De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

Les 6 vir 11 November 2017 ADAM EN JESUS.

Verwante presentaties


Presentatie over: "Les 6 vir 11 November 2017 ADAM EN JESUS."— Transcript van de presentatie:

1 Les 6 vir 11 November 2017 ADAM EN JESUS

2 In Romeine hoofstuk 5 verduidelik Paulus die grootste probleem van die mensdom—sonde—en sy oplossing. Hoe het sonde op die Aarde ontstaan? Watter oplossing het God verskaf? Hoekom het Hy dit gedoen? Regverdigmaking deur geloof. Romeine 5:1-5. God se liefde vir sondaars. Romeine 5:6-11. Sonde kom aarde toe. Romeine 5:12. Die wet en sonde. Romeine 5:13-14, Adam se oortreding en God se geskenk. Romeine 5:15-19.

3 REGVERDIGMAKING DEUR GELOOF
“Omdat ons dan uit die geloof geregverdig is, het ons vrede by God deur onse Here Jesus Christus; deur wie ons ook deur die geloof die toegang verkry het tot hierdie genade waarin ons staan; en ons roem in die hoop op die heerlikheid van God.” (Romeine 5:1-2) Wat beteken "geregverdiging"? Ons is regverdig verklaar. Dit is, sondelose mans en vroue wie in harmonie met die wet van God leef. Hoe is ons geregverdig? Ons is geregverdig deur ons geloof in Jesus, nie omrede enige goeie werk wat ons moontlik gedoen het nie. Wat is die wettige meganisme daarvoor? Jesus het betaal vir die skuld van ons sondes deur aan die kruis te sterf. Ons lewens word deur Sy volmaakte lewe vervang. Ons is regverdig omdat Hy regverdig is.

4 Volgens verse 3-5, hoe kan ons in die hoop bly wees?
REGVERDIGMAKING DEUR GELOOF “Omdat ons dan uit die geloof geregverdig is, het ons vrede by God deur onse Here Jesus Christus; deur wie ons ook deur die geloof die toegang verkry het tot hierdie genade waarin ons staan; en ons roem in die hoop op die heerlikheid van God.” (Romeine 5:1-2) Volgens verse 3-5, hoe kan ons in die hoop bly wees? Verdrukkinge genereer geduld Gelowiges bly getrou temidde van lyding. Hoop is nooit verlore nie. Geduld genereer beproewinge Wanneer ons geduldig deur verdrukkinge gaan, ontwikkel ons 'n goedgekeurde karakter. Beproewinge genereer hoop Die Gees laat die geduld in ons groei sodat ons 'n goedgekeurde karakter kan hê. So word ons bemoedig in die hoop van die verlossing wat Jesus aan ons gee.

5 GOD SE LIEFDE VIR SONDAARS
“maar God bewys sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.” (Romeine 5:8) Hoe wys God ons Sy liefde? Hy het die eerste stap na versoening geneem. Hy het vir ons gesterf toe ons nog sondaars was. Romeine 5:6-8 Hy haat sonde en Hy sal dit vir ewig vernietig. Nietemin bied Hy 'n uitweg, sodat ons nie vir ons sondes vernietig word nie. Romeine 5:9 Jesus het ons met God, in Sy dood en opstanding, versoen. Ons is gered omdat Hy leef. Romeine 5:10-11

6 SONDE KOM NA DIE AARDE “Daarom, soos deur een mens die sonde in die wêreld ingekom het en deur die sonde die dood, en so die dood tot alle mense deurgedring het, omdat almal gesondig het.” (Romeine 5:12) God het die mens geskape, sodat ons vir ewig gelukkig in sy teenwoordigheid kon wees. Dit was genoeg bewys van God se liefde voor sonde die dood na ons gebring het. Adam het die mensdom verteenwoordig. Sy val het die verlossingsplan nodig gemaak. God het die plan alreeds voorberei as die oplossing vir ons moontlike val. Die dood is die gevolg van sonde in die mensdom. Ons kan niks doen om hierdie probleem op te los nie, omdat ons almal gesondig het (Romeine 3:23).

7 DIE WET EN SONDE SONDE HET GEHEERS GENADE HEERS Van Adam na Moses
“Maar die wet het daar bygekom, sodat die misdaad meer sou word; en waar die sonde meer geword het, het die genade nog meer oorvloedig geword; sodat, soos die sonde geheers het in die dood, so ook die genade kan heers deur die geregtigheid tot die ewige lewe deur Jesus Christus, onse Here.” (Romeine 5:20-21) SONDE HET GEHEERS GENADE HEERS Van Adam na Moses Van Moses na die einde van sonde Voor die wet Romeine 5:13-14 Na die wet Romeine 5:20 By Jesus Christus Romeine 5:21 Daar was sonde, so daar was wet—hoewel dit nie ten volle verduidelik is nie. Mense het op 'n beter manier verstaan wat sonde is. Daarom was die sonde oorvloedig. Genade was baie meer. God se wet is ewig. Sonde verbreek Sy wet. God het op Sinai Sy wet volledig verduidelik sodat ons bewus kon wees van ons sondes. Op dié manier sou ons die genade ontvang wat ons van ons veroordeling vry kon maak; dit is, Jesus die Messias.

8 ADAM SE OORTREDING EN GOD SE GESKENK
“Maar dit is met die misdaad nie soos met die genadegawe nie; want as deur die misdaad van die één baie gesterf het, veel meer het die genade van God en die gawe deur die genade van die een mens, Jesus Christus, vir baie oorvloedig geword.” (Romeine 5:15) OORTREDEING DIE GESKENK As mense het ons niks van Adam ontvang nie, behalwe net die doodsvonnis. Christus het egter ingetree en oor die grond beweeg waar Adam geval het en elke toets vir die mensdom verduur. Hy het Adam se skandelike mislukking en val vrygekoop, en dus, as ons plaasvervanger, het Hy ons op ‘n bevooregte posisie met God geplaas. Daarom is Jesus die "Geskenk van God.” Regverdigmaking kan nie gewen word nie. Dit is 'n geskenk! Baie sterf (v. 15) Genade was oorvloedig (v. 15) Die veroordelingsoor=deel (v. 16) Kom in regverdigmaking (v. 16) Dood het geheers (v. 17) Ons sal in die lewe regeer (v. 17) Veroordeling het gekom (v. 18) Regverdigmaking van die lewe het gekom (v. 18) Baie het sondaars geword (v. 19) Baie sal regverdig gemaak word (v. 19)

9 “Eers as ons die groot plan van verlossing bepeins, kan ons die regverdigheid van God se karakter waardeer. Die skeppingswerk was 'n manifestasie van Sy liefde; maar die geskenk van God om die skuldige en verwoeste ras te red, openbaar die oneindige dieptes van goddelike teerheid en deernis. "Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê." Terwyl die wet van God gehandhaaf word en Sy geregtigheid geregverdig word, kan die sondaar vergewe word. Die diebaarste geskenk wat die hemel self moes gee, is uitgestort dat God “self regverdig kan wees en regverdig maak wie uit die geloof in Jesus is.” Deur hierdie gawe word die mens verhef van die ondergang en verval van sonde om kinders van God te word.” E.G.W. (Testimonies for the Church, vol. 5, cp. 89, p. 739)


Download ppt "Les 6 vir 11 November 2017 ADAM EN JESUS."

Verwante presentaties


Ads door Google