Download de presentatie
De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub
GepubliceerdDerrick Nelson Walton Laatst gewijzigd meer dan 6 jaar geleden
1
Aanbieders: Miné Harmse Nelmarie Eybers
Stywe Nek: Aanbieders: Miné Harmse Nelmarie Eybers
2
Ses tipes kan onderskei word:
Postureel-sekondêr tot gehoor en visuele steurnisse Atlanto-aksiale rotasie fiksasie-a.g.v. ‘n torticollis wat nie opgehef is nie. Spasmodiese torticollis- pasiënte ondervind herhaalde aanvalle van pynlose rotasie of laterale fleksie van die kop. Geleidelike aanvangs op die ouderdom van 40 jaar en die algemeenste kop beweging is rotasie na die linker kant. Mobilisasie speel geen rol in die hantering van hierdie pasiënte nie. Histeriese torticollis-herhaalde bewegings terwyl pasiënte die kop na een kant fikseer. Stywe nek a.g.v. spiere: post traumaties, post virus en torticollis
3
Geskiedenis: ‘n Pynlose kontraktuur van een van die m. sternocleidomastoied spiere gee aanleiding daartoe dat die nek fikseer word in syfleksie na die ge-affekteerde kant en rotasie weg daarvan. Geen behandeling kan daartoe lei dat die pasiënt ‘n permanente posturale deformiteit en gesig assimetrie ontwikkel.
4
Akute servikale sluiting:
Die akute servikale gewrigsluiting sindroom, verskyn mees waarskynlik gedurende adolesensie. Dit is ‘n spesifieke deformiteit, gepaardgaande met ‘n area wat konstant pyn. Die kliniese probleem word gedifferensieër tussen ‘n servikale swik of ‘n diskogene tipe van akute torticollis. Hierdie word duidelik uiteen gesit deur Cyriax: ‘n versnellende ekstensie besering, ‘n unilaterale faset intersluiting en ‘n servikale spondilose. Die uitwysing en herkenning van die akute servikale sluiting mag lei tot ‘n meer effektiewe behandeling deur die fisioterapeut.
5
Die akute servikale sluiting word dikwels met ander twee algemene servikale probleme, naamlik servikale spondilose en servikale “sprain”. Die sleutel tot sukses om volledig en duidelik tussen hierdie kondisies te onderskei lê in die subjektiewe evaluering.
6
Verskeie verskille tussen hierdie drie toestande word geidentifiseer, soos bv. die ouderdom waartydens dit voorkom: akute servikale sluiting kom gewoonlik voor tydens adolesensie (soos reeds genoem), servikale spondilose verskyn gewoonlik in ‘n latere stadium servikale “sprain” kan tydens enige ouderdom voorkom.
7
In ‘n akute servikale sluiting is die aanvangs gewoonlik skielik en geassosieer met ‘n vinnige, ongekontroleerde beweging. Die pyn is so aanhoudend dat dit die pasient snags wakker maak.
8
Primêre oorsaak is van ‘n passiewe, meganiese oorsprong wat voorkom in die intervertebrale kompleks, soms traumaties: ‘n Klap geluid word gehoor Algemeenste tussen C2/3 Sinoviale vasknyping Gelokaliseerd tot mid servikale area Erge, skerp pyn met proksimale verwysing indien pasiënt uit posisie probeer beweeg Merkbare laterale fleksie, geringe fleksie/rotasie weg van die pyn. Tydens PAIVM’s lok enige beweging wat die gewrigspasie verminder, die bekende pyn uit.
9
In akute servikale sluiting is die vermindering in laterale fleksie en rotasiebeweging na die pynlike kant a.g.v. die apofiseale gewrigte wat nie voldoende gly nie. Die gelokaliseerde pyn word vervaardig deur meganiese disformasie van die pynsensitiewe strukture aan die geaffekteerde kant. Spierspasmas is ‘n sekondêre probleem wat ontstaan na aanleiding van die meganiese probleem.
10
Behandeling: Al die toetse en behandelingstegnieke moet gekontroleerd en egalig uitgevoer word, aangesien die pasiënt baie ongemak ervaar. Probeer gewrig so vinnig moontlik ontsluit. Maak gebruik van longitudinaal in posisie van deformiteit, rotasie en laterale fleksie Graad IV- tot IV om kant wat gesluit is te ontsluit. Die gewrig MOET dag 1 ontsluit word. Indien die pasiënt ‘n vorige episode van servikale sluiting aanmeld wat moeilik was om te ontsluit, is die waarskynlikheid groot dat dit weereens moeilik sal wees om te ontsluit. Daar kan ook gebruik gemaak word van transvers “thrust” manipulasies.
11
Na die behandeling moet ‘n normale, pynvrye beweging kan plaasvind, alhoewel die pasiënt mag kla van teerheid of seer 24h na die behandeling. Aktiewe omvang van beweging, passief bykomstige bewegings en passief fisiologiese bewegings kan na die behandeling en 24h later gedoen word. Indien daar nog ‘n mate van pyn en beperking voorkom op die tweede dag moet u die pasiënt in kennis stel om enige skielike bewegings te vermy en in ruglê te slaap op ‘n klein “butterfly” kussing om die servikale lordose te ondersteun. Die behandeling moet ook op pynverligting, verligting van spierspasma en herstel van volle gewrigsmobiliteit berus.
12
Kontra-indikasies in die algemeen waar mobilisasie en manipulasie van die servikale werwels ‘n teen-indikasie is: - Primêre en sekondêr maligniteit -Inflammatoriese toestande -Spinaalkoord kompressie -Onlangse frakture -Vertebrale-arteriële ontoereikenheid -RA -Spondololistese -Akute senuwee-wortel irritasie of kompressie -Onstabiliteit van die werwelkolom -Onlangse “wiplash”
13
Traumatiese aanvangs:
Die atlanto-oksipitale en atlanto-aksiale gewrigte word meestal geaffekteer. Geskiedenis van trauma byvoorbeeld ‘n stamp teen die kop. Pasiënt het unilaterale sub-oksipitale pyn met beweging na pynlike kant. Laterale fleksie en rotasie voel styf.
14
Behandeling: Maitland mobilisasies – indien nie ontsluit op dag 1 Manipulasie Versterking Spierspasma
15
Diskogene geslote nek Geleidelike aanvangs Geen spesifieke beweging
Kan wakker word met gesluite nek Enige vlak tussen C2-C7 Diskus Nek pyn Ergste pyn is oor mediale, skapula area sogenaamde Cloward area’s Diep pyn Merkbare fleksie, laterale fleksie weg van die pyn. Ekstensie, laterale fleksie en rotasie na pynlike kant is styf, maar nie geblokkeer nie
16
Behandeling: Intermitterende konstante servikale traksie (ICCT) Transvers beweging Unilaterale PA Rotasie en laterale fleksie Longitudinaal koudaat Graad I, II en IV
17
Met distale simptome moet die behandeling langer duur, maar met minder krag. Stadige herstel indien die ander strukture bv dura, senuweewortel en z-gewrigte ook simptome toon. Die prentjie is dus meer kompleks. ‘n beperking van ekstensie is dikwels een van die tekens wat oorbly na behandeling. ‘n Sentrale PA gr IV kry dikwels hierdie teken skoon.
18
Artikel: Deur: ROBERT B. SPRAGUE
Die doel van die artikel was: die beskrywing van ‘n metode vir evaluering en behandeling vir pasiënte met akute servikale sluiting. Hierdie toestand kan so vinnig ontstaan en in die artikel het twee pasiënte aangemeld dat hulle slegs ‘n handdoek rondom hul nek gevryf het na ‘n stort.
Verwante presentaties
© 2024 SlidePlayer.nl Inc.
All rights reserved.