De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

NOORD-GAUTENG STOEI HALFJAARBERAAD 2014 TOERNOOI-AANBIEDING 2015.

Verwante presentaties


Presentatie over: "NOORD-GAUTENG STOEI HALFJAARBERAAD 2014 TOERNOOI-AANBIEDING 2015."— Transcript van de presentatie:

1 NOORD-GAUTENG STOEI HALFJAARBERAAD 2014 TOERNOOI-AANBIEDING 2015

2 INHOUD TOERNOOI-AANBIEDING 2015
1. VORDERING en HUIDIGE SITUASIE 2014 3 2. HUIDIGLIKE en NUWE UITDAGINGS 5 3. DOELWITTE tov ALLE TOERNOOIE 7 4. DIE REALITEIT VAN SUKSES 8 5. ALGEMENE AKSIES VIR 2015 9 6. SPESIFIEKE BEGINSELBESLUITE 11 7. RIGLYNE tov TIPE & FORMAATBESLUITE 14 RESOLUSIE VIR 2015 15

3 TOERNOOI-AANBIEDING 2015 VORDERING en HUIDIGE SITUASIE 2014
Reeds deur ons onlangse +15-Stoeierbehoudwerkswinkels, Beampte-navorsing, LTDO-Toernooi-terugvoering, Halfjaar- & Eindjaarberade, kom die behoefte sterk deur dat ons as Noord-Gauteng Stoei die leiding sal moet neem om TOERNOOI-AANBIEDINGE kreatief en “uit die box” te benader en sodoende verbeter tov hedendaagse uitdagings wat ons klubs mee sit. Ons het reeds baie bereik: Toernooi-voorbereiding en prosedures in NGS is van die professioneelste in SA. Bywoningsgetalle van ons toernooie is van die hoogste in SA NGS toernooie is kort en van die beste georganiseerd in SA Toernooi-formaat is die mees veelsydigste in SA NGS se LTPD Toernooi-roetine werk met baie goeie terugvoer van ouers en ander Verenigings in SA Die akkommodering van die behoeftes van +15 het baie verbeter en terugvoer is goed Terugvoer is dat ons baie meer positiewe en tevrede toeskouers en stoeiers het.

4 TOERNOOI-AANBIEDING 2015 VORDERING en HUIDIGE SITUASIE 2014
IS VAN DIE BESTE IN SA GOED GENOEG? IS DIE WAARDE-AANBOD VAN TOERNOOIE IN NGS GOED GENOEG? Johnnie Reitz Big 5? Klub-toernooie? NGS Kampioenskappe? Bulletjies en Beginners? Vrydagaand-toernooie? Liga-toernooie? +15 STOEIER-DEELNAME IS STEEDS SWAK EN NEEM AF?? * AKKOMMODEER ONS TOERNOOIE OOK DIE SOSIALE EN AKTIEWE STOEIERS WAT NIE NOODWENDIG INTERNASIONALE-DEELNAME ASPIRASIES HET NIE?? MEESTERS NEEM NIE AAN TOERNOOIE DEEL NIE

5 TOERNOOI-AANBIEDING 2015 HUIDIGLIKE EN NUWE UITDAGINGS
Die uitdagings is reeds wel bekende feite en ons hoor dit gereeld: Daars net te veel toernooie per jaar- “Training vs Competitions” is heel uit balans asook die Toernooi-verspreiding op die kalender deur die jaar. Die grootste faktor hoekom stoeiers/ouers ophou is die veeleisende 8 ure Saterdag-toernooie en jy stoei net 3-4 keer op die dag, dws 30 min se deelname of kompetisie uit ‘n 8-10 ure dag. Groot meerderheid van die massas het net enkel of 2 inskrywings per toernooi, maar sit daar die heeldag en wag om te stoei met groot finansieële impak. Inskrywings raak al hoe duurder, veral vir die ouer-groepe wat meer style inskryf vir meer stoei. Klubs en Besture sal ‘n kopskuif moet maak rondom die kultuur van toernooie, gebruik as fond- insameling en besin oor wat is die werklike doelwit van kwaliteit-toernooie.

6 TOERNOOI-AANBIEDING 2015 HUIDIGLIKE EN NUWE UITDAGINGS
Ons kry nie meer die harde kompeterende en Top-opponent by NGS se klub-kompetisies nie. Dit raak ‘n onbegonne taak om genoeg Beamptes, Admin, Afrigters en Spanbestuurders naweek na naweek te kry om op te tree, asook die Klub Besture en Komitees wat hierdie toernooie moet reël. Groot heeldag-toernooie raak ook duurder en nie meer lewensvatbaar vir klubs om aan te bied nie, 2012-’14 het reeds 3 toernooie gekanselleer en kleiner klubs kan net nie die risiko neem nie, selfs ander Opes word afgestel. Skole en Ander sportsoorte op Saterdae het net te kompeterend geword, ons sal moet kyk na alternatiewe dae of tye. Daar is geen insentief vir Juniors en Seniors om aan toernooie deel te neem nie, behalwe geforseerde Opes, hulle het ook nie meer die finansies nie. Die sport fokus net op ‘n selektiewe groep +15-stoeiers wat internasionaal wil deelneem. Van wanneer af is stoei so ekslusief dat almal nie geakkommodeer word nie. Wat word van die Sosiale of net Aktiewe Stoeiers??

7 TOERNOOI-AANBIEDING 2015 DOELWITTE MET ALLE TOERNOOIE
ALGEMENE DOELWITTE VIR TOERNOOIE IN NGS: Goeie waarde-proposisie vir alle Kategorie & Betrokkenes: Kleintjies moet “fun” hê. Ouers moet waarde kry en kwaliteit tyd spandeer. +15 moet insentiewe en satisfaksie kry wat kompeterend is met wat ander sporte bied. Junior/Senior stoeiers en ouers moet nie voel hul mors tyd nie Koste vir deelname moet beperk word vir max deelname – veral bo 17. 3 wedstryde of meer vir elke deelnemer Hoë gehalte & Professionele wedstrydhantering en lotingstelsel VEREISTES VIR SUKSES: Doelgerigte Toernooi en Prosedurebeplanning Kreatiewe Toernooi-aanpassings Effektiewe Toernooi-bestuur en Professionele Beeld,

8 TOERNOOI-AANBIEDING 2015 DIE REALITEIT VIR SUKSES
DIE AANBIEDING VAN TOERNOOIE KAN NIE AS ‘N TOEVALLIGE AKTIWITEIT BENADER WORD NIE!! DIE DEELNAME-ERVARING VAN ELKE TOERNOOI IS ‘N KOLLEKTIEWE BELANG VIR ALLE STRUKTURE WAT STOEI BEDRYF EN DIE SPORT WIL ONTWIKKEL, SULKE STRUKTURE MOET MEKAAR AANSPREEKLIK HOU. TOERNOOIE MOET DEUR KREATIEWE INISIATIEWE AANPAS OM TE VOLDOEN AAN DIE VEREISTES VAN DEELNEMERS EN OUERS. ‘N INKREMENTELE VERANDERING IS NODIG OM +15 STOEIERS TE BEHOU EN NA TOERNOOIE TERUG TE BRING.

9 TOERNOOI-AANBIEDING 2015 ALGEMENE AKSIES VIR IMPLEMENTERING
Bepaling en Vestiging van ‘n goeie verskeidenheid van Toernooi-tipes deur die jaar. Identifisering van meer Doelgerigte en Gefokusde Styl- of Ouderdom-toernooie. Verminder en Beperk die aantal toernooie. Klubs kan liewers saamwerk of jaarliks roteer?? Fokus meer op NG Klubs deur meer Kleiner Klub- of Liga-toernooie weer aan te bied, selfs Liga-toernooi met ander Verenigings of Gauteng Wrestling, dit bou ook meer gees en spankultuur. Daar moet baie klem gelê word om “uit die Box” te dink oor Toernooi-prosedures om dit gladder en vinniger te kry, tov Inskrywings, Inweeg, Lotings, Openinge, 2 in 1, Ouderdomgroeperings, Beamptes, ens.

10 TOERNOOI-AANBIEDING 2015 ALGEMENE AKSIES VIR IMPLEMENTERING
Daar moet dringend ‘n definitiewe Kultuur kopskuif gemaak word rondom vinniger of selfs verdeelde toernooie. Meeste ander sporte besef hul moet meer fokus op blits-toernooie. Hou dan ook meer Vrydagaand gefokusde, kort Blitz toernooie as Saterdag heeldag toernooie. Verbeter kwaliteit van toernooi en deelnemers deur meer doelgerigte uitnodigings en bemarking. Versekering en Verbintenis dat gekose Toernooie wel sal plaasvind en volgens voorstelle. Klubs moet saamspan en gesamentlik of jaarliks beurte maak om toernooie aan te bied. “Less is More” Daar ‘n Kriteria opgestel word om klubs se TOERNOOI-AANBIEDING te evalueer en help verbeter.

11 TOERNOOI-AANBIEDING 2015 SPESIFIEKE AKSIES VIR 2015 AANBIEDING
BEGINSEL BESLUIT: Daar is nou reeds 2 Kalenderjare geeksperimenteer met verskillende Toernooi-tipes en Aanbiedings, dit is nou tyd vir nabetragting en hersiening. Die voorstel is dat NGS Klubs hul formaat van aanbieding weer “dinkskrum”, ondersoek en aanpas by ooreengekomde doelwitte op hierdie Halfjaarberaad. Daarna sal NGS Klubs aansoek doen vir voorgestelde Toernooie en Datums vir 2015 deur inligting oor toernooi-formaat, reëlings, asook Bemarkingsplan van wat beoog word voorlê om sodoende UB in staat te stel om ‘n besluit te finaliseer, oor die toekenning van toernooi-tipes. NGS UB sal dan aansoeke oorweeg en volgens 2015 Toernooi-doelwitte en Kriteria toeken.

12 TOERNOOI-AANBIEDING 2015 SPESIFIEKE AKSIES VIR 2015 AANBIEDING
Eerstens is voorstel om vir 2015 Kalender te kyk na net die volgende Tipe Klubtoernooie aan te bied, wat meer doelgerig en gefokusde toernooie is en verkieslik op Vrydae: (NGS Toernooie is uitgesluit) 3 x Algemene Voldagtoernooie Alle oud. & style Sat. Voldag (JRB5 + 2) 1 x Beginnerstoernooi – 9 Jr (Bulletjies) Vrydagaand 1 x LTPD Toernooie – 11 Jr Vry of Sat. ½ dag 1 x Jeug en Kadette O/11 – O/ Vry of Sat. ½ dag 1 x Jnr, Snrs en Meesters Toernooi Bo Vrydagaand 1 x Grieks Romeins Toernooi Bo 15 jr Vrydagaand 1 x Presidente Toernooi Skole-liga Vry of Sat. ½ dag

13 TOERNOOI-AANBIEDING 2015 SPESIFIEKE AKSIES VIR 2015 AANBIEDING
2. Tweedens moet klubs dan besluit op watter Formaat hul Bg. Klubtoernooie gaan aanbied om die Toernooie Vinniger en Effektiewer te bestuur: Vrydagaand-Toernooi :00–21: Niks langer as 3-4 ure. Saterdagoggend Toernooi :00–11: Niks langer as 4-5 ure. Saterdag Voldag toernooi :00–15: Niks langer as 7-8 ure.

14 TOERNOOI-AANBIEDING 2015 RIGLYNE tov TIPE & FORMAAT-BESLUITE
3. Laastens ‘n paar riglyne tov die toekenning van die Tipe en die Formaat van Toernooie: Die twee groot Voldagtoernooie (uitgesluit JR B5) moet op effektiewe datums aangebied word in ag genome watter groot toernooi voor en na hul plaasvind. NGS wil werklik poog om hierdie toernooie op die hoogste vlak te kry, sodat ons genoeg en die top opponente hier na NG toe kan trek. Daar moet ook so ver as moontlik gepoog word om hierdie toernooie buite die sterk skoolsporte se seisoen aan te bied, nie te op mekaar nie, maar verspreid oor Kalender. NGS wil voorstel dat daar nie een NGS toernooie van dieselfde tipe of Formaat agtermekaar aangebied mag word nie, om te voorkom dat die bywoning vaag en mense uitgeput raak nie. Die Tipe TOERNOOI-AANBIEDING moet ook geskied met in ag genome watter NGS of SA Kampioenskappe direk daarna gaan plaasvind om sodoende die regte style en ouderdomme beter voor te berei vir sulke Kampioenskappe. Die doelwit is steeds om meer Vrydagaand kort Toernooie aan te bied om minder las op Beamptes en Amptenare te plaas. Klubs kan selfs eerder 2 X Vrydagaand toernooie aanbied as een Algehele voldag met alle ouderdomme en style. Die kleiner klubs kan ook nou selfs aansoek doen vir ‘n Vrydagaand kleiner toernooi. Klubs kan ook selfs saam ‘n Vrydagaand-toernooi aanbied of jaarliks roteer. Ons vra meer betrokkenheid van al die klubs by Toernooie. Baie Belangrik: Klubs binne NGS is asb verplig om mekaar se toernooie te ondersteun!! Dit is presies die uitkoms wat NGS wil bereik met korter en Doelgerigte Toernooie. Die Vrydagaand en Saterdagoggend-toernooie moet ook dan op ‘n meer sosiale of feesatmosfeer aangebied word, dalk ‘n Braai of sekere Temas of Ligas en baie pryse en lekkers. Laastens moet Klubs uit hul pad gaan om intensiewe en doelgerigte Bemarking te doen om dan wel daardie gefokusde groep topstoeiers vanuit al die provinsies bymekaar te kry vir so Toernooi, selfs met spesiale uitnodigings of prysgeld (veral by ons bo 15 groepe).

15 TOERNOOI-AANBIEDING 2015 Voorstel

16 TOERNOOI-AANBIEDING 2015 RESOLUSIE VIR 2015 TOERNOOI-AANBIEDING
Toernooi-aanbieding moet met inovasie benader word om toernooie meer aantreklik te maak en deelname aan te moedig. Toernooie moet ‘n aangename ondervinding wees vir deelnemers en toeskouers. NGS sal die koördinering van toernooi-datums tussen Gauteng Verenigings voorstel Aansoeke vir kalenderdatums deur Klubs vir toernooie moet voor 15 Oktober ingedien word na die NGS Sekretaris. Die volgende moet met die aansoek ingedien word: Moontlike datums Die beplande toernooi-grootte en kategorieë vir aanbieding Die Formaat en Prosedures van hoe die toernooi gaan plaasvind Konsepbemarking-inisiatiewe om deelname van spesifieke kategorie-stoeiers te motiveer. Spesifieke fokus op +15 kategorie asook Sosiale stoeiers. Bemarking-inisatiewe sal gebruik word as oorweging vir die toekenning van toernooie. NGS UB moet uitnodigings vir toernooie op die NGS kalender goedkeur ooreenkomstig met die aanvanklike aansoek deur die klub en NGS beginsels vir TOERNOOI-AANBIEDING. Toernooie moet enkel massa-inskrywings vooraf laat weet en die geleentheid bied om te skuif waar moontlik.


Download ppt "NOORD-GAUTENG STOEI HALFJAARBERAAD 2014 TOERNOOI-AANBIEDING 2015."

Verwante presentaties


Ads door Google