De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

Besigheidstudies Graad 11.

Verwante presentaties


Presentatie over: "Besigheidstudies Graad 11."— Transcript van de presentatie:

1 Besigheidstudies Graad 11

2 Sakegeleenthede en sakerolle
Kwartaal 2 Sakegeleenthede en sakerolle

3 Hoe om ‚n sakeplan in ‚n aksieplan te omskep

4 HOE OM ‚N SAKEPLAN IN ‚N AKSIEPLAN TE OMSKEP
DIE BESIGHEIDSPLAN/(SAKEPLAN): ‘n Besigheidsplan is ‘n geskrewe dokument wat besonderhede van die dolewitte van die onderneming verskaf en aandui hoe hierdie doelwitte bereik gaan word. Dit sit strategieë (bestuur, bemarking, produksie en finansies) uiteen om daardie doelwitte te help bereik. Besigheidsplanne gee gewoonlik ‘n bietjie agtergrondinligting or die eienaar(s) of die bestuurspan om hul verbintenis tot die bereiking van die doelwitte van die onderneming te bewys. Die besigheidsplan kan gebruik word as maatstaf vir die beoordeling van die mate waarin die onderneming sy doelwitte bereik. Die besigheidsplan kan aangepas word namate veranderinge in die onderneming plaasvind. HOE OM ‚N SAKEPLAN IN ‚N AKSIEPLAN TE OMSKEP

5 HOE OM ‚N SAKEPLAN IN ‚N AKSIEPLAN TE OMSKEP
DIE BESIGHEIDSPLAN/(SAKEPLAN): ‘n Besigheidsplan is ook ‘n middle wat jy kan gebruik om jou onderneming te verkoop of te bemark. Daar is talle aanvaarbare formate vir ‘n besigheidsplan. Verskillende soorte ondernemings vereis verskillende soorte besigheidsplanne. Die meeste besigheidsplanne sal minstens die volgende bevat: dekblad – besonderhede van die onderneming en kontaknommers van die eienaar(s) inhoudsopgawe ‘n bestuursopsomming beskrywing van die onderneming, wat vorm van eienaarskap en beskrywing van produk of diens insluit ‘n produksie- of bedryfsplan bestuursplan markontleding en bemarkingsplan finansiële plan regsvereistes SSGB-analise ondersteuningsdokumente, byvoorbeeld afskrifte van kontrakte, planne en diagramme.

6 HOE OM ‚N SAKEPLAN IN ‚N AKSIEPLAN TE OMSKEP
PROJEKBEPLANNING EN PROJEKBESTUUR: Projekbeplanning is ‘n omvattende beskrywing van al die aktiwiteite wat uitgevoer moet word om ‘n projek suksesvol te voltooi. Mense wat die bestuur van projekte behartig, staan as projekbestuurders bekend en word verantwoordelik gehou vir die sukses of muslukking van projekte. Die besigheidsbestuurder of entrepreneur moet projekbestuursvaardighede ontwikkel om die besigheisplan in ‘n aksieplan te omskep. Projekbestuursvaardighede is die gebruik van kennis, vaardighede en middele ter beplanning, implementerign en bereiking van die doelwitte van daardie projek.

7 HOE OM ‚N SAKEPLAN IN ‚N AKSIEPLAN TE OMSKEP
PROJEKBEPLANNING EN PROJEKBESTUUR: ‘n Voorbeeld van ‘n projek kan wees: ‘n Nie-regeringsorganisasie skenk R10 miljoen om huise ter verskaf aan 75 gesinne wat in ‘n informele nedersetting woon. Die huise moet voldoen aan die regulasies en spesifikasies van die regering. Die projek meot binne drie jaar voltooi wees. Uit die voorbeeld kan ons sien daar is: ‘n aktiwiteit wat uitgevoor moet word – huise moet vir 75 gesinne gebou word ‘n tydraamwerk – binne drie jaar ‘n begroting - R10 miljoen.

8 HOE OM ‚N SAKEPLAN IN ‚N AKSIEPLAN TE OMSKEP
PROJEKBEPLANNING EN PROJEKBESTUUR: ‘n Goeie projekbestuurder sal die volgende doen: Identifiseer die hulpbronne wat nodig sal wees, soos die mense, begroting en tyd. Hierdie inligting word uit die besigheidsplan verkry. Laat voldoende tyd toe vir konsultasies, goedkeurings en die verkryging van finansiële bystand soos banklenings. Stel ‘n skedule op wat die hoofaktiwtiteite om terug te werk vir die opstel van tydraamwerke. Ontleed elke hoofaktiwiteit deur dit in kleiner aktiwiteite te verdeel. Sê wie elke aktiwiteit sal laat gebeur en wanneer. Wys geld toe aan elke deel van die aksieplan waarvoor begroot moet word. Die geprojekteerde inkomstestaat uit die besigheidsplan sal die meeste van die inligting verskaf. ‘n Inkomstestaat is ‘n staat wat inkomste uit verkope, na aftrekking van die uitgawes, toon. Pntwikkel beheermetodes wat die persoon wat in beheer is, sal waarsku teen probleme wanneer hulle onstaan. Identifiseer risiko’s en beplan vir onvoorsiene gebeurtenisse. Gaan die plan van tyd tot tyd na.

9 BEPLANNINGSMIDDELE PROJEKBEPLANNING:
Die volgende stappe help projekbestuurders om opdragte uit te voer: Stap 1 Stel vas waarom di eprojek voltooi moet word Wat is doe doel van die projek? Stap 2 Stel vas wie by die projek betrek moet word Die projekbestuurder moet spanlede kies met die nodige ondervinding, vaardighede en motivering. Stap 3 Identifiseer en ontleed al die aktiwiteite wat uitgevoer moet word om die projek te voltooi Maak ‘n lys van alles wat gedoen moet word. Stel ‘n datum vas vir wanneer elke aktiwiteit voltooi moet wees. Delegeer opdragte aan die regte spanlede. Volg op om seker te maak die span bly op koers. Stap 4 Identifiseer al die hulpbronne wat jy gaan benodig Hierdie stap help om te verseker dat die nodige hulpbronne beskikbaar gaan wees. Die projekbestuurder moet begroot vir die hulpbronne wat benodig word om die projek te voltooi.

10 BEPLANNINGSMIDDELE PROJEKBEPLANNING:
Die volgende stappe help projekbestuurders om opdragte uit te voer: Stap 5 Identifiseer risiko’s Vra jouself wat fout kan gaan en ontwikkel ‘n risikobestuursplan. Stap 6 Voer die projek uit Gedurende hierdie stadium word alle aktiwiteite gekoördineer. As alle spanlede doen wat van hulle verwag word, sal die projek maklik voltooi word en sal die onderneming se doelwitte bereik word. Stap 7 Evalueer en reflekteer op die projek Dit is belangrik dat die projekbestuurder ‘n verslag skryf waarin die sterkpunte en swakpunte van die projek ontleed word.

11 BEPLANNINGSMIDDELE PROJEKBEPLANNING:
Dit is die projekbestuurder se verantwoordelikheid om toe te sien dat die projek suksesvol voltooi word. Ander verantwoordelikhede van die projekestuurder sluit in: om die regte opdrag aan die regte person te gee om sy span gemotiveerd te hou om spesifieke doelwitte vas te stel om nie die projek te onderskat nie om op te volg – moet nooit aanneem dat mense doen wat hulle veronderstel is om te doen nie om redeling te wees – genoeg tyd moet toegelaat word om opdragte uit te voer.

12 HOE OM ‚N SAKEPLAN IN ‚N AKSIEPLAN TE OMSKEP
PROJEKBEPLANNING EN PROJEKBESTUUR: As die bestuurder vind dat die tydraamwerke onrealisties is, sal die plan verander moet word. As nuwe inligting na vore kom, sal die bestuurder dalk ook die plan moet aanpas.

13 HOE OM ‚N SAKEPLAN IN ‚N AKSIEPLAN TE OMSKEP
‘n Aksieplan is nodig om ‘n besigheidsplan te implementeer. ‘n Aksieplan is n verslag van aktiwiteite wat aantoon hoe aktiwiteite georganiseer gaan word om die doelwitte in die besigheidsplan te behaal. Opstelling van ‘n aksieplan Die opstelling van ‘n aksieplan sal help om die besigheid ‘n suksesvolle onderneming te maak. Die aksieplan is op ‘n aantal vrae gebaseer: Wat moet gebeur? Wie is verantwoordelik? Wanneer sal aktiwiteit begin? Wanneer sal aktiwiteit eindig? Het die aktiwiteit plaasgevind of wat het verkeerd geloop? Hou rekord van enige uitdagings wat gedurende die projek ondervind word. Dit is belangrik om elke stadium van die projek na te gaan en te evalueer sodat korrektiewe stappe gedoen kan word, indien nodig.

14 HOE OM ‚N SAKEPLAN IN ‚N AKSIEPLAN TE OMSKEP
Voordele van ‘n aksieplan Die afhandeling van projekte binne die gespesifiseerde tyd word moontlik gemaak. Dit help die persoon wat verantwoordelik is vir die bereiking van sekere doelwitte om georganiseerd te werk te gaan. Dit dien as ‘n kontrolemaatstaf vir die meting van werkstandaarde en prestasie. Dit prioritiseer aktiwiteite volgens die belangrikheid daarvan. Die belangrikste tegnieke vir die ontwikkeling van ‘n aksieplan Die belangrikste tegnieke vir die ontwikkeling van ‘n aksieplan kan in vier stappe geïllustreer word: Kom ooreen oor doelwitte Stel tydraamwerke Ken verantwoordelikhede toe Stel kommunikasiekanale in

15 BEPLANNINGSMIDDELE Verskillende middele soos tydlyne, taakontleding, Gantt- karate en kritiekeroete-ontlieding kan gebruik word om die tydraamwerke van ‘n projek te ontwikkel, na te gaan en te beheer. Hierdie middele word as ‘n kommunikasiehulpmiddel tussen die bestuur en personeel gebruik. Hoewel die meeste ondernemings rekenaars en spesiale programmatuurtoepassings gebruik om hierdie middele te skep, kan hulle met die hand opgestel word. TYDLYNE: Jy kan ‘n tydlyn gebruik om jou aksieplan uiteen te sit. ‘n Tydlyn is ‘n eenvoudige middel in die vorm van ‘n lys van al die aktiwiteite. Dit is ‘n lyn waarop tye en aktiwiteite aangedui word. Sakeondernemings maak ook gebruik van tydlyne om ‘n visuele beeld te kry van wat gebeur. Tydlyne help ons om die volgorde waarin opdragte uitgevoer moet word, vas te stel.

16 BEPLANNINGSMIDDELE TYDLYNE:
Sakeondernemings maak gebruik van verskillende “volgordereëls” om vas te stel watter opdragte eerste uitgevoer moet word: Eerste betyds, eerste in die ry (first come, first served) Dit is wanneer jy die taak wat eerste vir jou gegee word, eerste afhandel. Korste afhandelingstydperk Dit is wanneer jy die taak wat die kortste tyd neem om te voltooi eerste afhandel. Vroegste inhandighingsdatum Dit is wanneer jy die taak wat eerste ingehandig moet word, eerste afhandel. Mees belangrike klant Dit is wanneer jy jou belangrikste klant se opdrag eerste afhandel. Mees winsgewende werk Dit is wanneer jy die mees winsgewende taak eerste afhandel.

17 BEPLANNINGSMIDDELE TAAKONTLEDING:
Taakontleding vereis dat jy die verskillende take moet evalueer. Wanneer jy nie met ‘n taak kan begin voordat sekere ander take voltooi is nie, noem ons hulle afhanklike take. Die take wat op dieselfde tyd as ander take gedoen kan word, word parallelle take genoem. Jy moet hierdie begrippe goed ken en verstaan wanneer jy van Gantt-karate leer. GANTT-KAARTE: Gantt-karate is meer gesofistikeerde soorte tydlyne. Definisie van die Gantt-kaarte ‘n Gantt-kaart is ‘n instrument wat projekbestuurders help om projekbeplanning te doen en word as ‘n tipe staafgrafiek voorgestel. Gantt-kaarte wys projekbestuurders: watter take uitevoer moet word om ‘n spesifieke projek te voltooi wanneer elke aktiwiteit moet plaasvind hoelank dit gaan neem om die aktiwiteite te voltooi.

18 BEPLANNINGSMIDDELE GANTT-KAARTE: Funksies van Gannt-kaarte
Omprojekbestuurders te help om projekte te beplan en vordereing te monitor. Om aan te dui hoe lank dit gaan vat om die projek te voltooi. Om die aktiwiteite wat uitgevoer moet word in volgorde te sit. Om aan te dui watter aktiwiteite gelyk uitgevoer kan word. Om projekbestuurders te help om dadelik te sien watter opdragte op watter tydstip voltooi moet wees. Om projekbestuurders te help om hulpbronne te identifiseer wat benodig word om die projek te voltooi.

19 BEPLANNINGSMIDDELE GANTT-KAARTE: Hoe om ‘n Gantt-kaart op te trek:
Hoewel Gantt-kaarte baie funksies en voordele het, het meeste Ganttkaarte een naddel – dit laat projekte soms makliker en eenvouditer lyk as wat dit werklik is. Die volgende stappe kan geneem owrd om ‘n Gantt-kaart op te stel: Skryf al die aktiwiteite neer wat uitgevoer moet word om die projek te voltooi. Besluit hoe lank dit gaan neem om elke aktiwiteit te voltooi. 3. Stel vas watter aktiwiteite eerste uitgevoer moet word en watter aktiwiteite gelyk uitgevoer kan word. 4. Teken nou die asse van die Gantt-kaart – trek ‘n x-as en ‘n y-as. 5. Skryf elke aktiwiteit wat uitgevoer moet word in volgorde op die y-as. 6. Tyd word op die x-as uitgedruk – trek ‘n horisontale staaf wat aandui hoe lank dit sal neem om die aktiwiteit te voltooi. Die linkerkant van die staaf moet aandui wanneer elke aktiwiteit moet begin terwyl die regterkant moet aandui wanneer elke aktiwiteit voltooi moet wees

20 BEPLANNINGSMIDDELE GANTT-KAARTE:
Veronderstel jy reël ‘n partytjie. Jou Gantt-kaart sal soos volg lyk: Aktiwiteite Week Wie is verantwoordelik 1 2 3 4 Stel ‘n begroting op Reël ‘n plek Reël vir verversings Stuur uitnodigings uit Reël musiek Volg op op vas te stel watter gaste gaan kom

21 BEPLANNINGSMIDDELE GANTT-KAARTE: Voordele van Gantt-kaarte:
Dit is maklik om hulle op te stel. Hulle kan maklik gelees en verstaan word. Gebeurtenisse word in chronologiese volgorde geton (datumvolgorde). Die tyd wat vir ‘n aktiwiteit nodig is, word visueel getoon. Bestuurders en spanlede kan sien watter aktiwiteite gelyktydig plaasvind. Spanlede kan onmiddelik sien wie vir elke aktiwiteit verantwoordelik is. Hulle toon die vordering van ‘n aktiwiteit en stel jou in staat om beheer oor ‘n projek te hê. Take wat onderling verwant is, kan met ‘n oogopslag gesien word. Nog inligting kan ingesluit word me tbehulp van kleurkodering en sleutelsimbole. As aanpassings gemaak moet word, is dit moontlik om die uitwerking op die ander aktiwiteite te sien.

22 BEPLANNINGSMIDDELE WERKSVERDELINGSTRUKTURE (Work Breakdown Structures): ‘n Werkverdelingstruktuur (WVS) is ‘n diagram wat uiteensit watter take uitgevoer moet word om ‘n projek te voltooi. ‘n WVS is ‘n hiërargiese struktuur. Die projek word bo-aan die diagram gestel. Al die take wat uitgevoer moet word om die projek te voltooi, word dan gegroepeer. Die groepe of “bondels” take word voorgestel as arms van die WVS. ‘n “Bondel” is ‘n groep take wat nie verder opgedeel kan word nie. Eke bondel sluit in: Die take wat by die bondel ingesluit word. Die koste verbonde aan die bondel. Die tydsduur van die bondel.

23 BEPLANNINGSMIDDELE WERKSVERDELINGSTRUKTURE (Work Breakdown Structures): Kom ons trek ‘n WVS op vir die voorbereiding en aflegging van ‘n toets:

24 BEPLANNINGSMIDDELE KRITIEKEROETE-ONTLEDING (KRO):
Nog ‘n tegniek wat dikwels in projekbestuur gebruik word, veral vir groot projekte, is kritiekeroete-ontleding. Dit is nuttig vir die berekening van die minimum tyd wat vir elke taak nodig is, die voltooiingsdatum van die projek bepaal. KRO bereken di emaksimum tyd vir die voltooiing van elke taak en identifiseer take wat vertraag kan word.

25 BEPLANNINGSMIDDELE KRITIEKEROETE-ONTLEDING (KRO):

26 Aktiwiteite


Download ppt "Besigheidstudies Graad 11."

Verwante presentaties


Ads door Google