De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

Wetenskap met ‘n avontuur by...

Verwante presentaties


Presentatie over: "Wetenskap met ‘n avontuur by..."— Transcript van de presentatie:

1 Wetenskap met ‘n avontuur by...
Wetenskap met ‘n avontuur by...

2 Wat is ons missie? Om hoë kwaliteit, veilige en anderse wetenskap klasse vir jong kinders te bied. Wetenskap met ‘n verskil! Stories, inkleurprente en liedjies maak deel uit van elke les omdat ons wetenskap wil ontwikkel tot iets wat vir elke kind verstaanbaar, bereikbaar en hope PRET is!

3 Wetenskap met n verskil?
Ons lesmateriaal is ontwikkel deur wetenskaplikes met jong kindertjies wat ‘n leemte ervaar het in die beskikbaarheid en aanslag van wetenskap vir kinders. Wetenskaplike beginsels word nou so verweef in die les dat kinders op ‘n prettige manier belangrike konsepte baasraak – terwyl hulle elke oomblik geniet!

4 Hoe geskied ons klasse? Neem sowat 30 min om te voltooi
Vind tydens skool ure of na skool plaas ‘n Maksimum van 11 Witjassies per klas word voorgestel 8 lesse per kwartaal Opgeleide fasiliteerders besoek u skool en bied klasse in ‘n klas of onder ‘n boom of op ‘n lekker stuk gras aan – enige gepaste area Lesse word in Engels of Afrikaans aangebied

5 Wat behels ‘n klas? Eksperiment/e doen ‘n Probleem oplos
Die avonture van Molly en Marius muis lei die lessie in en lig die probleem of voorgestelde eksperiment van die dag uit waarna elkeen: Eksperiment/e doen ‘n Probleem oplos Die Periodieke Kasteel besoek Op maat van ‘n liedjie dans Iets nuuts leer!

6 Wat beteken dit vir ‘n kind om
‘n Witjassie te wees? Horisonne verbreed Selfvertroue kry ‘n hupstoot Kry die geleentheid om met egte wetenskaplike apparaat te eksperimenteer Leer om vrae te vra en om te eksperimenteer om by die antwoord uit te kom Leer dat wetenskap pret, maklik en verstaanbaar is Benader wetenskap met opgewondenheid en positiwiteit!

7 Kurrikulum en Fooie Vra vir ‘n gratis demonstrasie!
Die lesse dek temas vanuit ‘n verskeidenheid wetenskapsdissiplines hier gelys met voorbeelde: Chemie (koolsuurgas en absorpsie) Fisika (gravitasie en druk) Geografie (riviere en erosie) Geologie (geodes en plooiberge) Meteorologie (reën en konveksie) Omgewingswetenskappe (koolstof voetspoor en oliestortings) Sterrekunde (die maan en Mars) Paleontologie (dinosourusse en fossiele) Biologie (longe en energie) Kwartaalfooi R450 Registrasie R180 (kry eie wit laboratorium jas) Spesiale tariewe is van toepassing indien ‘n hele graad of klas ingeskryf word (pryse op aanvraag)

8 Gaan na www.witjassies.co.za vir meer inligting


Download ppt "Wetenskap met ‘n avontuur by..."

Verwante presentaties


Ads door Google