De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

“Doopkategese” Welkom almal!.

Verwante presentaties


Presentatie over: "“Doopkategese” Welkom almal!."— Transcript van de presentatie:

1 “Doopkategese” Welkom almal!

2 Tema 1- Kinderdoop vs. volwassedoop.
Verkeerde terminologie. Doop van kinders van gelowige ouers vs. wederdoop. Argumente wat gebruik word deur die meeste Pinkstergroepe vir hulle doopbeskouing: Jesus is as volwassene gedoop. Ons lees nie in die Bybel van kinders wat gedoop word nie. Hand. 2:38: “Toe antwoord Petrus hulle: "Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus, en God sal julle sondes vergewe en julle sal die Heilige Gees as gawe ontvang.”

3 Doop van kinders van gelowige ouers vs. wederdoop
Jesus is as volwassene gedoop. Weerlegging: Is daar enige band tussen ons doop en Jesus se doop? 2. Ons lees nie in die Bybel van kinders wat gedoop word nie. Adrio König se storie oor traktaatjies in die vensters. Nuwe Testament in ’n sendingkonteks. Huisgesindope.

4 Doop van kinders van gelowige ouers vs. weerdoop
Hand. 2:38: “Toe antwoord Petrus hulle: "Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus, en God sal julle sondes vergewe en julle sal die Heilige Gees as gawe ontvang.” Weerlegging: Lees net die volgende vers: Hand. 2:39: “Wat God belowe het, is vir julle en vir julle kinders en vir almal wat daar ver is, vir almal wat die Here ons God na Hom toe sal roep."

5 Doop van kinders van gelowige ouers vs. weerdoop
Die hartseer waarheid is dat daar geen werklike goed gefundeerde argumente vir “grootdoop” uit pinkster geledere kom nie. Die Pinkster doop is meer verwant aan die doop van Johannes die doper as die Christelike doop. Die apostels erken nie die doop van Johannes as gelykwaardig nie. (Hand. 19). “Inseëning” word nêrens voorgeskryf nie.

6 Doop van kinders van gelowige ouers vs. weerdoop
Waarom doop ons kinders? HK son. 27 v+a 74 Kinders is deel van die Verbond Die verbondsbeloftes kom hulle toe. Die verbondsteken maak hulle anders as die kinders van ongelowiges. Doop in die plek van die besnydenis. Beeld van die boer wat sy skape merk.

7 Doop van kinders van gelowige ouers vs. weerdoop
Argument van Gereformeerde baptiste: Doop teken van die nuwe verbond eerder as die Ou verbond. Beter argument met goeie teologiese gronde. Ou verbond teenoor nuwe verbond: Ou Verbond Nuwe Verbond Wet Genade Bloedband Geloofsband Besnydenis teken Doop teken

8 Doop van kinders van gelowige ouers vs. weerdoop
Wat is die ou verbond: Jer. 31:31-33: “Daar kom ‘n tyd, sê die Here, dat Ek met Israel en Juda ‘n nuwe verbond sal sluit. Dit sal nie wees soos die verbond wat Ek met hulle voorvaders gesluit het toe Ek hulle aan die hand gevat en uit Egipte laat trek het nie. Hulle het daardie verbond wat Ek met hulle gesluit het, verbreek al was Ek getrou aan hulle, sê die Here. Dit is die verbond wat Ek in die toekoms met Israel sal sluit, sê die Here: Ek sal my woord op hulle harte skryf en dit in hulle gedagte vaslê. Ek sal hulle God wees en hulle sal my volk wees.”

9 Doop van kinders van gelowige ouers vs. weerdoop
Ou Verbond - die “Sinaïtiese verbond” met Israel na die uittog uit Egipte, nie die met Abrham nie. Die besnydenis as verbondsteken is al ingestel tydens die verbond met Abraham. Gal. 3 Gal 3:6: “So was dit ook met Abraham: "Hy het in God geglo, en God het hom vrygespreek." Gal 3:7: “Julle sien dus dat dié wat glo, kinders van Abraham is.” Gal 3:17 Hiermee wil ek dít sê: God het ‘n verbond met Abraham gesluit en dit tóé al geldig gemaak. Die wet, wat eers vier honderd en dertig jaar later gekom het, kan nie hierdie verbond ongeldig maak, sodat God se belofte aan Abraham nie meer sou geld nie. Gal 3:26 Deur hierdie geloof in Christus Jesus is julle nou almal kinders van God, Gal 3:27 want julle almal wat deur die doop met Christus verenig is, het nou deel van Christus geword. Gal 3:29 En as julle aan Christus behoort, is julle ook nakomelinge van Abraham en erfgename kragtens die belofte van God.

10 Doop van kinders van gelowige ouers vs. weerdoop
Die bewyslas word te dikwels op die verkeerde plek geplaas. Waarom moet ons bewys dat die kinders van gelowige ouers gedoop moet word? Waar is die bewyse dat God sy hele manier van werk met sy volk so radikaal sou verander?

11 Tema 2 - Verbondsopvoeding
Doopvrae: Hoewel ons kinders in sonde ontvang en gebore en daarom aan allerhande ellende, ja, aan die verdoemenis self onderworpe is, bely u nogtans dat hulle in Christus geheilig is en daarom as lidmate van sy gemeente behoort gedoop te wees? Bely u dat die leer van die Ou en Nuwe Testament , wat in die Artikels van die Christelike geloof saamgevat is en in die Christelike kerk hier geleer word, die ware en volkome leer van die saligheid is? Belowe u en neem u u voor om hierdie kind van wie u die vader en/of moeder is, wanneer hy/sy dit kan verstaan, in die genoemde leer na u vermoë te onderrig en te laat onderrig.

12 Verbondsopvoeding Kerklike lewe Gesinslewe Lewe in die wêreld
Geestelike lewe Gesinslewe Lewe in die wêreld Kerklike lewe Leer jou kind van God deur sy Woord Leer jou kind bid Leer jou kind deur sang Pasop vir “Liewe Jesus” Leer jou kind die betekenis van sy/haar doop Leer jou kind deur jou lewensvoorbeeld

13 Verbondsopvoeding Kerklike lewe Gesinslewe Lewe in die wêreld
Geestelike lewe Gesinslewe Lewe in die wêreld Kerklike lewe Ouers is ’n span en kinders is die vyand! Moenie gehoorsame ouers word nie! Moenie in debatte oor tugtiging betrokke raak nie. Hou vas aan die saak eerder oor die metode. Leer jou kind van regte lewensmaat en goeie kinderopvoeding. Leer jou kind die betekenis van sy/haar doop. Leer jou kind deur jou lewensvoorbeeld.

14 Verbondsopvoeding Kerklike lewe Gesinslewe Lewe in die wêreld
Geestelike lewe Gesinslewe Lewe in die wêreld Kerklike lewe Leer jou kind deur erediensbywoning Leer jou kind deur katkisasievoorbereiding Leer jou kind deur algemene betrokkenheid Moenie die rol van die geloofsgemeenskap onderskat nie Leer jou kind die betekenis van sy/haar doop Leer jou kind deur jou lewensvoorbeeld

15 Verbondsopvoeding Kerklike lewe Gesinslewe Lewe in die wêreld
Geestelike lewe Gesinslewe Lewe in die wêreld Kerklike lewe Leer jou kind van liefde en respek vir almal Leer jou kind van ’n positiewe gesindheid Leer jou kind van sy roeping in die wêreld Leer jou kind van evangelisasie Leer jou kind die betekenis van sy/haar doop Leer jou kind deur jou lewensvoorbeeld

16 Dankie almal!


Download ppt "“Doopkategese” Welkom almal!."

Verwante presentaties


Ads door Google