Openbaring 5:11-14 PowerPoint agtergrond

Slides:



Advertisements
Verwante presentaties
“En die draak was vertoornd op die vrou, en hy het weggegaan om oorlog te voer teen haar ander nakomelinge wat die gebooie van God bewaar en die getuienis.
Advertisements

DIE UITVERKORENES Les 11 vir 16 Desember 2017.
Les 6 vir 11 November 2017 ADAM EN JESUS.
Votum V - Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. G - Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy van die Vader het, vol genade en waarheid.
“U het my gevorm, my aanmekaargeweef in die
Voltooi die vers....hoe maak mens?
Kerssangdiens 2013 Somerstrand.
Psalm 98 Geseënde Kersfees! Orrelis: Albert Troskie
Toewyding.
OORKOMING VAN SONDE Les 7 vir 18 November 2017.
EENHEID IN DIE LIGGAAM VAN CHRISTUS
Kersliedere Jesus is die Ewige Lig!.
DIE LIGGAAM VAN JAHSHUA.
Wie is reg? Wie is weg? God en Godsdienste.
Aanbidding vra: Besit die Heilige Gees jou siel?
Hoop in onverwagte plekke
Gedagtes rondom die nagmaal
Gal. 3:3. “Is julle dan so sonder begrip
Psalm 40:6 Ek pleit, o Heer, op u barmhartigheid. Bly met u liefde en trou om my, want ramp en onheil is naby en om my heen. En in my hart is stryd.
“maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en.
Christus se voortgaande werk - na sy Hemelvaart
Ontsyfer die vers...Hoe maak mens?
“Daarop lei [God] [Abraham] uit na buite met die woorde: ‘Kyk nou op na die hemel en tel die sterre as jy hulle kan tel.’ En Hy sê vir hom: ‘So sal jou.
VOLHARDING IN DIE GOEIE STRYD
Wat van die res van jou lewe?
Hartlik welkom in die Erediens! ‘Auto-pilot’: Ja of Nee?
Beeld van God.
Gedagtenis maaltyd.
Welkom! Psalm 89.
Voorstelling van nuwe lidmate
Liriekeraai...Hoe maak mens?
Missionale Kerkwees Dr Coenie Burger Wes-en-Suid-Kaap Sinode 2015.
ONS KRAGKRISIS Feitesending. ONS KRAGKRISIS Feitesending.
EENHEID IN AANBIDDING Les 11 vir 15 Desember 2018.
Joh. 14: :
Om die Woord (Brood) reg te breek… nie altyd so maklik nie
“SODAT HULLE EEN KAN WEES”
AANBIDDING. AANBIDDING Definisies van aanbidding: Vereering, baie lief hê, bewondering (HAT) Eerbetoning, hulde te bring, hoogagting, ontsag, fisiese.
Hartlik welkom in die Erediens!
JEUG Wat kan en moet ons doen as ons ons jeug vir die kerk en die evangelie wil behou? Wes-en-Suid-Kaap Sinode 2015.
Ons storieboek oor Jesus se geboorte
Bekering.
Die Evangelie Vanaf Patmos
God se vreemde opdragte
2 > 1 Twee is beter as een.
Matt. 7:21 “Nie elkeen wat vir My sê: ‘Here, Here,’ sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie, maar net hy wat die wil doen van my Vader wat in die.
WAARDIG IS DIE LAM Les 4 vir 26 Januarie 2019.
DIE SEWE SEËLS Les 5 vir 2 Februarie 2019.
Druk (Click) om voort te gaan
‘N NUWE GEBOD JOH 13:34-35 'n Nuwe gebod gee Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê; soos Ek julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhê. Hieraan.
Welkom by die Kategese Die Heilige Gees 22 April 2018
10. Ek glo Jesus is terug hemel toe
Hartlik welkom in die Erediens! Volharding met ons oë op Jesus gerig
“gevangene van die wet”
Gemeentevisie Efes 4:1-17.
NUWE LEWE DEUR DIE GEES 1 KOR.3:1-4,11-15.
Laaste onderwys (na die nagmaal) ‘n Nuwe gebod (13) sy dood en opstanding (14) die wynstok en die lote (15) vervolging in die wêreld (15) die koms.
Die Groot Vyf Traumas • Dood • 9 Maart •.
STREK OEFENINGE Vergeet die dinge wat agter is en strek jou uit na wat voor is - Filippense 3:14 Kom ons strek almal met ons arms so ver vorentoe as.
1 Pet. 4:
Hand. 1:
DIE RESULTATE VAN SKULDGEVOELENS
ACTS ACTION II..
Hartlik welkom in die Erediens!
Hy het weer gaan bid… Matt 26:38-46
Joh. 14:2-3. “In die huis van my Vader is daar baie woonplek
Ef. 6:12 Eseg.28:12ev Gevallle Engele
’N GEMEENSKAP WAT DIEN Les 13 vir 28 September 2019.
Johannes 6 Hierna het Jesus na die oorkant van die See van Galilea toe gegaan, wat ook die See van Tiberias genoem word. 'n Groot klomp mense het agter.
Transcript van de presentatie:

Openbaring 5:11-14 PowerPoint agtergrond Baie mooi Powerpoint agtergronde kan vir sowat $3 hier http://www.sermonspice.com/search?page=1&sort_by=popular&category_id=2 aangekoop word. Titel: Praise Him, eiendom van Taston. Foto geneem op 6 Julie 2008 met ‘n Panasonic DMC-FZ7, beskikbaar by http://www.flickr.com/photos/taston/2791634961/. Kopiereg gereël deur Creative Commons en laat plasing en redigering toe.

God nooi ons uit en ons kom tot rus Toetrede Lied 195 vers 2 U, o God, wat ewig op die troon is of VONKK 119 Heilig, Heilig, Heilig Is Die Heer http://www.vonkk.co.za/Soek.asp?return=True&qs=0119 Flam 1 Die Hemel Juig http://www.flam.co.za/Soek.asp?return=True&qs=F001   Votum: Liturg: “Die Lam wat geslag was, is waardig om die mag en rykdom, die wysheid en sterkte, die eer, heerlikheid en lof te ontvang.” 13Die hele skepping, alles in die hemel en op die aarde en onder die aarde en op die see, ja, alles wat daar is, het ek hoor sê: Gemeente: “Aan Hom wat op die troon sit, en aan die Lam, behoort die lof en die eer, die heerlikheid en die krag, tot in alle ewigheid.” Amen Seëngroet L: Genade en vrede van God ons Vader, G: die Heerser oorlewe en dood. L: Genade en vrede van Christus wat uit die dood opgewek is, G: Eersteling van dié van wat gesterf het. L: Genade en vrede van die Heilige Gees, G: Ons Here en Lewendmaker. Almal: Amen. (Uit: Soos ’n Blom na die son draai deur Cas Wepener) Lofsang Lied 202 Prys Hom, die Hemelvors VONKK 43 My Hart Roep Uit http://www.vonkk.co.za/Soek.asp?return=True&qs=0043 Flam 8 Al Die Lof, Aanbidding En Ere http://www.flam.co.za/Soek.asp?return=True&qs=F008 Verootmoediging O Heilige Gees van God, Kom na ons en beweeg tussen ons: Kom as wind en reinig ons; Kom as vuur en suiwer ons; Kom as dou en verfris ons: Oortuig en bekeer ons en wy ons hart en lewe aan U Vir ons eie welsyn en tot u verheerliking. Ons vra dit in Jesus se Naam. (Eric Milner-White, aangehaal in Gebedeboek met Liturgiese Voorstelle, Luk. Verbi.BM) Toe-eiening Iemand lees Psalm 30:1-6 Geloofsbelydenis

God praat met ons en ons luister Lied 223 Aan Jesus, Koning, al die eer Flam 9 Ons Redding Kom Van Ons God http://www.flam.co.za/Soek.asp?return=True&qs=F009 Gebed Skriflesing Openbaring 5:11-14

Openbaring 5:11-14 Fokusteks: Openbaring 5:11-14 Die Lam is waardig om die boek oop te maak 5 In die regterhand van Hom wat op die troon sit, het ek ’n boekrol gesien wat aan die voor- en aan die agterkant vol geskrywe was en wat met sewe seëls goed verseël was. 2Toe het ek ’n sterk engel gesien wat met ’n harde stem uitroep: “Wie is waardig om die boek oop te maak deur die seëls daarvan te breek?” 3Maar niemand in die hemel of op die aarde of onder die aarde was in staat om die boek oop te maak en daarin te kyk nie. 4Ek het baie gehuil omdat daar niemand gekry is wat waardig was om die boek oop te maak en daarin te kyk nie. 5Toe sê een van die ouderlinge vir my: “Moenie huil nie. Kyk, die Leeu uit die stam van Juda, die Afstammeling van Dawid, het die oorwinning behaal en kan die boek met die sewe seëls oopmaak.” 6Toe het ek voor die troon wat omring was deur die vier lewende wesens, tussen die troon en die ouderlinge, ’n Lam sien staan, die Een wat geslag was. Hy het sewe horings en sewe oë gehad. Die sewe oë is die sewe Geeste van God, wat oor die hele aarde uitgestuur is. 7Hy het toe gegaan en die boek ontvang uit die regterhand van Hom wat op die troon sit. 8Net toe die Lam die boek neem, het die vier lewende wesens en die vier en twintig ouderlinge voor Hom gekniel. Elkeen van hulle het ’n siter gehad en ’n goue bak vol wierook, die gebede van die gelowiges. 9Toe sing hulle ’n nuwe lied: “U is waardig om die boek te neem en die seëls daarvan oop te maak omdat U geslag is en met u bloed mense vir God losgekoop het uit elke stam en taal en volk en nasie. 10U het hulle ’n koninkryk en priesters vir ons God gemaak en hulle sal oor die aarde regeer.” 11Toe het ek rondom die troon en die lewende wesens en die ouderlinge ’n groot menigte engele gesien. Daar was duisende der duisende, ja, miljoene der miljoene. Ek het hulle hard hoor 12uitroep: “Die Lam wat geslag was, is waardig om die mag en rykdom, die wysheid en sterkte, die eer, heerlikheid en lof te ontvang.” 13Die hele skepping, alles in die hemel en op die aarde en onder die aarde en op die see, ja, alles wat daar is, het ek hoor sê: “Aan Hom wat op die troon sit, en aan die Lam, behoort die lof en die eer, die heerlikheid en die krag, tot in alle ewigheid.” 14Die vier lewende wesens het gesê: “Amen!” En die ouderlinge het gekniel en God aanbid.

Familie-oomblik Familie-oomblik Hoewel kinders die fyner nuanses van hierdie gedeelte nie maklik sal begryp nie, stel Carolyn Brown (Forbid Them Not) voor dat gepoog word om te verduidelik dat “Lam” ‘n kodewoord is vir Jesus en “die een wat op die troon sit” ‘n kodewoord vir God is. Só kan ons die Paasboodskap ontsyfer.

Visuele taal Preekriglyn [Nota: Hierdie preekriglyn veronderstel dat die hele Openbaring 5 in die erediens voorgelees en oordink word. Die preek sluit ook aan by die voorafgaande hoofstuk 4.] Die aangrypende tonele wat Openbaring 5 in mens se geestesoog skep, maak elkeen van ons ʼn regte Steven Spielberg. Mens word geboei deur die visuele taal wat ʼn rolprent byna letterlik voor jou oë laat afspeel. En nie sommer ʼn gewone rolprent nie. Openbaring 5 beeld die diepste moontlike vrae uit. Dit het te doen met wat werklik saak maak. Vrae en oplossings wat die ratte van die geskiedenis in beweging kan laat kom. Of nie. Dramatiese oomblikke ontvou in die hemelruim. Ons staan in die troonsaal van die Koning van hemel en aarde. Die atmosfeer is met spanning gevul. In die regterhand van Hom wat op die troon sit, is daar ʼn boekrol. Dit is God se plan vir die wêreld, van voor en van agter vol geskryf. Dit is goed met sewe seëls verseël Iemand wat waardig is, word gesoek om die seëls te breek en die boekrol oop te maak. God se plan tot voordeel van die hele kosmos is gereed om te ontplooi. Daar kom egter ʼn sleuteldraer kort. Niemand kan gevind word wat waardig is om die boekrol oop te maak nie. Wat gaan gebeur? Die kamera draal oor die gesigte van die aanwesiges. Wie dra die sleutels om God se plan vir die wêreld se geskiedenis te ontsluit? Terwyl die kamera op Johannes se gesig inspeel, rol die trane oor sy wange. Hy huil. Daar is niemand waardig nie. Stilte. Skaakmat. Grafika: Titel: Hebrew Torah Scroll 2, Dead Sea Scrolls Exhibition, eiendom van Steel Wool, foto geneem op 1 September 2009 met ‘n Canon PowerShot A650 IS. Kopiereg gereël deur Creative Commons en laat plasing toe.

Karakters in die hemelse drama Die hoofkarakters in hierdie hemelse drama het ons reeds in die vorige hoofstuk begin ontmoet. Soos wat die kamera in ons geestesoog tonele uit verskillende hoeke vasvang, val ons blik een na die ander op die verskillende rolspelers in die dramatiese vertelling. Ons maak gebruik van die beskrywing wat reeds in hoofstuk 4 begin: Johannes, wat die getuienis van Jesus Christus neerskryf, word deur die Gees na die hemel meegevoer. Hy sien ʼn oorweldigende visioen in die hemelhof. Daar aanskou hy die hemelse troonsaal, met Iemand, God, wat op die troon sit. God het ʼn glansryke, heerlike voorkoms wat met kleurvolle, kosbare edelgesteentes en die reënboog vergelyk word. Weerligstrale, dreunings en donderslae kom van die troon af. Die troon simboliseer die heerskappy en oordeel van God as Koning. Voor die troon is daar sewe vlammende fakkels, die sewe Geeste van God, wat die volmaakte (sewe) werk en teenwoordigheid van die Heilige Gees voorstel. Rondom die troon is daar 24 ouderlinge wat op 24 trone sit. Hulle dra wit klere, het goue krone op hulle koppe. Die getal 24 is simbolies van die 12 stamme van Israel (die aartsvaders) en die 12 apostels. Hulle verteenwoordig die hele kerk of geloofsgemeenskap van alle tye. Hulle sit rondom God en aanbid Hom. Naby die troon is daar ook vier lewende wesens. Hulle is vol oë van voor en van agter, en hulle elkeen het ses vlerke, aan die bokant en onderkant vol oë. Die funksie van hierdie beeldspraak (oë en vlerke) in Openbaring 4 is om die ratsheid, spoed en opmerksaamheid van die lewende wesens te beklemtoon (Du Rand). Die een lyk soos ʼn leeu, die volgende soos ʼn bul, dan ʼn gesig van ʼn mens, en die vierde lyk soos ʼn arend wat vlieg. Hierdie vier wesens verteenwoordig die hele skepping daar voor God se troon. In die Joodse Rabbiniese tradisie is die leeu die edelste, die bul die sterkste, die mens die slimste en die arend die vinnigste van alles wat lewe.

Die boekrol Die boekrol In die openingskoot van hoofstuk 5 gaan die hemelse erediens wat in hoofstuk 4 begin het, voort. Daar is ʼn boekrol in God se regterhand, simbolies die hand van krag en gesag. ʼn Antieke boekrol was ʼn lang strook papirus (antieke papier) wat opgerol is. Dit is met sewe seëls verseël. Soos elke seël gebreek sou kon word, sou ʼn volgende stuk van die boekrol oopgerol en gelees kon word. Hierdie hemelse boekrol is simbolies van God se plan om verlossing en oordeel in die toekoms te ontplooi. Dit was ʼn algemene simbool in die Joodse toekomsskrywing. Soos die boekrol oopgerol word, namate die seëls ontsluit word, sal God se plan van verlossing en oordeel ontvou. Die dramatiese vraag van die sterk engel met ʼn harde stem klink op: "Wie is waardig om die seëls van die boekrol in God se hand oop te breek?" Almal wat leef op aarde kan hierdie vraag hoor. Die boekrol móét oopgemaak word, en dit kan slegs gebeur deur iemand wat waardig is om dit te doen. Johannes begin huil, want niemand kan gevind word wat waardig is nie. Die koms en aanbreek van God se alleenheerskappy op aarde is in gedrang. Een van die 24 ouderlinge kan die trane nie langer verduur nie. Hy vra Johannes om op te hou huil. Alles is nie verlore nie. Daar is Iemand wat op grond van sy optrede waardig is om die boekrol oop te maak. Dit is die Leeu uit die stam van Juda, die Afstammeling van Dawid, wat reeds oorwin het.

Leeu van Juda... Leeu van Juda ... Die leeufiguur, wat koninklike krag en mag uitbeeld, is in die Ou Testament ʼn besondere beeld van die verwagte Messias (Gesalfde). Die verwagte "koninklike Leeu" kom uit die stam van Juda as die Afstammeling van Dawid. In die Joodse tradisie is verwag dat die Messias-Leeu die militêre oorwinning oor sy vyande sal behaal. Meer as een Jood het deur die eeue as beweerde Messias na vore getree. Hulle het almal gefokus op militêre aanslae teen die oorheersers van die Joodse volk. In die hemelhof hoor Johannes dat die Leeu uit die Stam van Juda waardig is. Dan tree die Leeu na vore...

... ʼn Lam, die een wat geslag was ... ʼn Lam, een wat geslag was Die Leeu is ʼn Lam! Hy behaal die oorwinning nie op ʼn militêre manier nie, maar deur geslag te word. Die oorwinning word nie op ʼn militêre slagveld behaal nie, maar op die slagplek deur God gekies: Golgota. Hy het nie gekom om ander te slag en te verslaan nie, maar om self geslag te word. Christus word die Koning deur die offerande aan die kruis te word. Die Lam wat na vore tree, het sewe horings (mag en heerskappy) en sewe oë, die sewe Geeste van God, wat dui op die Lam se alomteenwoordigheid. Die Lam is bewus van alles wat op aarde gebeur. Die Lam verstaan die nood van die wêreld. Daarom doen die Lam iets, neem aksie. Die Lam gee homself om geslag te word, sodat God se plan met die wêreld kan voortgaan.

Die Lam ontsluit die geskiedenis Deur sy lewe, sterwe, opwekking en hemelvaart is die Lam waardig om die boekrol te neem. Die Lam ontsluit die wêreld se geskiedenis. God se heerlike plan wat verlossing vir mense, en oordeel oor boosheid, inhou kan nou in vervulling gaan. Die skaakmat is koudgesit.

Lofprysing en aanbidding Die oomblik toe die Lam die boekrol neem, bars daar lofprysing en aanbidding los! Daar is drie kore wat die mooiste en aangrypendste lofliedere denkbaar sing: Die 24 ouderlinge kniel voor die Lam en besing die waardigheid van die Lam omdat Hy geslag is, sy bloed gegee het, om mense los te koop uit die hele mensheid en hulle aangestel het as heersers en dienaars in God se koninkryk ʼn Groot menigte engele besing die waardigheid van die Lam om mag en rykdom, wysheid en sterkte, eer, heerlikheid en lof te ontvang. Die hele skepping besing die lof, heerlikheid en krag van God op die troon en die Lam daar in die middel van die hemelse troonsaal.

Teenwoordige tyd Teenwoordige tyd Die vraag is wanneer hierdie lof- en aanbidding van Openbaring 4 en 5 plaasvind. Is dit iets wat in die toekoms gaan plaasvind? Moet dit nog kom? Of is hierdie hemelse erediens reeds aan die gang. Is dit waar dat die hele skepping tans reeds God se lof besing? Vanweë die magtige werk van die Lam wat geslag is, en God se trou teenoor alles wat gemaak is? Natuurlik is hierdie hemelse erediens reeds aan die gang. Ons kan daaraan deelneem, saam met die res van die skepping. Mens hoef maar net na Louie Giglio se "Mashup of whales and stars" (of die verkorte weergawe) op Youtube te kyk om die ewige ritme van lof, aanbidding en danksegging te hoor. Ons neem in hierdie erediens, elke erediens daaraan deel.

Ons eie lof en aanbidding Laat ons ook God loof en aanbid. Kom ons staan met verwondering voor die Een op die troon, en die Lam. Ons is deel van God se uitvoering van sy plan. Ons is getuies van die groot dinge wat God doen. Kom ons sing nou drie liedere: Saam met die kerk oor die hele wêreld en van alle tye; Saam met die engele om die Lam wat geslag is te loof; Saam met die hele skepping.

God stuur ons om te leef God stuur ons om te leef Gebed Dankoffer Slotsang Lied 591 Die boekrol in Gods regterhand Flam 21 In Die Hemel Is Die Heer http://www.flam.co.za/Soek.asp?return=True&qs=F021 Seën Mag die Here Jesus Christus by jou wees om jou te beskerm; Binne-in jou wees om jou te verfris; Rondom jou wees om jou te bewaar; Voor jou wees om jou te lei; Agter jou wees om mou te reverdig; Bo jou wees om jou te seen. Hy wat saam met die Vader en die Heilige Gees leef en regeer – God vir eweig en altyd. (10de eeuse seën aangehaal in Gebedeboek met Liturgiese Voorstelle, Lux Verbi.BM) Respons Lied 223 Refrein Flam 124 Agnus Dei http://www.flam.co.za/Soek.asp?return=True&qs=F124 [Of sing dit as toetrede of lofsang – maar moenie die kans laat verby gaan om op hierdie Sondag dié lied te sing nie!]

Volgende erediens Openbaring 7:9-17 Familie-oomblik en liturgie: Rethie van Niekerk Powerpoint: Wicus Wait Preekriglyn: Danie Mouton Prosesbestuur en ekstra stof: Chris van Wyk