Na ‘n besoek aan die dieretuin D.J. Opperman 26 Junie 2007 Drik Greeff: hpgreeff@stirlinghigh.co.za
Na ‘n besoek aan die dieretuin Twee kraaie het hul nes gemaak van stukkies draad; en in staalkoue ver van riete en riviere afgesluit broei rooivalke en wildepoue nog hul eiers uit; in ysterhokke ver van rantjies en langgras werp ape en waterbokke nog hul kleintjies af; net in ‘n enkelkamer ek en jy van hulle vreugde afgeskei.
Na ‘n besoek aan die dieretuin Twee kraaie het hul nes gemaak van stukkies draad; ‘n Mens kan verwag dat ‘n besoek aan ‘n dieretuin gewoonlik ‘n aangename ondervinding is. Die titel sê egter dat hierdie gedig ‘n nabetragting is oor wat die leser ondervind het. Die laaste strofe dui op ongelukkigheid. Die mense is ook in ‘n hok (“enkelkamer”), maar anders as die diere, deur hulle eie toedoen. Mens sou dus verwag dat hulle gelukkig sou wees. Anders as die diere is hulle egter van die diere se “vreugde afgeskei”, m.a.w. ongelukkig. Let daarop dat die diere, alhoewel hul ver van hul natuurlike omgewing en vryheid is, tog ‘n mate van “geluk” ervaar en paar. Die “draad”, “staalkoue” (hokke) en “ysterhokke” vorm ‘n kontras met hul natuurlike omgewing (“riete”, “riviere”, “rantjies”, “langgras”). en in staalkoue ver van riete en riviere afgesluit broei rooivalke en wildepoue nog hul eiers uit; in ysterhokke ver van rantjies en langgras werp ape en waterbokke nog hul kleintjies af; net in ‘n enkelkamer ek en jy van hulle vreugde afgeskei.
Na ‘n besoek aan die dieretuin Twee kraaie het hul nes gemaak van stukkies draad; Let daarop hoe die voornaamwoorde bydra om die kontras tussen mens en dier uit te beeld. Na die diere word telkens as “hul” verwys, maar in die geval van die mense as “ek en jy” (i.p.v. “ons”). en in staalkoue ver van riete en riviere afgesluit broei rooivalke en wildepoue nog hul eiers uit; Die herhaling van “ver van” in strofes 2 en 3 beklemtoon die feit dat die diere ontwortel is. Die herhaling van “nog hul” in strofes 2 en 3 beklemtoon die kontras: t.s.v. feit dat die diere ontwortel is, is hulle tog gelukkig. (Hulle paar.) Die “net” in strofe 4 is die begin van die kontras wat die mense vorm met die diere. Dit staan aan die begin van die strofe én die reël wat albei beklemtoonde posisies is. in ysterhokke ver van rantjies en langgras werp ape en waterbokke nog hul kleintjies af; Die feit dat die gedig met twee-reëlige strofes begin én eindig, rond dit goed af. Terselfdertyd beklemtoon dit ook die kontras tussen die kraaie en die mense. net in ‘n enkelkamer ek en jy van hulle vreugde afgeskei.
Na ‘n besoek aan die dieretuin Twee kraaie het hul nes gemaak van stukkies draad; en in staalkoue ver van riete en riviere afgesluit broei rooivalke en wildepoue nog hul eiers uit; in ysterhokke ver van rantjies en langgras werp ape en waterbokke nog hul kleintjies af; net in ‘n enkelkamer ek en jy van hulle vreugde afgeskei. 1. Watter uitwerking het die besoek aan die dieretuin op die mense gehad? 2. Watter woorde verwys na die diere se natuurlike habitat en watter woorde verwys na hul kunsmatige blyplekke? 3. Die mense is ongelukkig. Toon die ironie hiervan aan deur die mense en diere se situasies met mekaar te vergelyk. 4. Bespreek kortliks die doeltreffende gebruik van die voornaamwoorde in die gedig. 5. Bespreek die funksie van die herhalings wat in strofe 2 en 3 voorkom. 6. Wat word deur die paarrym in die slotstrofe beklemtoon? 7. Op watter manier word die woord “net” beklemtoon en wat is die doel daarvan? 8. Waarom kan gesê word dat die gedig goed afgerond is?
Dankie