Skeepsverslag: Titanic

Slides:



Advertisements
Verwante presentaties
BEDRYWENDE EN LYDENDE VORM
Advertisements

S. J Pretorius skryf dikwels oor die sirkus
My siel, Pa Marie van Rensburg
David de Lange Fanie Olivier Verskuns, p. 91.
Besluit watter liedere julle wil sing.
KONTAK Theo de Jager bl. 51.
Les 2 vir 14 Oktober 2017 DIE STRYD.
DIE UITVERKORENES Les 11 vir 16 Desember 2017.
Kinders van die Bybel.
Sprokie vir ‘n stadskind
Hoe om jou skryfwerk deur uitbreiding te verbeter
Les 6 vir 11 November 2017 ADAM EN JESUS.
OORKOMING VAN SONDE Les 7 vir 18 November 2017.
Drie Bome Daar het eenmaal drie bome in `n woud gegroei.
STAAT -NIEL VAN TONDER Geskep deur M Diamond 2013.
Titel : Palimpses deur Johann de Lange
Die storie van Paulus en sy reise (deel 1).
Afrikaans Taal Graad 11 en 12.
DIE JERUSALEM RAAD Les 8 vir 25 Augustus 2018.
Na ‘n besoek aan die dieretuin D.J. Opperman
LOOP EN VAL Louis Esterhuizen.
Selfportret Herman Lintvelt.
Die wêreld het so klein geword
Liefde vir mekaar – Deel 1
Op pad na jou destinasie!!
’n Vigslyer sterf Vincent Oliphant Vooraf
Boggomsbaai-blues Pirow Bekker.
Kwart-voor-sewe-lelie (7)
Ontsyfer die vers...Hoe maak mens?
Wat van die res van jou lewe?
Hartlik welkom in die Erediens! ‘Auto-pilot’: Ja of Nee?
Wie’s hy? DIGTERS EN DIGTERSKAP:
Kwart-voor-sewe-lelie (8)
As jy weer skryf Ingrid Jonker.
Brief Fernel A. Abrahams.
Missionale Kerkwees Dr Coenie Burger Wes-en-Suid-Kaap Sinode 2015.
Rondom my Dawie de Jager.
BEDRYWENDE EN LYDENDE VORMS
Joh. 14: :
Wie’s Hy? Adam Small.
Om die Woord (Brood) reg te breek… nie altyd so maklik nie
“SODAT HULLE EEN KAN WEES”
Ons wag.
Fil 4:4-8 “4Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly! 5Wees inskiklik teenoor alle mense. Die Here is naby. 6Moet oor niks besorg wees nie,
JEUG Wat kan en moet ons doen as ons ons jeug vir die kerk en die evangelie wil behou? Wes-en-Suid-Kaap Sinode 2015.
Bybel Speletjies Dissipels van Jesus.
VENSTER OP DIE EWIGHEID.
Matt. 7:21 “Nie elkeen wat vir My sê: ‘Here, Here,’ sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie, maar net hy wat die wil doen van my Vader wat in die.
Die grootste is die LIEFDE
Druk (Click) om voort te gaan
10. Ek glo Jesus is terug hemel toe
Flitskaarte RITME & RYM BEELDSPRAAK RUSPUNTE STYLFIGURE STROFEBOU.
NUWE LEWE DEUR DIE GEES 1 KOR.3:1-4,11-15.
Laaste onderwys (na die nagmaal) ‘n Nuwe gebod (13) sy dood en opstanding (14) die wynstok en die lote (15) vervolging in die wêreld (15) die koms.
Filp. 2:
Die Groot Vyf Traumas • Dood • 9 Maart •.
ONREGVERDIGE, ONEINDIGE
STREK OEFENINGE Vergeet die dinge wat agter is en strek jou uit na wat voor is - Filippense 3:14 Kom ons strek almal met ons arms so ver vorentoe as.
'nHoopvolle Nuwe Toekoms
Joh. 1: Efes. 5:
Hand. 1:
Rom.1:18-32.
ACTS ACTION II..
Hartlik welkom in die Erediens!
Hartlik welkom in die Erediens!
Hy het weer gaan bid… Matt 26:38-46
Selfdegeslagverhoudings
Joh. 14:2-3. “In die huis van my Vader is daar baie woonplek
Sy neem haar huishoudelike take ernstig op. Sy is baie lief vir Jesus.
Johannes 6 Hierna het Jesus na die oorkant van die See van Galilea toe gegaan, wat ook die See van Tiberias genoem word. 'n Groot klomp mense het agter.
Transcript van de presentatie:

Skeepsverslag: Titanic M.M. Walters

Woordverklarings 1. Geloods – om ‘n skip te stuur. 2. Beskermheer – eretitel van iemand onder wie se besondere sorg die belange van ‘n onderneming gebring word. 3. Selfversekering – vol vertroue oor eie bekwaamheid. 4. Uitspattig – losbandig/oordadig/buitensporig

Onvoldoende – nie genoeg nie. Kilte – koue Uitstraal – buitentoe straal. Interpreteer – iets se betekenis verduidelik. Warrelende – voordurend deurmekaar heen en weer beweeg. Antennes – drade vir opvang van elektromagnetiese golwe/lugdraad. Bowenal – veral/in die eerste plek.

Skeepsverslag: Titanic Hollanders het die skip beplan, maar dit was Engelse wat gebou en uiteindelik geloods het - en almal is tog ou kenners van die water. Nietemin te veel was die geloof en selfversekering dat niks hom kon laat sink nie: het die beskermheer van skepe dan nie self die projek gewil nie, dié invaar in die donker, dié wit eiland van lig en glansende weerkaatsing...

Agterna gesien, was die toerusting onvoldoende. Die skokkendste erkentenis: geen verkykers of soekligte. Maar luukses was volop en uitspattig: marmer- vuurmaakplekke, dubbele toilette, miniatuurgholfbane, swembaddens, rye kroeë en hemelbeddens waarin die rykes kon hoereer, selektief, privaat, terwyl hul voortvaar na die beloofde land, hulle skatte veilig in die kluise

Senders van kleiner skepe het gewaarsku: julle vaar in ‘n gevaarlike seisoen, daar’s ‘n kilte in die lug, ysberge in die onbekende water en vol verandering is die warrelende winde. Maar die luuksereus was doof, sy antennes ingestel op uitstraal, nie interpreteer nie. Bowenal wou sy kaptein hom nie laat steur nie, nié deur kapteintjies wat nie kaarte ken nie.

Die ysrots was nie sigbaar in die nag nie en die staal móés skeur toe dit nie meer kon buig nie. Chaos het geheers in offisierskajuite – reddingsbote is nie eens almal neergelaat nie, wanhopige passasiers het in die see gespring en dié wat nie die moed had of bly hoop het, het op die agterstewe saam met die orkes bly sing: Nader my God by U – onverstaanbaar sê enkele oorlewendes, omdat die woorde in Afrikaans was. Uit: Saturae; 1979

You Tube video van Celine Dion oor die Titanic

Agtergrond oor die Titanic Hierdie luukse 260 meter passasierskip was as onvernietigbaar beskou. Die Titanic het op 10 April 1912 die hawe van New Southhampton verlaat, en was op pad na New York gewees. Op haar eerste vaart in die nag van 14-15 April 1912, naby Newfoundland, bots sy teen ‘n ysberg. Daardie nag is 1513 mense dood.

Die wrak van die Titanic is in 1985 deur ‘n span, gelei deur Robert Ballard, ontdek. Hierdie wrak het legendes en bespiegelinge oor wat daar gebeur het, aan die gang gesit. Daar word vandag aanvaar dat die skeepsbouers en kaptein die uitspraak gemaak het dat die skip onsinkbaar was.

Einde van die gedig: Die gedig eindig met die onverstaanbaarheid van alles. Die Afrikaner soek oplossings in sy godsdiens, maar selfs hier sou daardie lied nie help nie.

Agtergrond oor die digter M.M. Walters is in 1930 in die Wes-Kaap gebore. Hy gebruik graag SATIRE (fyn spot met ernstige sake) as versvorm. Hy spreek hom graag uit teenoor landspolitiek, godsdienstige geveinsdheid, wantoestande in die kerk, sosiale wantoestande en menslike foute.

In hierdie NARRATIEWE (verhalende/vertellende) gedig word die besonderse: * ontwerp * luuksheid * maar ook gebrek aan veiligheid van die skip uitgebeeld.

Innerlike bou van die gedig Strofe 1: Die geskiedenis van die skip, die bou en grootte daarvan en die onsinkbaarheid van die skip. Strofe 2: Die luuksheid van die skip, die gebrek aan veiligheid en die losbandigheid van die passasiers word uitgebeeld. Strofe 3: Die waarskuwings van ander kleiner bote deur senders en die hoogmoed van die kaptein wat nie na minderwaardige kapteintjies wou luister nie. Strofe 4: Die oorsaak van die ramp en die sink van die skip waar die orkes, in Afrikaans, die laaste lied gespeel het. Dit word bloot as ‘n aanname beskou.

Die slotreëls Hier word die historiese insident omgekeer en as metafoor vir die politieke situasie in Suid-Afrika rondom 1979 (toe die gedig verskyn het) uitgebeeld. METAFOOR: Ons land was ‘n enorme skip wat sink en die kaptein (landsleier) het hom nie aan die talle waarskuwings gesteur nie.

Uiterlike bou Die gedig is ‘n vrye vers. Dit is geskryf in verslag- of joernaalstyl. Daar is 4 strofes, waarvan die eerste drie, 8 reëls bevat, maar strofe 4 het nege reëls, om die onsekerheid oor dinge wat ons gedink het sekerheid het, uit te lig. Daar is geen vaste ritme of rympatroon nie. Daar is wel hoofletters en leestekens.

Soort Gedig Dit is ‘n SATIRE waarin die mens se swakhede, dwaashede en tekortkominge belaglik gemaak word. Ons kyk met verbasing, maar ook met humor na die onverstaanbaarheid van die mens se optrede.

Stemming, tema en spreker van die gedig Die toon/gevoel is sardonies (bitter/skepties). Die gedig bespiegel op satiriese manier oor die onverstaanbaarheid van die skeepsramp, veroorsaak deur die onverstaanbare, dwase optrede van die mens. Daar is ‘n derdepersoonspreker aan die woord, want dit is moontlik iemand wat geskiedkundige verslae skryf, maar ook wonder oor die dwaashede van mense.

Woordkeuse, beeldspraak, stylfigure 1. Interteks: Die “beloofde land”: Interteks-verwysing na die beloofde land Kanaän in die Bybel. Hier kan dit ook op Amerika, of selfs die hiernamaals dui, waarheen die passasiers almal onwetend op pad was. 2. Metafoor: Die Titanic word as: “die wit eiland van lig en glansende weerkaatsing” voorgestel.

Ironie: Die skatte in die kluis het die mense se rykdom en geluk voorgestel, maar dit sou hulle niks help as die skip sink nie. Suggestie: Dit word nooit direk gesê dat die kaptein van die Titanic verwaand was nie, maar die leser kom dit agter as hy nie na die waarskuwings van kleiner skepe luister nie. Personifikasie: R. 21-24. Die skip is nie doof nie, maar wel die mense in beheer van die skip. Asideton (Herhaling van kommas): om al die voorbeelde op te noem. Dit word ook die ENUMIRASIETEGNIEK genoem. R11-16

Reëlontleding van die gedig

Titel: Skeepsverslag: Titanic Die woord skeepsverslag plaas die leser in ‘n see-/skeepsmilieu. Dit dui ook op ‘n narratiewe of verhalende gedig, waarin geskiedkundige gebeure oorvertel word. Die funksie van die DUBBELPUNT: Daar word verduidelik oor watter skip die verslag handel.

Hollanders het die skip beplan, maar dit was Geloods: Om ‘n boot te stuur Ooreenkoms: Die Hollanders en Engelse het die see ewe goed geken Hollanders het die skip beplan, maar dit was Engelse wat gebou en uiteindelik geloods het – en almal is tog ou kenners van die water. Verskil: Die Hollanders het die skip beplan, maar die Engelse het dit geloods en op sy nooiensvaart gestuur. Die aandagstreep vestig die aandag op hul kennis van die see

Nietemin te veel was die geloof en selfversekering Ten spyte daarvan dat hulle vol selfvertroue geglo het dat die skip nooit sou sink nie, het dit tog gbeur. Nietemin te veel was die geloof en selfversekering dat niks hom kon laat sink nie: het die beskermheer van skepe dan nie self die projek gewil nie, dié invaar in die donker; Na die dubbelpunt word verduidelik dat hul vertroue gebaseer is op die feit dat iemand onder wie se sorg die boot was, self die vaart toegelaat het.

Die ellips verwys na die skip wat aanhou invaar in die donker Die akuut dui op ‘n spesifieke dwaasheid, nl. dat hulle sonder twyfel die donker ingevaar het Die ellips verwys na die skip wat aanhou invaar in die donker 7. die projek gewil nie, dié invaar in die donker; dié wit eiland van lig en glansende weerkaatsing... Die woord glansend verwys nie na alles wat letterlik geblink het nie, maar ook na die mense se waardes: hulle hou van alles wat blink en duur is! R. 8 is ‘n metafoor

Agterna gesien, was die toerusting onvoldoende. Die skokkendste erkentenis: geen verkykers of soekligte Dui op agternaperspektief of ‘n gebeurtenis uit die verlede Na die dubbelpunt word aangedui watter fout na die tyd deur hulle erken is.

Maar luukses was volop en uitspattig: marmer- vuurmaakplekke (vir warm kry), dubbele toilette(vir ekstra gerief), miniatuurgholfbane, swembaddens, rye kroeë (vir sosiale ontspanning) en hemelbeddens waarin rykes kon hoereer, selektief, privaat, (hul sondes word hier bedryf) * Maar dui op ‘n teenstelling (Die min teenoor die baie word hier uitgelig) * Na die dubbelpunt volg daar ‘n lys van alles wat volop was.

Luukshede en skatte aan boord die Titanic

terwyl hul voortvaar na die beloofde land 16. hulle skatte veilig in die kluise. R. 16 is ook ironies. Hulle het gedink hul geld en juwele is veilig in die kluise, maar hulle sou dit nooit weer kon gebruik nie. (Hulle gaan sterf!) R.15 is ook ironies, want dit wys ook vooruit na die dood waarheen hulle oppad was, maar dit nie geweet het nie.

Ironiese Kontras Senders van kleiner skepe het gewaarsku: julle vaar in ‘n gevaarlike seisoen, daar’s ‘n kilte (koue) in die lug, ysberge in die onbekende water en vol verandering in die warrelende winde. Hierdie mense se kennis en selfvertroue was so groot, maar kleiner skepe moes hulle waarsku dat daar gevare was!! Hulle het hulle nie aan NATUURLIKE FAKTORE gesteur nie, nl: 1. Yskoue lug 2. Ysberge onder die water verskuil. 3. Veranderlike en woeste winde Dit was nie die regte seisoen om te vaar nie. Ironiese Kontras

Grootheidswaan as menslike fout!! Personifikasie Die groot, luukse skip was nie regtig doof nie, dit is die mense in beheer wat nie wou luister nie. Maar die luuksereus was doof, sy antennes ingestel op uitstraal, nie interpreteer nie. Bowenal wou sy kaptein hom nie laat steur nie, nié deur kapteintjies wat nie kaarte ken nie. MENSLIKE FOUTE/DWAASHEDE!! Grootheidswaan as menslike fout!!

Die ysrots was nie sigbaar in die nag nie en die staal móés skeur toe dit nie meer kon buig nie. Die skip het in die donker teen ‘n onsigbare ysrots gebots. Die akuutaksent op “móés” beklemtoon die onvermydelikheid. (Dit kon nie anders nie!!)

Chaos het geheers in offisierskajuite – reddingsbote IRONIE: Ten spyte van hul sogenaamd deeglike beplanning was daar nou CHAOS Chaos het geheers in offisierskajuite – reddingsbote is nie eens almal neergelaat nie, wanhopige passasiers het in die see gespring en dié wat nie die moed had of bly hoop het, het op die agterstewe saam met die orkes

Lied van: “Nader my God by U”

bly sing: Nader my God by U – onverstaanbaar sê enkele oorlewendes, omdat die woorde in Afrikaans was. Van die mense het dit moontlik gesing met die hoop dat hulle, na hul sondige lewe, wél na God toe sou gaan as hulle sterf!! Baie geskiedskrywers reken dat hierdie laaste feit ‘n mite is. Nogtans kan dit in die gedig op 3 wyses interpreteer word: 1. Die woord onverstaanbaar dui op die feit dat kenners van skepe nie kon verklaar waarom hierdie skip wel gesink het nie. 2. die mens verstaan nie God se weë nie, en 3. die woord “AFRIKAANS” dui ook op die Afrikanerpolitiek of Afrikaanse regering van die sewentigerjare, wie se “Kaptein” of leier nie wou glo dat sy regering in gevaar was nie.

Rose DeWitt Bukater (een van die oorlewendes van die Titanic)