Spelreëls Jako Olivier - http://akkerkaans.org/ Jako Olivier (2016)
Lesuitkomste Aan die einde van die leergedeelte moet jy in staat wees om: ’n oorsig te gee van die drie basiese grondbeginsels van Afrikaans spelling en spelling van bepaalde woorde aan die hand van die spelreëls korrigeer of motiveer.
Bron: Spelling Verwys asseblief na: Afrikaanse woordelys en spelreëls (2009) Die woordelys (bl. 188-545) is beskikbaar by: http://www.woordelys.co.za/
Drie grondbeginsels Spelling word bepaal deur tradisie van Standaardafrikaans. Spelling is gebaseer op die klankstelsel van Standaardafrikaans. Vormlik verwante woorde word, sover moontlik, gelykvormig gespel.
Groepbespreking Wanneer kan nuwe woorde of niestandaardvorme wat dikwels gebruik word wel ingesluit word in die AWS? Bv. *huidiglik of hidrobreking (fracking)
Afbreek van woorde (bl. 1-6) Die afbreek van woorde aan die einde van ’n lyn met ’n koppelteken. Eenlettergrepige woorde word nie afgebreek. Breek woorde af volgens betekenisvolle dele. bio-chemie; her-enig; va-naand; be-deling; ge-uiter; dis-trik; ru-briek; bro-sjure; Tex-as
Afkappingsteken (bl. 7-11) Afkappingsteken of apostroof word met die volgende aangedui: of NIE Voorbeelde: Israeli’s, foto’s, radio’tjie, hoera’s, ja’s, ma’s, peetpa’s, Cecile’s, Louis’s, BMW’s, H.O.D.’s, B.A.’tjie, a’s, R’etjie, .22’s, 3’s, gr. 12’s, g’n, s’n, hy’t Maar: milieus, oupas, temas, Barrys, cowboys, crèche’e of crèches. ‘ ’ '
Afkortings (bl. 12-22) Gebruik slegs erkende afkortings. Moenie afkortings in sinne gebruik wat bedoel is vir gebruik in opskrifte, titels voor eiename en in bibliografieë nie. Vermy: ‘Dit is op bl. 2 van die boek.’ [Wat van ens.?] Tradisioneel word punte by afkortings gebruik, maar dit is nie altyd noodsaaklik nie: BA, NGOS, PanSAT, PVA, dr PJ Mostert, BSc-student, ens. Let ook op meervoudsvorme: OTM’e, PIN’s, ID’s, drr., mejj., mevv., mnrr., proff., BA’s.
Akuutteken (bl. 23-24) / Word net op vokaalletters en diftonge geplaas. Betekenisonderskeid: Ek kan die man nie verstaan nie. Ek kan dié man nie verstaan nie. Beklemtoning: dié, én ... én, nóg ... nóg, kóúd Woorde van vreemde herkoms: attaché, cliché Eiename van vreemde herkoms: Esmé, René, Asunción
Deelteken (bl. 25-29) ¨ Aangrensende vokaalletters wat tot verskillende lettergrepe behoort en wat moontlik verkeerd uitgespreek kan word: argeoloë, breë, beïnvloed, altruïs, reünie. Nie by -ieel, -ieer of -ieet nie, maar by afleidings daarvan: dieet, diëte, kopieer, kopiëring. By afleidings met opeenvolging van vokale: geëien, beëdig. Opeenvolging van vokale met voorvoegsels van woorde met Klassieke herkoms: biëlektries.
Diftonge (bl. 30) Om tradisionele redes word die diftong [əi] deur ei of y weergegee: bry / brei, ly / lei, styl / steil
Getalle, syfers en simbole (bl. 31-42) Gebruik koppelteken met samestellings: A-span, C#-majeur, 13oC-lesing, R100-noot, 14- jarige, 4-wielaangedrewe, $-teken Afkorting en simbool moet los van mekaar geskryf word: art. 12-maatskappy, gr. 11-klas Kyk na voorkeur van komma, nul voor desimale getalle, spasies vir duisende, datum en tyd (10h15 is verkeerd; eerder 10:15) SI-simbole is altyd kleinletters: m, km, cm, ℓ
Gravisteken (bl. 43) \ Gebruik slegs oop vokaalletters. Dui uitspraak van [ε] by e aan: appèl, dè, hè Leenwoorde: crèche, première, vis-à-vis Eiename van vreemde herkoms: Adèle, Hélène, Eugène, Pietà
Hoof- en kleinletters (bl. 44-57) Begin van sinne (behalwe as dit met afkappingsteken begin ’n ...) Eiename (kyk ook eiename as soortname en eienaamverbleking) Aanhefvorme Taalbenamings Bv. U Edele, Liewe Ma, Australiër, Divali, Ramadaan, Goeie Vrydag, Geagte dr. Marais, Nuwe Testament, Grondwet, Engels, Standaardafrikaans, Koerantengels, Wes-Afrika, dollar, euro, 5de Laan, Bybels of bybels, Noordwester, onbybels, amerikaniseer, japie teenoor Japie, diesel, gexerox
Konsonante (bl. 60-73) Gelykvormigheidsbeginsel by spelling: daad > dade Voltooide deelwoord wat eindig op -te of -de Verdubbeling van konsonantletters tussen vokaalletters – neem uitspraak in ag
Koppeltekens (bl. 74-98) Vergemakliking van lees: bo-op; wa-as Betekenisverhouding tussen dele: digter-predikant; aan-af-skakelaar; Noordwes-Universiteit Weglaatteken: taal- en letterkundiges Afbreekteken: ver- gadering
Meervoudsvorme (bl. 99-110) -e en -s meervoudsvorme: rob-robbe; brief- briewe; boog-boë; junior-juniors; essay(s) Afkappingstekens: ma’s; pa’s; oupas; foto’s; radio’s; A’s; 1990’s; B.Ed.’s Deeltekens: fee-feë; alkali-alkalië; weg-weë Rang-, amps- of hoedanigheidsbenamings: adjudant-offisiere; generaal-majoors Tensy die laaste deel ’n kwalifiserende bepaling van die eerste deel is: direkteurs- generaal; regters-president
Skryfwyse: los en vas (bl. 111-146) Afsonderlike woorde word los geskryf. Woorddele word vas aan mekaar geskryf. Samestellings word vas geskryf. Koppeltekens by: herhalings, afkortings, simbole en syfers. Eienaamverbindings wat as eienaam optree kan los, vas asook met of sonder ’n koppelteken geskryf word: Bloemfonteinmuseum Bloemfontein-Museum Bloemfontein-museum Bloemfontein Museum
Skryfwyse: los en vas (bl. 111-146) Eienaam as soortnaam met eienaam as eerste lid – altyd vas: Nissanonderdele OF Nissan-onderdele Taalbenamings: Oosgrensafrikaans, Kaaps- Hollands (geografies), Afro-Amerikaans (saamgestelde taalbenaming met eerste deel wat op ’n -o eindig.), Noord-Duits (rigtingbywoord), Klassieke Latyn (verboë byvoeglike naamwoord). Woordgroepe word los van mekaar geskryf: ter aarde bestel, in diens neem. Afleidings van woordgroepe word vas geskryf: teraardebestellling, indiensneming
Skryfwyse: los en vas (bl. 111-146) Verbindings van byvoeglike en selfstandige naamwoorde word los geskryf: senior bestuurder, privaat sak (maar: privaatreg). By plant- en diername word byvoeglike naamwoord wat kleur aandui vas geskryf: geelhoutboom Selfstandige naamwoord en byvoeglike naamwoord wat saam as byvoeglike naamwoord funksioneer word vas geskryf: kaalvoet kind Byvoeglike en selfstandige naamwoorde wat betekenisverdigting ondergaan het: donker kamer – donkerkamer; groot mens - grootmens
Skryfwyse: los en vas (bl. 111-146) Verbindings met telwoorde: los: veertien riviere. Behalwe met betekenisverdigting: driehoek; geografiese name: Eersterivier, maar met bepaalde hooftelwoord: Drie Susters; samestellings en afleidings vas: eerstehands. Sien ook: breukname; woordgroepe met ’n byvoeglike naamwoord; werkwoordelike verbindings; voornaamwoorde met self, bywoordelike verbindings; verbindings met hier, daar en waar asook rigtingbywoorde
Verkleiningsvorme (bl. 147-151) Uitgange: -ie, -jie, -kie, -pie, -tjie Let op gebruik van afkappingsteken. foto’tjie TV’tjie 8’ie
Vokale (bl. 152-159) Die volgende faktore het ’n invloed: Oopheid of geslotenheid van lettergrepe Woordklem Herkoms van die woord Herkoms van die voor- en agtervoegsels waarmee ’n basis verbind Klankomgewing waarin die vokaal voorkom Tradisie Letters moet meer as een klankwaarde in verskillende klankomgewings voorstel
Wisseling en subkategorie (bl. 160-173) Deelwoord met of sonder ge- Selfstandige naamwoorde met t na s aan die einde Byvoeglike naamwoorde met d aan die einde Gebruik van verbindingsklanke Voltooide deelwoorde met -te of -de Natuurwetenskaplike terme bv. hibried / hibride vitamien (vitamiene) / vitamine (vitamines)
Woorde van vreemde herkoms (bl. 174-184) Verafrikaanste woorde: ghoeroe, indoena, pienk Vreemde woorde: oeuvre, ad hoc, canyon Tussenklas: Africana-Afrikana, restaurant-restourant Leenwoorde uit Afrikatale: hlonipha, Lesotho (maar Sotho / Suid-Sotho nie Sesotho), moruti, lobola
Hoffman en Bothastraat Naudés diè essensiëel Hoekom is die volgende verkeerd? Skryf die korrekte vorm neer en dui die reël aan. Nieu Seeland Oud-Germaans 6e-laan V8 Ford NROs Hoffman en Bothastraat Naudés diè essensiëel
Nieu Seeland – Nieu-Seeland (12.31) Oud-Germaans – Oudgermaans (14.16) Hoekom is die volgende verkeerd? Skryf die korrekte vorm neer en dui die reël aan. Nieu Seeland – Nieu-Seeland (12.31) Oud-Germaans – Oudgermaans (14.16) 6e-laan – 6e Laan (9.15) V8 Ford – V8-Ford (14.12) NROs – NRO's (3.18) Hoffman en Bothastraat – Hoffman- en Bothastraat (12.38) Naudés – Naudé's (13.26) diè – dié (4.1) essensiëel – essensieel (5.2)