De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

Graad 12 Besigheidstudies

Verwante presentaties


Presentatie over: "Graad 12 Besigheidstudies"— Transcript van de presentatie:

1 Graad 12 Besigheidstudies
OP DIE WENPAD Graad 12 Besigheidstudies

2 Onderwerp 2: Beleggings-versekering
KWARTAAL 3 Onderwerp 2: Beleggings-versekering

3 BELEGGINGSVERSEKERING
INLEIDING: ‘n Versekeringskontrak is ‘n kontrak tussen ‘n versekeraar en ‘n versekerde. Die versekeraar onderneem om die versekerde te vergoed vir verliese a.g.v. ‘n spesifieke risiko. Die versekerde onderneem om ‘n premie aan die versekeraar te betaal, gewoonlik maandeliks. Die doelwit van versekering is om die versekerde teen risiko te vrywaar, bv. brand, storms, inbraak.

4 BELEGGINGSVERSEKERING
INLEIDING: Daar is twee vereistes vir ‘n geldige versekeringskontrak: Goeie trou Versekerbare belang Mense wat versekering uitneem, moet bewus gemaak word van wat hulle koop. Versekeringspolisse moet noukeurig nagegaan word, sodat die versekerde weet waarteen hy/sy gedek is en wat die voorwaardes is. Mense in die sakewêreld gebruik die Latynse frase “caveat emptor” (koper pasop) Die versekerde het ‘n versekerbare belang in iets of iemand wanneer die versekerde ‘n finansiiële verlies kan ly indien goedere vernietig word, of iemand sterf. Voorbeelde van versekerbare belang sluit in: Skuld skep ‘n versekerbare belang tussen ‘n debiteur en krediteur Getroudes het ‘n versekerbare belang in mekaar se lewens. ‘n Huiseienaar het ‘n versekerbare belang in sy/haar huis.

5 BELEGGINGSVERSEKERING
INLEIDING: In versekering is die bybetaling die bedrag wat ‘n versekerde self moet betaal voor die versekerde die balans van die eis sal betaal. Dit kan of ‘n persentasie van die eisbedrag wees, bv. die versekerde betaal 10 % van die eis voor die versekeraar die ander 90 % betaal, of ‘n vaste bedrag, bv. die versekerde betaal die eerste R2 000 van die eis. Die bybetaling is ontwerp om polishouers daarvan te weerhou om vir elke klein voorval te eis. Dit lei tot verminderde administrasiekoste en derhalwe meer bekostigbare versekeringspremies.

6 BELEGGINGSVERSEKERING
INLEIDING: Belangrike woordomskrywings wat verband hou met versekering: Versekeraar Die onderneming wat die versekering teen versekerbaarde risikos aanbied. Versekerde Die persoon / besigheidsonderneming wat versekering nodig het. Klousule Paragraaf in ‘n verskeringskontrak. Subrogasie Dit beteken “om in die plek te staan van”. Gestel A bestuur nalatig en daar is ‘n ongeluk wat B se motor beskadig. B sal eis vir die skade van sy/haar versekeraar, wat dit op hulle beurt weer sal eis van A. B word nie toegelaat om te eis van beide sy/haar versekering en van A nie, aangesien B se eis teen A deur B se versekeraar oorgeneem is.

7 BELEGGINGSVERSEKERING
INLEIDING: Belangrike woordomskrywings wat verband hou met versekering: Awery Awery verwys na onder- en oorversekering. Onderversekering beteken dat eiendom nie verseker is teen die volle markprys nie. Oorversekering beteken dat eiendom verseker is vir meer as die markwaarde daarvan. In die geval van onderversekering sal die versekerde deel van die risiko moet dra. In die geval van oorversekering kan die versekeraar besluit om die versekerde aanspreeklik te hou vir die verliese wat aangegaan is. Herinbesitstelling Die versekeraar kan die beskadigde of gesteelde goedere vervang in plaas daarvan om ‘n bedrag aan die versekerde uit te betaal.

8 BELEGGINGSVERSEKERING
INLEIDING: Belangrike woordomskrywings wat verband hou met versekering: Bybetaling Korttermynversekeringsmaatskappye verwag van die versekerde om ‘n sekere bedrag te betaal wanneer ‘n eis ingestel word. Die bedrag verskil – die bybetaling wanneer ‘n eis ingestel word om die voorruit van ‘n motor te vervang sal minder wees as wanneer ‘n motor gesteel is. Markwaarde / vervangingswaarde Vaste eiendom is dikwels verseker vir meer as die boekwaarde daarvan omdat vaste eiendom oor die algemeen in waarde toeneem. Vaste eiendom moet verseker word teen die markwaarde of vervangingswaarde. Vervangingswaarde verwys na die prys van die bate op die gegewe tyd. Boekwaarde Boekwaarde = aankoopwaarde minus waardevermindering (depresiasie)

9 BELEGGINGSVERSEKERING
DIE BELANGRIKHEID VAN VERSEKERING VIR BESIGHEDE EN INDIVIDUE: WAAROM BESIGHEDE VERSEKERING BENODIG WAAROM INDIVIDUE VERSEKERING BENODIG Sake-ondernemings benodig die volgende versekering: Versekering wat sakevennote in staat stel om ‘n afgestorwe vennoot se aandeel in die maatskappy te koop. Dekking vir diefstal en brand indien groot hoeveelhede voorraad op die besigheidsperseel gehou word. Produkaanspreeklikheidsversekering teen verliese weens skade of beserings wat deur ‘n tekortkoming van die besigheid se produk of die produk self veroorsaak word. Openbare-aanspreeklikheidsversekering om die besigheid te beskerm teen eise van mense (werknemers en klante) wat op die besigheid se perseel beseer is. Individue benodig versekering om: Hulle in staat te stel om gemaklik af te tree. Hulself te dek teen eise van mense wat in motorongelukke beseer is. Hul skuld te delg in die geval van afsterwe. ‘n Inkomste vir hul afhanklikes te voorsien in die geval van afsterwe. Hulself te beskerm teen verliese weens brand, diefstal, inbraak, motorongelukke en stormskade. Hulself te beskerm teen verliese weens werkloosheid (WVF). Hulself te beskerm teen verliese weens siekte (mediese fonds).

10 BELEGGINGSVERSEKERING
VERSEKERING EN ASSURANSIE: ‘n Groot verskeidenheid verskillende tipes versekering is beskikbaar – elk met verskillende doelwitte. Korttermynversekering verwys gewoonlik na die versekering van goedere (bv. multirisiko polisse, batepolisse, persoonlike eiedomspolisse). Langtermynversekering verwys gewoonlik na die versekering van lewensgebeurtenisse (bv. aftree-annuïteite, pensioenfondse, lewenspolisse, ongeskiktheidspolisse). Versekering kan volgens die volgende kenmerke gekategoriseer word: Of dit versekering of assuransie is. Of dit verpligtend of nie-verpligtend is.

11 BELEGGINGSVERSEKERING
VERSEKERING EN ASSURANSIE: Die verskil tussen versekering en assuransie: Versekering Assuransie Gegrond op die beginsel van skadeloosstelling / vrywaring. Die doel van versekering is om die versekerde te vrywaar teen sekere soorte risiko (bv. ‘n motorongeluk of ‘n brand in ‘n kantoorgebou). Die versekerde onderneem om die versekerde se posisie te herstel na wat dit voor die voorval was. Die versekerde onderneem om ‘n gereelde premie te betaal, gewoonlik maandeliks, in ruil vir vrywaring teen ‘n spesifieke risiko of risiko’s. Gegrond op die beginsel van sekerheid. Die versekerde is verseker van betaling wanneer ‘n spesifieke voorval plaasvind (bv. sterfte of aftrede). Die versekeraar onderneem om ‘n spesifieke voordeel te betaal (in di geval van sterfte, ongeskiktheid of gevreesde siekte) of ‘n totale beleggingsbedrag (in die geval van ‘n aftree-annuïteit) wanneer die versekerde voorval plaasvind. Die versekerde onderneem om ‘n gereelde premie te betaal (gewoonlik maandeliks) in ruil vir die dekking wanneer die versekerde voorval plaasvind

12 BELEGGINGSVERSEKERING
VERSEKERING EN ASSURANSIE: Lewensversekering: Versekering op die lewe van ‘n mens (kan nie vervang word nie). Sluit lewenspolisse, uitkeerpolisse en ongeskiktheidspolisse in. Stel die versekerde in staat om voorsiening te maak vir sy/haar afhanlikes sou hy/sy sterf of permanent ongeskik raak. ‘n Lewensversekeringspolis betaal ‘n enkelbedrag na afsterwe om aan afhanklikes voorsiening te maak en skuld te delg, bv. die uitstaande balans op ‘n motor of huis. Die sekerhedsbeginsel geld.

13 BELEGGINGSVERSEKERING
VERSEKERING EN ASSURANSIE: Lewensversekering: Die Wet op Langtermynversekering (No 52 van 1998) onderskei tussen ses soorte lewensversekeringspolisse: Amortisasiepolis Betaal ‘n bedrag geld op ‘n vaste toekomstige datum, in ruil vir ‘n premie. Gesondheidspolis Bied voordele aan die versekerde in die geval van ‘n voorval m.b.t. die versekerde se gesondheid of geestesgesondheid. Lewenspolis Bied voordele na, en uitsluitlik a.g.v. ‘n lewensgebeurtenis (bv. afsterwe). Bystandspolis ‘n Polis waarvan die voordele nie R oorskry nie. Fondspolis Bied voordele om die verpligtinge van ‘n fonds te finansier, bv. ‘n pensioenfonds. Ongeskiktheidspolis Bied voordele sou die versekerde ongeskik raak (wanneer die funksionaliteit van die liggaam of verstand tot so ‘n mate verswak dat die versekerde ongeskik gelaat word).

14 BELEGGINGSVERSEKERING
VERSEKERING EN ASSURANSIE: Lewensversekering: Versekering op huisverbande is beskikbaar om te verseker dat die afhanklikes nie met ‘n skuldlas agtergelaat word ingeval die versekerde sterf voor die verband terugbetaal is nie. Voordele van lewensversekering is: Lewensversekering betaal uitstaande skuld, bv. ‘n kar of verbandlening, wanneer die polishouer te sterwe kom. Lewensversekering verseker dat die afhanklikes van ‘n polishouer geld sal hê om hulle lewenskoste te dek nadat die polishouer tot sterwe gekom het. Lewensversekering verseker dat die polishouer geld het as die polishouer ongeskik raak of ‘n gevreesde siekte opdoen. Lewensversekeringspolisse kan aangepas word.

15 INVESTMENT INSURANCE VERSEKERING EN ASSURANSIE: Lewensversekering: Die volgende faktore beïnvloed die premie op lewensversekering: Ouderdom van die versekerde wanneer die polis uitgeneem word – hoe hoër die ouderdom, hoe hoër die premie (want hoe korter is die moontlike tydperk). Leefstyl (drink, rook, ens.) Beroep – persone wat ‘n gevaarlike beroep beoefen soos polisie, se premie sal hoër wees. Geslag – mans se lewensduur is gewoonlik korter as die van vrouens en daarom is die premie hoër as vir vrouens. Stokperdjies/tipe sport beoefening – bv.valskermspringers sal ‘n hoër premie betaal. Mediese geskiedenis en huidige mediese status. Maandelikse inkomste – sal jy in staat wees om die maandelikse premie te kan betaal? Versekerde bedrag.

16 BELEGGINGSVERSEKERING
VERSEKERING EN ASSURANSIE: Aftree-annuïteite: ‘n Tipe pensioenplan (beheer deur die Wet op Pensioenfondse, Nr 24 van 1956) wat ten doel het om welvaart vir aftrede te skep. Oorspronklik geskep vir mense wat vir hulleself werk, aangesien die mense nie enige bydraes tot pensioenfondse van werkgewers ontvang nie. Aftree-annuïteite is uiters gewild, omdat bydraes tot aftree-annuïteite tot ‘n sekere bedrag belastingaftrekbaar is. ‘n Persoon kan maandeliks, jaarliks of ‘n enkelbedrag tot ‘n aftree-annuïteit bydra. Toegang tot die geld in ‘n aftree-annuïteit kan slegs verkry word wanneer die versekerde aftree-ouderdom bereik, behalwe as hy/sy ongeskik gelaat word. Die versekerde het dan twee keuses: 1/3 van die waarde van die aftree-annuïteit word in kontant uitbetaal, en 2/3 van die aftree-annuïteit word tot ‘n pensioenfonds bygedra wat ‘n toekomstige maandelikse inkomste kan verskaf, OF die volle waarde van die aftree-annuïteit word tot ‘n pensioenfonds bygedra wat ‘n toekomstige maandelikse inkomste sal verskaf.

17 BELEGGINGSVERSEKERING
VERSEKERING EN ASSURANSIE: Aftree-annuïteite: Mense bo die ouderdom van 69 word nie toegelaat om tot ‘n aftree-annuïteit by te dra nie. ‘n Persoon kan enige tyd tussen die ouderdom van 55 en 69 hulle aftree-annuïteit laat uitbetaal, of die persoon steeds werk aldan nie. Voordele van ‘n aftree-annuïteit sluit in: Fondse in aftree-annuïteite word teen krediteure beskerm. Die inkomste na aftrede word lewenslank gewaarborg. Enkelbedragbydraes kan te enige tyd gemaak word. Aftreefondse word teen gunstige koerse belas. ‘n Verandering van werkgewer het geen uitwerking op ‘n persoon se aftredevoorsiening nie.

18 BELEGGINGSVERSEKERING
VERSEKERING EN ASSURANSIE: Die verskil tussen lewensversekering en aftree-annuïteite: Lewenesversekering Aftree-annuïteit Betaal uit wanneer ‘n polishouer te sterwe kom, ongeskik raak of ‘n gevreesde siekte opdoen. Poog om vir die broodwinner se gesin te sorg as die broodwinner tot sterwe kom. Ten behoewe van die afgestorwene se gesins- en familielede. Persoon begin inkomste verdien met aftrede. Poog om rykdom vir aftrede te skep. Ten behoewe van die aftreeannuïteitshouer.

19 BELEGGINGSVERSEKERING
VERSEKERING EN ASSURANSIE: Aftreehervorming: Aftreehervorming is ‘n plan waardeur die regering poog om die volgende doelstellings te bereik: Om werknemers aan te moedig om te spaar vir aftrede. Om werkgewers aan te moedig om aftreespaarplanne te bied as deel van die werknemers se dienskontrakte. Aftreehervorming is ‘n voortdurende proses met belangrike veranderinge wat in werking tree op 1 Maart 2015.

20 BELEGGINGSVERSEKERING
VERSEKERING EN ASSURANSIE: Aftreehervorming: Kyk na van die veranderinge wat al plaasgevind het en steeds besig is om plaas te vind. Voor hervorming Na hervorming Daar was geen belastingverminderings vir voorsorgfondslede nie. Lede van voorsorgfondse, pensioenfondse en aftreeannuïteitsfondse sal belastingaftrekkings kan eis op hulle bydraes tot hulle fonds. Baie keer eis werknemers hulle aftreevoordele wanneer hulle bedank. Die regering het voorgestel dat ‘n werknemer se aftreevoordele eerder in ‘n bewaringsfonds gesit moet word met bedanking. Voorsorgfondslede het altyd toegang gehad tot die volle waarde van die geld in die voorsorgfonds met aftrede. Die regering het voorgestel dat voorsorgfondslede met aftrede soos aftreeannuïteitshouers een derde van die waarde van die voorsorgfonds in kontant neem en die oorblywende twee derdes in ‘n annuïteit sit.

21 BELEGGINGSVERSEKERING
VERSEKERING VAN GOEDERE: VERPLIGTE EN NIE-VERPLIGTE VERSEKERING: Verpligte versekering: Verpligte versekering is versekering wat deur die wet voorgeskryf word. In Suid-Afrika sluit dit in: Vergoeding vir Beroepsbeserings en –siektes (voorheen “Werknmerskompensasie”). Die Padongelukkefonds. Die Werkloosheidsversekeringsfonds. Verpligte versekering is veral van belang vir besighede, want dit: Beskerm besighede teen eise van werknemers wat gedurende die uitvoering van hulle pligte beseer word. Beskerm besighede teen eise van afhanklikes van werknmers wat gedurende die uitvoering van hulle pligte sterf of ongeskik gelaat word.

22 BELEGGINGSVERSEKERING
VERSEKERING VAN GOEDERE: VERPLIGTE EN NIE-VERPLIGTE VERSEKERING: Verpligte versekering: Vergoeding vir Beroepsbesering en –siektes (VBBS) Die wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en –siektes (No. 130 van 1993) reguleer vergoeding aan werkers wat by die werkplek beseer word. Bied vergoeding vir ongeskiktheid wat tydens werkstyd deur werksbeserings of –siektes veroorsaak word, of vir enige sterfte a.g.v. sodanige beserings of siektes; en vir aangeleenthede wat daarmee verband hou. Alle werkgewers moet by die Vergoedingsfonds registreer. Werkgewers dra jaarliks tot die Vergoedingsfonds by. Die Fonds dek beroepsverwante beserings en –siektes.

23 BELEGGINGSVERSEKERING
VERSEKERING VAN GOEDERE: VERPLIGTE EN NIE-VERPLIGTE VERSEKERING: Verpligte versekering: Vergoeding vir Beroepsbesering en –siektes (VBBS) Werknemers kan van die Fonds eis wanneer ‘n besering of siekte opgedoen word tydens: werk opleiding voltooiing van van vakleerlingskap Werkgewers moet werksvoorvalle en –ongelukke aanmeld – beseerde werknemers moet medies ondersoek word waarna ‘n verslag deur ‘n gesondheidspraktisyn uitgereik word.

24 BELEGGINGSVERSEKERING
VERSEKERING VAN GOEDERE: VERPLIGTE EN NIE-VERPLIGTE VERSEKERING: Verpligte versekering: Vergoeding vir Beroepsbesering en –siektes (VBBS) Daar is vyf soorte vergoeding: Tydelike ongeskiktheid ‘n Persoon is nie in staat om te werk nie a.g.v. ‘n besering of siekte waarvan hy/sy sal herstel. Permanente ongeskiktheid ‘n Persoon doen ‘n besering of siekte op waarvan hy/sy nooit sal herstel nie. Sterfte Afsterwe van broodwinner wat deur ‘n werksbesering of –siekte veroorsaak is. Mediese uitgawes Mediese uitgawes word gedek tot twee jaar na die ongeluk plaasgevind het of diagnose gemaak word. Bykomende vergoeding In sommige gevalle kwalifiseer werknemers vir bykomende gevalle.

25 BELEGGINGSVERSEKERING
VERSEKERING VAN GOEDERE: VERPLIGTE EN NIE-VERPLIGTE VERSEKERING: Verpligte versekering: Vergoeding vir Beroepsbesering en –siektes (VBBS) Die vergoedingsbedrag wat die Vergoedingsfonds uitbetaal, word ingevolge die omvang van die ongeskiktheid vasgestel. Die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en –siektes is op alle werkgewers van toepassing, asook geleentheidswerkers en voltydse werknemers wat, a.g.v. ‘n werksongeluk of werkverwante siekte: beseer word; ongeskik gelaat word of sterf; of siek word.

26 BELEGGINGSVERSEKERING
VERSEKERING VAN GOEDERE: VERPLIGTE EN NIE-VERPLIGTE VERSEKERING: Verpligte versekering: Vergoeding vir Beroepsbesering en –siektes (VBBS) Dit sluit uit: werkers wat vir minder as drie dae heeltemeal of gedeeltelik gestremd is; huishulpe; enigeiemand wat militêre opleiding ontvang. lede van: die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, of die Suid-Afrikaanse Polisiediens enige werker wat skuldig is aan opsetlike wangedrag, tensy hulle ernstig ongeskik gelaat word of sterf; enigiemand wat vir meer as 12 opeenvolgende maande buite die RSA werksaam is; en werkers wat grootliks buite die RSA werk en slegs tydelik in die RSA werksaam is.

27 BELEGGINGSVERSEKERING
VERSEKERING VAN GOEDERE: VERPLIGTE EN NIE-VERPLIGTE VERSEKERING: Verpligte versekering: Die Padongelukkefonds Die Padongelukkefondswet (No 56 van 1996) verseker padgebruikers teen die nalatigheid van ander padgebruikers. Bied dekking vir alle bestuurders van motorvoertuie teen eise deur persone wat in motorongelukke beseer is, of eise van afhanklikes van persone wat in motorongelukke gesterf het. Die dekking word deur ‘n brandstofheffing voorsien. Die POF vrywaar bestuurders slegs teen verliese weens liggaamlike beserings of sterfte, nie teen skade aan eiendom nie. Beide die beseerdes en die nalatige bestuurders word ingevolge die Wet gedek. In die volgende gevalle sal die POF eise aan beseerde partye uitbetaal, maar die reg behou om koste van die bestuurder te verhaal: Indien die kar gesteel is of sonder die eienaar se toestemming bestuur is. Indien die bestuurder onder die invloed van alcohol of enige ander onwettige middel is. Indien die bestuurder nie ‘n geldige rybewys het nie. Indien die bestuurder ‘n ongeluk weens nalatigheid versoorsaak het.

28 BELEGGINGSVERSEKERING
VERSEKERING VAN GOEDERE: VERPLIGTE EN NIE-VERPLIGTE VERSEKERING: Verpligte versekering: Die Padongelukkefonds Die Padongelukkewysingingswet het op 1 Augustus 2008 in werking getree en die volgende wysigings tot die POF gemaak: Voorheen was daar geen beperking op die bedrag wat geëis kon word vir verlies aan inkomste nie. Nou geld ‘n maksimum van R per jaar vir verlies aan inkomste of onderhoud. Eisers kan nie meer skuldige partye in die geval van ‘n ongeluk dagvaar nie. Eise m.b.t. mediese koste word beperk tot die tariewe wat deur openbare gesondheidsorginstansies gehef word. Voorheen is passasiers tot ‘n maksimum eis van R beperk. Die huidige stand is dat eise deur passasiers ten volle betaal word, onderhewig aan die maksimum limiet (R per jaar). Dié wysigings het ten doel om meer regverdigheid vir alle padgebruikers te verseker: Passasiers is voorheen beperk tot ‘n maksimum eis van R25 000, terwyl miljoene aan sommige bestuurders uitbetaal is. Nou is alle padgebruikers beperk tot R per jaar. Neem die volgende in ag: indien jy permanet ongeskik raak in ‘n motorongeluk wanneer jy ‘n salaris van byvoorbeeld R per jaar verdien, word slegs ‘n maksimum van R per jaar aan jou uitbetaal. Dit beteken dat jy self vir jou ongeskiktheidsversekering moet voorsiening maak. Indien jy na ‘n motorongeluk in ‘n private hospitaal behandel wil word, moet jy self die verskil tussen die tariewe van openbare en private instansies betaal.

29 BELEGGINGSVERSEKERING
VERSEKERING VAN GOEDERE: VERPLIGTE EN NIE-VERPLIGTE VERSEKERING: Verpligte versekering: Die Padongelukkefonds Een van die grootste frustrasies wanneer ‘n persoon moet eis van die POF is die wagtyd, aangesien die POF al vir ‘n geruime tyd ‘n agterstand het. Die Padongelukke Voordeleskemawetsontwerp (POVS) is alreeds in 2014 opgetrek en sal binnekoert deur die regering aanvaar word. Die POVS beoog om ‘n voordeleskema te verskaf wat redelik, gelykwaardig, bekostigbaar en volhoubaar is. Die POVS poog verder om die eisproses te versnel, want slagoffers van padongelukke sal nie meer nodig hê om die fout by ‘n ander bestuurder te bewys nie. Dit beteken dat toegang tot mediese sorg nie meer vertraag sal word deur ‘n ondersoek na die oorsaak van die ongeluk nie.

30 BELEGGINGSVERSEKERING
VERSEKERING VAN GOEDERE: VERPLIGTE EN NIE-VERPLIGTE VERSEKERING: Verpligte versekering: Die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) Die Werkloosheidsversekeringsfondswet (No 63 van 2001) reguleer dei Werkloosheidsversekeringsfonds. Die WVF word deur die Departement van Arbeid bestuur. Die WVF verseker werkers teen verlies aan inkomste weens werkloosheid en bied werknemers finansiële bystand wanneer hulle werk soek. Werkgewers moet maandeliks WVF-bydraes van 2 % van die waarde van elke werker se vergoeding betaal – die werkgewer en werknemer betaal elk 1 % aan die WVF. Alle werknemers wat minstens 24 uur per maand werk, is verplig om tot die WVF by te dra.

31 BELEGGINGSVERSEKERING
VERSEKERING VAN GOEDERE: VERPLIGTE EN NIE-VERPLIGTE VERSEKERING: Verpligte versekering: Die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) Dit is die werkgewer se verantwoordelikheid om werknemers by die fonds te registreer en om maandeliks tot die fonds by te dra. ‘n Werklose WVF-bydraer is op werkloosheidsvoordele geregtig vir enige tydperk van werkloosheid van meer as 14 dae indien: ‘n Bydraer se indiensnemingskontrak deur die bydraer se werkgewer beëindig is, of ‘n bydraer se vastetermynkontrak beëindig is. ‘n Bydraer afgedank is. ‘n Bydraer insolvent verklaar is. ‘n Bydraer ingevolge die voorgeskrewe vereistes en bepalings om WVF-voordele aansoek gedoen het. ‘n Bydraer as werksoeker by ‘n arbeidsentrum wat kragtens die Wet op Vaardigheidsontwikkeling (Wet No 97 van 1998) ingestel is, geregistreer is.

32 BELEGGINGSVERSEKERING
VERSEKERING VAN GOEDERE: VERPLIGTE EN NIE-VERPLIGTE VERSEKERING: Verpligte versekering: Die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) Werkers mag eis indien hulle: vir meer as 24 uur per maand vir een werkgewer gewerk het; gereelde bydraes deur hul werkgewer gemaak het; nie bedank het uit vrye wil nie; nie staatsamptenare is nie; nie ‘n maandelikse staatspensioen ontvang nie.

33 BELEGGINGSVERSEKERING
VERSEKERING VAN GOEDERE: VERPLIGTE EN NIE-VERPLIGTE VERSEKERING: Verpligte versekering: Die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) Soorte voordele wat die WVF bied: Werkloosheids-voordele Aansoekers moet binne ses maande na hulle werkloos geword het, aansoek doen. Werkers kan eis vaf die dag wat hulle opgehou werk het tot hulle voordele uitgeput is of tot hulle weer begin werk. Geen belasting word op voordele gehef nie. Die WVF kan betalings staak indien die persoon weier om ‘n werksaanbod te aanvaar, opleiding by te woon of raad in te win. Siektevoordele Siektevoordele kan geëis word indien die persoon vir meer as 14 dae nie kan werk nie en nie ‘n salaris ontvang nie, of slegs ‘n gedeelte van sy/haar salaris ontvang. Siektevoordele kan nie geëis word indien die bydraer weier om mediese behandeling te ondergaan nie.

34 BELEGGINGSVERSEKERING
VERSEKERING VAN GOEDERE: VERPLIGTE EN NIE-VERPLIGTE VERSEKERING: Verpligte versekering: Die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) Soorte voordele wat die WVF bied: Swangerskaps-voordele Swangerskapsvoordele kan vir tot 17 weke (vier maande) geëis word. Vroue wat miskrame gehad het, kan eis vir tot ses weke. Aanneem-voordele Kan geëis word indien: ‘n Kind onder twee jaar aangeneem word; en Die persoon onbetaalde verlof neem of slegs ‘n gedeelte van sy/haar salaris ontvang wanneer na die kind omgesien word. Slegs een ouer kan eis. Voordele vir afhanklikes Kan geëis word in die geval van die afsterwe van die persoon wat die huishouding finansieel onderhou het. Die eggenoot van die afgestorwene kan dié voordeel eis, ongeag of hy/sy werksaam of werkloos is.

35 BELEGGINGSVERSEKERING
VERSEKERING VAN GOEDERE: VERPLIGTE EN NIE-VERPLIGTE VERSEKERING: Verpligte versekering: Die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) Bydraers wat daarvoor kwalifiseer om van die WVF te eis, moet die volgende prosedures volg: Aansoeke vir werkloosheidsvoordele moet op die voorgeskrewe vorm by ‘n werkloosheidskantoor ingedien word. Die aansoek moet binne ses maande van die beëindiging van die indiensnemingskontrak ingedien word. Die eisbeampte sal die aansoek ondersoek. Indien die aansoek aan die voorgeskrewe vereistes voldoen, sal die eisbeampte: Die berekening goedkeur Die voordelebedrag vasstel Die betaling van voordele goedkeur

36 BELEGGINGSVERSEKERING
VERSEKERING VAN GOEDERE: VERPLIGTE EN NIE-VERPLIGTE VERSEKERING: Verpligte versekering: Die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) In die volgende gevalle is die bydraer nie geregtig op voordele van die WVF nie: Indien ‘n bydraer ‘n maandelikse pensioen van die regering ontvang. Indien ‘n bydraer enige voordeel van die Vergoedingsfonds kragtens die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en –siektes (Wet No 130 van 1993) ontvang. Indien ‘n bydraer enige voordele van enige werkloosheidsfonds of –skema wat deur ‘n raad vasgestel is, onvang, soos uiteengesit in die Wet op Arbeidsverhoudinge (Wet No 66 van 1995) Indien ‘n bydraer enige bepaling van die Wet op Werkloosheidsverskering (Wet No 63 van 2001) of enige wet verwant aan werkloosheid nie nakom nie. Indien ‘n bydraer se voordele ingevolge artikel 36(1) van die Wet op Werkloosheidsversekering opgehef is.

37 BELEGGINGSVERSEKERING
VERSEKERING VAN GOEDERE: VERPLIGTE EN NIE-VERPLIGTE VERSEKERING: Nie-verpligte versekering: Nie-verpligte versekering is versekering wat deur die versekerde self gekies word en wat nie deur die wet vereis word nie. In Suid-Afrika sluit dit in: Lewensversekering Aftree-annuïteite Korttermynversekering (soos motor- en huisinhouddekking) Versekering op goedere, of korttermynverserking, word gewoonlik uitgeneem vir ‘n eiendom, bv. ‘n huis, huisinhoud of ‘n voertuig. Die beginsel van skadeloosstelling / vrywaring geld.

38 BELEGGINGSVERSEKERING
VERSEKERING VAN GOEDERE: VERPLIGTE EN NIE-VERPLIGTE VERSEKERING: Nie-verpligte versekering: Versekerbare risiko’s sluit in: Voertuig-ongeluk Voertuigversekeringvrywaar die versekerde teen skade aan ‘n motorvoertuig in die geval van ‘n ongeluk. Brand Brandversekering vrywaar die versekerde teen verliese weens brand. Dit is die versekerde se taak om die versekeraar en polisie van ‘n brand by die sakeperseel in kennis te stel. ‘n “Brandkasklousule” vereis dat die versekerde alle finansiële en voorraadrekords in ‘n vuurvaste kluis bêre sodat die versekerde kan bewys hoeveel voorraad op die perseel was. Die premie wat die versekerde aan die versekeraar betaal, hang af van die waarde van die items wat verseker word, asook die risiko. Die versekeraar bereken die premie op grond van die waarskynlikheid van die verbonde risiko’s. Belangrike faktore wat risiko kan beïnvloed, sluit in: Aard van die produkte of geboue Beskikbaarheid van brandblussers Aard van aangrensende geboue.

39 BELEGGINGSVERSEKERING
VERSEKERING VAN GOEDERE: VERPLIGTE EN NIE-VERPLIGTE VERSEKERING: Nie-verpligte versekering: Versekerbare risiko’s sluit in: Storms Versekering teen stormskade vrywaar die versekerde teen verliese weens storms, wind, reën en hael. Inbraak Versekering teen inbraak vrywaar die versekerde teen verliese weens geforseerde ingang by die sakeperseel wanneer die besigheid gesluit is. Diefstal Versekering teen diefstal vrywaar die versekerde teen verliese weens enige vorm van diefstal, soos winkeldiefstal (shoplifting) en diefstal deur werknemers. Winkeldiefstal is geld of goedere wat gedurende winkelure by ‘n besigheid gesteel word, m.a.w. wanneer iemand iets vat sonder om daarvoor te betaal. Winkeldiefstal is egter ‘n risiko wat nie gewoonlik deur versekeraars gedek word nie. Geld in transito Besigheidseienaars moet hulle besighede verseker teen verliese wat voortspruit uit kontant wat gesteel word wanneer dit vervoer word.

40 BELEGGINGSVERSEKERING
VERSEKERING VAN GOEDERE: VERPLIGTE EN NIE-VERPLIGTE VERSEKERING: Nie versekerbare risiko’s: Die doel van versekering is om die versekerde te vrywaar teen risiko, bv. brand, storms of inbraak. Maar nie alle risiko’s kan verseker word nie. Voorbeelde van nie-versekerbare risiko’s sluit in: Verliese a.g.v. swak ligging Verliese a.g.v. verandering in modes Verliese a.g.v. skommelinge in die wisselkoers Verliese a.g.v. veranderinge in verbruikers se smaak en kooppatrone.

41 BELEGGINGSVERSEKERING
OORVERSEKERING EN ONDERVERSEKERING: Eiendomme en goedere moet teen markwaarde of vervangingswaarde verseker word. Markwaarde of vervangingswaarde verwys na die huidige waarde van eiendomme of goedere. Soms word eiendomme of goedere oor- of onderverseker.

42 BELEGGINGSVERSEKERING
OORVERSEKERING EN ONDERVERSEKERING: Oorversekering Onderversekering Definisie Eiendomme of goedere is vir meer as die vervangingswaarde verseker. In dié geval sal die versekeraar nie meer as die eisbedrag uitbetaal nie, maar sal gewoonlik die bykomende premies wat die versekerde betaal het, terugbetaal. Dit staan as ‘n herinbesitstelling / herstelling bekend. Eiendomme of goedere word vir minder as die vervangingswaarde verseker. Versekeringspremies word op ‘n versekerde bedrag bereken, wat beteken dat ‘n onderversekerde risiko se premies laer is as wat dit moet wees. Wanneer daar ‘n eis is, word die volle bedrag van die verlies nie uitbetaal nie. Formule om die betaalbare eis te bereken: Versekerde waarde x eisbedrag Vervangingswaarde

43 BELEGGINGSVERSEKERING
OORVERSEKERING EN ONDERVERSEKERING: Oorversekering Onderversekering Voorbeeld: Markwaarde (vervangingswaarde) R Versekerde bedrag R R Skade (eis) R Berekening Skade beloop R ‘n Versekeraar sal nie meer uitbetaal as wat die skade beloop nie. Die versekerde ontvang dus R van die versekeraar. Versekerde waarde x eisbedrag Vervangingswaarde = R x R = R Die versekeraar betaal slegs R uit, selfs al was die eisbedrag R


Download ppt "Graad 12 Besigheidstudies"

Verwante presentaties


Ads door Google