De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

Filippense 2:1-13 PowerPoint agtergrond

Verwante presentaties


Presentatie over: "Filippense 2:1-13 PowerPoint agtergrond"— Transcript van de presentatie:

1 Filippense 2:1-13 PowerPoint agtergrond
... 2maak dan nou my blydskap volkome deur eensgesind te wees: een in liefde, een van hart, een in strewe. (Filippense 2) Titel: Like-minded-people, beskikbaar by Google advanced search is gebruik wat geen beperking tot kopiereg bevat nie. Filippense 2:1-13

2 God nooi ons uit en ons kom tot rus
Toetrede Lied 165 O wat ‘n vreugde in ons harte Votum God het Jesus tot die hoogste eer verhef en Hom die Naam gegee wat bo elke naam is, sodat in die Naam van Jesus elkeen wat in die hemel en op die aarde en onder die aarde is, die knie sou buig, en elke tong sou erken: "Jesus Christus is Here!" tot eer van God die Vader. Seëngroet Lofsang Flam 207 U Het U Heerlikheid, O Heer [nav Fil 2:5-11) of Lied 215 Besing die lof van Jesus saam of Lied 223 Aan Jesus, Koning, al die eer Die wil van God Filippense 2:1-5 Toewyding Lied 543 Here Jesus, ek is klein of Flam 268 Verlosser Vir My Bemoediging Filippense 2:12b-13 Julle moet julle met eerbied en ontsag daarop toelê om as verloste mense te lewe, want dit is God wat julle gewillig en bekwaam maak om sy wil uit te voer. Respons Lied 308 Neem my lewe, laat dit, Heer of Flam 294 Neem My Lewe VONKK 226 Neem, Heer, my hart Geloofsbelydenis F164. Elke Knie Sal Voor Hom Buig (Nav Fil 2:10-11) God nooi ons uit en ons kom tot rus

3 God praat met ons en ons luister
Gebed Skriflesing Filippense 2:1-13 5Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was: 6Hy wat in die gestalte van God was, het sy bestaan op Godgelyke wyse nie beskou as iets waaraan Hy Hom moes vasklem nie, Hande in die lig, gesig na bo (Raised hands and face upturned toward heaven) 7maar Hy het Homself verneder deur die gestalte van 'n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word. Wieg ‘n baba in jou arms (Rock a baby in your arms) En toe Hy as mens verskyn het, 8het Hy Homself verder verneder. Hy was gehoorsaam tot in die dood, ja, die dood aan die kruis. Arms uitgestrek na die kant soos aan ‘n kruis (Arms out to the side as if on cross) 9Daarom het God Hom ook tot die hoogste eer verhef en Hom die Naam gegee wat bo elke naam is, Hande en gesig na bo (Raised hands and face upturned toward heaven) 10sodat in die Naam van Jesus elkeen wat in die hemel en op die aarde en onder die aarde is, die knie sou buig, Kniel, bring hande saam in gebed (Kneel and bring hands together in prayer) 11en elke tong sou erken: "Jesus Christus is Here!" tot eer van God die Vader. Bly op knieë, lig hande en gesig na bo (Stay on knees and raise hands and face to heaven) Familie-oomblik Preek God praat met ons en ons luister

4 Filippense 2:1-13 Fokusteks: Filippense 2:1-13
2 Aangesien julle die troos in Christus ondervind het, die aansporing deur die liefde, die gemeenskap deur die Gees, die innige meegevoel en meelewing—2maak dan nou my blydskap volkome deur eensgesind te wees: een in liefde, een van hart, een in strewe. 3Moet niks uit selfsug of eersug doen nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself. 4Julle moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie, maar ook aan dié van ander. Die voorbeeld van Jesus Christus 5Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was: 6Hy wat in die gestalte van God was, het sy bestaan op Godgelyke wyse nie beskou as iets waaraan Hy Hom moes vasklem nie, 7maar Hy het Homself verneder deur die gestalte van 'n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word. En toe Hy as mens verskyn het, 8het Hy Homself verder verneder. Hy was gehoorsaam tot in die dood, ja, die dood aan die kruis. 9Daarom het God Hom ook tot die hoogste eer verhef en Hom die Naam gegee wat bo elke naam is, 10sodat in die Naam van Jesus elkeen wat in die hemel en op die aarde en onder die aarde is, die knie sou buig, 11en elke tong sou erken: "Jesus Christus is Here!" tot eer van God die Vader. Ligdraers in die wêreld 12My geliefdes, julle was altyd gehoorsaam wanneer ek by julle was. Des te meer moet julle gehoorsaam wees nou dat ek nie daar is nie. Julle moet julle met eerbied en ontsag daarop toelê om as verloste mense te lewe, 13want dit is God wat julle gewillig en bekwaam maak om sy wil uit te voer. Filippense 2:1-13

5 Familie-oomblik Familie-oomblik
Wat van ‘n Kersverhaal? Die skattige “Unexpected Christmas” herinner ons op ‘n humoristiese manier hoe onverwags Christus se selfonteldeiging is. Dit sluit wonderlik aan by die konsepte van vandag se Skrifgedeelte. Nog ‘n manier om selfontlediging te verduidelik, is die storie van “Charlotte’s Web”. Hier is die boek en hier is ‘n gedeelte van die fliek. Carolyn Brown stel voor dat die teksgedeelte met liggaamlike bewegings gelees word. Kyk by die liturgie onder “skriflesing”. Veral kinders sal dit geniet om saam met die skriflesing te beweeg. As jy ‘n danser of twee in die gemeente het, sal hulle ook kan help met die interpretasie. Familie-oomblik

6 ΄n Liefdesbrief Preekriglyn
Paulus se brief aan die Filippense is 'n liefdesbrief. Dit is gerig aan die een gemeente onder almal met wie hy verreweg die beste band gehad het. Hy noem die gelowiges in Filippi adelphoi, die voorkeur manier waarop die broers en susters in die familie van God aangespreek is. Dit is 'n woord wat beide geslagte ingesluit het. Ook ander aanspreekvorms beklemtoon hierdie besondere band, wat God gesmee het. Hulle is ook die heiliges in Christus Jesus (1:1), die kinders van God (2:15), en die geliefdes uit Paulus se perspektief, mense wat na aan sy hart lê (2:12), maar in terme van hulle onderlinge gemeenskap, familie van mekaar (1:12,14; 3:1,13,17; 4:1,8,17). Hierdie verbintenis aan mekaar in die Here is belangriker as enige ander band wat mense aan mekaar bind. ΄n Liefdesbrief

7 Aan mekaar gebind Aan mekaar gebind
Die gemeente is deur God aan Christus vasgebind, 'n band deur die Heilige Gees gesmee. In Christus is die gemeente ook aan mekaar vasgebind. Hulle het as gemeente die goedheid van God beleef, die genade is aan hulle geskenk, en daarom moet hulle Christus navolg. Paulus stel dit op 'n onvergelykbare manier: 1. Aangesien julle die troos in Christus ondervind het, die aansporing deur die liefde, die gemeenskap deur die Gees, die innige meegevoel en meelewing — 2. maak dan nou my blydskap volkome deur eensgesind te wees: een in liefde, een van hart, een in strewe. 3. Moet niks uit selfsug of eersug doen nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself. 4. Julle moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie, maar ook aan dié van ander. 5. Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was .... Die gemeente is geroep om Jesus na te volg? Waarin? Ons moet Jesus navolg, soos Jesus sy Vader nagevolg het. Daarom fokus die brief in die algemeen en in ons teks Filippense 2:1-13 in die besonder op Jesus, sy gesindheid, sy optrede, sy gehoorsaamheid aan sy Vader, sy geloof in sy Vader se finale genadekrag om Hom uit die dood op te wek. Hy en sy optrede is ons lewegewende oriënteringspunt. Maak nie saak hoeveel spanning, stryd en selfs die dood in en rondom ons is nie. 'n Liefde só volmaak en vry, eis dieselfde optrede van jou en my en almal anders wat Hom as Here bely – nou, vandag in ons eie dorp en stad (om Sionsgesang 104:4 aan te haal). Hier is nie sprake dat "ek" alleen Jesus so moet navolg nie, maar "ons", die gemeente, ook deur ons lewenswandel as gemeente. Aan mekaar gebind

8 Eenheid en navolging Eenheid en navolging
Eenheid en navolging is ten nouste aan mekaar gebind. Ons is een in Christus, en ons volg Christus as liefdesgemeenskap na. Paulus roep die gemeente op om "eensgesind te wees: een in liefde, een van hart, en een in strewe" (2:2). Die frase wat met eensgesind vertaal word beteken letterlik "om dieselfde te dink", of like-minded te wees, soos 'n paar Engelse vertalings dit het. "Denke" dui nie net op intellektuele denke nie, maar sluit emosies, houdings en die wil in. Dit beteken dat die like-mindedness nie net intellektueel kan wees nie, d.w.s. om dieselfde te dink nie. Dit is eerder,soos Hawthorne dit pragtig sê: "a unity of spirit and sentiment in which powerful tensions are held together by an overmastering loyalty to each other as brothers and sisters in Christ". Hierdie eengesindheid word met drie frases gekwalifiseer wat die betekenis verder uitspel: deur "dieselfde liefde te hê" (agape – liefde ten spyte van, vgl. 1:9), deur "een van siel te wees" (waarskynlik lê hieragter die Griekse idee dat ware vriende as't ware een siel was wat in twee liggame geleef het), en deur "een van gedagte" (denke in harmonie) te wees. Hulle word dus hier opgeroep om eenheid in Christus te soek, en nie in hulle eie onvolkome begrip of ervaring van die evangelie (intellektueel of emosioneel) nie, en dit veral nie te gebruik as 'n verskoning om mekaar te los of ten minste nie die moeite te doen om mekaar te vind nie. Hiervoor het 'n mens nederigheid nodig, sowel as baie dapperheid, presies dít wat Christus gedemonstreer het, soos Paulus net hierna sal verduidelik! Eenheid en navolging

9 Ondersteun en geïnspireer deur Christus en die Gees
Daarvoor het hulle die ondersteuning en inspirasie van Christus – Sy troos (paraklesis – 'n woord wat ook veral vir die Gees se werk gebruik word) en, die aansporing van Sy liefde – en Sy Gees – die gemeenskap (koinonia) en innige meegevoel en meelewing van Sy Gees. Dit is die dinge wat selfsug en eersug laat plek maak om aan ander se belange te dink. Eensgesindheid sal net 'n droom bly, as elkeen ingestel sal bly op hulle eie belange. Waar moeite gedoen word om eie belange of voordeel te bevorder, eerder as ander s'n, bly eenheid altyd in die slag. Let egter op dat Paulus nie hier sê dat 'n mens jouself en jou eie belange moet ontken of vermy nie, maar juis nederig in diens moet stel van ander se belange. In die volgende verse (2:6-11) het ons waarskynlik met 'n antieke lied oor Christus te doen. Paulus verduidelik hier hoe Jesus se roepingsvervulling die patroon vir ons navolging vorm. Ondersteun en geïnspireer deur Christus en die Gees

10 Ontledig en verhoog Ontledig en verhoog
Die lied in Fil 2:6-11 word in twee dele verdeel: in Christus Jesus se ontlediging (vers 6-8) en verhoging (vers 9-11). In beide gevalle word dit trapsgewys beskryf: Jesus het Hom eerstens ontledig (kenosis) deur nie aan sy Goddelike gestalte vas te klem nie, tweedens dié van 'n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word, en derdens gehoorsaam te word met die dood aan die kruis. Omgekeerd word die verhoging in die eerste plek as die verheffing tot die hoogste eer geskets, tweedens as die verkryging van 'n Naam bo elke naam, en derdens die kosmiese erkenning dat Hy Here is. Ontledig en verhoog

11 Nuwe verstaan van God Nuwe verstaan van God
Vers 6 begin in die oorspronklike Grieks met die woordjie alhoewel. "Alhoewel Hy in die gestalte van God was …" Dit kan egter ook vertaal word met omdat. "Omdat Hy in die gestalte van God was, het Hy sy bestaan op Godgelyke wyse nie beskou as iets waaraan Hy Hom moes vasklem nie, maar het Hy Homself verneder deur die gestalte van 'n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word." Hierdie antieke lied is daarom nie net 'n nuwe perspektief op wie Jesus is nie. Dit is 'n nuwe verstaan van God self. Christus se ontlediging is nie iets wat aan Hom gedoen word nie. Dit is deel van sy identiteit. Sy ontlediging en menswording is daarom nie 'n afstand doen of ontkenning van sy Goddelikheid nie, maar die manier waarop Hy wys dat Hy inderdaad God is! Goddelikheid is om te gee, nie om iets te ontvang nie – "not getting but giving" (Moule). Jesus gebruik dus sy posisie as God tot voordeel van die mensdom en ook die skepping, anders as Adam wat juis sy posisie as beelddraer van God misbruik het en gekies het om op selfsugtige wyse die vrug, "om soos God te wees", te eet. Nuwe verstaan van God

12 Dieselfde gesindheid Dieselfde gesindheid
Daar is 'n interessante ooreenkoms tussen hierdie lied en die beskrywing van die voetewas episode in Joh 13:3-17: 1) Bokleed uitgetrek – van Goddelike gestalte ontledig; 2) voete gewas soos 'n slaaf – slaaf en aan mense gelyk geword; 3) Bokleed aangetrek – tot die hoogste eer verhef; 4) Bevestig dat Hy Here is – almal erken dat Hy Here is. Dit lyk nie asof dit toevallig is nie, veral weens die feit dat Paulus hierdie selfontlediging ook as voorbeeld gebruik om die Filippense aan te moedig om dieselfde gesindheid as Christus Jesus te hê, net soos Jesus ook aan sy dissipels die opdrag gegee het om mekaar se voete te was, deur mekaar lief te hê. Voetewas is dus 'n praktiese metafoor waarmee 'n mens die boodskap van Filippense 2 deel van jou lewe kan maak. Daarom is kenosis die kern-begrip, en die kern-paradigma wat ons moet navolg. Dieselfde gesindheid

13 Ligdraers in die wêreld
Paulus volg sy oproep tot onderskeidende liefde (1:9-10), en eensgesindheid na buite en binne (1:27-2:2) – deur veral aan ander se belange te dink (2:3-4) – op in Fil 2:12-18 deur hulle hier aan te moedig om in alles gehoorsaam te wees aan die kruis-evangelie – soos Christus inderdaad vir hulle die voorbeeld van gehoorsaamheid gestel het (2:6-11). "Julle moet julle met eerbied en ontsag daarop toelê om as verloste mense te lewe" is die NAV se poging om vers 12 se Griekse oorspronklike te vertaal, wat letterlik lui: "met vrees en bewing moet julle jul heil/verlossing/saligheid uitwerk". Paulus bedoel duidelik nie hier dat hulle verantwoordelik is vir hulle ewige saligheid nie. Dit sou op 'n onvanpaste werkheiligheid neerkom wat in stryd met die res van die NT boodskap sou wees. Hy roep hulle eerder op om vrugte te dra wat by hulle verlossing pas. Let ook op dat hierdie oproep van Paulus afhanklik gemaak word van God se werk (vers 13) wat juis vir hulle in staat wil stel om gehoorsaam te kan wees: "want dit is God wat julle gewillig en bekwaam maak om sy wil uit te voer". Hulle gehoorsaamheid is dus nie die aanvulling of voltooiing van God se werk in hulle lewens nie, maar die resultaat van wat Hy in hulle begin het (vgl. veral Fil. 1:6!) – "creating both the desire and the drive" (Hawthorne). Die fokus is dus op God se werk in hulle, en om dit prakties deel van hulle lewens te maak. Ligdraers in die wêreld

14 Roeping Ons word in hierdie teks oorweldig met alles wat God vir ons gedoen het. Die evangelie bestaan uit die selfprysgawe van God in Christus, ter wille van ons. Hierdie daad van God vorm ons identiteit: ons is mense wat deur die hoë God gedien is en word. Dit spel ook ons roeping uit. Daarom volg ons god na in Jesus Christus. Ons is ligdraers wat die goeie doen wat God vir ons voorberei het. Roeping

15 God stuur ons om te leef God stuur ons om te leef Gebed Dankoffer
Slotsang Lied 271 Heil’ge Jesus, wat my lewe of Lied 541 Ons bring aan U, Heer Jesus Seën Respons Lied 541 refrein God stuur ons om te leef

16 Volgende erediens: Filippense 3:4b-14
Liturgie en familie-oomblik: Rethie van Niekerk Powerpoint: Wicus Wait Preekriglyn: Danie Mouton en Chris van Wyk Prosesbestuur en ekstra stof: Chris van Wyk Volgende erediens: Filippense 3:4b-14

17


Download ppt "Filippense 2:1-13 PowerPoint agtergrond"

Verwante presentaties


Ads door Google