Eenheid 6 Pacta de Contrahendo

Slides:



Advertisements
Verwante presentaties
VAKBONDE TERME.
Advertisements

GROEP WERK & KO OPERATIEWE LEER
Rekeningkundige begrippe
Begrotingsaspekte Tegnologie vandag Die raamwerk vir begroting ”’n Kontrolelys vir openbare skole se begrotingsprosesse” Die beheerliggaam moet.
My STOMPv2I gids Basiese Afrikaanse Sinskonstruksie.
DIE UITVERKORENES Les 11 vir 16 Desember 2017.
Onderwerp 10 Die entrepreneur
Die wettige gebruik van water vir besproeiing
“U het my gevorm, my aanmekaargeweef in die
OORKOMING VAN SONDE Les 7 vir 18 November 2017.
Kontraktereg eenheid 3 (deel 2) onbehoorlik verkree wilsooreenstemming
Onderwerp 4 Besighede Waarvan gaan ons leer? • formele en informele besighede. • soorte besighede (handels-, vervaardigings- en diensondernemings) wat.
Saamgestel deur Juffrou Marelize Swanepoel (c) 2018
Aanbidding vra: Besit die Heilige Gees jou siel?
Welkom! Doopvoorbereiding Verwelkom almal en open met gebed.
My Sv1TOMPv2I gids Basiese Afrikaanse sinskonstruksie
DIE JERUSALEM RAAD Les 8 vir 25 Augustus 2018.
Beslote Korporasies ONR 314.
Selfportret Herman Lintvelt.
NOORD-GAUTENG STOEI HALFJAARBERAAD 2014 INLEIDING DANIE ODENDAAL.
Skryf en aanbied redigering, proeflees beplan skryf ‘n konsep
Kopiereg.
Arbeidsreg ABR 224 Tema 3 Lesing 6.
Arbeidsreg ABR 224 Tema 3 Lesings 2-3.
Arbeidsreg – ARR224 Lesing 11
Hersiening van die EHI-basiskode se klousule oor werksure
Beslote Korporasies HOOFSTUK 27.
Proses van wysiging van Artikel 1 van die Kerkorde
Op pad na jou destinasie!!
EENHEID 8 MOONTLIKHEID VAN PRESTASIE
Ontsyfer die vers...Hoe maak mens?
Wysiging van Artikel 1 van die Kerkorde
Kwart-voor-sewe-lelie (8)
Brief Fernel A. Abrahams.
STOMPI is ‘n Akroniem vir die basiese struktuur van ‘n Afrikaanse sin.
DIE REIS NA ROME Les 13 vir 29 September 2018.
BESIGHEIDSTUDIES GRAAD 10
GROEP WERK & KO OPERATIEWE LEER
Beslote Korporasies HOOFSTUK 27.
Arbeidsreg ABR 224 Tema 3 Lesing 4.
Besigheidstudies Graad 11.
Arbeidsreg ABR 224 Tema 3 Lesing 7.
Webregistrasie.
Die Pad van Waarheid tot die Lewe BybelVertalingsProjek
“SODAT HULLE EEN KAN WEES”
Proses van wysiging van Artikel 1 van die Kerkorde
GELOOFSBELYDENIS AHV GELOOFSVERKLARING 2000
Die Pesaglam.
Gilson A.C. Waldkoenig & William O Avery Alban Insitute 1999
Arbeidsreg ABR 224 Tema 3 Lesing 5.
Fil 4:4-8 “4Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly! 5Wees inskiklik teenoor alle mense. Die Here is naby. 6Moet oor niks besorg wees nie,
DIE TOEKOMS!!! “Ons behoort tyd te spandeer om ons toekoms te beplan, want ons gaan die res van ons lewe daarin deurbring”
Arbeidsreg ABR 224 Tema 3 Lesings 2-3.
VENSTER OP DIE EWIGHEID.
AARP Beginsels Graad 10 Vra aan leerders: Waarvoor staan die akroniem AARP - Algemean aanvaarde rekeningkundige praktyk.
LESING 1 VENNOOTSKAPSREG.
Arbeidsreg ABR 224 Tema 3 Lesing 7.
Proses van wysiging van Artikel 1 van die Kerkorde
Ons moet elke dag die besluit neem om volgens God se wil te leef.
Laaste onderwys (na die nagmaal) ‘n Nuwe gebod (13) sy dood en opstanding (14) die wynstok en die lote (15) vervolging in die wêreld (15) die koms.
Visitasie.
'nHoopvolle Nuwe Toekoms
Hand. 1:
GROEP WERK & KO OPERATIEWE LEER
Joh. 16: Heb. 1: 1-2.
Hartlik welkom in die Erediens!
WAAR KERKREG EN ARBEIDSREG MEKAAR ONTMOET
Skryforiëntering Wat jy nodig het om NOU te weet sodat jy IN DIE TOEKOMS dit kan reg doen. (c) M. Swanepoel 2010.
Beslote Korporasies ONR 314.
Arbeidsreg ABR 224 Tema 1 Lesing 5.
Transcript van de presentatie:

Eenheid 6 Pacta de Contrahendo Kontraktereg Eenheid 6 Pacta de Contrahendo

Leeruitkomste: Verduidelik wat bedoel word met die begrip pactum de contrahendo en onderskei hierdie begrip van ander vorme van voorkeurkontrakte. Bespreek die regsaard van die opsiekontrak. Lys en bespreek die vereistes vir die opsiekontrak. Bespreek kortliks die breuk van die opsiekontrak en die remedies beskikbaar aan ‘n party wat skade gely het as gevolg van sodanige breuk.

Lys voorbeelde van voorkeurkontrakte. Verduidelik kortliks wat bedoel word met die begrip “voorkeurreg”. Bespreek die vereistes van ‘n voorkeurreg. Onderskei tussen opsies en voorkeurkontrakte.

Bestudeer: Hutchison et al pp 65-76. Venter v Bircholtz Hirschowitz v Moolman Ficksburg Transport (Edms) Bpk v Rautenbach De Jager v Burger Dettman v Goldfain

Pacta de Contrahendo KONTRAK GEMIK OP DIE SLUITING VAN ‘n ANDER KONTRAK. Voorbeelde: Opsiekontrak; Voorkeurkontrak.

Opsiekontrak: Beperk aanbieder se bevoegdheid om aanbod terug te trek. Voorkeurkontrak: Skep voorkeurreg namens ‘n persoon vir aangaan van ‘n ander soort kontrak, SOU SO PERSOON BESLUIT OM HOEGENAAMD SO KONTRAK TE SLUIT. Behels slegs ‘n reg om aan te dring op die samewerking van die ander party tot die sluit van die substantiewe kontrak.

Partye het reeds wilsooreenstemming bereik, maar wil nie dadelik kontrakteer. Bied beskerming teen latere weiering om die kontrak te sluit. Pacta de contrahendo moet onderskei word van pre-kontraktuele reelings.

Pre-kontraktuele reelings: Pre-kontraktuele reelings het geen verbintenisregtelike effek nie. Sluit in: Memoranda van verstandhouding; Hoofde van ooreenkoms; Ooreenkomste in beginsel; Briewe van bedoeling.

Doel van pre-kontraktuele reelings: Om vertroue te bewerkstellig, deur toegewydheid tot die aangaan van die kontrak te demonstreer deur die partye, of om enige vordering in onderhandelinge op rekord te plaas. Verskaf ‘n hersiening van vordering gemaak deur prokureurs;

identifiseer uitstaande faktore; voorsien basis vir verdere vordering tot ‘n bindende ooreenkoms Gevolge van reelings hang af van die interpretasie van hul terme in die konteks van omstandighede.

Corbett AR in Hirschowitz v Moolman: “’n Pactum de contrahendo is ‘n ooreenkoms om in die toekoms ‘n kontrak te sluit” Dus: Kontrak gemik op die aangaan van ‘n ander kontrak.

Opsiekontrakte: Regsaard: “’n Regskonsep wat ‘n kontrak tussen twee partye, die OPSIEGEWER en die OPSIENEMER/HOUER, beslaan, om ‘n aanbod om te kontrakteer oop te hou.” Kontrak wat substantiewe aanbod oophou: Opsiekontrak.

Onderskei opsiekontrak van die substantiewe kontrak. Opsiekontrak is NIE substantiewe kontrak met opskortende voorwaarde nie. Venter v Birchholtz:

Opsiekontrak is unieke kontrak. Word opgedeel in aanbod om te koop tesame met ‘n ooreenkoms om die aanbod staande te hou vir ‘n bepaalde tydperk. Geen opskortende voorwaarde bestaan nie. Die uitoefening van die opsie is nie die voldoening aan ‘n voorwaarde van die koper nie.

Word verbintenis geskep deur opsiekontrak? Ja: Opsiehouer het reg dat opsiegewer sy aanbod sal oophou vir aanname. Opsiegewer het verpligting aanbod oop tte hou vir moontlike aanname en skep van kontrak.

Opsiehouer ontvang ook regsbeskermde mag/bevoegdheid om ‘n substantiewe kontrak te sluit deur uitoefening van die opsie.

2.Vereistes vir opsiekontrak. Moet voldoen aan algemene vereistes vir kontrakte, asook: 1. Die objek van die opsie moet duidelik omskryf word. 2. Die prys/koste van die objek moet bepaald/bepaalbaar wees. 3. Wyse van betaling vir objek moet bepaald wees. 4. Tydsduur waarbinne opsie uitgeoefen moet word, moet bepaald wees.

Partye mag ooreenstem op wyse waarop substantiewe aanbod aanvaar moet word. De Jager v Burger and Another: FEITE: Appellant het aan B ‘n opsie om te koop verleen om haar aandele in sekere onroerende eiendom te koop.

B het toe die respondente as opsiehouers genomineer. Die opsie is verleen vir ‘n tydperk van 5 jaar en sou verval op 31 Mei 1992 om 06:00 die oggend. Die finale klousule het die volgende bewoording bevat:

“Die opsiehouer kan sy opsie skriftelik uitoefen by wyse van ‘n geskrewe kennisgewing deur voorafbetaalde geregistreerde pos wat gestuur moet word voor of op 31 Maart 1992. Sodanige kennisgewing is die voorgeskrewe wyse van kommunikasie ondanks die feit dat dit moontlik nog nie deur die geadresseerde ontvang is nie:

Op 30 Maart 1992 het die respondente ‘n dokument geteken ingevolge waarvan hulle die opsie uitgeoefen het, en die dokument afgelewer by die appellant se woning om 21:00 op 31 Maart 1992. Die appellant het ontken dat die opsie betyds uitgeoefen is, en aangevoer dat sy die eiendom aan ‘n derde party mag verkoop.

Respondent voer aan dat die woord “kan” in die laaste klousule aanduidend was dat die pos van aanname deur voorafbetaalde geregistreerde pos nie die enigste wyse van aanname was nie. ‘n Ewe-voordelige wyse van aanvaarding kon aangewend word, volgens respondente.

Respondente voer verder aan dat die metode wat hulle vir aanname gebruik het (fisiese aflewering) meer effektief was as die voorgeskrewe aanname, en dus as geldige en tydige aanname aanvaar moes word.

Regsvraag: Was die wyse van aanname van die respondente aanvaarbaar, alhoewel dit nie voldoen het aan die voorgeskrewe wyse van aanname nie?

Beslissing: 1. Daar was twee wyses van aanname voorgeskryf deur die kontrak: 1.1. Werklike kommunikasie voor 06:00 op 31 Maart 1992. 1.2. Die pos van die aanname deur voorafbetaalde geregistreerde pos voor of op 31 Maart 1992.

2. Indien die respondente van die tweede wyse gebruik wou maak, moes hulle dit gedoen het deur die pos van die aanname by wyse van voorafbetaalde geregistreerde pos, nie fisiese aflewering om 21:00 nie. 3. Die aanname van die opsie is nie betyds uitgeoefen nie.

Ratio decidendi: Dit was nie ‘n opsie vir die respondent om die opsie fisies uit te oefen na 06:00 op 31 Maart 1992 nie. Selfs al was die uitgeoefende wyse van die opsie meer voordelig vir die opsiegewer as die stuur van die aanname per geregistreerde pos.

3. Nuttige klousules in opsiekontrak: Opsie mag nie oorgedra/sedeer word nie. Insluiting van ‘n teenprestasie vir die gee en hou van die opsie. Klousule wat die vererwing van die opsie verbied.

4. Remedies vir kontrakbreuk: Gereguleer deur algemene beginsels van kontraktereg. Skadevergoeding. Terugtrede.

Voorkeurregte: 1. Regsaard: Kontrakte wat die volgende regte skep: 1.1. “Reg op eerste weiering”: Voorkeurreg by huur van eiendom. 1.2. “Voorkoopsreg”: Voorkeurreg vir die koop van eiendom. 1.3. Voorkeurreg geskep deur ‘n kontrak wat aan die koper die reg verleen om iets aan ‘n ander te verkoop.

2. Reg van eerste weiering: Kontrak wat reg van eerste weiering skep, plaas nie ‘n verlpliting op die gewer van die reg om die eiendom te verkoop nie. Sou die gewer wel besluit om die eiendom te verkoop, het die houer van die reg ‘n voorkeur om dit te koop.

“Trigger event” – Breytenbach v Stewart. Indien gewer van reg besluit om sy eiendom te verkoop, is hy verplig om ‘n aanbod aan die houer van die reg te maak. Die toestaan van die voorkeurreg bepark die gewer daarvan se bevoegdheid om afstand te doen van sodanige reg.

Vereistes vir die voorkeurreg: Kontrak waarin voorkeurreg geskep word moet aan alle vereistes vir ‘n kontrak in die algemeen voldoen. Prys waarteen eiendom gekoop mag word kan gestel word of is objektief bepaalbaar. Sien problematiek rakende of voorkeurkontrak die essentialia van die substantiewe kontrak moet vooruitloop.

Onderskeid: Opsies en Voorkeurkontrakte Opsie: Behels aanbod aan geadresseerde wat deur laasgenoemde aanvaar kan word. Voorkeurkontrak: Geen aanbod bestaan ten tyde van die gee van voorkeurreg nie, en gewer is nie verplig om ‘n aanbod te maak tensy hy/sy besluit om te vervreem nie. Sien veral studiegids pp. 57-58.