Sprokie vir ‘n stadskind Koos du Plessis Verskuns, p. 31
LUISTER Luister na “Sprokie vir ‘n stadskind” deur Koos du Plessis uit die album “Skadu’s teen die muur” (1979) of die weergawe van Karla du Plessis of die van Theuns Jordaan (uit Kouevuur) of Johannes Kerkorrel, e.a.
Sprokie vir ’n stadskind? Pre-lees Sprokie vir ’n stadskind? Die sprokie waarop hierdie gedig baseer is, wil dit hê dat daar aan die einde van ’n reënboog ’n pot goud begrawe is. As ’n mens dan stap tot by die einde van ’n reënboog, sal die persoon daar die groot pot goud vir homself kan opgrawe en ryk en gelukkig lewe. Daarom: As jy geluk en vreugde wil vind, soek die reënboog se punt. Koos du Plessis vertel hierdie sprokie oor aan ’n kind, maar nie sommer enige kind nie: ’n stadskind, eintlik ’n straatkind. Dink aan ’n kaalvoet straatkind wat parkeerplekke aanwys in ’n groot stad en snags op sypaadjies slaap.
As die reën van stof en roet verby is a Strofe 1 Titel: ‘n Sprokie word aan ‘n stadskind vertel. Die verwagting is dat die inhoud met ‘n straatkind se ervaringswêreld verband hou. Bou: Die gedig bestaan uit 5 kwatryne 1 As die reën van stof en roet verby is a 2 en die rook verdwyn, b 3 sal daar in die sterrelose hemel c 4 ‘n neonboog verskyn Gebroke rym Die kwatryn skep ‘n gevoel van ‘n vuil, somber en besoedelde stad. r. 1: “As” die besoedeling verdwyn, kan die neonboog (stadsliggies) gesien word. r. 1: In die stad reën dit stof en roet (metafoor); die sterre kan nie gesien word nie; i.p.v. ‘n reënboog, verskyn ‘n neonboog – ‘n metafoor vir die helder neonligte in die stad. Die funksie van die metafore is om die besoedeling uit te beeld.
d 5 En kyk maar goed, want as jy hom vind, 6 Strofe 2 r. 5 & 6: die voorwaarde vir die vertel van die sprokie: die kind moet iets vind, nl. die reënboog se punt. Dit sluit aan by die legend dat daar aan die punt van die reënboog ‘n skat (pot goud) is. Die skat sal nie maklik gevind kan word nie, want dit is met “ou kettings gebind” (r. 7). 5 En kyk maar goed, want as jy hom vind, d 6 vertel ek vir jou ‘n sprokie, my kind, 7 van ‘n skatkis, met ou kettings gebind, 8 aan die neonboog se punt. slagrym r. 8: Die gebruik van die woord “neonboog” sluit aan by die leefwêreld van die stadskind. Die gebruik van die uitsteltegniek skep afwagting. Dit waarna die kind moet soek, word nie dadelik aangetooon nie – eers in die slotreëls
e f 9 Volg hom elke nag oor swart riviere, 10 oor kranse van beton; 11 Strofe 3 In r. 9-12 word die kind aangesê om ‘n baie lang reis te onderneem en dat daar dalk ‘n belonging aan die einde van die reis kan wees. Dit sluit aan by die een boodskap van die gedig: dat aanhou en uithou nie noodwendig die waarborg sal wees om ‘n skat of beloning te kry nie. Die kind moet “elke nag”, dus gereeld, op die soektog gaan. kruisrym 9 Volg hom elke nag oor swart riviere, e 10 oor kranse van beton; f 11 as jy aanhou stap tienduisend ure, 12 sal jy dalk daar kom. Die teerpaaie van die stad word metafories gelykgestel aan “swart riviere” (r. 9) Die “kranse van beton” is ‘n metafoor vir die hoë stadsgeboue is. r. 12: die woord “daar” dui op die neonboog se punt wat die kind moet soek. “tienduisend ure”: oordrywing (hiperbool) Dus: Dit is amper onmoontlik om geluk in die stad te kry. Die stadskind gaan baie deursettingsvermoë nodig hê, hy/sy moet nie ophou loop nie, (“aanhou stap, tienduisend ure”) en dan is die beloning nie gewaarborg nie, maar “dalk” (r. 12) beskikbaar.
d 13 Maar hier moet jy jou nimmer laat bind, 14 Strofe 4 r. 13: “maar” dui ‘n wending in die gedig aan. In r.1-12 word die kind van die reis vertel - vanaf r. 13 word hy/sy aangemoedig om geluk op ‘n ander plek as die stad te gaan soek. slagrym 13 Maar hier moet jy jou nimmer laat bind, d 14 want so lui die ou, ou sprokie my kind: 15 As jy geluk en vreugde wil vind, 16 soek die neonboog se punt r. 13: “nimmer: sterker woord as nooit, om aan te dui dat die kind nie in die stad moet aanbly nie. r. 14: die herhaling van “ou-ou” versterk die idee van die sprokie dat daar aan die einde van die reen- (neon)boog ‘n skat gevind sal word. r. 14: “want”: dui die rede aan waarom die kind hom/haar nie moet laat bind nie, nl dat die plek van vrede en geluk gevind moet word. r. 14 dubbelpunt dui op die sprokie wat volg.
e f 17 Volg hom elke nag oor swart riviere;- 18 kyk nie één maal om. Strofe 5 r. 17 herhaal dat die kind sy/haar drome moet volg kruisrym r. 17: aandagstreep – beklemtoon die wyse waarop die drome gevolg moet word; die kind moenie spyt voel of terugkyk nie 17 Volg hom elke nag oor swart riviere;- e 18 kyk nie één maal om. f 19 Dalk vind jy die land van blou saffiere 20 en dalk ‘n brokkie son. r. 19: “Dalk” dui op ‘n moontlikheid Dit wat die kind gelukkig sal maak aangedui as “die land van blou saffiere” en “’n brokkie son” r. 20: dalk word herhaal: dit is slegs ‘n moontlikheiddat jou drome verwesenlik sal word
TEMA TEMA In elke mens is daar die begeerte na geluk en om jou drome te verwesenlik. Die spreker sê dat ‘n mens nie moet ophou om daarna te streef nie, al neem dit ook hoe lank.
BRONNE Volledig gebaseer op: Vosloo, Riens: Verskuns vir Huistaal, Graad 10 Vosloo, Riens: Best Books Studiewerkgids - Verskuns vir Graad 10 Huistaal
Sprokie vir Stadskind Opsomming.docx SLOT Sprokie vir Stadskind Opsomming.docx