Download de presentatie
De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub
GepubliceerdMaria van de Veen Laatst gewijzigd meer dan 6 jaar geleden
1
Fil 4:4-8 “4Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly! 5Wees inskiklik teenoor alle mense. Die Here is naby. 6Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. 7En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus. 8Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is – watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees – daarop moet julle julle gedagtes rig.”
2
Fil 4:10-19 “10Ek was baie bly in die Here dat julle na so ‘n lang tyd weer gewys het dat julle nog aan my dink. Nie dat julle my ooit vergeet het nie, julle het net nie die kans gehad om iets te doen nie. 11Ek sê dit nie omdat ek gebrek ly nie, want ek het geleer om my in alle omstandighede te behelp. 12Ek weet wat armoede is en ek weet wat oorvloed is; van alles het ek ondervinding: om genoeg te hê sowel as om gebrek te ly. 13Ek is tot alles in staat deur hom wat my krag gee. 14Nietemin het julle goed gedoen deur my in my moeilike omstandighede by te staan. 15/. . .
3
15Julle in Filippi weet ook dat in die begin van my evangelieprediking, na my vertrek uit Masedonië, geen enkele gemeente behalwe julle ‘n aandeel gehad het aan my rekening van inkomste en uitgawe nie. 16Ook toe ek in Tessalonika was, het julle meer as een maal iets vir my behoeftes gestuur. 17Dit gaan vir my egter nie om die gawe nie, maar om die vrug daarvan: daardeur word julle self ryker. 18Maar ek het alles ontvang en ek het meer as genoeg. Noudat ek van Epafroditos ontvang het wat julle gestuur het, het ek alles wat ek nodig het. Julle gawe is voor God ‘n offer met lieflike geur, vir Hom aanneemlik en welgevallig. 19En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy oorvloedige rykdom in Christus Jesus.”
4
Paulus = gestuurde Bybel oor Dank vir ondersteuning Glo en doen
Verse, gelykenisse, Jesus Geld is goed - Liefde vir geld is sleg!
5
1. Beginsels vir gestuurde
1.1 Aan gemeente verbonde v 14, julle het my bygestaan ... julle (alleen) het bygedra Gemeente stuur en bid Gestuurde nou betrokke
6
1.2 Gestuurde = tevrede wees
v 11, tevrede in alle omstandighede Armoede - oorvloed Genoeg kos – honger ly Baie hê – gebrek hê
7
1.3 Gestuurde = Here vertrou
v 13 Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee
8
bly oor gemeente voordeel
1.4 Gestuurde = bly oor gemeente voordeel v gaan nie om die gawe (alleen) nie, maar om die vrug daarvan: daardeur word julleself ryker. Seën mense Skatte in hemel
9
2. Beginsels vir gemeente
2.1 Vennoot van gestuurde v 14, julle in Filippi het my bygestaan Persoonlik betrokke
10
2.2 Gemeente sorg en voorsien
v julle het meer as eenmaal iets vir my behoeftes gestuur
11
2.3 Gemeente verstaan finansies soos Here
v 19 My God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy oorvloedige rykdom in Christus Jesus Waar belofte Heerlike voorwaarde
12
2.4 Gemeente weet: Here gelukkig
v 18 Julle gawe is voor God ‘n offer met lieflike geur, vir Hom aanneemlik en welgevallig
13
GELOOFSOFFER Geloof Offer Vertrou Here Vra Here Vra iets
Wat sê Here vir jou?
Verwante presentaties
© 2024 SlidePlayer.nl Inc.
All rights reserved.