De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

Toewyding.

Verwante presentaties


Presentatie over: "Toewyding."— Transcript van de presentatie:

1 Toewyding

2

3 Voorganger 1: ONS VADER WAT IN DIE HEMEL IS..... Voorganger 2: Ons bid kinderlik, nederig, wetende dat ons die Gees ontvang het wat ons tot kinders van God maak en wat ons tot God laat roep: “Abba”, Vader.

4

5 Lied 247 Heer, wees ons genadig. Christus, wees genadig, Heer, wees ons genadig

6 Voorganger 1: LAAT U NAAM GEHEILIG WORD. Voorganger 2: Ons pleit in erkenning dat ons self ook skuldig is aan die ontheiliging van u Heilige Naam deur ons aangebore geneigdheid tot die sonde en kwaad, 'n geneigdheid waaraan ons, ten spyte daarvan dat ons u kinders is, so dikwels toegee.

7

8 Lied 247 Kyrie eleison, Christe eleison, Kyrie eleison

9 Voorganger 1: LAAT U KONINKRYK KOM. Voorganger 2: Ons vra dit, wetende dat ons meermale so vol van ons eie selfsugtige ego’s is dat ons nie daarin slaag om u Koningskap oor die wêreld, in u kerk en in ons lewens te erken en eerbiedig nie.

10

11 Lied 247 Heer, wees ons genadig. Christus, wees genadig,

12 Voorganger 1: LAAT U WIL OOK OP DIE AARDE GESKIED, NET SOOS IN DIE HEMEL. Voorganger 2: Ons is opreg in ons begeerte dat U wil volkome op aarde sal geskied, al is ons self so dikwels hardkoppig en eiesinnig.

13

14 Lied 247 Kyrie eleison, Christe eleison, Kyrie eleison

15 GEE ONS VANDAG ONS DAAGLIKSE BROOD. Voorganger 2:
Ons bid dit terwyl daar vandag in hierdie stukkende wêreld so baie mense rondom ons is wat nie die nodige lewensmiddele het nie - werkloses, mense wat honger is, dakloses, verworpenes, mense wat seergekry het en steeds seerkry, mense in nood..... en ons sien hulle baie keer nie eers raak nie.

16

17 Lied 247 Heer, wees ons genadig. Christus, wees genadig,

18 Voorganger 1: EN VERGEEF ONS ONS OORTREDINGS SOOS ONS OOK DIÉ VERGEWE WAT TEEN ONS OORTREE, Voorganger 2: Ons pleit daarvoor in die erkenning dat ons dikwels sukkel om ander te vergewe en ons vyande lief te hê soos die Here Jesus ons geleer het en soos Hy self die voorbeeld gestel het.

19

20 Lied 247 Kyrie eleison, Christe eleison, Kyrie eleison

21 Voorganger 1: EN LEI ONS NIE IN VERSOEKING NIE, MAAR VERLOS ONS VAN DIE BOSE.... Voorganger 2: Ons vra dit, bewus daarvan dat al is ons in Christus nuwe mense, ons slegs deur u genadige beskerming tot die eer van u Naam oorwinnaars kan wees.

22

23 Lied 247 Heer, wees ons genadig. Christus, wees genadig, Heer, wees ons genadig

24 Lied 313 Amen, Amen

25 Genadeverkondiging: In die Lydenstyd weerklink die blye boodskap oor-en-oor dat God sy liefde aan ons bewys het hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was. Daarom is ons vrygespreek en is daar nou vrede tussen ons en God deur ons Here Jesus Christus (Rom 5: 1 en 8).

26 Skriflesing: Psalm 92: 1 – 7 1 'n Psalm. 'n Lied vir die sabbatdag.
2 Dit is goed om die Here te loof, om u Naam te besing, Allerhoogste, 3 om elke môre van u liefde te getuig, en elke aand van u trou, 4 om dit te doen met snaarinstrumente, met harp en lier. 5 U groot dade, Here, het my baie bly gemaak, ek wil juig oor wat U gedoen het. 6 Groots is alles wat U doen, Here, ondeurgrondelik u gedagtes. 7 Wie dit nie besef nie, is 'n dom mens, wie dit nie insien nie, is sonder verstand.

27 Feeslied 1. Heer, u kerk hier in die Vrystaat wil u goedheid graag gedenk. Ons wil sing van u genade oor die jare ons geskenk. Ons kom jubel voor U, Here – U wat ons met sorg behou – Steeds kan ons op U vertrou!

28 Feeslied 2. Om ’n lig te wees in duister het U hier u kerk geplant; dat ons hier u wonderdade uit sal dra as kerkverband. Hemelvader, ons kom prys U – U ons bron van krag en hoop – Vul u kerk met nuwe hoop!

29 Feeslied 3. Jesus Christus is die hoeksteen van ’n kerk wat vir u leef. Leer ons ook om soos ons Meester altyd liefde na te streef. Jesus Christus, ons Verlosser – ons bely U as ons Heer – Laat u liefde ons regeer!

30 Feeslied 4. Gees van God, getroue Leidsman, inspireer opnuut u kerk. Vuur ons aan dat ons onblusbaar vir U leef en vir U werk. God Drie-enig, ons vereer U – U wat duister laat verdwyn – Wees die lig wat deur ons skyn!


Download ppt "Toewyding."

Verwante presentaties


Ads door Google