Arbeidsreg ABR 224 Tema 1 Lesing 1
Wet op Gelyke Indiensneming 55/1998 Tema 1 Lesing 1 Wet op Gelyke Indiensneming 55/1998 Du Plessis J.V. & Fouche M.A. ‚n Praktiese Handleiding tot Arbeidsreg, LexisNexis Butterworths: Durban, 2008 (Hfst 4)
Tema 1.1 (Leeruitkomste) Bespreek die bepalings en regsgevolge van art 9(1). Bespreek die bepalings rakende regstellende aksie. Bespreek die bepalings rakende anti-diskriminasie. Hoe word diskriminasie bewys? Wat is die doelwitte van regstellende aksie? N.a.v. Harksen v Lane: Hoe word bepaal of onbillike diskriminasie plaasgevind het?
Tema 1.1 (Inleiding) Dramatiese veranderinge het gedurende die afgelope paar jaar op hierdie gebied voorgekom. Hierdie deel van die reg was aanvanklik net op regspraak (hofsake) gegrond, maar wetgewing soos die Grondwet van die RSA, Wet 108 van 1996, die Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995 en die Wet op Basiese Diensvoorwaardes 75 van 1997 het aanleiding gegee tot die ontwikkeling en totstandkoming van die WOGI. Hoofstuk 2 van WOGI het op 9 Augustus 1999 in werking getree, en die res van die WOGI op 1 Desember 1999. Grondwetlike gelykheid, soos verwoord in art 9 van die Grondwet, vorm die basis van die Wet en moet altyd in gedagte gehou word wanneer die Wet bestudeer word.
Tema 1.1 (Grondwetlike gelykheid I) BESTUDEER ART 9 VAN DIE GRONDWET VAN DIE RSA, OP P.79 VAN DIE HANDBOEK! Aangesien art 9 as die agtergrond en standaard van die WOGI dien, sal daar kortliks op die betrokke gedeelte gekonsentreer word.
Tema 1.1 (Grondwetlike gelykheid II) Die klousule betreffende gelykheid – Art 9(1) Die formulering van art 9(1) is in lyn met die bewoording wat in talle grondwette gevind word. Almal is gelyk voor die reg. Die reg op gelyke beskerming deur die reg word hier gewaarborg. Hierdie klousule kan as ʼn tipiese beliggaming van gelykheid, as ʼn fundamentele waarde, beskou word. Daar moet altyd na gelykheid gestreef word.
Tema 1.1 (Grondwetlike gelykheid III) Die klousule betreffende regstellende aksie – Art 9(2) In die ou SA is daar teen ʼn magdom mense onbillik gediskrimineer, en was (is) regstellende aksie dus nodig om die ongelykhede van die verlede aan te spreek. Gelykheid sluit die gelyke genot van alle regte en vryhede in. Daarom vereis art 9(2) dat maatreëls ingestel moet word om mense wat benadeel is deur onbillike diskriminasie te beskerm. Regstellende aksie is die maatreël wat deur wetgewing bekendgestel is om gelyke geleenthede in die werksplek teweeg te bring. ʼn Baie interessante geval (waar regstellende aksie betwis is) in hierdie verband kan gevind word in Motala and Another v University of Natal 1995(3) BCLR 374 D.
Tema 1.1 (Grondwetlike gelykheid IV) Die klousule betreffende anti-diskriminasie (I) – Art 9(3), (4) en (5) Diskriminasie verwys na “verskillende behandeling van verskillende mense”. Diskriminasie per se hoef nie uitgeroei te word nie, maar onbillike diskriminasie moet wel met wortel en tak uitgeroei word. Onbillike diskriminasie verwys na die praktyk van arbitrêre keuse/voorkeur/keuring tussen verskillende mense of groepe, en ook na die gebruik van onvanpaste kriteria in die “keuringsproses”. Daar is dus vier verskillende betekenis-moontlikhede t.o.v. die konsep van diskriminasie: ʼn Neutrale betekenis Omgekeerde diskriminasie / regstellende aksie Negatiewe/ongunstige betekenis van onbillike verskille in die wetlike, sosiale of ekonomiese behandeling van persone Die sorgsame kennisname van onderskeidings, terwyl ʼn goeie oordeel gehandhaaf word In die derde betekenis-moontlikheid hierbo genoem, val die klem op “onbillike”. Die WOBD verbied bv die dienslewering van swanger vroue vir ʼn periode van 4 maande. Dit is weliswaar diskriminasie o.g.v. geslag, maar is egter nie onbillik nie. In die vierde betekenis-moontlikheid hierbo genoem, word diskriminasie in ʼn positiewe lig benader. Dit kan o.g.v. hierdie betekenis dan moontlik dui dat die versuim om in sekere omstandighede “akkuraat te diskrimineer” moontlik onbillik kon wees, bv die versuim om tussen individuele gevalle te differensieer wanneer ʼn besluit oor ʼn gepaste sanksie by wangedrag geneem moet word.
Tema 1.1 (Grondwetlike gelykheid V) Die klousule betreffende anti-diskriminasie (II) – Art 9(3), (4) en (5) Diskriminasie word dus gekwalifiseer deur die word “onbillik” ten einde te onderskei tussen die ongunstige en die gunstige betekenisse van die word. Hierdie kwalifikasie bewys dus duidelik dat differensiasie as sulks nie verbied word nie, maar wel onbillike/haatdraende diskriminasie. (Chirach Tyre Company (Pty) Ltd t/a Falcon Tyre Centre v Minister of Trade and Industry and Another 1997(3) BCLR 319 T). Art 9(3) en (4) maak voorsiening vir regstreekse en onregstreekse onbillike diskriminasie: Regstreekse Dit vind plaas waar ʼn persoon anders behandel word omdat hy aan ʼn bepaalde kategorie behoort, en waar daardie anderse behandeling tot sy nadeel strek. Bv: waar ʼn advertensie slegs ʼn beroep op mans doen om vir ʼn betrekking aansoek te doen, sal dit direkte diskriminasie teen vroue daarstel. Onregstreekse Waar neutrale kriteria aangewend word om besluite te maak, bv by ʼn keuse t.o.v. indiensneming, maar daardie sogenaamde neutrale/objektiewe kriteria die sistematiese benadeling van ʼn sekere kategorie persone tot gevolg het. Bv: waar ʼn minimum hoogte/gewig vir ʼn sekere beroep vereis word, sal dit stelselmatig meer vrouens as mans uitsluit wat vir die betrekking kan aansoek doen (Langemaat v Minister of Safety and Security and Others 1998(4) BCLR 444 T). Art 9(3) maak voorsiening vir ʼn lys van spesifieke tipes diskriminasie. Die lys word egter begin met die woord “insluitend”, wat beteken dat die lys dus binne perke aangevul kan word. Art 9(3) en (4) verbied onbillike diskriminasie vanaf die Staat, sowel as vanaf enige persone. Art 9(5) bepaal dat die gronde, soos gelys in art 9(3) outomaties onbillik is, tensy vasgestel word dat dit weliswaar billik is.
Tema 1.1 (Grondwetlike gelykheid VI) Bewys van diskriminasie Enige persoon wat beweer dat diskriminasie o.g.v. die gespesifiseerde plaasgevind het (applikant), moet dit kan bewys. Art 9(5) bepaal dat daar ʼn weerlegbare vermoede bestaan dat die diskriminasie onbillik was. Die onus (bewyslas) is m.a.w. op die respondent (persoon teen wie die aantygings gemaak word) om te bewys dat die diskriminasie weliswaar billik was. Let egter op die “besigheid-noodsaaklikheid” verweer: talle respondente steun op die verweer dat ʼn sekere vorm van diskriminasie noodsaaklik was vir die suksesvolle voer van besigheid. Hierdie tipe verweer sal egter net waterdig wees indien genoegsame rasionele/empiriese faktore bewys kan word! Indien ʼn applikant op ʼn diskriminasie-grond steun wat nie in die lys van gronde in art 9(3) vervat is nie, steun, rus die bewyslas op hom om: Te bewys dat diskriminasie plaasgevind het. Te bewys dat dit onbillike diskriminasie was. (Harksen v Lane NO and Others 1997(11) BCLR 1489 CC)
Tema 1.1 (Doelwitte van Regstellende Aksie en wyse van implementering I) Behoefte aan anti-diskriminerende en regstellende maatreels word in aanhef van Wet erken. Oogmerk van Wet is om gelykheid in werksplek te bereik deur gelyke geleenthede en billike arbeidspraktyke te bevorder. Word bereik deur onbillike diskriminasie uit te skakel en regstellende aksie in te stel. Alle persone moet gelyke verteenwoordiging in alle beroepskategoriee en op alle vlakke van werksmag geniet. Alle onbillike diskriminasie moet in indiensnemingsbeleide en –praktyke uitgeskakel word. Aangewese werkgewers moet regstellende aksieplanne opstel en implementeer en moet ook stappe neem om disproporsionele inkomsteverskille progressief te verminder. Moet ook aan DvA verslag doen oor vordering.
Tema 1.1 (Doelwitte van Regstellende Aksie en wyse van implementering II) Onderskei tussen doelwit van gelyke indiensneming en wyse waarop dit bereik word. Doelwitte is meesal onaanvegbaar maar wyses kan wel beveg word. Gelyke indiensneming is ‚n situasie waar alle mense werklik gelyke geleenthede in werksplek het. Word bereik deur anti-diskriminasie (Hfst 2 van Wet) en regstellende aksie (Hfst 3 van Wet.