Download de presentatie
De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub
1
Besigheidstudies Graad 11
2
Sakegeleenthede en sakerolle
Kwartaal 2 Sakegeleenthede en sakerolle
3
Aanbieding van sake-inligting
4
Aanbieding en stawing van sakeverwante inligting
Sake-inligting kan verbaal (mondelings) of nie-verbaal (geskrewe) aangebied word: Verbale aanbiedings Nie-verbale aanbiedings Inligting word mondelings deur ‘n aanbieder aan ‘n gehoor oorgedra. Kan gehoor word. Kan nie geberg word nie. ‘n Getikde dokument, bv. ‘n leer of ‘n boek. Kan gelees word. Kan geberg word
5
Sake-inligting bevat gewoonlik tabelle, grafieke, diagramme en illustrasies:
Tabelle bestaan uit kolomme en rye. Kolomme is vertikaal en rye is horisontaal. Tabelle word gewoonlik gebruik om: Inligting te vergelyk. Inligting duidelik voor te stel. Grafieke op te trek. Tabelle kan maklik opgetrek word met behulp van Microsoft Excel. Grafieke ‘n Grafiek is ‘n visuele voorstelling van data. Grafieke word dikwels gebruik om: Neigings te identifiseer. Vergelykings te tref. Voorstelle te maak. Tipes grafieke sluit in: Lyngrafieke. Sirkeldiagramme. Staafgrafieke. Prentgrafieke
6
Sake-inligting bevat gewoonlik tabelle, grafieke, diagramme en illustrasies:
Diagramme word dikwels gebruik om: ‘n Proses te illustreer. Inligting op ‘n logiese manier voor te stel. Tipes diagramme sluit in: Sirkeldiagramme. Venn-diagramme. Organisatoriese diagramme. Illustrasies Geskrewe inligting wat uitgedruk word as: Prente; Foto’s; of Simbole
7
Ontwerp en uitleg OUDIO-VISUELE HULPMIDDELS
ONTWERP EN UITLEG VAN ONDERSTEUNINGSMATERIAAL Uitdeelstukke Gebruik ‘n duidelike en leesbare lettergrote en lettertipe. Vermy besige bladsyrame, verskillende lettertipes en te veel kleure. Struktureer die uitdeelstuk logies. Moenie te veel spandeer o uitdeelstukke nie, aangesien dit gewoonlik na die aanbieding weggegooi word. Transparante en skyfies Gebruik ‘n duidelik leesbare lettergrote en lettertipe. Gebruik “bullets” eerder as lang paragrawe. Beperk die hoeveelheid inligting per skyfie. Skyfies moet eenvoudig wees – vermy besige bladsyrame, verskillende lettertipes en te veel kleure Maak seker daar is geen spelfoute nie. Grafieke Gebruik die tipe grafiek wat die inligting die duidelikste sal oordra. Maak seker die grafiek is leesbaar. Benoem die grafiek. Benoem die asse: Tyd word gewoonlik op die x-as aangedui.
8
Ontwerp en uitleg OUDIO-VISUELE HULPMIDDELS
ONTWERP EN UITLEG VAN ONDERSTEUNINGSMATERIAAL Modelle Maak seker dat die model ‘n ware voorstelling van die oorspronklike voorwerp is. Gee die skaal waarvolgens die model gebou is. Plakkate Gebruik opskrifte. Maak seker dat al die relevante inligting op die plakkaat verskyn. Maak seker daar is geen spelfoute nie. Gebruik helder kleure om sigbaarheid te verbeter. Gebruik kort sinne eerder as uitgebreide sinne. Gebruik prente.
9
Liggaam/ Hoofgedeelte
Geskrewe inligting Geskrewe inligting is inligting wat gelees kan word. Dis gewoonlik getik en gebind in ‘n leer of boek. Sakeplanne, sake-inligting, uitdeelstukke en advertensies is voorbeelde van geskrewe inligting. Sakeverslae bestaan uit drie afdelings: Inleiding Die doel is om die leser aan die onderwerp voor te stel. Behoort treffend te wees omdat ‘n leser vroeg besluit of hulle verder wil lees. Liggaam/ Hoofgedeelte Die belangrikste inligting word nou oorgedra. Visuele hulpmiddels soos grafieke word meestal hier gebruik. Slot Die belangrikste punte word nou versterk en beklemtoon.
10
Geskrewe inligting Die leser word aan die einde van die aanbieding kans gegee om vrae te vra. Om ‘n verslag te skryf, behels dus die volgende stappe: Bepaal die hoofboodskap van die verslag. Versamel data en feite wat jy by die verslag wil insluit. Sodra genoeg inligting ingesamel is, kan jy begin om die verslag op te stel: Inleiding: Doen veral moeite met die inleiding. Vind ‘n kreatiewe manier om die leser aan die onderwerp voor te stel. ‘n Interessante inleiding sal ‘n behoefte by die leser skep om aan te hou lees. Liggaam/hoofgedeelte: Rangskik alle relevante inligting in ‘n logiese struktuur. Gebruik “bullets” vir lyste en stappe. Gebruik kort sinne en eenvoudige, maklik verstaanbare taal. Gevolgtrekking: Sluit die verslag af deur die hoofboodskap te beklemtoon.
11
Geskrewe inligting Hou die volgende in gedagte wanneer jy ‘n advertensie of pamphlet ontwerp: Die opskrif moet lesers se aandag trek. Maak seker dat daar geen spelfoute is nie. Maak seker dat alle relevante inligting ingesluit is. Maak seker dat die inligting sin maak.
12
Geskrewe inligting Vergelyking van strooibiljette en brosjures:
Ook blaadjies genoem. Ook pamflette genoem. Geodkoop om te druk. Duurder om te druk. Selde in kleur. Dikwels in kleur met foto’s. Gewoonlik A5-grootte of kleiner. Gewoonlik A4- of A3-grootte. Gewoonlik net een of twee blokkies/raampies op die bladsy. Bestaan uit vier of ses bloke wat gebruik word om teks en grafika te vertoon. Word op openbare plekke versprei. Beskikbaar waar potensiële teikenmark voorkom. Die meeste sal weggegooi word. Oogmerk is dat potensiële klant hulle langer gaan hou. Gerig op die breë publiek. Net mense wat in die produk of diens belangstel, sal ‘n brosjure neem. Onderneming kan dit intern met ‘n rekenaar ontwikkel. Dikwels professioneel ontwerp en gedruk.
13
Geskrewe inligting Die volgende dien as riglyne vir die samestelling
van ‘n strooibiljet: Skryf ‘n titel neer wat die toevallige leser se aandag sal trek. Gebruik grafika om aandag te trek. Fokus op die voordele van die produk of diens. Verwys na gelukkige klante. Gebruik blokkies indien genoeg spasie. Moenie te gekompliseerd raak nie. Laat iemand die inhoud proeflees. Gebruik helder papier en swart teks as die begroting nei kleurdrukwerk toelaat nie. Bied ‘n afslag op die diens of produk aan.
14
Hoe om te reageer op vrae oor werk en sakevoorleggings
Sodra sake-inligting versamel en ontleed is, moet dit skriftelik aan die regte werknemers oorgedra word. Geskrewe sake-inligting staan as sakeverslae bekend. Prente, diagramme,grafieke en illustrasies kan by sakeverslae ingesluit word om dit makliker te maak om die verslae te verstaan. Moeilike kwessies moet aan al die relevante werknemres verduidelik word om misverstande te voorkom. Moeilike kwessies kan tydens vraag-en-antwoordsessies verduidelik word. die spreker moet die gehoor aanmoedig om vrae te vra. Wanneer iemand ‘n vraag vra, kan die spreker antwoord met:”Dit is ‘n goeie vraag.” Die persoon wat die vraag gevra het, weet dan dat die psreker wel die vraag gehoor het en verstaan.
15
Hoe om te reageer op vrae oor werk en sakevoorleggings
As die spreker nie seker is of hy/sy die vraag reg verstaan nie, moet die vraag geparafraseer word. Dit beteken dat die spreker moet sê: “Ek is nie seker of ek die vraag reg verstaan nie. Wil jy weet of …?” As die spreker nie die antwoord ken nie, is dit beter om eerlik te wees daaroor. Moeilike vrae kan ook na die gehoor verwys word, want iemand in die gehoor ken dalk die antwoord. As dit die geval is, bly dit egter die spreker se verantwoordelikheid om die antwoord te bevestig. Die spreker moet onthou om die hele gehoor aan te spreek tydens sulke vraag-en-antwoordsessies. Die spreker moenie by ‘n debat met ‘n lid van die gehoor betrokke raak nie – dit sal die res van die gehoor verveel. Die spreker moet eerder die persoon wat die debat wil voer, uitnooi om hom/haar na die voorlegging te ontmoet, sodat die kwessie bespreek kan word.
16
Hoe om te reageer op vrae oor werk en sakevoorleggings
Die volgende stappe kan die aanbieder help om doeltreffender op vrae van die gehoor te antwoord: Luister Die aanbieder moet na al die dele van die vraag luister. Om die vrae neer te skryf, sal jou help om al die dele waarop jy moet reageer, te onthou. Verstaan As die vraag nie duidelik is nie, moet die aanbieder die vraesteller vra om die vraag op te klaar. Om die vraag vir die persoon te herhaal, help dikwels. Maak aantekeninge en beantwoord al die vrae As ‘n lid van die gehoor twee of drie vrae vra, maak aantekeninge van die vrae terwyl di epersoon praat. Maak dan seker dat jy al die vrae beantwoord.
17
Hoe om te reageer op vrae oor werk en sakevoorleggings
Die volgende stappe kan die aanbieder help om doeltreffender op vrae van die gehoor te antwoord: Kommunikeer en wees betrokke Wees positief en entoesiasties wanneer jy antwoord. Sorg dat antwoorde kort en op die vraag gefokus is. Die aanbieder moet ook nie toelaat dat ‘n tweerigting-bespreking met die vraesteller ontwikkel nie. Om dit te verhinder, herhaal die vraag aan die hele gehoor voordat jy dit beantwoord. Vra om verskoning vir foute As ‘n lid van die gehoor tereg daarop wys dat jy ‘n gout gemaak het, erken dit en vra verskoning daarvoor. Antwoord Maak oogkontak met die hele gehoor terwyl jy ‘n vraag beantwoord. Maak daarna seker by die vraesteller of die antwoord voldoende was. 7. Versoek opvolgvrae As die tyd verstreke is, kan jy die gehoor uitnooi om die kwessie verder te bespreek deur middle van e-pos of selfs per telefoon.
18
WAT OM GEDURENDE VRAAG-EN ANTWOORD- SESSIES TE VERMY:
Vermy dit om ‘n standaardantwoord gereed te hê waarmee jy die meeste vrae beantwoord. Probeer om nie ‘n tweede aanbieding te gee wanneer jy ‘n vraag beantwoord nie. Moenie argumenteer en probeer bewys dat jy reg is of beter weet nie. Moenie aggressief of verdedigend raak nie. Gebruik jou tyd om te dink voordat jy ‘n moeilike vraag beantwoord. Wees bereid om te erken dat jy nie die antwoord op ‘n vraag weet nie. Moenie in ‘n argument betrokke raak met iemand wat nie met jou saamstem nie.
19
Aktiwiteite
Verwante presentaties
© 2024 SlidePlayer.nl Inc.
All rights reserved.