De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

Gedagtes rondom die nagmaal

Verwante presentaties


Presentatie over: "Gedagtes rondom die nagmaal"— Transcript van de presentatie:

1 Gedagtes rondom die nagmaal

2 GEDAGTES RONDOM DIE NAGMAAL
Rom.14:2-6,10,13,19 Rom 14:2 Die een glo dat ‘n mens alles mag eet, maar hy wat swak is, eet groente. Rom 14:3 Hy wat eet, moet hom wat nie eet, nie verag nie; en hy wat nie eet, moet hom wat eet, nie oordeel nie, want God het hom aangeneem. Rom 14:4 Wie is jy wat die huiskneg van ‘n ander oordeel? Hy staan of val met betrekking tot sy eie heer; maar hy sal staande bly, want God is magtig om hom staande te hou. Rom 14:5 Die een ag die een dag bo die ander, die ander ag al die dae gelyk. Laat elkeen in sy eie gemoed ten volle oortuig wees. Rom 14:6 Hy wat die dag waarneem, neem dit waar tot eer van die Here; en hy wat die dag nie waarneem nie, neem dit nie waar nie tot eer van die Here; en wie eet, eet tot eer van die Here, want hy dank God; en wie nie eet nie, eet nie tot eer van die Here, en hy dank God. Rom 14:10 Maar jy, waarom oordeel jy jou broeder? Of jy ook, waarom verag jy jou broeder? Want ons sal almal voor die regterstoel van Christus gestel word. Rom 14:13 Laat ons dan mekaar nie meer oordeel nie, maar besluit dít liewer, om nie die broeder ‘n hindernis of struikelblok in die weg te lê nie. Rom 14:19 Laat ons dan najaag wat tot vrede en onderlinge stigting dien.

3 GEDAGTES RONDOM DIE NAGMAAL
Gal.4:9-11, 5:13-16 Gal 4:9 maar nou dat julle God ken, of liewer deur God geken is, hoe keer julle weer terug tot die swakke en armoedige eerste beginsels wat julle weer van voor af aan wil dien? Gal 4:10 Julle neem dae en en maande en tye en jare waar. Gal 4:11 Ek vrees vir julle dat ek miskien tevergeefs aan julle gearbei het. Gal 5:13 Want julle is tot vryheid geroep, broeders; gebruik net nie julle vryheid as ‘n aanleiding vir die vlees nie, maar dien mekaar deur die liefde. Gal 5:14 Want die hele wet word vervul in een woord, naamlik: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Gal 5:15 Maar as julle mekaar byt en opeet, pas op dat julle nie die een deur die ander verteer word nie. Gal 5:16 Maar ek sê: Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie;

4 GEDAGTES RONDOM DIE NAGMAAL
Kol.2:16-17, 20-23 Col 2:16 Laat niemand julle dan oordeel in spys of in drank of met betrekking tot ‘n fees of nuwemaan of sabbat nie, Col 2:17 wat ‘n skaduwee is van die toekomstige dinge; maar die liggaam behoort aan Christus. Col 2:20 As julle dan saam met Christus die eerste beginsels van die wêreld afgesterf het, waarom is julle, asof julle nog in die wêreld lewe, onderworpe aan insettinge Col 2:21 soos: raak nie, smaak nie, roer nie aan nie? — Col 2:22 almal dinge wat deur die gebruik bestem is om te vergaan—volgens die gebooie en leringe van mense, Col 2:23 wat, alhoewel dit ‘n skyn van wysheid het, in eiesinnige godsdiens en nederigheid en in gestrengheid teen die liggaam, geen waarde het nie, maar strek tot versadiging van die vlees.

5 GEDAGTES RONDOM DIE NAGMAAL
Num.9:1-5 Num 9:1 En die HERE het met Moses gespreek in die woestyn Sinai—in die tweede jaar nadat hulle uit Egipteland uitgetrek het, in die eerste maand—en gesê Num 9:2 dat die kinders van Israel die pasga op die bepaalde tyd moet hou. Num 9:3 Op die veertiende dag in hierdie maand, teen die aand, moet julle dit op die bepaalde tyd hou; volgens al sy insettinge en al sy verordeninge moet julle dit hou. Num 9:4 Toe het Moses met die kinders van Israel gespreek dat hulle die pasga moet hou. Num 9:5 En hulle het die pasga gehou op die veertiende dag van die eerste maand, teen die aand, in die woestyn Sinai; net soos die HERE Moses beveel het, so het die kinders van Israel gedoen.

6 GEDAGTES RONDOM DIE NAGMAAL
Joh.6:48-58 Joh 6:48 Ek is die brood van die lewe. Joh 6:49 Julle vaders het die manna in die woestyn geëet en het gesterwe. Joh 6:50 Dít is die brood wat uit die hemel neerdaal, sodat iemand daarvan kan eet en nie sterwe nie. Joh 6:51 Ek is die lewende brood wat uit die hemel neergedaal het. As iemand van hierdie brood eet, sal hy lewe tot in ewigheid. En die brood wat Ek sal gee, is my vlees wat Ek vir die lewe van die wêreld sal gee. Joh 6:52 Die Jode het toe met mekaar gestry en gesê: Hoe kan Hy ons sy vlees gee om te eet? Joh 6:53 En Jesus sê vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as julle nie die vlees van die Seun van die mens eet en sy bloed drink nie, het julle geen lewe in julleself nie. Joh 6:54 Hy wat my vlees eet en my bloed drink, het die ewige lewe, en Ek sal hom opwek in die laaste dag. Joh 6:55 Want my vlees is waarlik spys, en my bloed is waarlik drank. Joh 6:56 Wie my vlees eet en my bloed drink, bly in My en Ek in hom. Joh 6:57 Soos die lewende Vader My gestuur het, en Ek deur die Vader lewe, so sal hy wat My eet, ook deur My lewe. Joh 6:58 Dít is die brood wat uit die hemel neergedaal het—nie soos julle vaders die manna geëet en gesterwe het nie; wie hierdie brood eet, sal tot in ewigheid lewe.

7 GEDAGTES RONDOM DIE NAGMAAL
1Kor.23-26 1Co 11:23 Want ek het van die Here ontvang wat ek ook aan julle oorgelewer het, dat die Here Jesus in die nag waarin Hy verraai is, brood geneem het; 1Co 11:24 en nadat Hy gedank het, het Hy dit gebreek en gesê: Neem, eet; dit is my liggaam wat vir julle gebreek word; doen dit tot my gedagtenis. 1Co 11:25 Net so ook die beker ná die ete, met die woorde: Hierdie beker is die nuwe testament in my bloed; doen dit, so dikwels as julle daaruit drink, tot my gedagtenis. 1Co 11:26 Want so dikwels as julle hierdie brood eet en hierdie beker drink, verkondig julle die dood van die Here totdat Hy kom.

8 Gedagtes rondom die nagmaal
AMEN! Gedagtes rondom die nagmaal


Download ppt "Gedagtes rondom die nagmaal"

Verwante presentaties


Ads door Google