Lees en Kyk Letterkunde

Slides:



Advertisements
Verwante presentaties
STROFE 1: Reël 1 : kinders - Alleenplasing dus beklemtoning
Advertisements

Dis nie meer snaaks nie! Nou raak dit werk!
Die sagte sprong Sheila Cussons Vooraf
My siel, Pa Marie van Rensburg
David de Lange Fanie Olivier Verskuns, p. 91.
Besluit watter liedere julle wil sing.
Veertig sinkplate teen die suidewind
GROEP WERK & KO OPERATIEWE LEER
KONTAK Theo de Jager bl. 51.
TEGNOLOGIE EN HULPMIDDELS
My STOMPv2I gids Basiese Afrikaanse Sinskonstruksie.
Dowe Kultuur.
Hoe behandel ons gedigte in die klas??
Hoe om jou skryfwerk deur uitbreiding te verbeter
? ? ? ? Vraag ? ? ? ? p. 89 Lina Spies.
EENHEID IN DIE LIGGAAM VAN CHRISTUS
Voorbereide Toespraak
Die Kwart-voor-sewe-lelie (3)
POËTIESE BEGRIPPE RYM ENJAMBEMENT POLISINDETON BEELDSPRAAK HALFRYM
STAAT -NIEL VAN TONDER Geskep deur M Diamond 2013.
TAALFOKUS: Voornaamwoorde
Saamgestel deur Juffrou Marelize Swanepoel (c) 2018
Titel : Palimpses deur Johann de Lange
Aanbidding vra: Besit die Heilige Gees jou siel?
Sessie 4 Hoe begelei ek my kind op die pad van geloofsgroei?
NA VOOR.
OPSTELVRAAG EKSAMEN VOORBEELD
My Sv1TOMPv2I gids Basiese Afrikaanse sinskonstruksie
Afrikaans Taal Graad 11 en 12.
Selfportret Herman Lintvelt.
Die wêreld het so klein geword
Skryf en aanbied redigering, proeflees beplan skryf ‘n konsep
BARRETT SE TAKSONOMIE VLAK 1: LETTERLIK – Die feite staan eksplisiet of duidelik in die teks. Herken detail, hoofgedagtes, volgorde, vergelykings, oorsaak.
DRAMA: KABV-VEREISTES
Die driehoekige sirkel
KURRIKULUM- EN ASSESSERINGS- BELEIDSVERKLARING
KURRIKULUM- EN ASSESSERINGS- BELEIDSVERKLARING
KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING
Leesbegrip.
’n Vigslyer sterf Vincent Oliphant Vooraf
Boggomsbaai-blues Pirow Bekker.
Amptelike Tale Huistaal Eerste Addisionele Taal Tweede Addisionele Taal Opsomming.
Wie’s hy? DIGTERS EN DIGTERSKAP:
As jy weer skryf Ingrid Jonker.
MA.
Brief Fernel A. Abrahams.
STOMPI is ‘n Akroniem vir die basiese struktuur van ‘n Afrikaanse sin.
KURRIKULUM- EN ASSESSERINGS- BELEIDSVERKLARING
KURRIKULUM- EN ASSESSERINGS- BELEIDSVERKLARING
GROEP WERK & KO OPERATIEWE LEER
Rondom my Dawie de Jager.
“SODAT HULLE EEN KAN WEES”
Die Kwart-Voor-Sewe-Lelie (1)
Ons wag.
SPRING: OORSIG.
VENSTER OP DIE EWIGHEID.
Vrugte van die Gees.
Welkom, Leiers!.
Flitskaarte RITME & RYM BEELDSPRAAK RUSPUNTE STYLFIGURE STROFEBOU.
LYDENDE EN BEDRYWENDE VORM
Welkom by die Kategese Die Heilige Gees 22 April 2018
10. Ek glo Jesus is terug hemel toe
Flitskaarte RITME & RYM BEELDSPRAAK RUSPUNTE STYLFIGURE STROFEBOU.
Hand. 1:
GROEP WERK & KO OPERATIEWE LEER
Hartlik welkom in die Erediens!
Die skryfproses Afrikaans sonder Grense (graad 8) bl. 12
Skryforiëntering Wat jy nodig het om NOU te weet sodat jy IN DIE TOEKOMS dit kan reg doen. (c) M. Swanepoel 2010.
LO Kwartaal 1 Graad 10.
Sy neem haar huishoudelike take ernstig op. Sy is baie lief vir Jesus.
Transcript van de presentatie:

Lees en Kyk Letterkunde Sessie 3.2 Lees en Kyk Letterkunde

LETTERKUNDE Huistaal: DRIE genres poësie roman drama Eerste Addisionele Taal: Kies enige TWEE van die volgende genres: kortverhale

LETTERKUNDE Tweede Addisionele Taal: Kies EEN van die volgende genres: novelle eenbedryf kortverhale poësie

Aktiwiteit 8: Letterkunde Verwys na KABV Oriënteringshandleiding Voltooi aktiwiteit 8 (p. 12)

POËSIE letterlike betekenis figuurlike betekenis stemming tema en boodskap beeldspraak innerlike bou van ʼn gedig: beeldspraak, stylfigure, woordkeuse (diksie), klankeffekte, punktuasie, refrein, herhaling, toon, retoriese middels, emosionele reaksies uiterlike bou van ʼn gedig (tipografie): versreëls, woorde, strofes, rym, ritme, punktuasie, refrein, alliterasie, assonansie, enjambement

DRAMA Dramatiese struktuur: intrige en subintrige (eksposisie, motoriese moment, ontwikkeling/verwikkeling, krisis, klimaks, ontknoping/afloop) Karakterisering Rol van die verteller/perspektief Tema en boodskap Agtergrond en milieu en invloed daarvan op die karakter en tema Stemming en toon Ironiese wending/afloop Toneelaanwysings/subteks Verband tussen dialoog/monoloog/alleenspraak en handeling Dramatiese ironie Tydsverloop

ROMAN EN KORTVERHALE Intrige en subintrige/spanningslyn Karakter en karakterontwikkeling Karakterisering Innerlike en uiterlike konflik Rol van die verteller Temas en boodskappe Agtergrond en milieu en invloed daarvan op die karakter en tema Stemming, ironiese wending/afloop Tydsverloop (chronologies, terugflitse, tydspronge)

LITERÊRE TERMINOLOGIE

Agtergrond en milieu Die agtergrond en omstandighede waarteen die verhaal/roman/drama afspeel. Die tyd en ruimte van die verhaal sluit in: tyd (laat 1990’s) plek (Soweto) historiese milieu (Post-apartheid era) sosiale, politieke, en selfs spirituele werklikheid Die milieu is die tyd en ruimte waarin ʼn verhaal afspeel. Dit word hoofsaaklik deur beskrywing daargestel, alhoewel die narratiewe ook gebruik word.

Intrige Die intrige orden aksies en karakters in ʼn tyd en milieu op ʼn betekenisvolle wyse. Dit is ʼn reeks aksies wat die skrywer gebruik om die verhaal te vertel. Die gebeure bou op na ʼn hoogtepunt en het gewoonlik ʼn inleiding, liggaam en slot. Intrige is hoe die gebeure aangebied en georganiseer word. Opeenvolgende gebeure is afhanklik van mekaar sodat ʼn bepaalde effek bereik word. Die basis van enige intrige is konflik. Die karakters word met ʼn situasie gekonfronteer wat teen die einde van die verhaal opgelos word.

Subintrige ʼn Versameling van minder belangrike gebeure in ʼn roman of ʼn drama. Dit het gewoonlik iets met die intrige te doen (lewer kommentaar, komplimenteer of ondersteun die intrige). Soms kan daar aanvanklik meer as een subintrige ontwikkel, wat later as een intrige saamsmelt.

Styl en woordkeuse Styl het te doen met die manier waarop die skrywer hom-/haarself uitdruk. Dit word beïnvloed deur faktore soos woordeskat, die gebruik van figuurlike taal, sinstrukture en toon.

Woordkeuse Woordkeuse het te doen met die skrywer se keuse en gebruik van woorde. Woordkeuse kan beskryf word as geselserig, eenvoudig, elegant, formeel, tegnies, figuurlik, emotief, pretensieus, dekoratief, ens. Die woordeskat wat in die verhaal gebruik word, moet by die tersaaklike onderwerp pas.

Woordkeuse (vervolg) Die woordkeuse kan die houding van die skrywer weerspieël en hou verband met die toon. Wanneer eenvoudige en maklik verstaanbare woorde/frases gebruik word, dui dit op ʼn neutrale posisie, terwyl die bevooroordeelde skrywer emotiewe taal sal gebruik om die leser te oorreed om ʼn sekere standpunt in te neem. Die skrywer se woordkeuse is uiteindelik die woordeskat van die roman of drama.

Struktuur van intrige

Verduideliking van die elemente van intrige Eksposisie: agtergrondinligting word gegee. Dit sluit in die protagonis, antagonis, primêre konflik, milieu, stemming. Ontwikkeling: verwante sekondêre konflik kompliseer die primêre konflik. Klimaks: die draaipunt, die mees intense moment Ontknoping/afloop: al die gebeure wat na die klimaks volg; die samevatting, samebinding van al die los drade.

Soorte intriges Chronologiese: die eerste gebeure vind plaas, dan die tweede stel gebeure, en so hou dit aan. Media res (Latyn vir “in die middel van dinge”): die storie "begin” in die middel van die gebeure. Terugflitse: ʼn hulpmiddel wat die skrywer gebruik om inligting te gee oor gebeure wat voor die gebeure wat vertel word, gebeur het. Dit sluit tegnieke soos herinneringe, drome, stories uit die verlede wat deur die karakters vertel word of selfs outeurs-soewereinitieit (vryheid van skrywer om in te gryp in sy eie verhaal), in. Terugflitse is nuttig vir die verwikkeling en om agtergrond aan die leser te gee oor die karakter, ʼn plek of oor konflik. Episodiese: Sommige vertellings gaan oor kort episodiese intriges wat mekaar direk opvolg.

Soorte konflik Karakter vs karakter (uiterlike konflik) Karakter vs natuur (uiterlike konflik) Karakter vs gemeenskap (uiterlike konflik) Karakter vs hom-/haarself (innerlike konflik)

Karakter en karakterisering ʼn Karakter is ʼn persoon wat verantwoordelik is vir die gedagtes en gebeure in ʼn verhaal, gedig Karakterisering: hoe die karakter is en wat sy / haar motiewe is Elke karakter het sy/haar eie persoonlikheid en die skrywer gebruik dit om die intrige van die verhaal te ontwikkel of om stemming daarmee te skep Die houding, gedrag en selfs die voorkoms van die karakters kan die belangrikste elemente van die literêre werk soos die tema, milieu en toon beïnvloed

Karakterisering: Dinamiese vs statiese karakters Hoofkarakters ondergaan belangrike groei en ontwikkeling as gevolg van die gebeure (intrige) in die verhaal. ʼn Newekarakter bly op die agtergrond en ondergaan nie werklik enige verandering nie.  

Karakterisering Plat (newekarakter) vs ronde (hoof-) karakters Die plat karakter het ʼn paar funksies: dit lig die hoofkarakter uit en bevorder gebeure in die verhaal, dit gee gestalte aan die milieu en veroorsaak moontlike botsing/konflik, dit ondergaan geen noemenswaardige verandering nie. Die ronde karakter is die sentrale figuur waarom die gebeure draai; word die meeste uitgelig; ondergaan karakterontwikkeling; die innerlike en uiterlike word die beste uitgebeeld; is op die voorgrond en die middelpunt van die verhaal.

Tema en boodskap ‘n Sentrale gedagte of stelling wat ʼn literêre werk saambind en selfs beheer ʼn Tema is die skrywer se manier om met sy leser te kommunikeer en idees, waarnemings en gevoelens met sy lesers te deel. Dit kan direk in ʼn literêre werk genoem word of deur die skrywer geïmpliseer word Dit kan voorkom as ʼn kort en betekenisvolle insig, bv. liefde, swaarkry of selfsug Dit kan ook ʼn uitgebreide siening van die lewe wees, bv. die goeie sal die kwaad oorwin of dit baat nie om kwaad te doen nie, die lang arm van die gereg sal jou bykom

Toon en stemming Toon Die skrywer se houding teenoor sy lesers en die onderwerp (persoon of ding) wat aangespreek word. Die skrywer kan formeel, informeel, speels, ironies, sarkasties, optimisties, pessimisties wees. Die toon wat die skrywer in die eerste sinne aanneem, is baie belangrik. Stemming Dit is die dominante emosies wat die leser tydens die leesproses ervaar. Dit is die emosionele toestand van die skrywer. Wanneer die emosionele toestand met die milieu geassosieer word, noem ons dit die atmosfeer.

Tydsverloop Dit is hoe die tyd in die verhaal verloop. Die chronologiese opeenvolging van gebeure (wanneer die tyd opmekaar volg soos gister, vandag, môre) of ʼn verhaal kan ʼn chronologiese of fragmentariese tydsverloop hê (die tydsverloop volg hier nie op mekaar nie; daar is tydspronge en terugflitse in die verhaal; die hede en die verlede wissel mekaar af in die verhaal.

Verteller Verteller: die persoon wat die skrywer gebruik om die verhaal te vertel. Eerstepersoonverteller (“ek-verteller”): een van die karakters wat die verhaal slegs uit sy eie gesigshoek vertel. Die “ek-verteller” is die beste soort verteller om eie emosies en gevoelens te beskryf. Derdepersoonverteller: Dit is ʼn verteller wat nie gebonde is aan tyd en plek nie; hy weet wat elke karakter sê, dink en voel; hy is oral teenwoordig; op elke plek, ruimte en tyd. Alomteenwoordige derdepersoonverteller: die persoon is nie deel van die verhaal nie, maar beskik oor al die inligting van die karakters (wat hulle dink, doen en sê).

Ironie Ironie: Die teenoorgestelde gebeur as wat verwag is. Verbale ironie: Die karakter sê iets, maar bedoel eintlik die teenoorgestelde. Situasionele ironie: Dit wat gebeur, is anders as wat ons verwag het. Dramatiese ironie: Die leser beskik oor inligting wat die karakters nie het nie. Ironiese wending: Dit is ‘n wending in die intrige wat teen die einde van die verhaal/storie plaasvind. Dit is ‘n slotsom wat die gehoor/leser dwing om na te dink oor dit wat gebeur het, bv. die betroubare karakter blyk toe eintlik die skelm te wees.

Toneelaanwysings (drama) Instruksies wat die dramaturg in die teks aan die akteurs gee Inligting oor die aksies, voorkoms en gedrag van die karakters Plek- en tydsaanduidings Help die leser om die karakters se optrede te verstaan

Beeldspraak Beeldspraak/beelde is woorde of frases wat op alle sintuie of enige kombinasie van sintuie gerig is Die gebruik van beelde Dit het te doen met figuurlike taal 9

Poësie: rym Rym is die ooreenkoms tussen lettergreepklanke aan die einde van twee of meer reëls. Rymsoorte: Paarrym Kruisrym Omarmende rym Gebroke rym Alliterasie ook genoem “beginrym”, is ʼn rympatroon wat binne die versreël voorkom deur die klanke aan die begin van woorde te herhaal, bv. “sag sing die sekels soet” G.A. Watermeyer. Assonansie is die herhaling van vokaalklanke in woorde wat na aan mekaar is, bv. vel en sel.

Poësie: ritme Ritme is die gevoel van beweging wat geskep word deur beklemtoning (die metriese komponent) tempo en rym. Ritme word beïnvloed deur metrum en die gepaste keuse van toepaslike metriese patrone. Ritme word beïnvloed deur tempo, die gebruik van ʼn pouse, die lengte van woorde wat gebruik word en die maklike of moeilike uitspreek van daardie woorde.

Punktuasie Die gebruik van: leestekens HOOFLETTERS skuinsdruk

Filmstudie en televisiedrama (slegs vir verryking) DoE Languages SA Training 2009

Filmstudie en televisiedrama Kinematografiese tegnieke (visueel, oudio en oudiovisueel) soos die gebruik van: Kamerabewegings Kamaraskote Kamerategnieke Rame, vooropplasing en agterplasing Beligting Dialoog, klank en musiek Redigering Kleur Onderskrifte Komposisie

Filmstudie en televisiedrama Dialoog en handeling en die invloed daarvan op karakter en tema; die lees en skryf van draaiboektekste; Intrige, subintrige, karakterbeelding, konflik, dramatiese doel en dramatiese struktuur, dramatiese ironie, ironiese wending en afloop; verrassingselemente; skok en hoe dit geskep word Filmstudie word slegs vir verryking aangebied.

Kamerabewegings ʼn Karakter kom ‘n vertrek binne en sy beweging word met ‘n volgskoot gevolg. Dit verhoog die betrokkenheid by dit wat gefotografeer word. ʼn Kantelbeweging is wanneer die kamera van horisontaal na vertikaal “kantel” tydens die fotografieproses. As ʼn rollende motor afgeneem word met ʼn kantelende horison, sal die kyker voel asof hy self in die motorongeluk is.

Kamerabewegings (vervolg) Die kamera wat van ʼn toneel teruggetrek word dui aan dat die aksie verby is. In spanningsfilms mag die aksie skielik weer begin, wat veroorsaak dat die kyker óf verras óf geskok word. Wanneer die lenshoek van die kamera geleidelik verklein, sodat die toneel groter word en nader aan die kamera kom, noem ons dit inzoem. As die lenshoek vergroot, word die beeld kleiner en skep dit afstand. Dit word uitzoem genoem.

Kamerategnieke In ʼn naby skoot (Engels: close-up) vul die kop die skerm; die aandag is dus op die karakter se gemoedstoestand of reaksie. Die uiters naby skoot, byvoorbeeld in ’n riller, van die oog van ’n moordenaar deur ʼn loergaatjie in die deur, skep spanning. Die mid-skoot is die standaardbeeld van die onderwerp; van die middellyf tot bo die kop. ʼn Ver skoot is ’n afstandskoot om byvoorbeeld ook die landskap te wys. Soms word dit gebruik aan die begin of einde van ʼn fliek om aan te toon dat die karakter deel is van die wye natuur.

Rame, vooropplasing en agterplasing Rame verwys na wat binne die rame of toneel is. Die regisseur besluit wat in die raam ingesluit of uitgesluit word; dit kan ʼn verskil maak aan hoe ʼn kyker gebeure vertolk. Elke item in die raam moet versigtig gekies en geplaas word. Die regisseur vestig die aandag op die voorwerp deur dit op die voorgrond te plaas, bv. ʼn vuurwapen. Die kyker besef dan dat die vuurwapen belangrik is.

Beligting Beligting is belangrik omdat dit die gemoedstemming en atmosfeer bepaal. Die kykers se aandag kan gelei word deur ʼn voorwerp wat vir intrige belangrik is, helder te verlig. Donkerte/skadu’s kan gebruik word om tot dramatiese spanning, vrees en onsekerheid by te dra. Hierdie soort beligting word in grillerflieks gebruik.

Dialoog en klank Die dialoog, die klankeffek en musiek is belangrik vir die stemming en betekenis. Die klankeffek gee ons die gevoel dat ons deel van die film is en dit maak die gebeure geloofwaardig. Die klank kan ook van buite die raam kom, bv. ʼn telefoon wat lui of ʼn hond wat blaf. Oorklanking is wanneer ʼn stem gehoor word, maar die persoon nie gesien word nie. Dit dui aan wat nog gaan gebeur of wat alreeds gebeur het.

Redigering Wanneer die film voltooi is, begin die redigeringsproses. Daar moet net besluit word watter skote ingesluit word, watter skote opmekaar volg en watter metode gebruik gaan word om die skote met mekaar te verbind. Die styl en spoed van redigering dra by tot die stemming en sin van die verhaal/storie. As beoog word dat die kykers angstig en in afwagting moet wees, sal die redigering vinnig wees. As die stemming ontspanne moet wees, sal die toneel langer neem en minder dikwels verander.

Kleur Kleur word gebruik om stemming en emosies uit te druk (rooi vir gevaar/liefde, geel vir geluk, groen vir hoop/jaloesie, ens.). Die kyker word bewus gemaak van die stemming, omdat verskillende kleure verskillende stemminge meebring.

Wenke vir onderrig en assessering Karakter- of temaplakkate: ʼn Individu of groepe van drie of vier ondersoek tekste wat die essensie van ʼn karakter of tema vasvat. Daarna maak hul plakkate waarop teksaanhalings voorkom. Groepe identifiseer met ʼn karakter of tema en voeg enige ontwikkelings by hul plakkate voordat hul aan die res van die klas rapporteer.

Wenke vir onderrig en assessering Spotprente: individuele of groepspesifieke episodes word in spotprente vervat Onderhoude: gebeure of opinies word deur karakters belig Rolspel: leerders mag gevra word om karakters op te voer Dagboeke: leerders skryf uittreksels van verskillende karakters se dagboeke wat gebeure, hulle planne en opinies insluit Klasdebat: die onderwerp van die debat kan op die tema en boodskap van die teks gebaseer wees Navorsing: leerders mag stories vanuit hul kulturele agtergrond navors en dit met die voorgeskrewe teks vergelyk om vas te stel of daar enige verband is. Dit kan aan die klas vertel word. Huldeblyk: leerders kan ‘n huldeblyk skryf oor ‘n karakter wat voor die einde van die storie sterf Legkaarttegniek: die onderwyser verdeel die teks in eenhede en die leerders moet dit weer aanmekaar las Maak ‘n collage: leerders demonstreer hulle interpretasie van ‘n gedig of storie deur prente en woorde te gebruik om ‘n collage te maak

Wenke vir onderrig en assessering Voorstelling van die elemente van intrige Stel leerders voor aan intrigestruktuur/dramatiese struktuur, deur die elemente van intrige te gebruik, nl. eksposisie, motoriese moment, ontwikkeling/verwikkeling, krisis, klimaks, ontknoping/afloop. Leerders lees ‘n kortverhaal/novelle/drama van hul eie keuse. Leerders rangskik die gebeure van die intrige, deur die intrigediagram te gebruik en bespreek die literêre begrippe, nl. aanvang, opbou van spanning, klimaks, en ontknoping. Wat leer jy in die aanvang of inleiding van die storie? Watter gebeure word in die opbou van die storie ingesluit?

Wenke vir onderrig en assessering Voorstelling van die elemente van intrige Wat is die klimaks van die storie? Watter gebeure word in die ontknoping van die storie ingesluit? Wat is die konflik? Waarom kom hierdie konflik voor? Hoe word die konflik opgelos? Hoe gebruik die skrywer spanning om die intrige van hierdie storie te ontwikkel?

Wenke vir onderrig en assessering Drama Dui die dialoog aan wat die karakters se sosiale posisie/status of klas aandui. Verduidelik jou keuse. Verwys na die hoofkarakter en noem watter dialoog sy/ haar optrede ondersteun. Watter dialoog openbaar iets van die verteller se karakter en persoonlikheid? Kyk na die toneelaanwysings van ʼn drama en vra leerders hoe hulle die volgende daaruit kan aflei: waar en wanneer die drama plaasvind, waar en wanneer die karakters beweeg en hoe hulle lyk, optree en praat die manier waarop die drama op die verhoog afspeel.

Wenke vir onderrig en assessering Poësie Lewer kommentaar oor die effek van alliterasie en assonansie. Wat is die tema van die gedig? Lewer kommentaar oor die toon van die gedig. Bespreek die toon of … Verduidelik die ironie in reël … … is ironies. Waarom? Watter beeld roep ... op? Verduidelik die atmosfeer in die reël/strofe … Watter stylfigure het die digter gebruik om hierdie atmosfeer te skep?

Integrasie Oorweeg die volgende: Hoe benader ons die oordrag van vaardighede vanaf lees en kyk na luister en praat, en skryf en aanbied? Hoe behoort taal oor die kurrikulum heen versterk te word om die begrip van konsepte in ander vakke te verdiep?

BAIE DANKIE!