Arbeidsreg ABR 224 Tema 3 Lesing 7.

Slides:



Advertisements
Verwante presentaties
VAKBONDE TERME.
Advertisements

Rekeningkundige begrippe
Begrotingsaspekte Tegnologie vandag Die raamwerk vir begroting ”’n Kontrolelys vir openbare skole se begrotingsprosesse” Die beheerliggaam moet.
Eenheid 6 Pacta de Contrahendo
Les 2 vir 14 Oktober 2017 DIE STRYD.
Die wettige gebruik van water vir besproeiing
Arbeidsreg ABR 224 Tema 2 Lesing 3.
Les 6 vir 11 November 2017 ADAM EN JESUS.
OORKOMING VAN SONDE Les 7 vir 18 November 2017.
EENHEID IN DIE LIGGAAM VAN CHRISTUS
Spaargeld Onderwerp 16 Wat gaan ons leer? • persoonlike spaargeld • die doel van spaargeld • die geskiedenis van banke • die rol van banke • dienste wat.
Kontraktereg eenheid 3 (deel 2) onbehoorlik verkree wilsooreenstemming
Aanbidding vra: Besit die Heilige Gees jou siel?
PRODUKSIEFAKTORE Graad 8
Arbeidsreg – ARR224 Lesings 13-14
Beslote Korporasies ONR 314.
Stres Gr. 11.
Kopiereg.
Gaby Hattingh Samantha Papenfus Charnelle Ingram
Arbeidsreg ABR 224 Tema 3 Lesing 6.
Arbeidsreg ABR 224 Tema 3 Lesings 2-3.
Gal. 3:3. “Is julle dan so sonder begrip
Arbeidsreg – ARR224 Lesing 2
Arbeidsreg – ARR224 Lesing 11
Arbeidsreg – ARR224 Lesing 7
Hersiening van die EHI-basiskode se klousule oor werksure
Beslote Korporasies HOOFSTUK 27.
Proses van wysiging van Artikel 1 van die Kerkorde
Arbeidsreg – ARR224 Lesings 3-4
EENHEID 8 MOONTLIKHEID VAN PRESTASIE
’n Vigslyer sterf Vincent Oliphant Vooraf
Arbeidsreg ABR 224 Tema 2 Lesing 1.
Ontsyfer die vers...Hoe maak mens?
Wysiging van Artikel 1 van die Kerkorde
Rom.6: en :
LESING 1 VENNOOTSKAPSREG.
Arbeidsreg ABR 224 Tema 1 Lesings 2-3.
BESIGHEIDSTUDIES GRAAD 10
GROEP WERK & KO OPERATIEWE LEER
Beslote Korporasies HOOFSTUK 27.
Arbeidsreg ABR 224 Tema 3 Lesing 4.
Besigheidstudies Graad 12
Is jy regtig graad 10?.
Webregistrasie.
Joh. 14: :
Arbeidsreg ABR 224 Tema 2 Lesing 1.
ARBEIDSREG VIR DIE BOER
Om die Woord (Brood) reg te breek… nie altyd so maklik nie
“SODAT HULLE EEN KAN WEES”
Behoeftes en begeertes
Proses van wysiging van Artikel 1 van die Kerkorde
Arbeidsreg ABR 224 Tema 3 Lesing 5.
Arbeidsreg ABR 224 Tema 3 Lesings 2-3.
Arbeidsreg ABR 224 Tema 3 Lesing 7.
Proses van wysiging van Artikel 1 van die Kerkorde
Arbeidsreg ABR 224 Tema 1 Lesing 1.
“gevangene van die wet”
Gemeentevisie Efes 4:1-17.
Laaste onderwys (na die nagmaal) ‘n Nuwe gebod (13) sy dood en opstanding (14) die wynstok en die lote (15) vervolging in die wêreld (15) die koms.
1 Pet. 4:
Hand. 1:
Gen. 1: 1-2 Rom. 8:
DIE GEHEIM TOT GESINSEENHEID
GROEP WERK & KO OPERATIEWE LEER
WAAR KERKREG EN ARBEIDSREG MEKAAR ONTMOET
FIRAC MODEL.
Beslote Korporasies ONR 314.
Arbeidsreg ABR 224 Tema 1 Lesing 5.
’N GEMEENSKAP WAT DIEN Les 13 vir 28 September 2019.
Transcript van de presentatie:

Arbeidsreg ABR 224 Tema 3 Lesing 7

Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995 – Onbillike Ontslag I Tema 3 Lesing 7 Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995 – Onbillike Ontslag I Du Plessis J.V. & Fouche M.A. ‚n Praktiese Handleiding tot Arbeidsreg, LexisNexis Butterworths: Durban, 2008 (Hfst 17)

Tema 3.7 (Leeruitkomste) Bespreek die reg om te staak. Noem en bespreek die 3 kategorieë stakings waarvoor voorsiening gemaak word in die WAV. Definieer ʼn staking. Bespreek die elemente wat teenwoordig moet wees vir die bestaan van ʼn staking. Noem en bespreek die verskillende tipes stakings. Bespreek die omstandighede waaronder ʼn staking verbied word. Bespreek die algemene prosedure wat gevolg moet word ten einde beskerming aan ʼn staking te verleen. Bespreek die uitsonderingsgevalle op bg algemene prosedure. Bespreek die gevolge van ʼn beskermde staking. Bespreek die gevolge van ʼn verbode/onbeskermde staking.

Tema 3.7 (Inleiding) “Staking” is ʼn baie belangrike element in die proses van kollektiewe bedinging omdat: dit verseker dat die werkgewer meer effektief beding; dit balanseer die werkgewer se vermoë om eensydige besluite te neem, om werknemers uit te sluit en om die besigheid te sluit; dit balanseer die magskaal tussen werkgewer en werknemer. Staking is ʼn doelbewuste en gesamentlike ontrekking van arbeid en dit verteenwoordig die werknemers se beslissende wapen teen die werkgewer. Daar is ʼn paar redes waarom dit sin maak om stakingsaksie toe te laat: Die doelwit van die reg moet nie wees om staking as iets onwettigs uit te beeld nie, maar om dit te reguleer. Die feit dat stakers hul inkomste vir die tydperk van die staking verloor, sal outomaties die duur van die staking beperk. Die mark sal dit nie toelaat dat werkgewer tot onredelike salaris-eise van stakers toegee nie. Stakings is funksioneel tot kollektiewe bedinging en daarom is die integriteit van die bedingingsagente van die uiterste belang. Daarom moet stakers oor genot van werksekerheid beskik, op voorwaarde dat hulle die spel van kollektiewe bedinging ooreenkomstig die reëls speel.

Tema 3.7 (Reg om te staak) Werknemers het nie in die verlede oor ʼn reg om te staak, beskik nie. Dit was ʼn blote vryheid. ʼn Staking het ʼn wesenlike verbreking van die gemeenregtelike dienskontrak daargestel en stakers kon ontslaan word. Art 23 van die Grondwet waarborg die reg om te staak (onderworpe aan algemene beperkingsbepalings van art 36). Hoofstuk IV van die WAV verskaf statutêre uitwerking tot bogenoemde deur dit makliker te maak om wettiglik te staak en deur werksekerheid te beskerm. Drie kategorieë van stakings word in die WAV genome: Beskermde stakings Voldoen aan prosedurele vereistes van die WAV. Werknemers mag nie ontslaan word vir deelname aan so ʼn staking nie. Onbeskermde stakings Voldoen nie aan prosedurele vereistes van die WAV nie. Werknemers kan ontslaan word vir deelname aan so ʼn staking mits die ontslag steeds billik is. Verbode stakings Absoluut verbied deur die WAV, bv stakings in noodsaaklike dienste en stakings rakende ontslag. Werknemers mag ontslaan word vir deelname aan staking mits die ontslag steeds billik is.

Tema 3.7 (Definisie van n staking) Art 213 van die WAV definieer ʼn staking as volg: Die gedeeltelike/voltooide gesamentlike weiering om te werk, of die vertraging/belemmering van werk, deur ʼn persone wie in diens is/was by dieselfde werkgewer/verskillende werkgewers, vir die doel om ʼn grief of ʼn geskil van wedersydse belang, te remedieer of op te los tussen werkgewer en werknemer, en elke verwysing na werk sluit oortydwerk (vrywillig/verpligtend) in. Die volgende elemente is voorvereistes vir die bestaan van ʼn staking: Kollektiewe aksie deur (vorige) werknemers wie ʼn gemeenskaplike doel nastreef. Doen/late, waarvan die bekendste die weiering/nalaat om te werk of om werk te hervat of die vertraging van die vordering van werk, insluit. Doel van weiering om te werk is om ʼn grief of ʼn geskil t.o.v. enige aangeleentheid van wedersydse belang tussen werkgewer en werknemer, te remedieer of op te los. Stakingsaksie kan verskeie vorme aanneem: Ekonomiese staking Werknemers onttrek hulle arbeid om verbeteringe in diensvoorwaardes teweeg te bring. Sekondêre staking Simpatie staking. Werknemers staak nie om verbetering in hul eie diensvoorwaardes teweeg te bring nie, maar om druk op die werkgewer van ander werknemers te plaas. Sloerstaking Beplande vertraging van die pas waarteen gewerk word. Stipbeleidstaking (“work to rule) Vertraag die pas waarteen gewerk word deur streng ooreenkomstig die voorgeskrewe reëls te werk. Sitstaking Werknemers beset die werkplek om toegang tot die werkplek te verhinder en te belemmer.

Tema 3.7 (Verbode stakings I) Inleiding In sommige omstandighede word stakings en uitsluiting absoluut verbied. Art 65 van die WAV bepaal dat geen persoon onder die volgende omstandighede aan nywerheidsaksie mag deelneem nie: Indien ʼn kollektiewe ooreenkoms wat nywerheidsaksie t.o.v. die aangeleentheid in geskil verbied, van krag is. Indien die vraagstuk in geskil aan arbitrasie onderworpe is. Indien die vraagstuk in geskil van so aard is dat een party die reg het om dit vir arbitrasie of na die Arbeidshof te verwys. Indien die werknemer in diens is van ʼn noodsaaklike diens. Indien die werknemer aangewys is as ʼn instandhoudingswerknemer. Geen staking/uitsluiting mag in die 1ste jaar nadat ʼn sektorale vasstelling i.t.v. die WOBD gemaak is en wat die aangeleentheid in geskil reguleer, plaasvind nie. Geen staking/uitsluiting mag plaasvind wanneer ʼn bindende arbitrasie toekenning, kollektiewe ooreenkoms of ministeriële vasstelling, wat die aangeleentheid in geskil reguleer, gemaak is nie.

Tema 3.7 (Verbode stakings II) Noodsaaklike dienste Die volgende is noodsaaklike dienste: ʼn Diens wat, indien dit onderbreek word, die lewe, persoonlike veiligheid of gesondheid van die geheel/gedeelte van die samelewing in gevaar kan stel. Die Parlementêre diens. Die SAPD.

Tema 3.7 (Verbode stakings III) Instandhoudingsdienste ʼn Diens word as ʼn onderhoudsdiens geklassifiseer indien die onderbreking van daardie diens die uitwerking het dat wesenlike fisiese vernietiging t.o.v. enige werksgebied, aanleg of masjinerie plaasvind.

Tema 3.7 (Beskermde stakings I) I.t.v. die Wet sal ʼn persoon wie aan ʼn “beskermde” staking deelneem, volledige beskerming geniet. Maar ʼn persoon moet eers aan sekere prosedures voldoen voordat die genoemde beskerming geniet kan word. Daar is ʼn algemene prosedure wat gevolg moet word en daar is ook afwyking t.o.v. spesifieke kwessies en omstandighede. Die algemene prosedure kan as volg verduidelik word: Wanneer daar ʼn geskil is, moet die geskil na ʼn bedingings-/statutêre raad of die KVBA verwys word. Die raad/KVBA moet dan poog om die saak te versoen. Indien onsuksesvol, moet ʼn sertifikaat van nie-beslegting uitgereik word. Nadat bg sertifikaat uitgereik is, moet die werkgewer/vakbond die ander party 48 uur skriftelike kennis gee voordat die staking/uitsluiting ʼn aanvang neem. (Indien die Staat die werkgewer is, word 7 dae kennis vereis) Slegs na verval van bg kennisgewingstydperk kan die staking/uitsluiting ʼn aanvang neem.

Tema 3.7 (Beskermde stakings II) In sekere omstandighede word ʼn staking/uitsluiting beskerm selfs al is die voorgeskrewe prosedures nie gevolg nie. In ander gevalle word ʼn ‘spesiale’ prosedure vereis: Indien die vraagstuk in geskil handel oor ʼn weiering om te beding, moet ʼn adviserende arbitrasie toekenning uitgereik word deur die bemiddelaar (raad/KVBA) voordat skriftelike kennis van aanvang van nywerheidsaksie gegee kan word. Indien die staking ʼn reaksie is op ʼn onprosedurele uitsluiting, sal die staking ʼn beskermde staking wees selfs indien dit nie aan die algemene prosedures voldoen nie. Indien die uitsluiting ʼn reaksie is op ʼn onprosedurele staking, sal die uitsluiting ʼn beskermde uitsluiting wees selfs indien dit nie aan die algemene prosedures voldoen nie. Indien die partye tot die geskil lede van ʼn bedingings-/statutêre raad is en daardie raad in ooreenstemming met sy grondwet met die aangeleentheid gehandel het, is die staking/uitsluiting beskermd selfs indien dit nie aan algemene prosedures voldoen nie. Indien daar ʼn kollektiewe ooreenkoms is wat ʼn prosedure vir stakings en uitsluitings bevat, en staking/uitsluiting voldoen aan daardie prosedure, is die staking/uitsluiting beskermd selfs al voldoen dit nie aan die algemene prosedure nie. Waar werkgewer eensydig diensvoorwaardes wysig of van voorneme is om dit te doen, mag werknemers/vakbond, terwyl dit vir versoening verwys word, die werkgewer versoek om nie die veranderings eensydig te implementer nie of om die alreeds-geïmplementeerde veranderinge te herstel na vorige status. Indien werkgewer versuim om aan hierdie versoek te voldoen, kan die werknemers binne 48 uur van aflewering van kennisgewing met staking begin.

Tema 3.7 (Gevolge van stakings I) Beskermde stakings Werknemers mag nie ontslaan word omdat hulle staak nie. Betrokkenheid in staking kom nie op pleging van delik/kontrakbreuk neer nie. Werkgewer is nie verplig om stakers te vergoed nie. Werknemers mag ontslaan word vir wangedrag tydens ʼn staking. Werknemers mag afgelê word a.g.v. ʼn staking. Siviele regsgedinge kan normaalweg nie teen mense wat in staking betrokke is, ingestel word nie. Optredes ter bevordering van staking (wat die WOBD oortree) stel nie misdrywe daar nie. Versuim deur vakbond om ʼn stemming te hou mag nie gedingvoering tot gevolg hê wat die wettigheid/beskerming van die staking beïnvloed nie. Sommige beperkinge vind toepassing t.o.v. werkgewer se vermoë om vervangingsarbeid in diens te neem.

Tema 3.7 (Gevolge van stakings II) Onbeskermde/verbode stakings Arbeidshof kan interdik teen staking uitreik. Arbeidshof kan vergoeding vir enige verlies wat aan staking toegeskryf kan word, toeken, terwyl die volgende in ag geneem moet word: Of pogings aangewend is om aan die vereistes vir ʼn beskermde staking te voldoen. Of staking/uitsluiting voorafbeplan was. Of staking/uitsluiting ʼn reaksie was op ongeregverdige optrede deur ander party tot die geskil. Of die Arbeidshof se bevel nagekom is. Belange van ordelike kollektiewe bedinging. Duur van staking/uitsluiting. Finansiële posisie van werkgewer/vakbond/werknemers. Betrokkenheid in staking kan geldige rede vir ontslag daarstel mits ʼn billike prosedure gevolg is. Arbeidshof beskik oor eksklusiewe jurisdiksie.

Tema 3.7 (Gevolge van stakings III) Vervangingsarbeid In die geval van ʼn beskermde staking in ʼn besigheid (wat as ʼn instandhoudingsdiens aangewys is), mag die werkgewer nie vervangingsarbeid in diens neem om produksie voort te sit of in stand te hou nie. Indien werkgewer hom wend tot offensiewe uitsluiting (uitsluiting wat nie ʼn reaksie is op ʼn staking nie), mag hy nie vervangingsarbeid in diens neem nie. Indien werkgewer werknemer a.g.v. weiering om werk van medewerknemer wie staak te doen, ontslaan, is dit ʼn outomaties onbillike ontslag.