EKSAMEN VAARDIGHEDE: Waarom Toetse en Eksamens? 1.1 Jy moet weet:

Slides:



Advertisements
Verwante presentaties
BEDRYWENDE EN LYDENDE VORM
Advertisements

Voegwoorde Voegwoorde se naam sê wat hulle doen – hulle voeg sinne saam (of verbind sinne). Soms verander die woordorde van ‘n sin na ‘n voegwoord.
My siel, Pa Marie van Rensburg
GROEP WERK & KO OPERATIEWE LEER
My STOMPv2I gids Basiese Afrikaanse Sinskonstruksie.
Onderwerp 10 Die entrepreneur
Hoe om jou skryfwerk deur uitbreiding te verbeter
OORKOMING VAN SONDE Les 7 vir 18 November 2017.
Voorbereide Toespraak
TAALFOKUS: Voornaamwoorde
Saamgestel deur Juffrou Marelize Swanepoel (c) 2018
Aanbidding vra: Besit die Heilige Gees jou siel?
Sessie 4 Hoe begelei ek my kind op die pad van geloofsgroei?
OPSTELVRAAG EKSAMEN VOORBEELD
My Sv1TOMPv2I gids Basiese Afrikaanse sinskonstruksie
Afrikaans Taal Graad 11 en 12.
Selfportret Herman Lintvelt.
Skryf en aanbied redigering, proeflees beplan skryf ‘n konsep
Stres Gr. 11.
BARRETT SE TAKSONOMIE VLAK 1: LETTERLIK – Die feite staan eksplisiet of duidelik in die teks. Herken detail, hoofgedagtes, volgorde, vergelykings, oorsaak.
2010 Mei Maak ‘n spesiale kaartjie vir Moedersdag.
KURRIKULUM- EN ASSESSERINGS- BELEIDSVERKLARING
Kategese 5 November 2010 NG Wierdapark.
Maniere om met Dowe en Hardhorende persone om te gaan
2010 Maart Maandag Dinsdag Woensdag Donderdag Vrydag Saterdag Sondag
Navorsingsiklus Vraagstelling Die stappe is as volg: Beplanning
KURRIKULUM- EN ASSESSERINGS- BELEIDSVERKLARING
VOEGWOORDE (WOORDORDE IN AFRIKAANS) ME. J. VAN ZYL
Op pad na jou destinasie!!
Leesbegrip.
Boggomsbaai-blues Pirow Bekker.
Amptelike Tale Huistaal Eerste Addisionele Taal Tweede Addisionele Taal Opsomming.
Kwart-voor-sewe-lelie (7)
Wat van die res van jou lewe?
DIE BEGINSEL VAN BELYNING
UITDAGINGS EN OPLOSSINGS
Wie’s hy? DIGTERS EN DIGTERSKAP:
Kwart-voor-sewe-lelie (8)
@FXit 1.
Sessie 3 Hoe laat ons reg geskied aan die betekenis van ons kind se doop?
Navorsingsiklus Vraagstelling Die stappe is as volg: Beplanning
Brief Fernel A. Abrahams.
STOMPI is ‘n Akroniem vir die basiese struktuur van ‘n Afrikaanse sin.
KURRIKULUM- EN ASSESSERINGS- BELEIDSVERKLARING
GROEP WERK & KO OPERATIEWE LEER
Rondom my Dawie de Jager.
Blind date Moontlike antwoorde:.
BEDRYWENDE EN LYDENDE VORMS
NEGATIEF ONS GEBRUIK NEGATIEF OM IETS IN DIE ONTKENNENDE
Webregistrasie.
“SODAT HULLE EEN KAN WEES”
Skryfvaardighede Paragrawe
DIE TOEKOMS!!! “Ons behoort tyd te spandeer om ons toekoms te beplan, want ons gaan die res van ons lewe daarin deurbring”
EKSAMENRIGLYNE.
Vrugte van die Gees.
Welkom, Leiers!.
LYDENDE EN BEDRYWENDE VORM
Welkom by die Kategese Die Heilige Gees 22 April 2018
Visionerings-oefening vir groepe(7min)
Ons moet elke dag die besluit neem om volgens God se wil te leef.
Hand. 1:
GROEP WERK & KO OPERATIEWE LEER
Hartlik welkom in die Erediens!
Hartlik welkom in die Erediens!
Die skryfproses Afrikaans sonder Grense (graad 8) bl. 12
Skryforiëntering Wat jy nodig het om NOU te weet sodat jy IN DIE TOEKOMS dit kan reg doen. (c) M. Swanepoel 2010.
LO Kwartaal 1 Graad 10.
Visionerings-oefening vir groepe(7min)
VOLLEDIGE WEERGAWE Voegwoorde
Johannes 6 Hierna het Jesus na die oorkant van die See van Galilea toe gegaan, wat ook die See van Tiberias genoem word. 'n Groot klomp mense het agter.
Transcript van de presentatie:

EKSAMEN VAARDIGHEDE: Waarom Toetse en Eksamens? 1.1 Jy moet weet: Waarom dit gedoen word Hoe om daarvoor voor te berei Hoe dit afgelê moet word 1.2 Dit bepaal of jy: Slaag of Druip Toelating tot ‘n Universiteit sal kry Pos / Aanstelling sal kry

1.3 Redes waarom jy Eksamens moet aflê: 1.3.1 Dit is MEETINSTRUMENTE – waarmee jou - Vaardighede, Kennis en Begrip van ‘n onderwerp gemeet word

1.3.2 Dit leer jou om: Groot hoeveelhede werk te hanteer en te onthou Onder druk en binne ‘n sekere tyd jou kennis en vaardighede weer te gee Om vraagstellend en krities na inligting te kyk, dit te verwerk en in jou eie woorde weer te gee

1.3.3 Dit help jou om: Verskillende tipe / soorte vrae oor jou werk te antwoord Die LEKKER van GOEIE punte te beleef!!!

2. Voorbereiding vir EKSAMENS: 2.1 ‘n Bose kringloop begin: as jy gespanne is voor jy begin leer- Dit lei daartoe dat jy nie kan leer nie Dit lei weer daartoe dat jy nie in die Eksamen kan dink nie

2.2 Wenke- 2.2.1Vra voor die tyd wat die inhoud vir die eksamen behels Hoe lank die vraestel sal duur Watter soort vrae gevra gaan word Watter werk geleer moet word Voorbeelde van vrae wat gevra kan word

2.2.2 Stel vas watter vaardighede getoets gaan word Moet jy: Feite onthou? Inligting vergelyk; kontrasteer; of die betekenis interpreteer. Beginsels of Teorie kan gebruik om probleme op te los? Uitkomstes volgens veranderlikes voorstel? Idees, konsepte of metodes evalueer?

Dit is altyd BETER om te weet wat jy moet leer en jy nie hoef te leer nie! Maak SEKER jou werk is op datum

2.2.3 Beplan jou STUDIETYD- Leer met HORLOSIE byderhand – bepaal vooraf hoeveel tyd jy nodig het vir elke vak Skeduleer jou werk sodat jy ELKE DAG in die kwartaal bietjie leer en nie nodig het vir BAIE leer die dag voor die eksamen nie

Stel Studieroosters vir elke dag op, ASOOK ‘n HERSIENINGS rooster gedurende die eksamen Moenie UITSTEL NIE! Dit laat die werk net ophoop tot ‘n onhanteerbare hoeveelheid wat jou brein nie op een slag sal kan verwerk nie Opsommings en “stories” moet binne 72 uur NA dit gehoor is 6 tot 10 keer herhaal word Liaseer jou werk in VERSKILLENDE lêers vir netheid en orde

2.2.4 Gebruik ‘n STUDIEMETODE- Dit IS die BESTE manier om inligting in jou brein te stoor Werk ALLE moontlike LANGVRAE VOOR die tyd uit!

Toets jouself op DIESELFDE manier waarop jy in die eksamen getoets sal word Maak seker hoe word MOEILIKE WOORDE gespel – oefen om dit vinning en korrek te skryf

2.2.5 EKSAMENVOORBEREIDING- Voorbereiding vir die eksamen word REGDEUR die jaar gedoen!!!!! Werk vorige en ou vraestelle uit – kyk HOE word vrae gevra!!! Maak seker jou OPSOMMINGS en GEHEUE tegnieke is reeds LANK voor die tyd GEREED en gedoen!!!

Organiseer jou werk en werkplek Hersiening beteken dat jy jou werk weer moet sien EN NIE vir die EERSTE keer moet sien nie!!!!! Verander jou PRIORITEITE – daar is nog BAIE tyd (jare) om jou sosiale-, kultuur- en sport lewe weer te geniet!!! Jy kry net EEN kans vir hierdie eksamen!!!

LUISTER in die klas!!! Let veral op na: Iets wat oor die eksamen gesê word Wat op die bord geskryf word Sinne wat beklemtoon of herhaal word Woorde soos: Dit is ‘n eksamenvraag Jul gaan dit in die eksamen kry Dit is ‘n belangrike vraag Leer dit Dit is belangrik WANT.... Wenke word dikwels gegee wanneer die gereelde “praters” nie oplet nie!!!!!

2.2.6 EEN DAG voor die tyd- Jy behoort AL jou werk REEDS te ken! Hersien jou opsommings en geheuetegnieke – VERAL jou KERNWOORDE! MOENIE die aand voor die tyd NUWE werk leer nie

Toets jouself en hersien werk waaroor jy nie seker is nie MOENIE DIE HELE NAG LEER NIE – slaap genoeg

2.2.7 DAG van eksamen- Wees FISIES en EMOSIONEEL gereed vir die eksamen: Eet vrugte, drink water en doen ontspannings oefeninge Besluit dat jy jou HEEL BESTE sal lewer Fokus op dit wat jy WEET en NIE op dit wat jy nie weet nie

Moenie STIMULANTE neem nie – dit versnel jou hartklop en verhoog jou spanning wat jou brein “afsluit” Neem die REGTE skryfbehoeftes saam; Neem saam: sakdoeke vir loopneus en suiglekkers vir konsentrasie Neem horlosie saam – Hou die tyd dop!!! Beplan jou tyd!

Daag BETYDS op!!!! – Jy sit jouself onder onnodige “druk” as jy laat is LEER DIE VORIGE DAG KLAAR!!! Jy gaan jouself net deurmekaar maak om dan nog eers NOG werk in jou kop te druk!!! Moenie dat ander kinders jou deurmekaar maak nie – Jy gaan JOU kennis toets NIE hul kennis aanvul nie!

Skryf van EKSAMENS: ONTSPAN en haal diep asem Plaas AL jou SKRYFBEHOEFTES op jou tafel FOKUS op die werk wat jy gaan skryf – moenie dat ander jou deurmekaar of gespanne maak nie LUISTER na die INSTRUKSIES wat gegee word

Skryf inligting / formules wat jy DALK mag vergeet op die AGTERKANT van jou vraestel LEES DIE HELE VRAESTEL deur VOOR jy dit begin antwoord – Maak seker jy het AL die bladsye - Klaar ENIGE ONDUIDELIKHEDE uit - LEES INSTRUKSIES DEEGLIK

LEES VRAE DEEGLIK - Maak seker van die VERSKILLENDE soorte vrae - Maak seker jy VERSTAAN wat in die vraag voorkom en HOE dit beantwoord moet word - ONDERSTREEP belangrike woorde

BEPLAN jou tyd – Skat hoeveel tyd jy aan elke vraag moet spandeer - Bestee meer tyd aan vrae wat meer tel - Begroot ekstra tyd vir LANGVRAE en DINKVRAE

Begin EERSTE met die MAKLIKE vrae – dit gee “jou brein” selfvertroue! Moenie stilstaan by vrae wat jy nie ken nie – beantwoord ander vrae en kom later terug nie hierdie vrae Beantwoord AL die vrae – Selfs die waarvan jy nie seker is nie Moenie dat onebekende vrae jou ontstel nie – gebruik wat jy weet oor die vak – jy het geleer – jy KAN “iets”skryf!

Moenie “gorrel”nie en vermy herhalings – dit mors tyd – en dit help NIKS!!! Skryf netjies en leesbaar – trek ‘n streep na elke afdeling / langvraag Hersien jou antwoorde EN maak seker jy het: - Die vrae reg verstaan - Die vrae reg beantwoord - Die antwoorde reg genommer - Nie belangrike inligting uitgelaat nie

- Die antwoordblaaie REG gesorteer - Al jou antwoordblaaie ingehandig - Al jou besonderhede aangedui Gebruik AL die tyd tot jou beskikking MOENIE uitloop voor jy nie: - Al die vrae reg beantwoord het nie - Al die instruksies gevolg het nie

4. Verskillende SOORTE vrae: Waar of Vals Soek na spesifieke sleutel- en negatiewe woorde soos nie, geen, nooit en lang stellings – maak seker jy verstaan die stelling Woorde soos: nee; nooit; niks; altyd; elke; heeltemal; slegs impliseer GEWOONLIK dat die stelling 100% Waar moet wees, anders is dit Vals

Woorde soos soms; dikwels; gereeld; gewoonlik; oor die algemeen impliseer gewoonlik WAAR stellings Onderstreep negatiewe woorde soos: nie; nooit; kan nie en lees die hele sin weer – Lees nou die sin asof die negatiewe woorde nie daar is nie EN as die stelling WAAR is, is die teenoorgestelde gewoonlik VALS wanneer die negatiewe woord in die sin teruggeplaas word

ONTHOU – ELKE DEEL van die sin moet WAAR wees om die hele stelling WAAR te maak – Lees lang sinne DEEGLIK en gee aandag aan WOORDGROEPE en LEESTEKENS PASOP vir stellings wat logies klink – sien jou stelling in jou verbeelding – HIER TOETS hul jou wakkerheid en Kennis!

Veelkeusige vrae: Lees vrae deeglik en maak seker hoe antwoorde gemerk word – AS dit negatief gemerk word, verloor jy punte as jy raai Skryf antwoorde op die vraestel VOOR jy dit op die antwoordblaai skryf – veral as ponskaarte gebruik word

Veelkeusige vrae toets jou kennis van detail, feite en verhoudinge, asook jou begrip en vermoë om probleme op te los Gebruik die verskillende opsies as wenke om die antwoord uit te klaar – kanselleer die definitiewe verkeerde antwoorde AS jy oor die antwoord twyfel

Omkring alle “100%” stellings soos: altyd; nooit; slegs; nooit; maar en behalwe – dit beperk moontlike antwoorde op die vraag Vergelyk 2 of 3 antwoorde en bepaal watter een pas die beste by die vraag By “al die bogenoemde” opsie kyk jy NET vir 2 of 3 opsies wat waar is, dan is die antwoord: “al die bogenoemde”

Met getalle antwoorde is die hoogste en laagste antwoord gewoonlik nie die regte antwoord nie Die langste oplossing is DIKWELS die REGTE een Verander net jou antwoord as jy DOODSEKER is dit is VERKEERD

Kortvrae: Dek gewoonlik AL die werk wat jy moes leer – KEN jou sleutelwoorde Soek na moontlike wenke in die taalgebruik van die vraag Gebruik jou logika en algemene kennis oor die vak om vrae uit te werk Antwoord jou vrae kort en bondig

Kolom vrae: Hier moet jy die ooreenkomste of verskille vas stel Merk vrae waaroor jy onseker is en kom later terug daarna Kanselleer antwoorde uit totdat jy by die regte antwoord by die regte vraag het

Vul die antwoorde in: Lees die vraag ‘n paar keer deur Soek wenke in die inhoud Soek die “werkwoord” in die sin Lees die volgende sin – die antwoord mag daarin wees Merk die wat jy nie kan invul nie en kom later terug daarna

Langvrae: Werk ALLE moontlike langvrae VOOR die eksamen uit Begin met die vrae wat jy die BESTE KEN en die waar jy die MEESTE PUNTE gaan kry Lees die vraag en onderstreep belangrike woorde en maak SEKER jy weet wat om te doen Maak seker van WAT gevra word!!!

Skryf jou KERNWOORDE op die vraestel Antwoord die vraag en MOENIE afdwaal of deurmekaar raak nie Gee spesifieke feite en gebruik voorbeelde as jy iets moet verduidelik Gebruik toepaslike WOORDESKAT Laat spasies oop om later nog inligting by te voeg

Skryf LEESBAAR – maak seker dit is maklik om jou vraetsel na te sien Hersien jou antwoorde, klaar onduideikhede uit en maak spel- en taalfoute reg

5. Wat as jou “vasslaan”? Ontspan Dink aan jou boek of die klaskamer... Dink aan toe jy dit gehoor of geleer het... Gebruik jou sintuie... Tel STADIG van 50 na 0 en DWING jou brein om die antwoord te soek Gaan aan met die volgende vrae en kom later terug na daardie vraag Ontspan en dink aan JOU “prentjie of storie”

6. Wat as jou tyd opraak? Ontspan Beantwoord liewer ‘n paar vrae gedeeltelik as net een vraag Skryf ‘n kort opsomming van jou hoofpunte sodat die moderator kan sien dat jy die werk ken, maar nie kon klaarkry nie HOU GEREELD DIE HORLOSIE DOP Bespreek ERNSTIGE probleme met jou onderwyser

7. Eksamen “WERKWOORDE”: Analiseer – Ondersoek die detail en verdeel in belangrike dele Bepaal – Bewys die waarde van die inligting Beskryf – Gee ‘n volledige antwoord Bevestig – Bewys dat dit waar is en staaf jou inligting met feite Bewys – Gee bewyse en redes waarom iets waar / onwaar is Definieer – Gee die presiese betekenis van iets

Demonstreer – Bewys deur middel van redenasies Gee diagrammatiese voorstelling – Gee ‘n grafiese, tekening, kaart, plan of skematiese voorstelling Diffirensieer / Onderskei van mekaar – Wys hoe dinge van mekaar verskil Dui aan – Wys iets uit of toon iets aan Evalueer – Bespreek beperkinge en voordele Groepeer – Groepeer inligting volgens soort, ooreenkomste, kategorieë, ens.

Identifiseer – Verduidelik, klaar uit en gee betekenis met voorbeelde Interpreteer – Verduidelik en gee jou eie standpunt Kategoriseer – Groepeer elemente wat dieselfde is, bymekaar Kontrasteer – Vergelyk en toon die verskille / ooreenkomste aan Kritiseer / Lewer kritiek op – Sê wat jy van die onderwerp dink en gee geskikte bewyse

Lewer kommentaar – Bespreek kortliks en gee jou eie opinie Los op – Gee ‘n oplossing gebaseer op feite of kennis Lys – Gee ‘n genommerde lys van woorde, sinne of items of skryf in tabelvorm Noem – Gee net die name, feite, eienskappe of items Nommer – Skryf kort punte een vir een neer Onderskei – Toon hoofverskille aan

Omskryf – Gee ‘n breë, algemene georganiseerde; sistematiese beskrywing gebaseer op hooftemas en subtemas Ondersoek – Ondersoek in detail Ondersteun – Gee redes, bewyse of feite om stellings te staaf Gee oorsig – Ondersoek die onderwerp, analiseer en lewer kritiese kommentaar of stellings daaroor op ‘n georganiseerde wyse Toon aan – Wys en verduidelik

Regverdig – Bewys en gee sterk redes vir besluite of gevolgtrekkings Toon die verband tussen – Beklemtoon konneksies en assossiasies op ‘n beskrywende wyse Stappe – Verduidelik stap vir stap Som op – Gee net die hoofpunte of –gedagtes Stel – Gee inligting of detail in eenvoudige presiese woorde Stel voor – Gee idees, oplossings of redes

Verduidelik – Gee redes, klaar uit en interpreteer die onderwerp Vergelyk – Gee kwaliteite en eienskappe om ooreenkomste aan te toon

8. Om vraetselle “REG” te verstaan: 8.1 Lees die vraag stadig en met aandag: Soek die “werkwoord” in die vraag – dit is daardie deel / woord van die vraag wat vir jou aandui wat jy moet doen

8.2 Lees die vraag stadig en met aandag: Soek die “inhoud” van die vraag – dit is daardie deel / woord van die vraag wat vir jou aandui wat jy moet gebruik

8.3 Lees die vraag stadig en met aandag: Soek die “konteks” van die vraag – dit is daardie deel / woord van die vraag wat vir jou aandui hoe jy dit moet bewys / bewerk / verreken / antwoord

9. DOELWITTE: Moet opgestel word – dit motiveer jou om te werk / probeer / meer toegewyd te wees en te presteer Stel ‘n lys op van Doelwit punte en Behaalde punte per kwartaal Voorbeeld:

Vakke 1ste Kw Doelwit 2de Kw 3de Kw 4de Kw

10. NABETRAGTING NA EKSAMEN: Bepaal voor die eksamen watter punte jy graag wil behaal – DOELWIT punte WERK om by jou DOELWIT punte uit te kom – dit is jou TOEKOMS!!! MOET NOOIT jou punte met ander vergelyk nie – Vergelyk dit SLEGS met jou VORIGE- en DOELWITPUNTE wat jy vir jouself gestel het

Gaan spreek gerus jou onderwyser en vra dat onduidelike antwoorde of punte aan jou verduidelik moet word Beloon jouself Vier fees as jy goed gedoen het en jou doelwitte bereik het!

Beantwoord die volgende vrae met JA of NEE en gee REDES daarvoor Is jy tevrede met jou punte? Het jy jou doelwit bereik? Het jy die vrae reg verstaan? Was jou antwoorde duidelik en verstaanbaar? Het jy feite en vrae met mekaar verwar? Kon jy maklik onthou? Kon jy betyds klaarkry?

Het jy jou vraestel hersien voor jy dit ingehandig het? Verstaan jy jou foute? Is daar ‘n patroon in die foute wat elke keer herhaal? Het jy ‘n probleem met spanning? Sukkel jy om te onthou? Sukkel jy om klaar te kry?