Arbeidsreg ABR 224 Tema 1 Lesing 5
Wet op Gelyke Indiensneming 55/1998 Tema 1 Lesing 5 Wet op Gelyke Indiensneming 55/1998 Du Plessis J.V. & Fouche M.A. ‚n Praktiese Handleiding tot Arbeidsreg, LexisNexis Butterworths: Durban, 2008 (Hfst 4)
Tema 1.5 (Leeruitkomste) Noem die funksies van die Kommissie vir Gelyke Indiensneming. Bespreek die arbeidsinspekteur, die Arbeidshof en die DG se rol in die monitering en afdwinging van die WOGI. Op watter wyse word werknemers se regte beskerm?
Tema 1.5 (Kommissie vir Gelyke Indiensneming) Tot stand gebring i.t.v. Hfst 4 van die Wet. Bestaan uit ʼn voorsitter en 8 ander lede aangewys deur die Minister. Lede word genomineer deur die insethouers in NEDLAC. Hoofsaaklik ʼn adviserende liggaam. Adviseer die Minister rakende Goeie Praktykskodes, regulasies deur die Minister gemaak en beleid en enige ander saak betreffende die Wet. Die kommissie kan toekennings maak wat die prestasies van werkgewers om die doelwitte van hierdie Wet te bevorder, erken. Kommissie kan ook navorsing doen en aan die Minister verslag doen rakende enige aangeleentheid i.v.m. die toepassing van die Wet. Die kommissie word verplig om ʼn jaarlikse verslag aan die Minister voor te lê. In die uitvoering van pligte kan die kommissie skriftelike of mondelingse kommentaar van die publiek vra.
Tema 1.5 (Monitering, afdwinging en geregtelike verrigtinge I) I.t.v. Hfst V speel werknemers, vakbonde, arbeidsinspekteurs en die DG almal ʼn belangrike rol om nakoming van die Wet te monitor. ʼn Register van aangewese werkgewers wat hul gelyke indiensnemingsrekords ingedien het word ook deur die Minister gehou. Enige werknemer of vakbondverteenwoordiger kan ʼn beweerde oortreding van die Wet onder die aandag van ʼn ander werknemer, werkgewer, vakbond, werksplekforum, arbeidsinspekteur, DG of die Kommissie vir Gelyke Indiensneming bring.
Tema 1.5 (Monitering, afdwinging en geregtelike verrigtinge II) Arbeidsinspekteurs Inspekteurs se magte sluit die volgende in: Om enige werksplek te betree, enige persoon te ondervra en enige dokumente, boeke ens te inspekteer in ʼn poging om vas te stel of die werkgewer aan die vereistes van die Wet voldoen. Om ʼn skriftelike onderneming van ʼn werkgewer te versoek in terme waarvan hy aan sekere vereistes sal voldoen. Om nakomingsbevele uit te reik. Skriftelike ondernemings moet binne ʼn spesifieke tydperk verkry word indien ʼn inspekteur redelike gronde het om te vermoed dat ʼn werkgewer versuim het om met werknemers te konsulteer, versuim het om ʼn analise te doen, of om ʼn gelyke indiensnemingsplan voor te berei en te implementer, of ʼn gelyke indiensnemingsverslag in te dien en te publiseer, of om ʼn opvolgende gelyke indiensnemingsplan voor te berei, of die verantwoordelikheid aan een/meer senior bestuurders toe te ken of om werknemers in te lig of om rekords te bewaar. Mag ʼn nakomingsbevel uitreik indien ʼn werkgewer versuim het om ʼn skriftelike onderneming te gee of aan so ʼn onderneming te voldoen. ʼn Kopie van so ʼn nakomingsbevel moet op die werkgewer beteken word, wat dit in elke werksplek wat in daardie bevel genoem word, moet vertoon. Mag nie ʼn nakomingsbevel uitreik indien die werkgewer onder hersiening by die DG is nie of indien die DG die aangeleentheid na die Arbeidshof verwys het nie. Beswaar teen ʼn nakomingsbevel moet binne 21 dae na ontvangs daarvan, aan die DG gerig word. Mag ook binne 21 dae van DG se bevel na die Arbeidshof appelleer.
Tema 1.5 (Monitering, afdwinging en geregtelike verrigtinge III) Die Direkteur-Generaal Funksies van die DG val in 2 kategorieë: Bepaling van nakoming Moet vasstel of ʼn aangewese werkgewer redelike stappe geneem het om ʼn gelyke indiensnemingsplan te implementer, die vordering beraam het ens. Die volgende moet in ag geneem word: Die mate waartoe gepas gekwalifiseerde persone van en tussen die verskillende aangewese groepe, gelyk verteenwoordig word. Die poel van gepas gekwalifiseerde persone van aangewese groepe, waarvan die werkgewer verwag kan word om werknemers te bevorder of aan te stel. Ekonomiese en finansiële faktore relevant tot die sektor waarin die werkgewer besigheid dryf. Huidige en verwagte ekonomiese en finansiële omstandighede van die werkgewer. Aantal huidige en voorgenome vakante poste wat in die werkgewer se arbeidsomset bestaan. Hersiening om vas te stel of ʼn werkgewer aan die Wet voldoen Die DG mag Die werkgewer versoek om ʼn kopie van die analise, plan ens in te dien. Versoek om met die werkgewer te konsulteer. Versoek om met die werknemer te konsulteer. Die werkgewer se gelyke indiensnemingsplan goedkeur of aanbevelings maak. Nie-voldoening na die Arbeidshof verwys.
Tema 1.5 (Monitering, afdwinging en geregtelike verrigtinge IV) Arbeidshof Arbeidshof het eksklusiewe jurisdiksie om enige geskil rakende die interpretasie of toepassing van die Wet te besleg. Die Arbeidshof het: Algemene magte (Om ʼn nakomingsbevel ʼn bevel van die hof te maak; Laat-liassering van dokumente te kondoneer; Die KVBA te gelas om ʼn ondersoek te loods; Kompensasie toe te ken; Skadevergoeding toe te ken; Bevel om aan die Wet te voldoen; Boete oplê; Prestasies te hersien; DG se bevele te bevestig, wysig of terug te trek; Om met enige aangeleentheid nodig te handel.) Magte i.t.v. onbillike diskriminasie (Betaling van kompensasie; Betaling van skadevergoeding; Beveel werkgewer om stappe te neem om die herhaling van onbillike diskriminasie te voorkom; Bevel om aan Hfst 3 te voldoen; Beveel van verwydering van werkgewer se naam uit die register van aangewese werkgewers; Publikasie van ʼn hofbevel.) Magte i.t.v. mediese toetsing (Berading, vertroulikheid, magtiging vir toetsing.)
Tema 1.5 (Beskerming van werknemersregte) - Geen persoon mag: ʼn Werknemer verbied om enige reg uit te oefen of aan enige verrigtinge deel te neem nie of teen ʼn werknemer wat sy regte uitoefen, diskrimineer nie. ʼn Werknemer benadeel wat enige reg uitoefen nie. ʼn Werknemer benadeel o.g.v. vroeëre, huidige of verwagte bekendmaking van inligting wat hy wettiglik geregtig is om aan ʼn ander persoon te gee. Bevoordeling/belofte van bevoordeling aan ʼn werknemer in ruil dat hy enige reg nie sal uitoefen nie.
Tema 1.5 (Algemene bepalins) Openbaarmaking van vertroulike inligting wat verkry is gedurende die uitvoering van ʼn funksie i.t.v. die Wet, sal ʼn misdaad daarstel, tensy sodanige openbaarmaking regtens vereis word. Hof kan ʼn maksimum boete van R10 000 oplê. Minister kan enige Goeie Praktykskode uitvaardig en publiseer in die Staatskoerant. ʼn Werkgewer wat met die Staat wil kontrakteer moet ʼn nakomingssertifikaat toon. Die nakomingsertifikaat word deur die Minister uitgereik om te sertifiseer dat die aangewese werkgewer aan die bepalings van Hfst 2&3 voldoen het en die nie-aangewese werkgewer aan die bepalings van Hfst 2. So ʼn sertifikaat is geldig vir 12 maande na uitreiking. Bylae 1 bevat ʼn uiteensetting van die maksimum boetes wat opgelê kan word vir oortredings van die Wet en wissel tussen R500 000 en R900 000.