De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

S.J. Pretorius SJ Pretorius was ‘n onderwyser in Linden, Johannesburg. Sy vrou, Anna was posmeesteres. Sy het viool gespeel en so het hul mekaar op konserte.

Verwante presentaties


Presentatie over: "S.J. Pretorius SJ Pretorius was ‘n onderwyser in Linden, Johannesburg. Sy vrou, Anna was posmeesteres. Sy het viool gespeel en so het hul mekaar op konserte."— Transcript van de presentatie:

1 S.J. Pretorius SJ Pretorius was ‘n onderwyser in Linden, Johannesburg. Sy vrou, Anna was posmeesteres. Sy het viool gespeel en so het hul mekaar op konserte ontmoet. Hyself het ook gesing. Hy het ook in die nuuskantoor van die SABC gewerk. En hy het vele dramas later vir die radio vertaal. Die skrywery was altyd in sy bloed. Hy het 8 bundels gepubliseer.

2

3 Die lang stilte voor die verskyning van Anamnese was die gevolg van
verskeie persoonlike verliese en traumatiese ervarings. ''Ek het soos 'n dooie inmekaar gesit en kon niks skryf nie. Dit was verskriklik.'' As 'n Nederlands-dosent in die departement Afrikaans aan die Universiteit van Suid-Afrika het hy 'n proefskrif oor Vondel aan die Universiteit van die Witwatersrand behaal. Van Wyk Louw was die promotor. SJ Pretorius het met geleentheid genoem dat hy geen Afrikaanse gedigte lees nie, want hy wil deur niemand beïnvloed word nie. Hy lees wel die werk van Amerikaanse, Engelse, Franse en Duitse digters. SJ Pretorius is in 2008 oorlede.

4 Die hanswors – S.J. Pretorius
1 Oor sy afsigtelike boggel 2 en kromheid, het hul hom gekoggel, 3 en bitterder was hul venyn 4 as sy vergroeide ruggraatpyn. 5 Tussen die diere in ‘n hoek 6 het hy die eensaamheid gesoek: 7 “Met klere wat gedurig gaar is, 8 Wat doen die vent met sy salaris?” 9 Hy’t maandeliks by die poskantoor 10 ‘n brief gepos of een gelees 11 by die dierkratte, oor en oor: 12 “Sou daar tog êrens iemand wees?”

5 13 En daardie ewige reuk en drank:
14 nie een sou huil as hy bedank, 15 maar waar hy in die sirkustent 16 aapagtig teen die firmament, 17 hoog teen die takelwerk, kon klouter, 18 die dood uittart, en, klein kabouter, 19 sy duiwelstreke uithaal onder 20 dat almal skater vir die wonder, 21 is hy, hoeseer verag, verlate, 22 nog deur die baas beskou as bate. 23 Toe het ‘n brief gekom eendag... 24 Hy’t oor die bed gebuk, verblind, 25 terwyl ‘n boggelvroutjie, sag, 26 sterwend fluister: “Dankie my kind...”

6 Die hanswors – S.J. Pretorius
Lelike boggel; dit is nie mooi om na te kyk nie Hy word oor sy kromheid en boggel gespot 1 Oor sy afsigtelike boggel 2 en kromheid, het hul hom gekoggel, 3 en bitterder was hul venyn 4 as sy vergroeide ruggraatpyn. 5 Tussen die diere in ‘n hoek 6 het hy die eensaamheid gesoek: 7 “Met klere wat gedurig gaar is, 8 Wat doen die vent met sy salaris?” 9 Hy’t maandeliks by die poskantoor 10 ‘n brief gepos of een gelees 11 by die dierkratte, oor en oor: 12 “Sou daar tog êrens iemand wees?” Gespot was seerder as die fisiese pyn Hy sonder homself af. Hy is alleen. Hanswors was alleen; gewoonlik laat hansworse mense lag, Na dubbelpunt volg verduideliking. paarrym Klere is stukkend Die brief kom van ‘n spesiale persoon, daarom lees hy dit oor en oor Stemming van die gedig is swaarmoedig: gebreklikes ly en die medemens is onmenslik. ‘n Mens se fisiese voorkoms bepaal nie jou integriteit nie.

7 Sirkusmense het nie simpatie nie
Hy het moontlik ‘n drankprobleem 13 En daardie ewige reuk en drank: 14 nie een sou huil as hy bedank, 15 maar waar hy in die sirkustent 16 aapagtig teen die firmament, 17 hoog teen die takelwerk, kon klouter, 18 die dood uittart, en, klein kabouter, 19 sy duiwelstreke uithaal onder 20 dat almal skater vir die wonder, 21 is hy, hoeseer verag, verlate, 22 nog deur die baas beskou as bate. 23 Toe het ‘n brief gekom eendag Hy’t oor die bed gebuk, verblind, 25 terwyl ‘n boggelvroutjie, sag, 26 sterwend fluister: “Dankie my kind...” Soos ‘n aap; beskrywing van hanswors alliterasie Hy is die aantrekkingskrag van die sirkus, maar hy word deur die mense bespot. enjambement Moontlik deur trane verblind Verkleining dui op simpatie. Sy het ook ‘n boggel Ma is dankbaar oor die geld; dalk ook omdat hy kom groet het. Kruisrym in laaste strofe dui op die verhouding tussen die hanswors en sy ma.

8 Woordverklarings hanswors/nar clown afsigtelike ghastly boggel
hump/hunch venyn venomousness;malice vergroeide ruggraatpyn crooked spinal pain vent Bloke, guy, chap kabouter dwarf verag despise bate asset

9 sterwend dying firmament heaven gaar worn ewige constant klouter climb duiwelstreke devillry verlate lonely; desolate reuk smell

10 Bespreking Titel ‘n Kenmerk van SJ Pretorius se gedigte is dat dit handel oor mense wat in die gemeenskap gespot word omdat hulle gebreke het. Die hanswors word gespot oor sy krom boggelrug. Hy het fisiese pyn verduur, maar die sirkusmense se gemeenheid het ook pyn veroorsaak. Tema Dit wys hoe mense misvormde mense in die sirkus gebruik as hansworse sodat die gehoor vir hul misvormdheid kan lag. Die gebreklikes ly en die medemense is onmenslik.

11 Die stemming van hierdie gedig is swaarmoedig
Die stemming van hierdie gedig is swaarmoedig. Die hanswors is veronderstel om gelukkig te wees tussen die mense waar hy werk, maar hy is eensaam en alleen. Daar word van punktuasie gebruik gemaak om sekere belangrike sake uit te hef. (Dubbelpunt in reël 13; ellips in reël 23 en 26 en kommas in reël 24.) Die verteller beskryf die hanswors en sy omstandighede baie visueel en oortuigend deur middel van die sintuiglike waarneming. Die tema van eensaamheid word beklemtoon deur die beskrywing van hoe die hanswors homself afsonder deur tussen die dierehokke te gaan sit.

12 Die wending vind in die slotstrofe plaas, maar die ellips dui daarop dat sy ma dankbaar is vir die geld wat hy elke maand aan haar gestuur het. ‘n Mens se fisiese voorkoms bepaal nie jou integriteit nie. Dit is duidelik uit die ontstellende brief dat hy van sy ma gaan afskeid neem. Sy ma het ook ‘n boggel. Die spreker maak gebruik van verkleining vir die boggelvroutjie wat fisies klein is. Die verkleining dui egter ook op simpatie vir die vroutjie.

13 Vrae en antwoorde 1. Watter woord in die eerste strofe verklaar dat die hanswors altyd pyn ervaar het? “ruggraatpyn.” 2. Watter versreëls suggereer dat hy sy tyd liewer tussen die diere as die mense deurgebring het? Tussen die diere in ‘n hoek/ het hy die eensaamheid gesoek. 3. Sy klere was stukkend, wat kan beteken dat hy nooit geld gehad het nie. Wat, dink jy, het hy met sy geld gemaak? Hy het sy salaris vir sy siek ma gestuur. 4. Wat suggereer versreël 13? Hy het hom nie goed versorg nie. Hy het moontlik ‘n drankprobleem gehad.

14 5. Skryf versreël 14 oor in jou eie woorde
5. Skryf versreël 14 oor in jou eie woorde. Niemand sou hom mis as hy sou bedank nie. 6. Waarom het die baas hom as ‘n bate beskou? Wat kon hy goed doen? Hy het die mense laat lag. (die mense het na die sirkus kom kyk) 7. Op watter wyse word die wending in die gedig aangedui? Versreël 23: “Toe..” 8. Wat suggereer die ellips in die slotstrofe? Sy ma het gesterf.

15 9. Haal ‘n voorbeeld van enjambement aan in strofe 4
9. Haal ‘n voorbeeld van enjambement aan in strofe 4. “maar waar hy in die sirkustent/aapagtig teen die firmament” 10. Wat is die funksie van die alliterasie in strofe 4? Haal die voorbeeld aan en verduidelik dan die funksie. “verag/verlate” - beklemtoon die gevoel dat die kabouter verag is deur ander mense 11. Watter tipe rymskema word hier aangetref? paarrym. Gebroke rym in die laaste strofe 12. Wat suggereer “verblind”? trane; huil 13. Wat is ironies omtrent hierdie gedig? Die kabouter vermaak die mense en laat ander mense lag, maar hy is alleen en hartseer.

16 14. Die gedig moes begin het met “Hul het hom gekoggel oor
14. Die gedig moes begin het met “Hul het hom gekoggel oor...” Wat noem ons hierdie woordorde in versreëls 1 en 2 waar die twee gedagtes omgeruil is? inversie 15. Haal die vergelyking in strofe 1 aan. en bitterder was hul venyn/as sy vergroeide ruggraatpyn 16. Waaroor het die mense die hanswors gekritiseer? Die mense wou hê hy moes vir homself nuwe klere koop. 17. Watter vraag het die mense hulself gevra as hul na die hanswors kyk? Hulle het gewonder of hy iemand in sy lewe het. 18. Drie antwoorde voltooi die volgende sin korrek. Watter antwoord is NIE korrek NIE? Omkring net die letter. Die mense praat van die hanswors as die vent. ’n Mens gebruik hierdie woord as jy iemand wil D reghelp

17 19. Waarheen het die hanswors gegaan om van die mense af weg te kom
19. Waarheen het die hanswors gegaan om van die mense af weg te kom? Gee TWEE feite. In die hoek van die dierekratte 20. Gee EEN woord wat die hanswors se gevoel beskryf. eensaamheid 21. Wat dink jy is die betekenis daarvan dat die hanswors sy brief oor en oor lees? Dit is vir hom kosbaar. Dit beteken baie vir hom. 22. Waarvan is die volgende ’n voorbeeld: “oor en oor” Herhaling 23. Waarna kon die “ewige reuk” verwys? Drankprobleem; homself nie goed versorg nie

18 24. Die hanswors het tussen baie mense gewerk
24. Die hanswors het tussen baie mense gewerk. Wat was ironies hieromtrent? Ten spyte van die feit dat hy baie mense om hom gehad het, was hy nogtans eensaam 25. Wat was die sirkusbaas se houding teenoor die hanswors? Gee DRIE opeenvolgende woorde. “beskou as bate” 26. Gee TWEE metafore wat die hanswors beskryf. “aapagtig”; “duiwelstreke” 27. Gee die denotiewe en konnotiewe betekenis van die woord “verblind”. denotiewe betekenis: blind; konnotiewe betekenis: gehuil 28. “Toe het ’n brief gekom eendag” Watter verskynsel word in die voorafgaande aangetref? Inversie. Dit moet lees: ‘n Brief het eendag gekom.


Download ppt "S.J. Pretorius SJ Pretorius was ‘n onderwyser in Linden, Johannesburg. Sy vrou, Anna was posmeesteres. Sy het viool gespeel en so het hul mekaar op konserte."

Verwante presentaties


Ads door Google