VOEGWOORDE (WOORDORDE IN AFRIKAANS) ME. J. VAN ZYL
KORREKTE WOORDORDE = S*TOMP*I S = SUBJECT (DIE ONDERWERP) * = DIE EERSTE WERKWOORD/ HULPWERKWOORD T = TIME (DIE TYD IN DIE SIN) 0 = OBJECT (DIE VOORWERP IN DIE SIN) M = MANNER (DIE MANIER WAAROP DIE WERKWOORD GEDOEN WORD) P = PLACE (DIE PLEK WAAR DIE WERKWOORD GEDOEN WORD) * = DIE RES VAN DIE WERKWOORD I = DIE HELE INFINITIEF
VOEGWOORDE Sodra voegwoorde gebruik word, verander die woordorde (S*TOMP*I) NADAT jy die voegwoord gebruik het Die sin vóór die voegwoord bly dieselfde Daar is DRIE GROEPE voegwoorde Die woordorde ná voegwoorde in groep EEN verander nie!
VOEGWOORDGROEPE GROEP 1. GROEP 2. GROEP 3 EN. DUS. DAT MAAR. DERHALWE VOEGWOORDGROEPE GROEP 1 GROEP 2 GROEP 3 EN DUS DAT MAAR DERHALWE OMDAT WANT DAAROM SODAT DOG AL NADAT OF (OR) GEVOLGLIK VOORDAT OF … OF TOG TOTDAT NOG … NOG NOGTANS AANGESIEN TROUENS ANDERS (AL)HOEWEL INTEENDEEL NIETEMIN OFSKOON SOWEL … AS DAN AS TOE (THEN) INDIEN DAARNA SODRA INTUSSEN SEDERT BUITENDIEN ASOF BOWENDIEN TERWYL VERDER OF (IF) WAT, WAARIN, ENS. TOE (WHEN) WANNEER MITS TENSY HOE … HOE
GROEP 1 S*TOMP*I Daar is geen woordordeverandering nadat jy die groep gebruik het nie: Bv.: Hy bly vandag tuis, WANT hy is siek.
GROEP 1 VOEGWOORDE OEFENING Cindy hou nie van Afrikaans nie. Sy reken dis vervelig. (trouens) Tommy het nie goeie maniere nie. Hy is onbeskof. (inteendeel) Ek ken hom goed. Hy is nie ‘n goeie vriend van my nie. (dog) Ek voel maar sleg. Ek gaan vandag in die bed bly. (en) Ek wil graag saamgaan. Ek het nie geld om te betaal nie. (maar) Cindy hou nie van Afrikaans nie, TROUENS sy reken dis vervelig. Tommy het nie goeie maniere nie, INTEENDEEL hy is onbeskof. Ek ken hom goed, DOG hy is nie ‘n goeie vriend van my nie. Ek voel maar sleg EN ek gaan vandag in die bed bly. Ek wil graag saamgaan MAAR ek het nie geld om te betaal nie.
GROEP 2 *STOMP*I Die ONDERWERP EN DIE WERKWOORD ruil plekke Bv.: Hy is siek; DUS bly hy by die huis.
GROEP 2 VOEGWOORDE OEFENING Sy algemene kennis is swak. Hy vaar sleg in vasvra-wedstryde. (gevolglik) Hy het ‘n kwaai hoofpyn. Hy hoes ook baie. (buitendien) Tommy hou van ysskaats. Hy is so lomp. (al) Tommy hou van ysskaats. Dis ‘n gevaarlike sport. (tog) Jy leer nie. Jy gaan jou standerd nege jaar druip. (dus) Sy algemene kennis is swak; GEVOLGLIK vaar hy sleg in vasvrawedstryde. Hy het ‘n kwaai hoofpyn; BUITENDIEN hoes hy ook baie. Tommy hou van ysskaats; AL is hy so lomp. Tommy hou van ysskaats; TOG is dit ‘n gevaarlike sport . Jy leer nie; DUS gaan jy jou standerd nege jaar druip.
GROEP 3 STOMP**I Die WERKWOORD skuif na die einde van die sin toe. Bv.: Hy bly by die huis, OMDAT hy siek is.
VOEGWOORDE GROEP 3 OEFENING Sy voel moeg OFSKOON die kwartaal so pas begin het. Hy skaats goed ALHOEWEL hy so lomp is. Hy koop net wat hy sien OMDAT hy baie geld het. Jy sal baie beter doen MITS jy harder werk. Jy gaan die jaar druip TENSY jy nou dadelik begin werk. Ek moes maar loop OMDAT my fiets gebreek het. Sy voel moeg. Die kwartaal het so pas begin. (ofskoon) Hy skaats goed. Hy is so lomp. (alhoewel) Hy het baie geld. Hy koop net wat hy sien. (omdat) Jy sal baie beter doen. Jy werk harder. (mits) Jy gaan die jaar druip. Jy begin nou dadelik werk. (tensy) My fiets het gebreek. Ek moes maar loop. (omdat)
‘N PAAR DINGE OMTRENT VOEGWOORDE: As jou sin met ‘n voegwoord BEGIN, sal daar altyd twee werkwoorde LANGS MEKAAR in die middel van die sin wees: Byvoorbeeld: OMDAT hy geld het, sal hy die motor koop. AANGESIEN hy hard gewerk het, rus hy nou. ALHOEWEL hy siek is, gaan hy elke dag werk. Wanneer jy twee voegwoorde LANGS MEKAAR het, werk dit so: Hy het gelees DAT, AS hy hard werk, hy die jaar sal deurkom. Ek weet DAT, WANNEER ek hard werk, ek sukses sal behaal. Hy voel siek WANNEER, ALHOEWEL hy medisyne gebruik, hy nie in die bed bly nie.