STROFE 1: Reël 1 : kinders - Alleenplasing dus beklemtoning

Slides:



Advertisements
Verwante presentaties
BOEKMERK Marise Joubert.
Advertisements

Die sagte sprong Sheila Cussons Vooraf
Voegwoorde Voegwoorde se naam sê wat hulle doen – hulle voeg sinne saam (of verbind sinne). Soms verander die woordorde van ‘n sin na ‘n voegwoord.
DIREKTE - EN INDIREKTE REDE
My siel, Pa Marie van Rensburg
David de Lange Fanie Olivier Verskuns, p. 91.
Onderwyser Antjie Krog.
KONTAK Theo de Jager bl. 51.
My STOMPv2I gids Basiese Afrikaanse Sinskonstruksie.
DIE UITVERKORENES Les 11 vir 16 Desember 2017.
Sprokie vir ‘n stadskind
Hoe om jou skryfwerk deur uitbreiding te verbeter
“U het my gevorm, my aanmekaargeweef in die
OORKOMING VAN SONDE Les 7 vir 18 November 2017.
. PUNT Word aan einde van sin gebruik Na afkortings
Omdat.
Saamgestel deur Juffrou Marelize Swanepoel (c) 2018
Titel : Palimpses deur Johann de Lange
Aanbidding vra: Besit die Heilige Gees jou siel?
Die storie van Paulus en sy reise (deel 1).
My Sv1TOMPv2I gids Basiese Afrikaanse sinskonstruksie
Na ‘n besoek aan die dieretuin D.J. Opperman
Selfportret Herman Lintvelt.
Koos du Plessis ( ).
Die wêreld het so klein geword
Skryf en aanbied redigering, proeflees beplan skryf ‘n konsep
BARRETT SE TAKSONOMIE VLAK 1: LETTERLIK – Die feite staan eksplisiet of duidelik in die teks. Herken detail, hoofgedagtes, volgorde, vergelykings, oorsaak.
Bicycle sonder ‘n slot Koos Kombuis.
Maniere om met Dowe en Hardhorende persone om te gaan
Op pad na jou destinasie!!
“maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en.
’n Vigslyer sterf Vincent Oliphant Vooraf
Boggomsbaai-blues Pirow Bekker.
Wat van die res van jou lewe?
Hartlik welkom in die Erediens! ‘Auto-pilot’: Ja of Nee?
Wie’s hy? DIGTERS EN DIGTERSKAP:
As jy weer skryf Ingrid Jonker.
MA.
KABOUTERLIEFDE Antwoordgids.
Brief Fernel A. Abrahams.
STOMPI is ‘n Akroniem vir die basiese struktuur van ‘n Afrikaanse sin.
Wetenskapmannetjies Verkleiningsvorm: hulle is wetenskaplikes en/of wiskundiges, maar die spreker het ‘n neerhalende of minagtende houding teenoor.
DIE UITKOMS IS HIER,DIE UITKOMS IS HIER!
Rondom my Dawie de Jager.
Valse profete ♫ Speakers Wat sê die Bybel?.
Wie het al soortgelyke dinge as die volgende gesê?
Joh. 14: :
Staan op en skree nou: Ek is lief vir Jesus! Staan op en skree nou ek is lief vir Hom! Almal moet weet, ja almal moet.
“SODAT HULLE EEN KAN WEES”
Ons wag.
JEUG Wat kan en moet ons doen as ons ons jeug vir die kerk en die evangelie wil behou? Wes-en-Suid-Kaap Sinode 2015.
Die grootste is die LIEFDE
Druk (Click) om voort te gaan
Welkom, Leiers!.
LYDENDE EN BEDRYWENDE VORM
Welkom by die Kategese Die Heilige Gees 22 April 2018
10. Ek glo Jesus is terug hemel toe
“gevangene van die wet”
Hartlik welkom in die Erediens!
Lees: II Petrus 1:1-15 Teks: II Petrus 1:2 Tema: Kennis van God en Jesus Christus dringend belangrik vir my geloofsekerheid! Sing: Lof: Psalm 138-1:1,2.
Hand. 1:
ACTS ACTION II..
Joh. 16: Heb. 1: 1-2.
Hartlik welkom in die Erediens!
Hartlik welkom in die Erediens!
Skryforiëntering Wat jy nodig het om NOU te weet sodat jy IN DIE TOEKOMS dit kan reg doen. (c) M. Swanepoel 2010.
Joh. 14:2-3. “In die huis van my Vader is daar baie woonplek
Sy neem haar huishoudelike take ernstig op. Sy is baie lief vir Jesus.
VOLLEDIGE WEERGAWE Voegwoorde
Johannes 6 Hierna het Jesus na die oorkant van die See van Galilea toe gegaan, wat ook die See van Tiberias genoem word. 'n Groot klomp mense het agter.
Transcript van de presentatie:

STROFE 1: Reël 1 : kinders - Alleenplasing dus beklemtoning Dit is amper asof spreker kinders aanspreek Reël 2: met wange soos mossies VERGELYKING Die kinders se wange lyk soos die van mossies . Reël 3 : wat teen elke oggend stoei Sukkel elke oggend om op te staan vir skool Reël 4: hande altyd woerende vlerke – Metafoor Klanknabootsing – woerende –soos woer-woer. Reël 5: elke lyfie ‘n seilende gesang Sinekdogee- lyfie dui op leerder; Metafoor. Die beskrywing van die kinders. Hulle hande en arms is altyd aan die beweeg net soos die vlerke van die voël en hulle liggaampies is aan die beweeg en hulle is ‘n gawe van God.

Strofe 1 Reël 6 : vlak bo die waterspieël Reël7: van ‘n klipvloergang Die liggaampies van die kinders word gereflekteer op die blink gepoleerde klipvloer van die skool se gang soos hulle op en af in die gange beweeg. Vlak bo – naby; digby. Die skool se gang so glad en blink jy kan jou weerspieëling daarin sien (soos by water).

Strofe 1 Die woorde mossies en lyfies dui aan dat ons hier te doen het met laerskoolkinders. Die kinders se lyfies word vergelyk met ‘n seilende gesang. Hulle beweeg so baie dat dit lyk asof hullee vlieg. Hulle swaai hulle arms. Die beweging is so baie dat ‘n mens dit kan hoor. Hulle beweging gaan gepaard met baie klank – daarom gesang. Die woorde : stoei; woerende en seilende beskryf die bewegende kinders.

Strofe 2 Reël 8: vlytig stort die druppels klank Reël 9: oor haar uit totdat sy verbaas - Onderwyseres Die onderwyseres hoor die lawaai / geraas / gepraat van die kinders in die gange en dit klink vir haar soos druppels klank. Sy kan net vaagweg hoor wat hulle sê. Die klank stort oor die onderwyseres. Reël 10: die reuk van bittersoet jasmyn -Oksimoron Reël 11 uit haar skooljare proe- Sinestesie (reël 10 – 11) Die spreker proe die reuk van jasmyn. Die smaaksintuig word vir die reuksintuig aangewend. En terwyl sy die kinders se geraas hoor, bring dit aangename herinneringe van haar eie skooljare terug. Die herinnering is so sterk dat sy self die reuk van jasmyn kan proe. Die dae was egter nie net aangenaam nie – bittersoet.

Strofe 2 Reël 12 : waar sy ook kon mor - assonansie in herhaling van o klank Reël 13: en protesteer: - na die dubbelpunt gaan ‘n verduideliking volg. Dit wat sy in haar skooljare gedoen het en wat die kinders vandag ook nog doen, nl. “mor” en “protesteer”. Die twee woorde mor en protesteer dui aan dat die spreker soms ontevrede was op skool.

Strofe 2 Die haar dui moontlik op ‘n laerskoolonderwyseres. Die woorde vlytig en stort dui vir ons aan dat die kinders baie energie het. Die kinderstemme herinner die ondewyseres aan haar skooldae. Die sintuie smaak, gehoor, tas en reuk kom in gedig voor. Smaak- proe jasmyn Gehoor - druppels klank Tas- die druppels klank wat oor haar stort Reuk - ruik die jasmyn

Strofe 3 14.waarom is alles altyd ver 15.waarom is alles altyd hier 16.waarom moet ek leer – waarom -Herhaling 17.van optel aftrek deel - WISKUNDE 18.van dooie digters – TALE - alliterasie 19.uit die toentertyd 20.en watter land sit waar 21.en waarom draai die son

Strofe 3 Reël 14 – 21 : Hier is sommige van die vrae wat die leerders die onderwysers vra. Vra soos waarom moet hulle Wiskunde doen, van dooie digters leer en Aardrykskunde leer? Vir die kinders is hierdie dinge vervelig en hulle soek meer opwindende dinge om te doen. Retoriese vrae word gebruik. Herhaling (iteratief) van “waarom” beklemtoon die kinderlike kwaliteit van wil weet.

Strofes 4 22.toe maak sy die die dag weer oor – 23.met elke skoolklok werk sy 24. namens mossiekind: Dubbelpunt- uitbreiding van gedagte; meer inligting sal volg.  Die onderwyser besef dat die leerders, net soos sy, ook die sillabus vervelig vind. Sy besluit toe om haar manier van onderrig te verander om dit vir die kinders aangenaam te maak; sy help die kind om goeie skoolherinneringe te bou. Elke les wat sy nou doen, spreek tot die kind en word vir die kind uitgewerk sodat die kind daarby baat vind, want die kind is kosbaar.

Strofe 4: Sy herleef amper haar eie skooljare. Sy “maak die dag weer oor” – sy verander dus die dag – sy maak seker dat dit iets spesiaals en lekker vir die kinders is sodat hulle goeie herinneringe sal hê Soos die skooldag verbygaan, (“met elke skoolklok”) werk sy vir elke elke kind om seker te maak skool is lekker en aangenaam. Onthou die kind is kosbaar.

Strofe 5 25. kom ons pars die wind met wange soos soldaatjies - vergelyking Die onderwyseres is deel van die kinders – daarom ons Die wind is ‘n simbool van vryheid en sorgeloosheid.

Strofe 5 Die vergelyking is geslaagd, want: Die rooi wangetjies van die speelgoedsoldaat lyk soos die kinders se rooi wangetjies, omdat hulle opgewonde is en dinge geniet het. Dit verwys ook na die kinders wat in rye moet staan soos soldate doen. Goeie herinneringe maak hulle sterk. Soldaat sluit ook aan by feit dat kinders gereed gemaak moet word vir die lewe daar buite. Sy wil die wind pars- sy wil dus die kinders se vryheid en sorgeloosheid vasvang.

Strofe 6 totdat elkeen net die geur van jasmyn kan boekmerk Die onderwyser wil dus elke dag vir die leerders spesiaal maak sodat hulle dit sal onthou – Die kinders moet net goeie herinneringe versamel - boekmerk. teen die onheil van ons ellelange reis Die aangename herinneringe moet die kinders beskerm teen die onheil en teenspoed wat hulle op hul lewensreis sal ervaar.

Strofe 6: Die spreker sal die leerders weerbaar maak teen die aanslae van die wêreld. Ellelange reis – verwys na die lewensreis wat ons onderneem. Die reis sal nie altyd aangenaam wees nie (ONHEIL) maar daarom moet ons ‘n BOEKMERK van goeie herinneringe hê sodat ons die lewe kan aanvat. BOEKMERK:Hierdie woord word nooit as ’n werkwoord gebruik nie, maar wel in die gedig. Hier beteken dit: om vir jou ’n aangename herinnering vas te lê wat vir jou ’n rigtingwyser op jou lewenspad kan wees Progressie in gedig : Jasmyn van bittersoet reuk tot geur

TEMA Dit gaan oor die invloed van ‘n onderwyser op leerders in sy of haar klas. Dit gaan oor die onderwyser se plig om die leerders paraat te maak vir hulle lewensreis. Maak elke dag spesiaal sodat ‘n mens dit altyd in jou lewe sal onthou.

Bronnelys Google Images Vlymskerp 2017 Verskuns: Best Books studiewerkgids. J Anthony vir inligting en basiese kragpunt Trippel H hulpbronne. Saamgestel : E Cronje 3/5/2017