Die eerste “Vroegherfs”

Slides:



Advertisements
Verwante presentaties
Dis nie meer snaaks nie! Nou raak dit werk!
Advertisements

My siel, Pa Marie van Rensburg
Onderwyser Antjie Krog.
Luisterliedjie 1. Ek wil U hoor ek wil in stilte by U rus
Les 6 vir 11 November 2017 ADAM EN JESUS.
“U het my gevorm, my aanmekaargeweef in die
Toewyding.
OORKOMING VAN SONDE Les 7 vir 18 November 2017.
KONTAK Antwoordgids.
Wat my ma my geleer het.
Omdat.
Titel : Palimpses deur Johann de Lange
Aanbidding vra: Besit die Heilige Gees jou siel?
“Gaan dan heen”.
Afrikaans Taal Graad 11 en 12.
Gedagtes rondom die nagmaal
Koos du Plessis ( ).
Gaby Hattingh Samantha Papenfus Charnelle Ingram
Gal. 3:3. “Is julle dan so sonder begrip
Maniere om met Dowe en Hardhorende persone om te gaan
’n Vigslyer sterf Vincent Oliphant Vooraf
Boggomsbaai-blues Pirow Bekker.
“Daarop lei [God] [Abraham] uit na buite met die woorde: ‘Kyk nou op na die hemel en tel die sterre as jy hulle kan tel.’ En Hy sê vir hom: ‘So sal jou.
Hartlik welkom in die Erediens! ‘Auto-pilot’: Ja of Nee?
Rom.6: en :
Wie’s hy? DIGTERS EN DIGTERSKAP:
As jy weer skryf Ingrid Jonker.
MA.
Beeld van God.
Sessie 3 Hoe laat ons reg geskied aan die betekenis van ons kind se doop?
Brief Fernel A. Abrahams.
DIE UITKOMS IS HIER,DIE UITKOMS IS HIER!
Rondom my Dawie de Jager.
Algemene Sinode Dagwyding
Dra dan die goeie vrug, Boereman!
NEGATIEF ONS GEBRUIK NEGATIEF OM IETS IN DIE ONTKENNENDE
ONS KRAGKRISIS Feitesending. ONS KRAGKRISIS Feitesending.
Om die Woord (Brood) reg te breek… nie altyd so maklik nie
Staan op en skree nou: Ek is lief vir Jesus! Staan op en skree nou ek is lief vir Hom! Almal moet weet, ja almal moet.
“SODAT HULLE EEN KAN WEES”
Ons wag.
Gaan dan heen. Gaan in vrede. My kind gaan doen - wat Ek van jou vra:
My hand ritsel Cas Vos ( ).
JEUG Wat kan en moet ons doen as ons ons jeug vir die kerk en die evangelie wil behou? Wes-en-Suid-Kaap Sinode 2015.
Klou vas aan die Woord Maar deel uit die vrug.
Ons storieboek oor Jesus se geboorte
Bekering.
Vrugte van die Gees.
Druk (Click) om voort te gaan
‘N NUWE GEBOD JOH 13:34-35 'n Nuwe gebod gee Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê; soos Ek julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhê. Hieraan.
Welkom, Leiers!.
Visionerings-oefening vir groepe(7min)
“gevangene van die wet”
Gemeentevisie Efes 4:1-17.
Hartlik welkom in die Erediens!
Laaste onderwys (na die nagmaal) ‘n Nuwe gebod (13) sy dood en opstanding (14) die wynstok en die lote (15) vervolging in die wêreld (15) die koms.
Die Groot Vyf Traumas • Dood • 9 Maart •.
KOM NA MY TOE….
'nHoopvolle Nuwe Toekoms
Joh. 1: Efes. 5:
Hand. 1:
Joh. 16: Heb. 1: 1-2.
Hartlik welkom in die Erediens!
LOGO - SIMBOLIEK AARDBOL KRUIS SLANG LYNE OOR GRENSE HEMEL EN AARDE
Hy het weer gaan bid… Matt 26:38-46
Assosiasie speletjie Aan watter liedjie wat ons sing, laat die volgende prentjies jou dink?
Joh. 14:2-3. “In die huis van my Vader is daar baie woonplek
Sy neem haar huishoudelike take ernstig op. Sy is baie lief vir Jesus.
Visionerings-oefening vir groepe(7min)
Johannes 6 Hierna het Jesus na die oorkant van die See van Galilea toe gegaan, wat ook die See van Tiberias genoem word. 'n Groot klomp mense het agter.
Transcript van de presentatie:

Die eerste “Vroegherfs” Interteks Deur: NP Van Wyk Louw

Wat beteken die gedig?? Vroegherfs – NP van Wyk Louw Die jaar word ryp in goue akkerblare, in wingerd wat verbruin, en witter lug wat daglank van die nuwe wind en klare son deurspoel word; elke blom word vrug, tot selfs die traagstes; en die eerste blare val so stilweg in die rook-vaal bos en laan, dat die takke van die laan populiere al teen elke ligte môre witter staan. O Heer, laat hierdie dae heilig word: laat alles val wat pronk en sierraad was of enkel jeug, en vér was van die pyn; laat ryp word, Heer, laat U wind waai, laat stort my waan, tot al die hoogheid eindelik vas 14 en nakend uit my teerder jeug verskyn. Siklus van sonnette Wat beteken die gedig?? “...teen elke ligte môre witter staan.” ..die laan populiere …” Uit: “Vier gebede by jaargetye in die Boland” uit die bundel “Die halwe kring” (1937).

Vroegherfs p. 156 Deur: Joan Hambidge

Wat sê die titel “Vroegherfs” vir jou? Wat assosieer jy met herfs? Pre-lees Wat sê die titel “Vroegherfs” vir jou? Wat assosieer jy met herfs?

Bundels en romans

Gebore in Aliwal-Noord Oor die digter Joan Hambidge Gebore in Aliwal-Noord Studeer aan die Universiteite van Stellenbosch en Pretoria Verwerf ‘n doktorsgraad aan die Rhodes Universiteit Tans professor in Afrikaans en Nederlandistiek aan die UK Bied ook ‘n MA-kursus in Kreatiewe Skryfwerk aan Verwerf verskeie pryse vir haar poësie Skryf ook verskeie romans Rubriekskrywer Vertaler Literêre teoretikus Resensent Kritikus DIGTER

Vroegherfs – Joan Hambidge Die jaar word ryp in wrede ontnugtering, slustes: die oortreffende trap van “slu”, wat skelm of slinks beteken. Vroegherfs – Joan Hambidge  Die jaar word ryp in wrede ontnugtering, in woede wat verkil, en bitter idees wat daglank deur my nuwe minagting uitgespoel word; alle idees word reëls, tot selfs die slustes; en die eerste beelde val so stilweg in my donker depressiewe drome uit sodat die dendriete in my brein al teen elke ligte môre ooreis, ópspruit. O muses, laat hierdie dae nooit verbygaan: laat alles val wat poësie of stilte verbreek of cliché is, en vér was van die pyn; laat ryp word, muses, laat jul verwoesting nimmer taan, vir ewig, tot al my demone afgebreek word in relevante, tydgebonde skyn. Betekenis dendriete: die vertakte uitsteeksel van ‘n neuron in die brein; die akson van een neuron stuur boodskappe wat ontvang word deur die dendriete van ander neurons depressiewe - neerdrukkende cliché: afgesaagde, holruggeryde uitdrukking Muses is in die Griekse mitologie die godinne van die skone kunste wat kunstenaars inspireer. relevante: toepaslike, betekenisvolle

Vroegherfs – Joan Hambidge 1 Die jaar word ryp in wrede ontnugtering, a 2 in woede wat verkil, en bitter idees b 3 wat daglank deur my nuwe minagting 4 tot selfs die slustes; en die eerste beelde val 5 uitgespoel word; alle idees word reëls, c 6 so stilweg in my donker depressiewe drome uit d 7 sodat die dendriete in my brein al 8 teen elke ligte môre ooreis, ópspruit. 9 O muses, laat hierdie dae nooit verbygaan: e 10 laat alles val wat poësie of stilte verbreek f 11 of cliché is, en vér was van die pyn; g 12 laat ryp word, muses, laat jul verwoesting nimmer taan, 13 vir ewig, tot al my demone afgebreek 14 word in relevante, tydgebonde skyn. Sonnetvorm nie aparte kwatryne OKTAAF = beeld deurlopend nie aparte tersines SEKSTET = toepassing

Watter woorde in die gedig verwys na die Digkuns? ‘n Gedig oor die poësie. Die spreker verwoord persoonlike ervarings Sy beleef ‘n jaar waarin haar “wrede ontnugtering” en die “woede” wat dit impliseer, langsamerhand “verkil” Sy ervaar ‘n “nuwe minagting”; ‘n minagting wat dus anders geword het as wat dit aanvanklik was. Dis ‘n minagting wat daagliks “bitter idees” “uitspoel” wat almal “reëls” word. By hulle sluit die “eerste beelde” (metafore) aan wat uit haar “depressiewe drome” “val”. Die beelde kom vir die eerste keer sedert sy ontnugtering en woede ervaar het uit haar onbewuste (haar “drome”) by haar op en vra haar om hulle in ‘n gedig te gebruik. Vroegherfs – Joan Hambidge Die jaar word ryp in wrede ontnugtering, in woede wat verkil, en bitter idees wat daglank deur my nuwe minagting uitgespoel word; alle idees word reëls, tot selfs die slustes; en die eerste beelde val so stilweg in my donker depressiewe drome uit sodat die dendriete in my brein al teen elke ligte môre ooreis, ópspruit. O muses, laat hierdie dae nooit verbygaan: laat alles val wat poësie of stilte verbreek of cliché is, en vér was van die pyn; laat ryp word, muses, laat jul verwoesting nimmer taan, vir ewig, tot al my demone afgebreek word in relevante, tydgebonde skyn. Watter woorde in die gedig verwys na die Digkuns?

Die digter sê nie dat haar demone vir goed verdryf is nie. Daar is ‘n oorgang in die 9de reël; ‘n verandering van een of ander aard wat die eerste 8 reëls in ‘n ander lig stel. Sy roep die “muses” in die oorgangsreël aan om haar te inspireer om haar gedig te skryf. Hambidge vra hulle om haar nie te verlaat nie, maar aan haar genoeg woorde en beelde te skenk om oor haar gemoedstemmings te skryf totdat sy dit vernietig (“afgebreek”) het. Sy slaag daarin om ‘n bestaande gedig te omskep en ‘n eie betekenis te gee. Dis ‘n gedig waarin ‘n obsessiewe digter haar vry skryf van die demone. Die digter sê nie dat haar demone vir goed verdryf is nie. Sy het hulle nodig, want demone inspireer ook gedigte. Die gedig is ‘n parodie (‘n lagwekkende nabootsing van ‘n ernstige gedig), maar hierdie gedig is ernstig. BESPREKING

BESPREKING Die spreker bly in albei gedigte op die agtergrond en maak hom/haar net kenbaar deur die persoonlike toon, die verwoording van innerlike ervarings en die gebruik van die besitlike vnw. Louw gebruik dit eers in die laaste reël van sy sonnet: “my teerder jeug” Hambidge gebruik dit 4 keer: “my … minagting”, “my … drome”, “my brein”, “my demone”.

Voldoen Hambidge se gedig aan die verwagting wat die Post-lees Post-lees Voldoen Hambidge se gedig aan die verwagting wat die titel by jou geskep het?