Sessie 3.2 LEES EN KYK
Aktiwiteit 6: Leesbegrip Verwys na die KABV Oriënteringshandleiding (p. 11) Voltooi aktiwiteit 6
Die leesproses Pre-lees Stel leerders aan die teks bekend. Dit aktiveer assosiasies en vorige kennis. Lees Verwys na die verstaan van die teks en om nadere aandag te skenk aan die taalkenmerke daarvan. Post-lees Stel leerders in staat om die teks as geheel te beskou en daarop te reageer.
Strategieë vir gebruik tydens die leesproses Vluglees word gebruik om die hoofgedagtes van ʼn teks vinnig te identifiseer. Wanneer jy die koerant lees, is jy nie besig om dit woord-vir- woord te lees nie, maar is jy besig met vluglees. Soeklees word gebruik om verlangde/ spesifieke inligting op te spoor om ʼn taak te voltooi, soos om te besluit watter program jy op TV gaan kyk.
Strategieë vir gebruik tydens die leesproses (vervolg) Toon aktiewe begrip van die teks. Bepaal die betekenis van onbekende woorde en beelde deur woordaanpakvaardighede en kontekstuele leidrade te gebruik. Gebruik leesbegripstrategieë: skep verbintenisse moniteer begrip soek vooruit in die teks na inligting wat kan help, stel en beantwoord vrae (laer-orde tot hoër-orde)
Strategieë vir gebruik tydens die leesproses (vervolg) visualiseer maak afleidings voorspel lees vir hoofgedagtes let op woordkeuse en taalstrukture herken die tekssoort aan die struktuur en taalkenmerke maak aantekeninge of som die hoof- en ondersteunende gedagtes op
Strategieë vir gebruik tydens die leesproses (vervolg) ʼn Voorspelling vind plaas wanneer jy die teks gebruik om te raai wat volgende gaan gebeur. Die leser bevestig of verwerp die voorspelling soos die lees van die teks vorder. ʼn Voorspelling is ʼn leesstrategie wat voor en gedurende die leesproses plaasvind.
Strategieë vir gebruik tydens die leesproses (vervolg) Visualisering Skep ʼn beeld/prent van dit wat die skrywer beskryf. Skenk noukeurig aandag aan sensoriese besonderhede (die sintuiglike), byvoorbeeld: Wat sou jy SIEN, HOOR, RUIK, PROE en VOEL, as jy daar was?
Strategieë vir gebruik tydens die leesproses (vervolg) Sintetiseer Vat alles saam. Wat is die idee/bedoeling? Is daar steeds onbeantwoorde vrae? Wat is die les wat ek moet leer? Wat dink ek van die teks/boek?
Strategieë vir gebruik tydens die leesproses (vervolg) Beantwoord vrae oor die teks vanaf laer-orde tot hoër-orde. Vergelyk en kontrasteer. Sintetiseer Evalueer, kom tot gevolgtrekkings en verwoord eie opinie. Reproduseer die genre in ʼn eie skryfstuk (waar toepaslik). Kritiese taalbewustheid
Strategieë vir gebruik tydens die leesproses (vervolg) Kritiese taalbewustheid feit en mening direkte en geïmpliseerde betekenis denotasie en konnotasie sosio-politieke en kulturele agtergrond van tekste en outeur die invloed wat seleksie en weglating op betekenis het verhoudings tussen taal en mag gevoels- en manipulerende taal, partydigheid, vooroordeel, diskriminasie, stereotipering, taalvariëteite, afleidings, aannames, argumente, doel met die insluiting of uitsluiting van inligting
Woordeskatontwikkeling en taalgebruik tydens die leesproses Figuurlike taal en retoriese middels Gebruik van woordeboeke, tesourusse en ander naslaanboeke om die betekenis, spelling, uitspraak, lettergreepverdeling en woordsoortlikheid van onbekende en komplekse woorde te bepaal Identifiseer die betekenis van bekende voorvoegsels (bv. be-, ge-, er-, her-, ver-, ont-, on-) en bekende agtervoegsels (bv. –loos) Bepaal die betekenis van woorde en woordfamilies deur na die stam/basis, suffikse en prefikse te kyk Gebruik tekskenmerke, kontekstuele leidrade (soos kommas, aanhalings) en grafiese leidrade (soos lettertipe en -grootte, vetdruk) om die betekenis van onbekende woorde te bepaal
Woordeskatontwikkeling en taalgebruik tydens die leesproses (vervolg) Woorde met meer as een onderliggende betekenis (poliseme) Die impak wat woorde uit verskillende kulture op ʼn teks het (bv. dialekte, etniese uitdrukkings) Algemene verwysings. Bv. wanneer daar na iemand verwys word as ʼn regte “Einstein” (antonomasia/ naamsverwisseling) Toon begrip van algemene frases en spreekwoorde. Woorde wat algemeen verwar word: homofone, homonieme, sinonieme (bv. erken/ herken, bedank/ afdank, verliefde/ geliefde) Skep van lyste homonieme, sinonieme en antonieme. Oorvertel van ʼn storie of gebruik van ʼn sin deur verskillende woorde te gebruik (sinonieme of antonieme). Een woord vir ʼn omskrywing Samevoegings, bv. botter en brood, hand en mond belowe
Sinstrukture en teksorganisasie tydens die leesproses verbindingswoorde: eerstens …; enersyds …; omdat afkortings en akronieme werkwoorde om tyd, vorm en wyse akkuraat uit te druk enkelvoudige, saamgestelde en veelvoudige sinne deur die gebruik van bepalings en bysinne passief/lydende vorm en aktief/bedrywende vorm direkte en indirekte rede korrekte woordorde lidwoorde, infinitief, voorsetsels punktuasie/leestekens
Sinstruktuur en teksorganisasie tydens die leesproses Tekste/ paragrawe wat oor die kurrikulum heen gebruik word Voorbeelde van verbindingswoorde en voegwoorde Chronologiese teks eerste, tweede, derde, voordat, nadat, wanneer, later, totdat, volgende, tans,vorige, agterna Verduidelikende (oorsaak en gevolg) teks gevolglik, omdat, hieroor, sedert, as gevolg van, toe te skryf aan, daarom, dus, dit wil sê, daaruit volg dat, as … dan Prosedure eerste, tweede, derde Vergelyk/ kontrasteer dergelik (ooreenkomstig), verskillende, kleiner as, groter as, alhoewel, maar Orde van belangrikheid volgende, toe, uiteindelik Ruimtelike oriëntering bo, onder, links, regs Veralgemening/ Slotparagraaf volgens my; na my mening / opvatting, ek dink dat, ek glo dat, dit lyk vir my, ek verkies, ter afsluiting
Visuele geletterdheid Visuele tekste is o.a. advertensies, spotprente, webblaaie, prente en strokiesprente Leerders ontleed, interpreteer, evalueer en reageer op visuele geletterdheid Leerders ondersoek: uitleg wat die sleutel tot ʼn gewilde webblad / advertensies / spotprente / prente is hoe die skrywer die leser se aandag gevange hou die rol van beweging die rol van kleur oorredingstegnieke; emotiewe taal, partydigheid, manipulerende taal hoe taal en beelde waardes en houdings (seksisme, rasisme en stereotipering) reflekteer gebruik van lettertipes en -groottes gebruik van hoofopskrifte/opskrifte
Aktiwiteit 7: Opsomming Verwys na die KABV Oriënteringshandleiding en voltooi aktiwiteit 7 (p. 12)
WENKE VIR DIE ONDERRIG VAN DIE OPSOMMING Maak ‘n lys van die hoofgedagtes in frases. Groepeer die hoofgedagtes in logiese kategorieë — die volgorde waarin ‘n mens die hoofgedagtes lees is nie altyd die beste volgorde vir ‘n opsomming nie. Verander die hoofgedagtes in sinne en kombineer dit in ‘n paragraaf deur verbindingswoorde/ voegwoorde te gebruik. Sluit ‘n onderwerpsin (Dit is gewoonlik die eerste sin van die paragraaf wat die leser ‘n aanduiding gee waaroor die paragraaf handel.) Proeflees ‘n eerste weergawe vir punktuasie, spelling en samehang. Skryf die finale weergawe.