De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

Badisa Vrywillige Werk

Verwante presentaties


Presentatie over: "Badisa Vrywillige Werk"— Transcript van de presentatie:

1 Badisa Vrywillige Werk
Ontmoet die Badisa vrywilligers wat verlede jaar toekennings ontvang het vir uitstaande dienste gelewer.

2 Pieter Grove Badisa Koue Bokkeveld
Pieter vervoer ouer persone van Lindeshofplaas na die dienssentrum met sy eie voertuig. Hy vervoer ook persone na rehabilitasiesentrums, asook kinders vir vakansieplasing. Pieter help die mans met handvaardighede, en hy bied ook handwerk aan by die alkoholnasorgprogram. Hy beman die ontvangs wanneer nodig en hy doen die instandhouding by die dienssentrum, kantoor-, dagsorg- en nasorggeboue. Pieter is altyd gewillig om te help. Hy is ‘n inspirasie vir ander mense en hy spaar baie geld vir die program.

3 Helmut & Stefanie Herbert van Herberg Kinderhuis
Helmut en Stefanie is afkomstig van Luxembourg. Hulle werf fondse vir die kinderhuis se onderwysprojek. ‘n Onderwyser word aangestel om die kinderhuiskinders met skolastiese agterstande en risiko gedrag by te staan in die skool. Die projek verhoed dat kinders minderwaardig en uitgesluit voel, geskors word of skool verlaat. Die kinders kry ekstra opvoeding en hul selfvertroue word ontwikkel.

4 Annalise Wiid Badisa se ONE MORE ambassadeur
Annalise is ’n professionele liedjieskrywer, sanger en storieskrywer. Sy is Badisa se ONE MORE ambassadeur. Sy skep die ONE MORE konsep en sy skryf en komponeer die ONE MORE lied vir Badisa. Annalise dien op die Badisa Bemarkings- en fondswerwingskomitee. Sy tree op as kunstenaar by baie Badisa geleenthede. Sy ag die menswaardigheid van alle mense hoog. Daarom kan sy haar vereenselwig met die doelstellings, visie en waardes van Badisa.

5 GOUE HANDE van HERBERG AAN SEE Tehuis, Gansbaai
Dit is vir die groep ‘n hart-saak om ouer persone te dien. Hulle is sedert 1995 betrokke by die tehuis as ‘n georganiseerde groep wat ‘n vrywilligersprogram aanbied Goue hande het R ingesamel oor die afgelope 17 jaar. Die aktiwiteite wat hulle aanbied vir die ouer persone is: Haarversorging, speletjies, nael- en voetversorging, aankope vir inwoners, boekvoorlesing, spesiale geleenthede, hulp net vervoer, uitstappies, oefensessies ens.

6 Ons nooi u uit om aan te sluit as vrywilliger en deel te word van die Badisa-familie. Ons volgende toekennings word gemaak tydens die Badisa Algemene Jaarvergadering op 1 September 2015 by Vredelust Gemeente, Bellville.


Download ppt "Badisa Vrywillige Werk"

Verwante presentaties


Ads door Google