Download de presentatie
De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub
1
Besigheidstudies Graad 10
OP DIE WENPAD Besigheidstudies Graad 10
2
Onderwerp 1: Hedendaagse sosio-ekonomiese kwessies
KWARTAAL 2 Onderwerp 1: Hedendaagse sosio-ekonomiese kwessies
3
HEDENDAAGSE SOSIO-EKONOMIESE KWESSIES
“Sosio” verwys na mense. “Ekonomiese” verwys na ‘n land se ekonomie. “Kwessie” verwys na ‘n probleem. Sosio-ekonomiese kwessies verwys na probleme wat ‘n land se mense en ekonomie negatief beïnvloed.
4
HEDENDAAGSE SOSIO-EKONOMIESE KWESSIES
Ongelykheid en armoede Inklusiwiteit Werkloosheid en ‘n onproduktiewe arbeidsmag MIV/Vigs Dobbelary Ongemagtigde kopiëring Vervalsde goedere, namaaksels en smokkelary Stakings, arbeidsgeskille en politieke steurnis Geweld Misdaad
5
HEDENDAAGSE SOSIO-EKONOMIESE KWESSIES
Ongelykheid en armoede Ongelykheid in die sosio-ekonomiese sin is die mate waartoe mense nie dieselfde geleenthede in die lewe gehad het nie, en anders behandel word. Groter ongelykheid veroorsaak ‘n groter verskil in inkomste – die rykes word dus ryker en die armes al hoe armer. Armoede is die toestand van arm wees – waar mense min of geen gled het nie en dikwels nie vir hul basiese behoeftes kan betaal nie. Armoede gaan gewoonlik gepaard met slegte lewensomstandighede, hongerte en siekte.
6
HEDENDAAGSE SOSIO-EKONOMIESE KWESSIES
Ongelykheid en armoede Ongelykheid beteken dat almal nie gelyk is nie. Sommige mense is baie ryk terwyl ander baie arm is. In Suid-Afrika is daar ‘n baie groot gaping tussen rykes en armes. Die regering moet verseker dat almal toegang het tot onderwys. Gekwalifiseerde mense vind baie makliker werk as ongekwalifiseerde mense. Sodra iemand in diens geneem word, verdien die persoon geld. Ondernemings groei soos wat mense geld verdien en spandeer. Ondernemings moet dan meer mense aanstel. Ongelykheid is een van die hoofredes vir armoede. Iemand is arm as hy/sy nie genoeg geld het om sy/haar basiese behoeftes te bevredig nie.
7
HEDENDAAGSE SOSIO-EKONOMIESE KWESSIES
Ongelykheid en armoede Ander redes vir armoede sluit in: Ongeletterdheid Opleiding Voedsel Werksgeleenthede Tekort aan opleiding Hoë en stygende lewenskoste soos brandstof en voedsel Tekort aan werksgeleenthede
8
HEDENDAAGSE SOSIO-EKONOMIESE KWESSIES
Ongelykheid en armoede Ongelykheid en armoede het die volgende invloed op ondernemings: Ondernemings spandeer baie geld om armoede en ongelykheid te verlig met maatskaplike verantwoordelikheidsprogramme. Ongelykheid en armoede krimp die mark omdat arm mense nie luukshede kan bekostig nie. Dit los ondernemings met net ‘n klein gedeelte van die mark om hulle produkte aan te verkoop. Ongelykheid en armoede kan dikwels lei tot misdade soos roof en winkeldiefstal. Ondernemings lei verliese as gevolg van hierdie misdade, omdat hulle geld op sekuriteit moet spandeer. Versekeringspremies verhoog ook wanneer ondernemings van hulle versekering eis.
9
HEDENDAAGSE SOSIO-EKONOMIESE KWESSIES
Inklusiwiteit Inklusiwiteit beteken om aan almal gelyke geleenthede te bied. Byvoorbeeld, inklusiwiteit beteken dat geen diskriminasie op grond van ouderdom, ras, geslag, gestremdheid, MIV-status ens. toegelaat word nie.
10
HEDENDAAGSE SOSIO-EKONOMIESE KWESSIES
Inklusiwiteit Inklusiwiteit beteken dat daar teenoor neimand gediskriminer mag word nie. Diskriminasie is wanneer iemand van iets uitgesluit word. Die volgende wette poog om ‘n meer inklusiewe arbeidsmag te skep: Wet op Gelyke Indiens-neming Elimineer onregverdige diskriminasie in die werksplek. Bevorder gelyke geleenthede en regverdige behandeling vir alle werknemers. Verseker gelyke verteenwoordiging van alle bevolkingsgroepe in die arbeidsmag.
11
HEDENDAAGSE SOSIO-EKONOMIESE KWESSIES
Inklusiwiteit Die volgende wette poog om ‘n meer inklusiewe arbeidsmag te skep: Wet op Vaardigheids-ontwikkeling Poog om vaardighede in die Suid-Afrikaanse arbeidsmag te ontwikkel. Dit word hoofsaaklik bereik deur die werksplek te gebruik as ‘n aktiewe leeromgewing. As werkgewers opleiding aan werknemers bied, kwalifiseer hulle vir toelaes van die staat om vir die opleiding te betaal. Alhoewel bepalings en voorwaardes nagekom moet word, is dit tog ‘n goeie inisiatief om werknemers op te lei en te bemagtig. Regstellende Aksie ‘n Beleid waarvolgens voorkeur gegee word aan voorheen benadeelde individue (VBI) wanneer werkgewers nuwe werknemers aanstel. Voorheen benadeelde individue verwys na almal wat tot 1994 onregverdig deur die staat behandel is.
12
HEDENDAAGSE SOSIO-EKONOMIESE KWESSIES
Inklusiwiteit Die volgende wette poog om ‘n meer inklusiewe arbeidsmag te skep: SEB en BBSEB Bevorder die verspreiding van rykdom onder swartmense. Bevorder eienaarskap van ondernemings deur swartmense. Bevorder die aanstelling van voorheen benadeelde individue in bestuursposte.
13
HEDENDAAGSE SOSIO-EKONOMIESE KWESSIES
Inklusiwiteit Inklusiwiteit beïnvloed die onderneming soos volg: Ondernemings moes (en moet nogsteeds) hulle beleide aanpas om te voldoen aan wetgewing wat inklusiwiteit bevorder. Slegs ondernemings wat aan hierdie wetgewing voldoen, kan kwalifiseer vir staatskontrakte. Hierdie kontrakte is gewoonlik baie groot – ondernemings moet soms selfs ekstra werknemers aanstel. Ondernemings wat nie voldoen aan wetgewing wat inklusiwiteit bevorder nie kan beboet word en word nie vir staatskontrakte oorweeg nie.
14
HEDENDAAGSE SOSIO-EKONOMIESE KWESSIES
Werkloosheid en ‘n onproduktiewe arbeidsmag Werkloosheid is die toestaand waar mense wil en kan werk, maar nie werk kry nie. Werkloosheid gaan dikwels gepaard met ‘n tekort aan vaardighede, of die verkeerde vaardighede vir die huidige arbeidsmark. ‘n Onproduktiewe arbeidsmark produseer minder as wat hulle moet. Dit is gewoonlik die gevolg van te min of die verkeerde opleiding, en swak gesondheid. ‘n Onproduktiewe arbeidsmag veroorsaak spanning tussen werkgewers en werknemers, lae winste vir ondernemings, en stress vir werkgewers en werknemers.
15
HEDENDAAGSE SOSIO-EKONOMIESE KWESSIES
Werkloosheid en ‘n onproduktiewe arbeidsmag Werkloosheid: Iemand is werkloos as hy/sy op soek is na werk maar dit nie kry nie. Daar is baie redes waarom iemand werkloos kan wees, bv.: Tekort aan vaardighede en kwalifikasies. Afleggings a.g.v. swak ekonomiese omstandighede Tekort aan werksgeleenthede. Sosio-ekonomiese kwessies soos armoede en werkloosheid skep ‘n bose kringloop. Werklose mense het gewoonlik baie min geld om te spandeer. Ondernemings kan nie groei of ontwikkel as mense nie geld spandeer nie. Werksgeleenthede word dan nie geskep nie.
16
HEDENDAAGSE SOSIO-EKONOMIESE KWESSIES
Werkloosheid en ‘n onproduktiewe arbeidsmag Onproduktiewe arbeidsmag: Iemand is onproduktief as hulle nie ‘n redelike hoeveelheid werk binne ‘n redelike hoeveelheid tyd kan voltooi nie. Ondernemings moet produksieteikens stel en behaal as hulle winsgewend wil wees. ‘n Onproduktiewe arbeidsmag sal nie produksieteikens behaal nie. Addisionele mense moet dan aangestel word om onproduktiewe werknemers se werk teen bykomende koste te doen. ‘n Toename in uitgawes lei tot ‘n afname in wins. Dit beteken dat daar nie genoeg geld vir groei en ontwikkeling is nie – werksgeleenthede word dus nie geskep nie.
17
HEDENDAAGSE SOSIO-EKONOMIESE KWESSIES
Werkloosheid en ‘n onproduktiewe arbeidsmag Werkloosheid en ‘n onproduktiewe arbeidsmag beïnvloed sakebedrywighede soos volg: Beperk groei en ontwikkeling Verhoog arbeidskoste
18
HEDENDAAGSE SOSIO-EKONOMIESE KWESSIES
MIV/Vigs MIV en Vigs is ‘n ongeneeslike siekte wat van ‘n geïnfekteerde mens na ‘n gesonde een oorgedra word deur middel van sekere liggamsvloeistowwe.
19
HEDENDAAGSE SOSIO-EKONOMIESE KWESSIES
MIV/Vigs MIV is die afkorting vir menslike immuniteitsgebreksvirus. Volgens die mediese wetenskap veroorsaak hierdie virus Vigs (Verworwe Immuniteitsgebresindroom). Vigs is ‘n kroniese bloedsiekte wat die immuunstelsel aantas. Mense met Vigs is meer geneig om siektew op te doen as mense wat nie Vigs het nie. Werkgewers mag nie diskrimineer teenoor mense met MIV/Vigs nie. Vigs beïnvloed egter die produktiwiteit in ‘n onderneming. Ondernemings moet dus beleid e en strategieë opstel om MIV/Vigs te hanteer.
20
HEDENDAAGSE SOSIO-EKONOMIESE KWESSIES
MIV/Vigs MIV en Vigs beïnvloed sakebedrywighede soos volg: Hoë afwesigheid – werknemers met Vigs sal oor die algemeen meer siekverlof nodig hê as werknemers sonder Vigs. Afname in die onderneming se arbeidsmag – werknemers wat te siek is om te werk hou gewoonlik heeltemal op met werk. Dit beteken dat die werk dan deur minder werknemers gedoen moet word. Afname in die land se arbeidsmag – omdat die voorkomsyfer so hoog is in Suid-Afrika, verminder die siekte ook die arbeidsmag in die algemeen. Verhoogde werwingskoste – MIV en Vigs veroorsaak dat ondernemings meer gereeld nuwe kandidate moet werf. Nuwe aanstellings kos geld. Dit plaas ‘n addisionele finansiële las op ondernemings.
21
HEDENDAAGSE SOSIO-EKONOMIESE KWESSIES
Dobbelary Dobbelary beteken om op iets te wed waarvan die uitkoms onseker is. Onwettige dobbelary sluit alle werksaamhede in wat nie op ‘n bepaalde plek deur die wet toegeaat word nie. Piramideskema’s is ‘n depositonmenede besigheid wat buitengewoon hoë opbrengste aan mense belowe op geld wat hulle belê, of ‘n buitengewone hoë inkomste uit goedere of dienste wat hulle verkoop. Hierdie belofte van ‘n hoë opbrengs oortuig meer en meer mense om geld in die skema te belê omdat hulle dink dat hulle almal hierdie hoë opbrengste gaan kry. Geldwassery is die proses waartydens booswigte die “vuil” winste van hul midade in wettige besighede belê, sodat die geld “skoon” word. Dit maak dit makliker vir misdadigers om op te tree, omdat dit hul misdade verdoesel.
22
HEDENDAAGSE SOSIO-EKONOMIESE KWESSIES
Dobbelary Dobbelary beteken om op iets te wed waarvan die uitkoms onseker is. Daar is verskillende vorme van dobbel, soos bv. casino’s, die Nasionale Lottery of weddenskappe op perde. Baie mense raak verslaaf aan dobbel. Hierdie mense hou aan om te dobbel omdat hulle grlo dat hulle die volgende keer as hulle dobbel, sal wen. Ongelukkig wen hulle gewoonlik nie. Omdat hulle dan reeds baie geld verloor het, voel hulle dat hulle moet aanhou dobbel om hulle verliese terug te wen. Die Nasionale Verantwoordelike Dobbelaryprogram (National Responsible Gambling Programme) is in 2000 gestig om dobbelaars op te voed oor verantwoordelike dobbelary.
23
HEDENDAAGSE SOSIO-EKONOMIESE KWESSIES
Dobbelary Piramideskemas: ‘n Piramideskema is ‘n soort bedrieglike beleggingskema. Een persoon is bo-aan die piramideskema – hierdie persoon belê geld in die skema. Hierdie persoon werf dan ‘n aantal ander mense vir die tweede vlak van die piramide – elkeen van hierdie mense belê ook geld in die skema. Die mense op die tweede vlak moet elkeen ook ‘n aantal mense werf om geld in die skema te belê. Die persoon bo-aan die piramide kry geld van almal onder hom op die piramide. Die mense op die ander valkke van die piramide kry geld van die mense nog laer as hulle. Die probleem met piramideskemas is dat nuwe beleggers gewoonlik vinnig opdroog. Mense word bedrieg om te glo dat hulle geld gaan maak terwyl dit net ‘n kwessie van tyd is voordat die piramide inmekaarval.
24
HEDENDAAGSE SOSIO-EKONOMIESE KWESSIES
Dobbelary Onwettige dobelary: Die Naisonale Dobbelwet (Nr. 33 van 1996) laat spesifieke dobbelaktiwiteite toe by spesifieke dobbelplekke. Dobbelary waarvoor die wet nie voorsiening maak nie is onwettig. Onwettige dobbelaars betaal nie belasting nie, aangesien hulle nie die bron van hulle inkomste verklaar nie. Onwettige dobbel kan skade en finansiële probleme veroorsaak aangesien die onwettige dobbelbedryf nie dobbelaars oor die gevare van dobbel inlig nie. Geld wat deur onwettige dobbelaktiwiteite verdien word, word soms gebruik om ander onwettige aktiwiteite te finansier.
25
HEDENDAAGSE SOSIO-EKONOMIESE KWESSIES
Dobbelary Geldwassery: Geldwassery is om die bron van onwettige inkomste te versteek. Geld kan op verskillende onwettige maniere verkry word, soos byvoorbeeld diefstal en dwelmhandel. Geld wat onwettig verkry is staan bekend as “vuil geld”. Vuil geld word soms gebruik om wettige ondernemings mee te bedryf. Die geld wat deur die wettige ondernmeing gemaak word, lyk dan “skoon” of “gewas”.
26
HEDENDAAGSE SOSIO-EKONOMIESE KWESSIES
Dobbelary Dobbelary, piramideskemas, onwettige dobbelary en geldwassery het die volgende invloed op sakebedrywighede: Diefstal – ondernemings leu verleise as gevolg van werknemers wat steel om hulle dobbelgewoontes te onderhou of om ander onwettige aktiwiteite te finansier. Rehabilitasiekoste – indien ‘n werkgewer bewus raak van ‘n werknemer met ‘n dobbelprobleem, moet die werknemer die kans gegee word om by ‘n rehabilitasieprogram aan te sluit. Verlies aan produksie – ‘n werknemer moet tyd by die werk afvat om deel te neem aan ‘n rehabilitasieprogram. Kriminele klagtes – direkteure van ondernemings wat betrokke is by onwettige aktiwiteite kan strafregterlik vervolg word.
27
HEDENDAAGSE SOSIO-EKONOMIESE KWESSIES
Ongemagtigde kopiëring (Rowery) Rowery (‘piracy’) in die modern sakewêreld is die onwettige verkoop van die afdruk of nabootsing van iemand se material of produk, sonder toestemming. Rowery of Ongemagtigde kopiëring is basies om idees, wat intellektuele eiendom genoem word, te steel. As jy bv. Microsoft sagteware op ‘n rekenaar laai sonder om Microsoft te betaal vir die weergawe wat jy gebruik, is jy besig om die sagteware te plagieer.
28
HEDENDAAGSE SOSIO-EKONOMIESE KWESSIES
Ongemagtigde kopiëring (Rowery) Ongemagtigde kopiëring vind plaas wanneer kopieë van goedere gemaak owrd wat beskerm word deur kopiereg- og handelsmerkwetgewing, sonder die nodige toestemming. Produkte wat dikwels nagemaak word is rekenaarsagteware, CD’s en DVD’s.
29
HEDENDAAGSE SOSIO-EKONOMIESE KWESSIES
Ongemagtigde kopiëring (Rowery) Die volgende definisies sal jou help om nagemaakte goedere beter te verstaan: Intelkektuele eiendom ‘n Produk, soos byvoorbeeld ‘n kunswerk of ‘n gedig, wat geskep is deur iemand se verstand. Intellektuele eiendom behoort aan die skepper daarvan. Kopiereg Slegs eienaars van intellektuele eiendom het die reg om dit te vervaardig en te kopieer. Patent ‘n Uitvinding. Iemand wat ‘n patent hou het die ekslusiewe reg om die uitvinding te vervaardig en te verkoop. Handelsmerk ‘n Unieke merk wat ‘n sekere onderneming verteenwoordig en wat aan die onderneming behoort. Sluit in woorde, slagspreuke, ontwerpe, tekens en simbole. Geregistreerde handelsmerke mag nie deur enige iemand anders as die onderneming/persoon aan wie dit behoort gebruik word nie.
30
HEDENDAAGSE SOSIO-EKONOMIESE KWESSIES
Ongemagtigde kopiëring (Rowery) Verbruikers skep ‘n vraag na nagemaakte goedere. As niemand nagemaakte goedere koop nie sal misdadigers dit aan niemand kan verkoop nie. Ongemagtigde kopiëring beïnvloed sakebedrywighede soos volg: Finansiële verliewe – ondernemings verloor potensiële inkomste. Ondernemings wat skuldig bevind word aan die verkoop van vervalste goedere kan beboet word en die eienaar kan strafregtelik vervolg word.
31
HEDENDAAGSE SOSIO-EKONOMIESE KWESSIES
Vervalsde goedere, namaaksels en smokkelary Vervalsing is om goedere te maak wat met opset soos ander produkte lyk. Bv., onwettige kopieë van paspoorte, bestuurderslisensies of geldnote is vervalste goedere. Groot boetes word gehef vir die vervaardiging of opsetlike gebruik daarvan. Smokkelary is om goedere onwettig vir verkope te vervaardig. Smokkelary verwys gewoonlik na alkoholiese dranke, of musiekopnames of CD’s en DVD’s.
32
HEDENDAAGSE SOSIO-EKONOMIESE KWESSIES
Vervalsde goedere, namaaksels en smokkelary ‘n Vervalsing of namaaksel is ‘n kopie van ‘n oorpronklike produk. Vervalste goedere dra soms handelsmerke wat lyk soos oorspronlike en bekende handelsmerke. Die gehalte van vervalste goedere is gewoonlik swakker as die gehalte van oorspronklike goedere. Vervalste goedere is gewoonlik baie goedkoper as oorspronlike goedere. Owerhede konfiskeer vervalste goedere. Smokkelary is nou verwant aan die kwessie van vervalsing. Smokkelary vind plaas wanneer goedere onwettig in ‘n land ingebring word. Smokkelary gebeur gewoonlik om belasting te ontduik of omdat die goedere onwettig is, soos bv. vervalsings of dwelms.
33
HEDENDAAGSE SOSIO-EKONOMIESE KWESSIES
Vervalsde goedere, namaaksels en smokkelary Vervalsings/namaaksels en smokkelary beïnvloed sakebedrywighede soos volg: Ondernemings verloor geld wat gebruik kon word vir groei, ontwikkeling en werkskepping. Vervalsings veroorsaak gewoonlik dat die pryse van oorspronklike goedere verhoog. Vervalsings het nie deur kwaliteitstoetse gegaan nie. Onwettige sigarette kan bv. meer skadelik wees as die sigarette wat deur die wet gereguleer word.
34
HEDENDAAGSE SOSIO-EKONOMIESE KWESSIES
Die verband tussen rowery en kopiereg: Wanneer ‘n skrywer ‘n boek publiseer of ‘n musikant ‘n opname maak, is die inhoud van die boek of die opname die intellektuele eiendom van die mens wat dit geskep het, en dit behoort aan daardie persoon (of persone, as dit ‘n groep musikante is). Sulke eiendomsregte word deur streng wette beskerm en oortredings word swaar gestraf. As jy bv. betrap word wanneer jy ‘n CD kopieer, kan jy tronkstaf van vyf jaar, of ‘n boete van R5 000 opgelê word. Die Suid-Afrikaanse Federasie teen Kopieregdiefstal (SAFACT) dwing intellektuele eiendomsregte af. SAFACT se leuse is: Dis krimineel as dit nie oorspronklik is nie.
35
HEDENDAAGSE SOSIO-EKONOMIESE KWESSIES
Die verband tussen rowery en kopiereg: Patentwette beskerm nuwe uitvindings. Met ander woorde, as jy iets uitvind en jy dink jy kan dit vervaardig om te verkoop, kan jy aansoek doen om ‘n patent daarop uit te neem. Jy sal ‘n voorbeeld van jou uitvinding by jou aansoek moet insluit. As ‘n patent toegeken is, maar niemand anders dieselfde item of spesifieke diens vervaardig en verkoop nie. Ondernemings gebruik handelsmerke om hulself en hul produkte te identifiseer. As ‘n mens dus die naam van ‘n handelsmerk gebruik, word die teken ᵀᴹ daarnaas gebruik om te wys dat die naam ‘n handelsmerk is.
36
HEDENDAAGSE SOSIO-EKONOMIESE KWESSIES
Die verband tussen rowery en kopiereg: Kopiereg is die ekslkusiewe regte wat gegee word aan ‘n skepper van oorspronklike werk, insluitend die reg om dit te verander, kopieer of versprei. Kopieregeienaars is die enigste persone wat toestemming kan gee dat hulle werk gekopieer, of deur ander persone gebruik mag word. Kopieregwette is van toepassing op die kopiëring van boeke, musiek of enige opnames, kaarte, dramaproduksies, foto’s, tekeninge, skilderye en ook rekenaarprogramme.
37
HEDENDAAGSE SOSIO-EKONOMIESE KWESSIES
Stakings, arbeidsgeskille en politieke steurnis ‘n Staking is ‘n soort industriële optrede (aksie) deur werkers wat weier om te werk, ten einde ander werksbelanghebbendeds te dwing om toe te stem tot werkers se eise oor ‘n kwessie, gewoonlik met die werkgewer.
38
HEDENDAAGSE SOSIO-EKONOMIESE KWESSIES
Stakings, arbeidsgeskille en politieke steurnis Stakings kom gewoonlik voor wanneer werkers en werkgewers nie ooreenstemming kan bereik oor loonverhogings of ander voordele nie. Stakings is gewoonlik dus die gevolg van ‘n arbeidsgeskil. Stakings vind plaas as werkers weier om te werk. ‘n Arbeidsgeskil is ‘n botsing van belange tussen vakbondlede en hulle werkgewer. Lone, werksure en werksomstandighede is die mees algemene redes vir stakings.
39
HEDENDAAGSE SOSIO-EKONOMIESE KWESSIES
Stakings, arbeidsgeskille en politieke steurnis Daar bestaan verskillende tipes stakings, soos bv.: “Go-slow” Werknemers daag op vir werk maar werk baie stadiger en vervaardig geelwat minder goedere as gewoonlik. Simpatiestaking Lede van ander vakbonde, wat nie in ‘n geskil met hulle werkgewer gewikkel is nie, sluit by die staking aan uit ondersteuning vir die werknemers wat wel in ‘n geskil betrokke is. Sitstaking Werknemers daag op by die werk maar weier om enige werk te doen. “Wildcat staking” Onwettig – vind plaas sonder enige waarskuwing. “Work to rule” Werkers veroorsaak ‘n afname in produksie deur net die minimum te doen. Uitsluiting Werknemers word deur hulle wergewer uitgesluit en toegang tot die werksplek geweier.
40
HEDENDAAGSE SOSIO-EKONOMIESE KWESSIES
Stakings, arbeidsgeskille en politieke steurnis Terwyl werkers staak, word baie minder of slefs geen gedere vervaardig nie. Wanneer werkers terugkeer werk toe, moet hulle soms oortyd werk om verlore produksietyd in the haal. ‘n Politieke steurnis verwys na enige konflik op die politieke front. Beleggers verkeis om in lande te belê wat polities stabile is.
41
HEDENDAAGSE SOSIO-EKONOMIESE KWESSIES
Stakings, arbeidsgeskille en politieke steurnis Stakings, arbeisgeskille en politieke steurnisse beïnvloed sakebedrywighede soos volg: Stakings en politke steurnisse skrik potensiële beleggers af. Stakings veroorsaak ‘n afname in produksie. ‘n Staking kan ernstig kan ernstig genoeg wees dat ‘n onderneming moet toemaak. Stakings lei tot verliese in inkomste.
42
HEDENDAAGSE SOSIO-EKONOMIESE KWESSIES
Geweld Geweld verwys na ‘n aggressiewe handeling en behels die gebruik van mag. Geweld word meestal gebruik wanneer iemand weerstand bied, of om mag te verminder of vermeerder, soos byvoorbeeld die polisie wat geweld gebruik om stakers onder beheer te kry. Daar is verskillende soorte geweld, byvoorbeeld: Politieke geweld Aggressiewe optrede a.g.v. politieke onstabiliteit. Kan lei tot, byvoorbeeld, oorlog en terrorisme. Emosionele geweld Behels aanhoudende kritiek en dreigemente. Veroorsaak emosionele pyn en angs. Fisiese geweld Geweld in die vorm van fisiese mag, bv. ‘n skop of ‘n vuishou. Veroorsaak fisiese pyn. Huishoudelike geweld Verwys na fisiese en/of emosionele gewled in die huishouding.
43
HEDENDAAGSE SOSIO-EKONOMIESE KWESSIES
Geweld Iemand wat aan geweld blootgestel word kan getraumatiseerd wees lank nadat die geweld opgehou het. Trauma beïnvloed werksverrigting. Werkgewers moet dus strategieë bedink om ondersteuning te bied aan getraumatiseerde werknemers. Geweld beïnvloed sakebedrywighede soos volg: Politieke geweld skrik beleggers af. Ondernemings in geweld geteisterde gebiede word soms toegemaak vir die duur van die geweld – dit veroorsaak ‘n verlies aan inkomste en produktiwiteit. Werknemers wat deur geweld geraak word, is soms minder produktief.
44
HEDENDAAGSE SOSIO-EKONOMIESE KWESSIES
Misdaad Misdade verwys na aktiwiteite wat teen die wet is. Misdaad is ‘n groot probleem in Suid-Afrika. Die hoë misdaadsyfer het veroorsaak dat baie, meestal gekwalifiseerde, Suid-Afrikaners emigreer. Geld wat met misdaad verdien word, word soms gebruik om ander, ernstiger misdade te finansier. Ons moet almal deel word van die stryd teen misdaad deur onsself te distansieer van aktiwiteite soos korrupsie en omkopery.
45
HEDENDAAGSE SOSIO-EKONOMIESE KWESSIES
Misdaad Diefstal, inbrake en kapings: Diefstal vind plaas as iets gesteel word. Daar is verskillende soorte diefstal: Winkeldiefstal Vind plaas wanneer goedere uit ‘n winkel gesteel word deur iemand wat voorgee om ‘n klant te wees. Roof Vind plaas wanneer iemand met gewled gedreig word (gewoonlik met ‘n wapen) om sy/haar besittings te oorhandig. Winkels word dikwels deur rowers geteiken – die winkel word van kontant in die kasregister beroof en klante van hulle persoonlike besittings. Inbrake Vind plaas wanneer daar by ‘n gebou ingebreek word. Vind gewoonlik plaas wanneer die onderenming nie oop is vir besigheid nie. Kapings Vind plaas wanneer ‘n voertuig gesteel word, terwyl iemand daarmee ry.
46
HEDENDAAGSE SOSIO-EKONOMIESE KWESSIES
Misdaad Korrupsie: Korrupsie verwys na oneerlike optrede. Gebeur wanneer ‘n persoon sy/haar amp misbruik vir oneerlike, persoonlike voordeel, soos in die volgende byvoorbeelde: Omkopery Geld word aangebied om iemand te beïnvloed. Voorbeeld: Geld word vir ‘n verkeersbeampte aangebied in ruil daarvoor dat hy van ‘n oortreding “vergeet”. “Kickbacks” Geld word uitbetaal aan ‘n persoon wat ‘n transaksie moontlik gemaak het. Voorbeeld: ‘n Kontstruksiemaatskappy betaal geld aan die staatsamptenaar wat ‘n kontrak aan hulle toeken.
47
HEDENDAAGSE SOSIO-EKONOMIESE KWESSIES
Misdaad Misbruik: Misbruik beteke om iets vir verkeerde of slegte doel te gebruik. Misbruik kom voor in verskeie vorms, soos bv.: Misbruik van gesag Soms gebeur dit dat werknemers in gesagsposisies hulle gesag verkeerd aanwend. Gesag moet verantwoordelik gebruik word om die onderneming se doelwitte te bereik. Voorbeeld: Die menslike hulpbronbestuurder misbruik haar amp deur een van haar vriende aan te stel, selfs al is die vriend nie die beste kandidaat nie. Misbruik van geld Onbehoorlike gebruik van geld. Soms het werknemers toegang tot die onderneming se fondse. Hierdie geld moet verantwoordelik gebruik word. Voorbeeld: Jy gebruik jou onderneming se petrolkaart om jou kar vol branstof te maak vir ‘n persoonlike reis.
48
HEDENDAAGSE SOSIO-EKONOMIESE KWESSIES
Misdaad Misbruik: Misbruik kom voor in verskeie vorms, soos bv.: Dwelm- en drankmisbruik Onbehoorlike gebruik van middele soos dwelms of alkohol. Werknmers wat probleme het met dwelm- of drankmisbruik sukkel dikwels om te konsentreer, hulle daag soms laat op vir werk, is gereeld afwesig en hulle kan sukkel om hulle emosies te beheer. Dus is dit in die werkgewer se beste belang om werknemers wat drank- of dwelmprobleme het, te help rehabiliteer. Dit beteken dat werknemers tyd weg van die werk moet kry om behoorlik te herstel. Sodeonede bly werknmers se vaardighede in die onderneming. Misbruik van werkstyd Onbehoorlike gebruik van werkstyd. Werknemers word betaal vir die tyd wat hulle by die werk spandeer. Dit is oneties om werkstyd vir persoonlike doeleindes te gebruik. Voorbeeld: Persoonlike telefoonoproepe tydens werksure.
49
HEDENDAAGSE SOSIO-EKONOMIESE KWESSIES
Misdaad Misdaad beïnvloed sakebedrywighede soos volg: Verlies aan inkomste a.g.v. bedrog en vervanging van gesteelde goedere. Toename in uitgawes, bv. verbeterings aan sekuriteit. Verlies aan gekwalifiseerde werknemers a.g.v. emigrasie. Afname in produktiwiteit wanneer werknemers werksure gebruik vir persoonlike doeleindes.
Verwante presentaties
© 2024 SlidePlayer.nl Inc.
All rights reserved.