As jy weer skryf Ingrid Jonker.

Slides:



Advertisements
Verwante presentaties
STROFE 1: Reël 1 : kinders - Alleenplasing dus beklemtoning
Advertisements

BOEKMERK Marise Joubert.
S. J Pretorius skryf dikwels oor die sirkus
Die sagte sprong Sheila Cussons Vooraf
DIREKTE - EN INDIREKTE REDE
My siel, Pa Marie van Rensburg
David de Lange Fanie Olivier Verskuns, p. 91.
KONTAK Theo de Jager bl. 51.
My STOMPv2I gids Basiese Afrikaanse Sinskonstruksie.
Sprokie vir ‘n stadskind
Hoe om jou skryfwerk deur uitbreiding te verbeter
? ? ? ? Vraag ? ? ? ? p. 89 Lina Spies.
“U het my gevorm, my aanmekaargeweef in die
EENHEID IN DIE LIGGAAM VAN CHRISTUS
KONTAK Antwoordgids.
POËTIESE BEGRIPPE RYM ENJAMBEMENT POLISINDETON BEELDSPRAAK HALFRYM
STAAT -NIEL VAN TONDER Geskep deur M Diamond 2013.
Omdat.
TAALFOKUS: Voornaamwoorde
Titel : Palimpses deur Johann de Lange
“Gaan dan heen”.
Die storie van Paulus en sy reise (deel 1).
My Sv1TOMPv2I gids Basiese Afrikaanse sinskonstruksie
Afrikaans Taal Graad 11 en 12.
Selfportret Herman Lintvelt.
Koos du Plessis ( ).
Die wêreld het so klein geword
Gaby Hattingh Samantha Papenfus Charnelle Ingram
Op pad na jou destinasie!!
’n Vigslyer sterf Vincent Oliphant Vooraf
Boggomsbaai-blues Pirow Bekker.
Kwart-voor-sewe-lelie (7)
Wat van die res van jou lewe?
Hartlik welkom in die Erediens! ‘Auto-pilot’: Ja of Nee?
Wie’s hy? DIGTERS EN DIGTERSKAP:
MA.
Brief Fernel A. Abrahams.
STOMPI is ‘n Akroniem vir die basiese struktuur van ‘n Afrikaanse sin.
Wetenskapmannetjies Verkleiningsvorm: hulle is wetenskaplikes en/of wiskundiges, maar die spreker het ‘n neerhalende of minagtende houding teenoor.
DIE UITKOMS IS HIER,DIE UITKOMS IS HIER!
Rondom my Dawie de Jager.
“last grave at dimbaza”
NEGATIEF ONS GEBRUIK NEGATIEF OM IETS IN DIE ONTKENNENDE
Wie het al soortgelyke dinge as die volgende gesê?
Joh. 14: :
Wie’s Hy? Adam Small.
AANBIDDING. AANBIDDING Definisies van aanbidding: Vereering, baie lief hê, bewondering (HAT) Eerbetoning, hulde te bring, hoogagting, ontsag, fisiese.
Ons wag.
My hand ritsel Cas Vos ( ).
Ons storieboek oor Jesus se geboorte
NOU Hoe sien jy die toekoms? Wat beinvloed/bepaal jou toekoms?
SAMEVOEGING VAN SINNE MET DIE GEBRUIK VAN VOORNAAMWOORDE (PRONOUNS)
DIE SEWE SEËLS Les 5 vir 2 Februarie 2019.
‘N NUWE GEBOD JOH 13:34-35 'n Nuwe gebod gee Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê; soos Ek julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhê. Hieraan.
Afhanklikheid van God.
Flitskaarte RITME & RYM BEELDSPRAAK RUSPUNTE STYLFIGURE STROFEBOU.
Welkom by die Kategese Die Heilige Gees 22 April 2018
10. Ek glo Jesus is terug hemel toe
Flitskaarte RITME & RYM BEELDSPRAAK RUSPUNTE STYLFIGURE STROFEBOU.
Hartlik welkom in die Erediens! Volharding met ons oë op Jesus gerig
“gevangene van die wet”
Laaste onderwys (na die nagmaal) ‘n Nuwe gebod (13) sy dood en opstanding (14) die wynstok en die lote (15) vervolging in die wêreld (15) die koms.
Lees: II Petrus 1:1-15 Teks: II Petrus 1:2 Tema: Kennis van God en Jesus Christus dringend belangrik vir my geloofsekerheid! Sing: Lof: Psalm 138-1:1,2.
Die Groot Vyf Traumas • Dood • 9 Maart •.
'nHoopvolle Nuwe Toekoms
Om GOD LIEF te hê. Om GOD LIEF te hê DIE GROOTSTE GEBOD Matt 22:37 37 En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met.
Joh. 16: Heb. 1: 1-2.
LOGO - SIMBOLIEK AARDBOL KRUIS SLANG LYNE OOR GRENSE HEMEL EN AARDE
Skryforiëntering Wat jy nodig het om NOU te weet sodat jy IN DIE TOEKOMS dit kan reg doen. (c) M. Swanepoel 2010.
Sy neem haar huishoudelike take ernstig op. Sy is baie lief vir Jesus.
Transcript van de presentatie:

As jy weer skryf Ingrid Jonker

As jy weer skryf (vir Jack) As jy weer in jou dagboek skryf Onthou Om die goue blaar te sien in die somerson Of miskien die blou moederskappie Op een van ons afwesige wandelinge Teen Tafelberg En wat my bloed vermeng het met die bloed van Die son saans in Lissabon Het jou saamgedra soos ‘n spieël En ek het jou geskryf Op die oop bladsy Van my treurigheid Jou naamlose woord Om in my oë te sien Die son wat ek nou vir altyd bedek Met swart vlinders

Chris Chameleon se video oor die verwerking van Ingrid Jonker se gedig: As jy weer skryf

You Tube video van Chris Chameleon: As jy weer skryf

Agtergrond Kantelson, die bundel waaruit dié gedig kom, is ‘n versameling werke wat in 1966 verskyn het. In dié bundel word talle temas en motiewe uit haar vroeër werke herhaal. Liefde en liefdesverhoudings staan sentraal in die oorgrote meerderheid van haar gedigte, wat dikwels op ‘n afwesige geliefde gerig is.

In hierdie gedig is daar ‘n persoonlike aanslag volgens die ondertitel. Die gedig het ‘n nostalgiese toon, want die geliefde is nie meer by haar nie. Die gedig is in sy geheel ‘n herinneringsgedig, want die woord “onthou” kom 2 keer as ‘n enkelreël in die gedig voor. (Vir beklemtoning)

As jy weer skryf (vir Jack) Die gedig is deur Ingrid Jonker geskryf aan een van die mans in haar lewe, nl. Jack Cope

As jy weer in jou dagboek skryf Onthou (Wat moet hy onthou??) Om die goue blaar te sien in die somerson Of miskien die blou moederkappie Op een van ons afwesige wandelinge Teen Tafelberg Die oomblikke wat onthou moet word is intens intieme oomblikke wat deur kleurryke beelde geskep word.

Simbool 1: Die goue blaar

Simbool 2: Blou moederkappie ( ‘n wilde orgidee)

Sy vra die afwesige geliefde om die momente te onthou, maar in werklikheid is dit sy wat dit in herinnering roep: “... Die afwesige wandelinge teen Tafelberg” Dus is dit IRONIE

Simbool 3: Wandelinge teen Tafelberg

* Die son in r. 8 dui simbolies op die lewe En wat my bloed vermeng het met die bloed van Die son saans in Lissabon S-alliterasie - Halfrym Deur die alliterasie word elke woord uitgelig. Die verwydering tussen die geliefdes word verder beklemtoon. Reël 7 is die langste reël in die gedig!! * Die son in r. 8 dui simbolies op die lewe

Haar bloed wat vermeng met die sonsondergang in Lissabon Haar bloed wat vermeng het met die sonsondergang in Lissabon sê vir ons dat sy permanet deel is van Portugal. Bloed wat vermeng dui op ‘n intieme, passievolle band. Die herhaling van die woord bloed dui ook daarop en die rooi kleur dui ook liefde aan. Daar is dus ‘n defnitiewe kontras tussen die rooi sonsondergang en die swart vlinders. Dit dui op die liefde vir haar nuwe tuiste en die hartseer oor haar geliefde wat agter bly.

‘n Sonsondergang in Lissabon waar sy gaan bly het.

Die kaart van Lissabon

Het jou saamgedra soos ‘n spieël Die vergelyking wys dat al is die vervreemding ‘n werklikheid, is sy tog nog een met hom. Hy is nie net deel van haar nie, maar ‘n weerspieëling van haar. Sy het hom saamgedra soos ‘n spieël.

Interessant Prof. D. H. Steenberg wys daarop dat die spieël sedert die Middeleeue twee kante besit: ‘n Negatiewe kant wat die verganklikheid kan onthul en ‘n positiewe kant wat die vermoë het om die ewige te weerspieël. DUS Vir die digter gaan dit om daardie dinge wat verby is, maar ook om die dinge wat sy vir ewig met haar saamdra.

En ek het jou geskryf Op die oop bladsy Van my treurigheid Jou naamlose woord Die momente wat verby is, skryf sy op die “oop bladsy van haar treurigheid” Dit is herinneringe wat haar baie hartseer maak, daarom is die hele toon van die gedig dié van somberheid.

As jy weer in jou dagboek skryf (Herhaling) Onthou (Die tweede keer wat die woord gebruik word) Om in my oë te sien Die son wat ek nou vir altyd bedek Met swart vlinders

As jy weer skryf is ‘n gedig wat spreek van eensaamheid, daarom die swaar nostalgiese toon teweeggebring deur ‘n liefde wat verby is, maar ‘n geliefde wie se teenwoordigheid nie prysgegee wil word nie.

Tipografie Dit is hoe die gedig gedruk is – m.a.w die bou van die gedig. Kyk na die volgende aspekte: * Strofebou: slegs 1 strofe in die gedig. * Aantal versreëls: 18 versreëls. * Hooflettergebruik: elke reël begin met ‘n hoofletter. * Alleenplasing: versreëls 2, 6 en 15 staan alleen om te beklemtoon.

Tipografie (vervolg) * Subtitel: (vir Jack) net onder die titel en ter uitbreiding van die titel – hier word dus vir die leser aangedui vir wie hierdie gedig eintlik geskryf is – waarskynlik iemand wat saam met die digter die belewing gedeel het.

Vrye Vers Geen funksionele leesteken- en hooflettergebruik nie: hier kom geen leestekens in die gedig voor nie en dit lyk of elke versreël ‘n selfstandige sin is, omdat elke versreël met ‘n hoofletter begin. Geen vaste rymskema nie: gebroke rym (abcdef) Versreëls: die versreëls is nie ewe lank nie.

Vrye Vers (vervolg) Praatpoësie: dit klink soos ‘n afskeidsbrief aan ‘n persoonlike vriend (soos in die subtitel voorkom) – waarin belewinge wat gedeel is, weer aangehaal word. Dit is dus ‘n geselsbrief/praatpoësie, daarom is daar geen van die funksionele vaste digvorme nie – dit is ‘n persoonlike gesprek.

Herhaling Dit word gebruik om kernbegrippe te beklemtoon en sekere gevoelens van verlange hier te beklemtoon, bv. die woord “ONTHOU” in reëls 2 en 15 Dit beklemtoon juis dit wat sy wil hê die persoon moet onthou – dit waarna sy ook terugverlang.

Alleenplasing Dit is wanneer die woord/e alleen in ‘n reël geplaas word ter beklemtoning van die betekenis. Dit gebeur juis hier ook met die woord “ONTHOU”.

Kontras Twee sake word in teenstelling met mekaar geplaas om ‘n beeld duideliker na vore te bring, bv.: Die gelukkiger dae met die “goue akkerblare en somerson” teenoor die ongelukkiger tye wat die “swart vlinders” uitbeeld.

Progressie Daar is ‘n vordering t.o.v gebeure/emosies, bv: * hier is daar ‘n “vordering” van die goeie na die slegte, omdat dit ‘n afskeidsbrief is.

Beantwoord al die vrae op bladsy 3 en 4