LEWENSIKKLUSSE IN DIERE INSEKMETAMORFOSE
METAMORFOSE Fisiese veranderinge vanaf een fase in die lewenssiklus na ‘n volgende. TWEE TIPES METAMORFOSE: 1. Volledige metamorfose 2. Onvolledige metamorfose
Vergelyking tussen tipes metamorfose 88 % van alle insekte 12 % van alle insekte VOLLEDIGE Vier fases: 1. eier 2. larwe 3. papie 4. volwassene Bv. Skoenlappers, bye, huisvlieg ONVOLLEDIGE Drie fases: 1. eier 2. nimf 3. volwassene Bv. Sprinkaan, kriek, kakkerlak
Volledige metamorfose
Onvolledige metamorfose
Voordele en nadele van volledige metamorfose Larwe en volwassene bewoon verskillende habitatte en nisse – nie in kompetisie met mekaar Drakapasiteit van ekostelsel verhoog. Eier en papie fases laat insek toe om ongunstige toestande te oorleef. Nadele: Larwes is prooi vir predatore. Geskikte habitat vir die lê van eiers benodig Verandering vanaf papie na volwassene vereis baie energie
Voordele en nadele van onvolledige metamorfose Kwesbare papiefase word vermy. Minder energie benodig – geen drastiese verandering van papie na volwassene. Alle fases kan dieselfde voedsel benut. Nadele: Nimf en volwassene kompeteer vir dieselfde voedsel. Insek kwesbaar vir uitdroging tydens vervelling. Hele insekbevolking mag bedreig word deur omgewingsveranderinge.
Amfibiese metamorfose
BLOMME AS VOORTPLANTING- STRUKTURE Lorraine Kuun, July 2011
Die Angiosperm blom Lorraine Kuun, July 2011
Manlike en vroulike voortplantingstrukture Die MEELDRAAD is die manlike orgaan (helmknop + helmdraad) en produseer stuifmeel wat die manlike gamete bevat. (andresium) Die STAMPER met die (stempel+styl + vrugbeginsel) is die vroulike orgaan van die plant. Die ovums/eiers word in die saadknop gevind. (ginesium) Lorraine Kuun, July 2011
BESTUIWING is die oordrag van RYP STUIFMEEL vanaf die helmknop na die VATBARE STEMPEL van ‘n blom van DIESELFDE SPESIE Lorraine Kuun, July 2011
Lorraine Kuun, July 2011
Hoe word kruisbestuiwing verseker? 1. Manlike (geen stamper) of vroulike (geen meeldrade) – blomme op verskillende plante – TWEEHUISIG. 2. Protandrie – stuifmeel word ryp en vrygestel voordat stempel ontvanklik raak. 3. Protoginie – stempel vatbaar, maar die stuifmeel is nog nie ryp nie m.a.w. selfbestuiwing word voorkom. Lorraine Kuun, July 2011
BESTUIWERS Meeste bestuiwers is insekte bv. Bye, motte, skoenlappers, kewers. Sommige vertebrate bestuif ook blomme bv. Vlermuise, muise, voëls (hoofsaaklik). Baie blomme word deur wind bestuif. Lorraine Kuun, July 2011
Blomme aangepas vir insekbestuiwing Helder kleure (bye kan nie rooi sien nie), wit vir nagbestuiwers bv. motte Soet reuk (trek motte en skoenlapper aan) Kry nektar en stuifmeel in ruil Kontrasterende patrone op blomblare om die middel van die blom aan te dui (baie keer kan menslike oog dit nie sien nie – ultraviolet) Stuifmeel klou aan hare op liggaam van insek Lorraine Kuun, July 2011
Aanpassings van blomme vir voëlbestuiwing Hoë opbrengs van verdunde nektar Groter as blomme wat deur insekte bestuif word Oop gedurende die dag, meestal rooi Bestand teen rowwe voeding van voëls Min of geen reuk – voëls het swak reuksintuig Ovarium is beskerm teen snawels deur verklein te wees of heeltemal apart te wees Stuifmeel klou aanmekaar in trosse Meestal regop of met ‘n landingstrook vir voëls wat nie in die lug hang nie Lorraine Kuun, July 2011