De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

kennis twee gevare daaraan verbonde

Verwante presentaties


Presentatie over: "kennis twee gevare daaraan verbonde"— Transcript van de presentatie:

1 kennis twee gevare daaraan verbonde
Vooraf: Wanneer die Bybel oor kennis praat, bedoel dit kennis van God (of Jahsua) se persoon, of sy wet, of sy wil, of sy raadsplan, of sy genade, of sy verlossing, ens. Baiekeer maak mense egter „ander” kennis deel van hulle godsdiens: evolusie, ou tale, Name, numerologie, skrif, kalenders, geskiedenis, afkoms en geslagsregisters, ens ens. Mens behoort jou motivering te ondersoek: EK DINK dikwels doen mense dit net om slim te lyk, om ander te verbyster en verstom. (Dit het met God se EER glad geen verband nie.) En dan gebeur dit ook baiekeer dat hulle self nie die onderwerp in diepte ondersoek en nagevors het nie. Soms is AL kennis wat hulle daaroor het, iets wat ’n predikant of spreker gesê het, en hy het ook net oppervlakkig aan die onderwerp geraak (en soms het die spreker self nie deeglike kennis van die onderwerp nie.) MY OPINIE: Dis nie noodwendig verkeerd om ook sulke kennis in te span tot God se eer nie – God het alles gemaak  Maar maak seker dat jy deeglike kennis daarvan het en nie God se eer in gedrang bring (laat staan nog jou eie reputasie as ’n betroubare verkondiger van die Woord) deur in oningeligtheid valshede te verkondig nie – wat wel vroeër of later as valshede ontbloot sal word. Friedwin Fleischmann 4 Maart 2012

2 Grondwoorde Hebreeus H3045 jâda Om te weet, te bevestig deur te sien, te onderskei, ag te slaan, onderrig, tugtiging. Grieks G1492 eido Om te sien of waar te neem (letterlik, figuurlik) Grieks G1097 ginosko Om te leer, te weet, te verstaan, bekend te word. Werkwoorde: grondwoorde vir kennis in Hebreeus en Grieks. {Bespreek skyfie} (In ’n sekere sin: ’n teenstelling met geloof: dit dui op dinge wat geweet word omdat dit gesien/ervaar is - feite. Geloof is dinge wat ons nie sien nie.) Dis dus dinge wat waargeneem kan word. Dit moet egter nie net by waarneem bly nie (kopkennis), maar verstaan word + mee vertroud wees deur ervaring (hartkennis). {Dink aan twee bekende verse oor kennis: albei wys gevare uit. VOLGENDE SKYFIE}

3 Gevaar 1: Te min kennis Hosea 4:6 My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis [van God en sy wet]; omdat jy [priester] die kennis verwerp het, sal Ek jou verwerp, sodat jy vir My die priesteramp nie sal bedien nie; omdat jy die wet van jou God vergeet het, sal Ek ook jou kinders vergeet. {LEES SKYFIE} {VOLGENDE SKYFIE}

4 Gevaar 1: Te min kennis Hosea 4:6 My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis [van God en sy wet]; omdat jy [priester] die kennis verwerp het, sal Ek jou verwerp, sodat jy vir My die priesteramp nie sal bedien nie; omdat jy die wet van jou God vergeet het, sal Ek ook jou kinders vergeet. Job 38:2 Wie maak die raadsbesluit daar tot duisternis met woorde sonder kennis? {Is God maar net kwaai omdat mense nie kennis het nie? Nee. Daar is ’n rede daaragter. LEES SKYFIE tweede gedeelte (God betig Job)} God se raadsbesluite word duisternis gemaak vir dié wat gered behoort te word as mens praat sonder (voldoende) kennis {Daar is 2 Stadiums op die pad van te min kennis. VOLGENDE SKYFIE}

5 1ste stadium: Ywer sonder kennis
Spreuke 19:2 Selfs ywer is sonder kennis nie goed nie; [...] Romeine 10:2 Want ek getuig van hulle [die Judaiëte] dat hulle ’n ywer vir God het, maar sonder kennis. M.a.w. nie kwaadwillig nie. Ywer is tog ’n goeie ding? {LEES SKYFIE} God kan jou nog genadig wees in hierdie toestand, en jou nodige kennis gee (Paulus, Damaskus). Die verantwoordelikheid is egter joune om na meer kennis te soek! Daar kom ’n tyd wanneer jy ’n besluit moet maak! As jy verkeerd besluit, is jy op die volgende stadium: {VOLGENDE SKYFIE}

6 2de stadium: Haat kennis
Spreuke 1:28-33 Dan sal hulle na my [Wysheid] roep, maar ek sal nie antwoord nie; hulle sal my soek, maar my nie vind nie. Omdat hulle die kennis gehaat en die vrees van Jahweh nie verkies het nie, van my raad nie wou weet nie, al my teregwysinge verag het, daarom sal hulle eet van die vrug van hulle wandel en versadig word van hulle planne. Want hulle eie afkerigheid maak die eenvoudiges dood, en hulle eie sorgeloosheid rig die dwase te gronde; maar die wat na my luister, sal veilig woon en gerus wees teen die skrik vir die onheil. Romeine 1:22-25 Terwyl hulle voorgee dat hulle wys is, het hulle dwaas geword en die heerlikheid van die onverganklike God verander in die gelykvormigheid van die beeld van ’n verganklike mens en van voëls en viervoetige en kruipende diere [beelde-aanbidding]. Daarom het God hulle ook in die begeerlikhede van hulle harte oorgegee aan onreinheid, om hulle liggame onder mekaar te onteer – hulle wat die waarheid van God verruil het vir die leuen en die skepsel vereer en gedien het bo die Skepper wat geprys moet word tot in ewigheid. Amen. Dan word dit doelbewuste, kwaadwillige onkunde. “Ek weet tog beter as God.” {Kyk wat gebeur met so iemand. LEES SKYFIE} {Wat is die antwoord? Natuurlik om meer kennis te kry! VOLGENDE SKYFIE}

7 Antwoord 1: soek en vind kennis
Spreuke 1:7 Die vrees van Jahweh is die beginsel van die kennis; sotte verag wysheid en tug. Spreuke 15:32 Hy wat die tug verwerp, ag sy eie lewe gering; maar hy wat na die teregwysing luister, verkry verstand. God gee kennis vir die wat Hom vrees, en ag gee op sy tug/teregwysing {LEES SKYFIE} {VOLGENDE SKYFIE}

8 Antwoord 1: soek en vind kennis
Spreuke 1:7 Die vrees van Jahweh is die beginsel van die kennis; sotte verag wysheid en tug. Spreuke 15:32 Hy wat die tug verwerp, ag sy eie lewe gering; maar hy wat na die teregwysing luister, verkry verstand. 2 Petrus 1:5 En juis daarom ook moet julle met aanwending van alle ywer by julle geloof voeg die deug, en by die deug die kennis, [...] 2 Petrus 3:18 Maar julle moet toeneem in die genade en kennis van onse Heer en Saligmaker, Jahsua Die Gesalfde. Kennis is nie iets waarmee jy gebore word en laat staan is nie. Ons kan dit vermeerder, en ons word aangeraai om ons kennis te vermeerder {LEES SKYFIE} {VOLGENDE SKYFIE}

9 Antwoord 1: soek en vind kennis
Spreuke 1:7 Die vrees van Jahweh is die beginsel van die kennis; sotte verag wysheid en tug. Spreuke 15:32 Hy wat die tug verwerp, ag sy eie lewe gering; maar hy wat na die teregwysing luister, verkry verstand. 2 Petrus 1:5 En juis daarom ook moet julle met aanwending van alle ywer by julle geloof voeg die deug, en by die deug die kennis, 2 Petrus 3:18 Maar julle moet toeneem in die genade en kennis van onse Heer en Saligmaker, Jahsua die Gesalfde. Spreuke 2:3-5 [...] as jy na die insig roep, na die verstand jou stem verhef, as jy daarna soek soos na silwer en dit naspeur soos verborge skatte, dan sal jy die vrees van Jahweh verstaan en die kennis van God vind ...maar dit verg ook inspanning {LEES SKYFIE} (Lees Spreuke vir baie wysheid oor Kennis) {VOLGENDE SKYFIE}

10 Gevaar 2: Te veel kennis (en te min liefde)
1 Korinthiërs 8:1-2 [...] ons [weet] dat ons almal kennis [van die geestelike dinge] het. Die kennis maak opgeblase, maar die liefde stig. As iemand meen dat hy enige kennis [waarneming] het, weet [verstaan] hy nog niks soos ’n mens behoort te weet [verstaan] nie. {LEES SKYFIE} (Wys uit die betekenisse van „kennis” en „weet” soos aan die begin uit die grondtekste uiteengesit. Mens moet nie net WEET nie, maar ook VERSTAAN. Mooi woordspel wat nie in die vertaling oorkom nie: Opgeblase = kennis „blaas op” soos ’n brulpadda, maak arrogant (verwaand) Stig = liefde „bou op” (letterlik soos mens ’n huis opbou (dink ook aan bewoording van Gelofte)) {VOLGENDE SKYFIE}

11 Gevaar 2: Te veel kennis (en te min liefde)
1 Korinthiërs 8:1-2 [...] ons [weet] dat ons almal kennis [van die geestelike dinge] het. Die kennis maak opgeblase, maar die liefde stig. As iemand meen dat hy enige kennis [waarneming] het, weet [verstaan] hy nog niks soos ’n mens behoort te weet [verstaan] nie. Hosea 6:6 Want Ek het ’n behae in liefde en nie in offerande nie, en in kennis van God meer as in brandoffers. Ons sal net-nou verder in hoofstuk 8 lees. Let op, dis nie die kennis wat die probleem is nie, maar die feit dat daar te min liefde daarmee saamgaan!! Albei moet vermeerder. {LEES SKYFIE tweede gedeelte} Ons het in ons inleiding reeds gepraat oor mense wat daarvan hou om te argumenteer (en te wen), om iemand te beïndruk of hulle eie ego te streel. (Grappige gesegde met ’n stekie waarheid in:) „Mense wat maak of hulle alles weet, is nogal irriterend vir ons wat wel alles weet.” Wat is JOU motief? Is die kennis tot opbou en stigting van die hoorder? Het jy die hoorder lief? {VOLGENDE SKYFIE}

12 Antwoord 2: Kry motief reg
1 Korinthiërs 8:11 En moet die swakke broeder vir wie Die Gesalfde gesterf het, verlore gaan deur jou kennis? Moenie mense laat verlore gaan deur jou kennis nie. Kennis moet aangewend word om te red. {LEES SKYFIE} {VOLGENDE SKYFIE}

13 Antwoord 2: Kry motief reg
1 Korinthiërs 8:11 En moet die swakke broeder vir wie Die Gesalfde gesterf het, verlore gaan deur jou kennis? 1 Korinthiërs 12:7-8 Maar aan elkeen word die openbaring van die Gees gegee met die oog op wat nuttig is. Want aan die een word deur die Gees ’n woord van wysheid gegee, en aan die ander ’n woord van kennis vanweë dieselfde Gees; Maar kennis is belangrik – dit is een van die gawes van die Heilige Gees. Belangrik: Met die oog op wat nuttig is. {LEES SKYFIE} {VOLGENDE SKYFIE}

14 Antwoord 2: Kry motief reg
1 Korinthiërs 8:11 En moet die swakke broeder vir wie Die Gesalfde gesterf het, verlore gaan deur jou kennis? 1 Korinthiërs 12:7-8 Maar aan elkeen word die openbaring van die Gees gegee met die oog op wat nuttig is. Want aan die een word deur die Gees ’n woord van wysheid gegee, en aan die ander ’n woord van kennis vanweë dieselfde Gees; 1 Korinthiërs 13:2 En al sou ek die gawe van profesie hê en al die geheimenisse weet en al die kennis, en al sou ek al die geloof hê, sodat ek berge kon versit, en ek het nie die liefde nie, dan sou ek niks wees nie. Efésiërs 3:19 [...] die liefde van Die Gesalfde [...] ken wat die kennis oortref, sodat julle vervul kan word tot al die volheid van God. Liefde is meer belangrik as kennis. {LEES SKYFIE} {VOLGENDE SKYFIE}

15 Opsomming Kennis: Twee Gevare Te min kennis
2 stadiums Ywer sonder kennis – nie kwaadwillig Haat kennis – kwaadwillig Antwoord: Soek kennis Vrees God en laat jou teregwys Vermeerder kennis Verg inspanning Te veel kennis, te min liefde Antwoord: Kry jou motief reg Kennis moet red (nie ten gronde rig nie) Kennis is belangrik. Moet nuttig wees Liefde is meer belangrik as kennis


Download ppt "kennis twee gevare daaraan verbonde"

Verwante presentaties


Ads door Google