of sake met mekaar. Ons kyk na ‘n spesifieke eienskap. Soek na die volgende woorde: soos; net soos; as; nes; asof *Metafoor Ons vergelyk twee dinge of sake direk met mekaar is ; word *Personifikasie Ons gee menslike eienskappe aan ‘n dier of voorwerp Alliterasie herhaling van die dieselfde medeklinker / konsonante

13 Assonansie wanneer die vokale van twee of meer woorde herhaal word. Ellips… / Stippels... Die digter laat woorde weg om die leser se aandag op iets te fokus of om die sin meer dramaties te maak Enjambement Die sin eindig nie met die laaste woorde van die reël nie, maar loop oor in die volgende reël. Enjambemente lei die aandag van die rym weg. Dit kan die tempo van die gedig versnel / vinniger maak of vertraag / stadiger maak. Herhaling / Repetisie Ons herhaal klanke, woorde, sinne, versreëls en strofes Dit versterk (emphasizes) die indruk of Beklemtoon ‘n idee. “ boeke, boeke, boeke, bokse vol boeke, net waar jy kyk

14 Sarkasme Die digter/skrywer sȇ iets op ‘n humoristiese manier, maar dit is skerp en dikwels die waarheid. Ons moet daaroor dink en iets daaraan doen. Satire vermaak ons maar voed ons ook op. Ironie ‘n Situasie wat die teenoorgestelde is van dit wat ons verwag. “Stilbly is ook ‘n antwoord.” Retoriese vraag Die digter/spreker vra ‘n vraag, maar verwag nie ‘n antwoord nie, want die antwoord is logies Dit word gebruik om die gedig dramaties te maak Die leser word direk betrek Die digter/spreker lug sy mening. Bv. “Het ek nie vir jou gesȇ dit sal gebeur nie?”

15 Literêre kenmerke van poësie
BEGRIPPE WAT LEERDERS MOET KEN! figuurlik antiklimaks kontras sinekdogee versreëls letterlik klimaks litotes sinestesie enjambement tema antitese satire woordspeling strofes boodskap antonomasia metonimia sinspeling verbindingswoorde stylfigure elisie oksimoron repetisie punktuasie beeldspraak eufemisme onomatopee pouse klankeffekte vergelyking hiperbool paradoks woordkeuse alliterasie metafoor humor sarkasme klank assonansie personifikasie ironie simboliek stemming rym

16 VOORBEELDE 1 So stadig soos ‘n trapsuutjie VERGELYKING 2
Die renosterstroper is ‘n lunsriem METAFOOR 3 Ek huil oor elke dag wat sterf PERSONIFIKASIE 4 My seun wees getrou aan jouself, jou ouers, jou naaste en – jou hond ANTIKLIMAKS 5 Lang vingers hê EUFEMISME 6 Man, jy is darem slim (gesê vir iemand wat dom is.) IRONIE 7 Ons het gesing en gedans en gelag en gespeel POLISINDETON 8 Gee ons ons daaglikse brood SINEKDOGEE 9 silwer stemme SINESTESIE 10 doef val die sponskoek op die vloer ONOMATOPEE 11 Jy glimlag vandag, maar die swart hond (depressie) grynslag om die hoek KONTRAS 12 Ek het dit al duisendmaal gesê HIPERBOOL

17 BRONNE Booysen, Ben: Poëtiese Begrippe (PowerPoint-aanbieding)
Boucher, Rika, Dr.: Teorie van Gedigte (PowerPoint- aanbieding) Afrikaans Letterkunde Selfstudiegids (Konsep)


Download ppt "Hoe behandel ons gedigte in die klas??"

Verwante presentaties


Ads door Google