De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

Interpunksie Jako Olivier - http://akkerkaans.org/ Jako Olivier (2016)

Verwante presentaties


Presentatie over: "Interpunksie Jako Olivier - http://akkerkaans.org/ Jako Olivier (2016)"— Transcript van de presentatie:

1 Interpunksie Jako Olivier - Jako Olivier (2016)

2 Lesuitkomste Aan die einde van die leergedeelte moet jy in staat wees om: die funksies van die punt, kommapunt, komma, parentese, uitroepteken en aanhalingstekens te kan noem en Die punt, kommapunt, komma, parentese, uitroepteken en aanhalingstekens effektief te gebruik.

3 Bron: Interpunksie Verwys asb. na: Norme vir Afrikaans bl

4 Interpunksie Leesteken – teken wat dele van sinne of opeenvolgende sinne skei / lees vergemaklik: Punt, dubbelpunt, kommapunt, komma, stippels, aandagstreep, parentese, hakies, vraagteken en uitroepteken. Skryfteken – onderskeidingstekens wat gebruik word om korrekte uitspraak aan te dui of dien as fonetiese simbole: Afkappingsteken, aksenttekens, deeltekens, hoofletters, kappie, koppelteken, verwysingstekens, fonetiese simbole en proefleestekens.

5 Interpunksie: punt Aan die einde van sin. By hakies:
Volledige sin in hakies – punt binne die hakies. Ons volg die reël. (Dit staan so in die AWS.) As die deel binne hakies deel is van die sin, volg die punt buite die hakies. Die reël (3.5 op bladsy 12) moet toegepas word. Skryf dit as môre (of more).

6 Interpunksie: kommapunt
Voor voegwoordelike bywoorde: daarom, derhalwe, dus, gevolglik, inteendeel, nietemin, nogtans. Meneer Smal was siek; derhalwe het hy tuis gebly. Weglating van voegwoorde Ek sal nie kan kom nie; ek het nog baie om te doen. Aanduiding van lang pouse in ’n sin. Toe ek op die dorp kom, het niemand nog daarvan gehoor nie; maar dit was nie lank nie of almal het dit geweet.

7 Interpunksie: komma Vermy oormatige gebruik van die komma – maar let op betekenisverskille wat dit kan dra: Grafskrif: Hier lê my vrou Griet. In die hemel is sy, nie in die hel, dit weet ek wel. Hier lê my vrou Griet. In die hemel is sy nie, in die hel, dit weet ek wel.

8 Interpunksie: komma Tussen twee werkwoorde wat afsonderlike gesegdes vorm: Toe ek tuis kom, was sy al lankal daar. Tussen infinitiefskonstruksie (om te) en ’n ander (koppel-)werkwoord is dit nie nodig nie. Om te lees is lekker. Tussen gesegdes as sinne lank raak. Om die hele dag besig te wees met allerhande soort rompslomp en die hanteer van talle navrae, kan werklik uitputtende wees.

9 Interpunksie: komma Voor voegwoorde maar en want; soms ook voor omdat, terwyl, ens. [vir pousering nie voegwoord!] Ek wou skree, maar my stem was hees. Ek sal die kos maak, terwyl jy die tuin nat maak. Voor en as dit ’n sin inlei met ’n ander konstruksie as die vorige. Ek het reeds die perde afgesaal, en toe het hy eers stadig begin nader staan.

10 Interpunksie: komma Voor en na bystellings by ’n naamwoord [tensy dit deel is van die naam: Karel die Grote]: Meneer Louis Steyn, die burgemeester van Bokbaai, is ’n gawe man. Onnodig by: Haar suster Anna kom gereeld. Tussen sinne verbind met nóg...nóg/én...én/óf...óf: Jy moet óf jou skuld betaal, óf die gevolge dra. Voor bysin met teenstellende gedagte: Ek sal dit kan doen, mits Pa toestem.

11 Interpunksie: komma Komma is nie verpligtend voor dat en sodat nie.
Van Rooyen het aan die regter vertel dat sy vrou hom uitgelag het en dat hy haar daarop geskiet het. Voor woorde soos byvoorbeeld (bv.), ensovoorts (ens.), naamlik (nl.) Tussen dag en datum: AWS: Dinsdag 22 Februarie (reël 7.7 en 7.8) *Norme: Dinsdag, 22 Februarie Nie tussen herhalende voornaamwoorde nie Wees versigtig om hulle hulle sin te gee.

12 Interpunksie: parentese
Woord, sinsdeel of sin wat in ’n ander sin ingevoeg word. Word aangedui met: aandagstreep – komma , hakies () stippels ... Bv. Die Comrades-maraton – daardie wedloop wat elke langasematleet wil hardloop – vra baie toewyding.

13 Interpunksie: uitroepteken
Dui emosie, verwagting, ligte spot, ironie, spesiale intonasie ensovoorts aan. Moenie oorvloedig gebruik nie!

14 Interpunksie: aanhalingstekens
Dui woorde of uitdrukkings waarvan gepraat word aan te dui: “Wat is die tyd?” is anglisisties. Woorde soos “mooi” en “lelik” kan as adjektiewe optree. Met ’n aanhaling binne ’n aanhaling word enkelaanhalingstekens binne die dubbelaanhalingstekens gebruik.


Download ppt "Interpunksie Jako Olivier - http://akkerkaans.org/ Jako Olivier (2016)"

Verwante presentaties


Ads door Google