De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

Erediens   Tema Die Heilige Gees binne ons maak ons gereed vir Jesus se wederkoms. PowerPoint-agtergrond Beeld van lig.

Verwante presentaties


Presentatie over: "Erediens   Tema Die Heilige Gees binne ons maak ons gereed vir Jesus se wederkoms. PowerPoint-agtergrond Beeld van lig."— Transcript van de presentatie:

1 Erediens Tema Die Heilige Gees binne ons maak ons gereed vir Jesus se wederkoms. PowerPoint-agtergrond Beeld van lig.

2 God nooi ons uit en ons kom tot rus

3 Liturg: Ek sien na U op, U wat uit die hemel heers.
Mans: Soos die oë van ’n slaaf gerig is op die hand van sy eienaar, Dames: soos die oë van ’n slavin gerig is op die hand van haar eienares Almal: so is ons oë gerig op die Here ons God, totdat Hy Hom oor ons ontferm. Liturg: Ontferm U oor ons, Here, ontferm U oor ons. Rus Voorganger: Ek sien na U op, U wat uit die hemel heers. Mans: Soos die oë van ’n slaaf gerig is op die hand van sy eienaar, Dames: soos die oë van ’n slavin gerig is op die hand van haar eienares Almal: so is ons oë gerig op die Here ons God, totdat Hy Hom oor ons ontferm. Voorganger: Ontferm U oor ons, Here, ontferm U oor ons. Lied by aanvang: Lied 478

4 God praat met ons en ons luister

5 Familie-oomblik Familie-oomblik
Wanneer mens na 'n groot gebeurtenis toe gaan, soos 'n troue of 'n rugbywedstryd, trek mens die regte klere aan. Hierdie groep kinders het elkeen vir 'n spesifieke gebeurtenis gereed gemaak. Kan jy raai vir watter gebeurtenis dit is?

6 [Prentjie van kind in swembroek]
[Prentjie van kind in swembroek]. Kinders kan enige van die antwoorde gee: swemkompetisie, swemles, vakansie, ens.

7 [Prentjie van kind in kerkklere] Troue, kerk, Sondagskool, ens.

8 [Prentjie van kinders in skoolklere] Skool.

9 [Prentjie van kinders met sportklere aan] Sportwedstryd, oefening, ens.

10 [Prentjie van iemand met 'n lig op hom/haar] In Romeine 13:14 sê die Here dat ons vir Jesus moet aantrek. Dit is nogal vreemd om Jesus as jou klere te hê. Maar omdat God vir ons die Heilige Gees gestuur het, kan ons Hom elke dag “aantrek”. Wanneer ons ons hart vir Jesus gee, trek ons die Heilige Gees aan. Mens trek die Heilige Gees aan deur vir Hom te sê dat jy in Hom glo en deur na sy stem in jou hart te luister. Doen dit sommer elke oggend terwyl jy jou klere aantrek. Iemand wat gereeld die Heilige Gees “aantrek” begin anders te lyk. So iemand begin om liefde vir alle mense te wys. Iemand wat die Heilige Gees “aantrek” raak nie sommer ongeduldig nie en het ook vreugde in sy of haar hart. As jy jou met die Heilige Gees “aantrek” is daar vrede in jou hart. Jy wil ook goed doen aan ander mense. So 'n persoon kan “nee” sê wanneer hy of sy verkeerd wil doen, want die Heilige Gees help jou om beheersd op te tree. Mense wat hulle met die Heilige Gees “aantrek” is nederig en getrou. Baie mense is maar skrikkerig vir die dag wat Jesus weer gaan terugkom aarde toe. Ander is onseker of Hy weer gaan kom. As ons elke dag die Heilige Gees “aantrek”, hoef ons nie bang te wees vir wanneer Jesus weer kom nie, want as ons die Heilige Gees “aantrek” is ons gereed vir Jesus se terugkoms. Dit is soos om kerkklere aan te hê – gereed om na 'n troue toe te gaan. Die Heilige Gees help ons om geduldig te wag en gereed te wees vir daardie dag wanneer ons saam met Jesus gaan troue hou en almal in die kerk met Hom gaan trou. Dit gaan een groot fees wees!

11 1 Tessalonisense 5: 1-11 Preekriglyn Lees 1 Tessalonisense 5:1-11:
1 Oor die tyd en omstandigheid wanneer hierdie dinge sal gebeur, is dit nie nodig om aan julle te skrywe nie, broers. 2 Julle weet self maar alte goed dat die dag van die Here onverwags kom soos 'n dief in die nag. 3 Wanneer die mense sê: “Alles is rustig en veilig,” sal die ondergang hulle skielik oorval soos geboortepyne 'n swanger vrou, en niemand sal ontkom nie. 4 Maar, broers, julle leef nie in die duisternis nie; dié dag sal julle nie soos 'n dief oorval nie. 5 Julle is tog almal mense van die lig, mense van die dag; ons is nie van die nag of die duisternis nie. 6 Laat ons dan nie slaap soos die ander nie, maar laat ons wakker bly en nugter wees. 7 Dié wat slaap, is van die nag; en dié wat hulle dronk drink, is van die nag. 8 Maar ons wat van die dag is, moet nugter wees; ons moet geloof en liefde as borsharnas dra en die hoop op verlossing as helm. 9 God het ons tog nie bestem om gestraf te word nie, maar om deur ons Here Jesus Christus verlos te word. 10 Hy het ter wille van ons gesterwe, sodat ons, of ons by sy koms nog lewe of reeds dood is, saam met Hom kan lewe. 11 Praat mekaar moed in en versterk mekaar dan met hierdie woorde, soos julle trouens reeds doen.

12 Die einde van die wêreld
Sê jy hierdie woorde, ervaar elkeen van ons 'n bepaalde emosie. Sit boonop 'n dag en datum by – dan ontlok dit éérs hewige reaksie. Wat dink jy daarvan as iemand sê die einde van die wêreld is naby? Is sulke praatjies nie net vir fanatici wat niks beter met hulle verbeelding het om te doen nie? Of is dit iets wat jy ernstig kan opneem? Laat dit jou vir 'n oomblik stilstaan om na jou eie lewe te kyk? Laat die feit dat die “wêreld” soos ons dit ken gaan eindig, jou nadink oor wat jou rol moet wees totdat hierdie einde finaal kom? Die bekende Steve Jobs van Apple wat onlangs oorlede is, het gesê: "As jy elke dag opstaan met die gedagte 'Vandag is die laaste dag van my lewe', sal jy eendag reg wees!" Einde-van-die wêreld-praatjies was deel antieke beskawings – Paulus skryf gereeld daaroor in sy briewe. Ons weet ook dat dikwels deel is van ons moderne beskawing. Onlangs het Amerikaanse gelowiges mense weer laat gereedmaak vir 'n bepaalde datum – net om daarna met rooi gesigte te sit. Dit lyk asof hierdie praatjies tot aan die einde van die wêreld met ons gaan wees. Ons weet nie wanneer nie, maar ons weet dat Jesus wél eendag gaan terugkeer soos Hy gegaan het. Wat staan ons intussen te doen? Ons uitdaging is om te besluit wat om te doen met ons geleenthede, ons kennis en ons ervarings totdat Jesus terugkeer. Wat moet ons doen met ons geloof in Jesus wat opgevaar het, met ons hoop op die aanbreek van 'n nuwe tyd en ons liefde vir die Een wat gesê het dat Hy weer sal kom soos wat Hy gegaan het? Eendag sal kom! Maar nog nie nou nie?

13 Jesus se bruid Liefde Hoe maak mens gereed vir iets waarvoor jy nie 'n vaste datum het nie? Vir iets waarvan jy die aard en presiese gebeure maar net kan raai? 'n Goeie plek om te begin is by die Een vir wie ons onsself gereed maak: die Bruidegom. Ons as bruid maak gereed vir Jesus. Wat verwag die Bruidegom van ons? Dat ons Hom moet liefhê met ons hele hart en siel en liggaam. Omdat ons Hom liefhet, sien ons uit na die dag wanneer Hy weer kom. As jy iemand liefhet, wil jy graag mooi lyk op die dag wat julle mekaar ontmoet. Jesus stel nie soveel belang in die mooimaak van 'n goeie haarsny of ontwerpersklere nie. Hy verkies mooi harte. Harte wat oordek word met die borsharnas van liefde. Harte wat liefhet op só 'n manier dat ons as een bruid voor Hom staan – in absolute eenheid én volkome divers – net soos Hy ons gemaak het. In God se onmeetlike liefde vir ons het Hy gesorg dat ons al méér en méér verander en mooigemaak word om Jesus se bruid te word – dit kan ons doen deur Christus se offer en die Heilige Gees in ons. Jesus op aarde het met mense gesels en vir hulle gesê: “Die koninkryk van God het naby julle gekom” (Matt 4:17). Dit kon nie naby wees in tyd nie, want 2000 jaar is al verby en Jesus het nog stééds nie teruggekom nie. Wat dalk as Jesus bedoel het: naby – soos in afstand, en nie tyd nie? Die koninkryk van God was so naby aan daardie mense as wat Jesus aan hulle was! Jesus het die koninkryk van God binne-in Hom gedra. Oral waar Hy gekom het, het die koninkryk van God gestalte gekry. Waar Jesus was, was liefde. Dáár was geregtigheid en baie genade. Dáár kon die mense na aan Jesus in vryheid van sonde leef. Dáár kon die mense na aan Jesus sien en ervaar wat ware geloof is. Dáár kon hulle in vrede leef. Dáár, rondom Jesus, het alles waaroor God se koninkryk gaan, gestalte gekry. Dit was Jesus se bedoeling dat God se koninkryk ook in ons gestalte kry sodat ons as sy kerk tot dieselfde statuur as Christus kan groei. Die Heilige Gees werk kragtig in ons om hierdie besondere roeping te vervul. God gee vir ons die Heilige Gees as waarborg dat ons die volheid van die koninkryk sal ontvang. Soms sukkel dit maar om te weet hóé God wil hê ons moet leef. Dit maak ons egter nie minder erfgename van dít wat Jesus vir ons aan die kruis bewerk het nie. Dit vat nie weg van die feit dat God 'n koninkryk van liefde, geregtigheid, vrede en vreugde rondom Jesus ín en óm ons kan laat groei nie. In Christus het ons reeds 'n erfdeel van die koninkryk van God ontvang – 'n erfporsie waarmee ons nóú reeds hier op aarde kan woeker. Hierdie erfporsie maak ons as individue juis gereed vir Jesus se koms. Dit dra 'n besonderse deel by om die kerk te laat groei tot die gestalte waarna Jesus verlang.

14 Die koninkryk van God is naby
Jesus het die koninkryk van God binne-in Hom gedra. En oral waar Hy gekom het, het die koninkryk van God gestalte gekry. Daar waar Jesus was, was liefde. Dáár was geregtigheid en baie genade. Dáár kon die mense naby aan Jesus leef in vryheid van sonde. Dáár kon die mense naby Jesus sien en ervaar wat ware geloof is. Dáár kon hulle leef in vrede. Dáár rondom Jesus het alles waaroor God se koninkryk gaan, gestalte gekry. Dit was ook Jesus se bedoeling dat God se koninkryk in ons gestalte kry sodat ons as kerk tot dieselfde statuur as Christus kan groei. Dit is die Heilige Gees wat kragtig in ons werk om hierdie besondere roeping te vervul. God gee vir ons die Heilige Gees as waarborg dat ons die volheid van die koninkryk ontvang. Dit is soms 'n gesukkel om reg te leef en om te weet hóé God wil hê ons moet leef. Dit maak ons egter nie minder erfgename van dít wat Jesus vir ons aan die kruis bewerk het nie. Dit vat nie weg van die feit dat God 'n koninkryk van liefde, geregtigheid, vrede en vreugde rondom Jesus in en om ons kan laat groei nie. In Christus het ons reeds 'n erfdeel van die koninkryk van God ontvang – 'n erfporsie waarmee ons nou reeds hier op aarde mee kan woeker. Hierdie erfporsie maak ons as individue gereed vir Jesus se koms. Dit dra 'n besonderse deel by om die kerk te laat groei tot die gestalte waarna Jesus verlang.

15 Kinders van die lig Kinders van die lig
Die Heilige Gees binne ons maak ons kinders van die lig. Jesus sê in Johannes 12:46: “Ek het as 'n lig in die wêreld gekom, sodat elkeen wat in My glo nie in die duisternis sou bly nie.” Mense wat in die lig leef, is nie skaam oor die dinge wat hulle doen nie. Hulle laat sonde wat nog 'n vashouplek in hulle lewe mag hê aan die lig kom. Wanneer die lig op jou sondige dade val, is daar Jesus se onfeilbare genade wat jou vergewe van jou oortredinge. Dan is sy vermaning: "Probeer van nou af om méér in my lig te loop." Moenie onverskillig te wees nie! Waak nugter dat die donkerte van die wêreld nie die lig binne-in jou kom dof maak nie. Daardie lig kry sy energie van ons hoop op Jesus se verlossing vir ons. Hoe méér jy besef wat die krag van sy verlossing werklik beteken, hoe méér begin jy om te leef in die lig waarmee Hy, die Lig vir die wêreld, ons wil seën. Die eerste keer toe Jesus in die sinagoge praat (Luk 4:18 en Jes 61:1-2), vertel Hy vir ons wat ons in Hom kan erf: Goeie nuus, selfs vir dié wat min het ('n mens kan byvoeg: goeie nuus, selfs vir dié wat oënskynlik alles het!). Om dié wat hartseer is en nie meer wil aangaan nie, te troos en hulle wonde te verbind sodat dit kan genees. Vrylating vir dié wat vasgevang is in sonde, verslawings of vernietigende emosies. Om dié wat nie meer 'n uitsig het nie, nuwe perspektief te gee. Vryheid, vrede, genade, liefde en alles wat lewe gee – dit begin in ons te groei wanneer ons ons lewe in Christus ontdek, wanneer ons die Heilige Gees toelaat om ons te lei. En so tussendeur ons eie groeiproses deur stuur Hy ons om dié erfporsie ook in ander mense se lewe te laat groei. Wanneer ons só leef, leef ons met die Lig binne ons. Dan sal die terugkeer van die ware Lig nie vir ons soos 'n dief in die nag oorval nie, maar ons sal daarna uitsien soos mense wat verwag dat die dagbreek die nag se donkerte laat verdwyn. As gelowiges rig ons oë nie op die nagdonkerte óm ons nie, maar op Jesus wat, soos die dagbreek elke môre, weer sal kom. As kinders van die Lig, hou ons ons oë op die onsigbare dinge, want die dinge wat nou sigbaar is, is tydelik (2 Kor 4:18) – ons weet dat daar 'n einde gaan wees daaraan. Wanneer? En hoekom vat dit so lank vir hierdie wêreld met al sy pyn en seerkry om tot 'n einde te kom? Wanneer gaan die Here dan kom dat ons 'n paar helder antwoorde op ons desperate vrae kan kry? Hoekom rek God dan die einde so uit? Hierdie is nie nuwe vrae nie. Toe Petrus aan die antieke inwoners van Turkye 'n tweede keer skryf in 2 Petrus 3, sê hy dat hy al voorheen hierdie saak met hulle bespreek het. Hy sê dat die Here nie die vervulling van sy belofte om wéér te kom uitstel nie, al dink party mense so. Nee, sê Petrus, God is geduldig met ons omdat Hy nie wil hê dat iemand verlore moet gaan nie: Hy wil hê dat almal hulle moet bekeer. Later sê hy ook dat ons in 'n verwagting moet leef dat die Here gaan kom. Ons kan met sekerheid weet dat dít wat God begin het, sal Hy voltooi (Fil 1:6). Ons het hierdie hoop dat God ons nie soos 'n klomp verdwaalde skape laat rondstaan totdat Hy eendag sy verskyning maak nie. Ons het nóú al die sekerheid in ons om te kan sê dat ons deur God gered is. Hierdie oortuiging kom van die Heilige Gees wat ons elke dag “aantrek” en só gereed maak vir Jesus om te kom.

16 Borsharnas van liefde Helm van verlossing
Trek die borsharnas van liefde aan waaroor Paulus skryf. 'n Borsharnas beskerm jou hart. Waarop wil die wêreld graag sien dat jy jou hart verloor? Wie is jou eerste liefde? Mense wat die wederkoms verwag, wys Wie dit is wat hulle hart verower het en beskerm hulle teen ander liefdes en mooipraatjies. Dra die helm van verlossing. Wat gryp jou verbeelding aan? Mense met 'n prentjie van die toekoms, leef op 'n bepaalde manier omdat hulle die prentjie wil laat waar word. Watter waarheid rig jou denke, drome en verbeelding? Mense sonder God se toekomsprent in hulle hart en gedagtes is hooploos, dagdromers en wensdenkers. Maar hulle wat mekaar help, hulle wat hierdie prentjie van God by mekaar inskerp, versterk en mekaar aanmoedig, vind dat hulle met 'n vaste hoop op Jesus te midde van die mees hooplose omstandigheid kan aangaan. Glo jy in die wederkoms van die Here? Nee, want jy het jou hart verloor op tydelike en onbenullige dinge? Nee, want jou hart is met vrees gevul vir die toekoms? Of sê jy: Ja, ek glo in die wederkoms, want ek ontdek in my 'n liefde vir 'n Waarheid groter as die tydelike dinge in my lewe? Sê jy: Ja, ek glo in Jesus se wederkoms, want ek het na maniere begin soek om anders te leef? Sê jy: Ja, ek glo in Jesus se wederkoms, want ek wil mense se lewe verbeter, iets aan armoede help doen? Sê jy: Ja, ek glo in Jesus se wederkoms, want ek vind 'n heilige hoop in my hart vir 'n toekoms waarvan niemand nog gepraat of aan gedink het nie, maar wat God kom gee het toe Hy gesê het: “Die koninkryk van God het naby julle gekom”?

17 Hy alleen sal Israel verlos van al sy sondes (Ps 130: 5-8)
God stuur ons om te leef Ek stel my vertroue in die Here, ek vertrou op Hom, ek wag op die vervulling van sy woord. Ek wag op die Here meer as wat die wagte op die môre wag, wagte op die môre. Wag op die Here, Israel, want by die Here is daar troue liefde, by Hom is die verlossing seker. Hy alleen sal Israel verlos van al sy sondes (Ps 130: 5-8) God stuur ons om te leef 5 Ek stel my vertroue in die Here, ek vertrou op Hom, ek wag op die vervulling van sy woord. 6 Ek wag op die Here meer as wat die wagte op die môre wag, wagte op die môre. 7 Wag op die Here, Israel, want by die Here is daar troue liefde, by Hom is die verlossing seker. 8 Hy alleen sal Israel verlos van al sy sondes. (Ps 130:5-8) Slotsang Liedboek 587

18 Staan op, word verlig; want jou lig kom, en die heerlikheid van die Here gaan oor jou op (Jes 60:1).
Seën Staan op, word verlig; want jou lig kom, en die heerlikheid van die Here gaan oor jou op (Jes 60:1).


Download ppt "Erediens   Tema Die Heilige Gees binne ons maak ons gereed vir Jesus se wederkoms. PowerPoint-agtergrond Beeld van lig."

Verwante presentaties


Ads door Google