De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

My siel, Pa Marie van Rensburg

Verwante presentaties


Presentatie over: "My siel, Pa Marie van Rensburg"— Transcript van de presentatie:

1 My siel, Pa Marie van Rensburg
UITERLIKE BOU VAN DIE GEDIG 4 sekstette (strofes van 6 reëls) 24 versreëls Rympatroon: paarrym Laaste twee reëls van elke strofe is dieselfde (uitsondering reël 5, wat ‘n bietjie anders is); herhaling, retoriese vrae Die gedig is ‘n eensydige gesprek wat die seun met sy pa het. Die pa word deurgaans aangespreek, maar antwoord nooit terug nie (apostroof).

2 My siel, Pa (vervolg) INHOUD
‘n Seun-pa-verhouding en veral hoe die seun die pa se invloed op sy lewe ervaar. Ten spyte van sy prestasies op skool en as sportman, is die pa nie tevrede nie en verwag hy meer. Die seun voel dat hy sy eie siel verloor. Hy voel dat dit sy pa is wat sy siel vat. Daarom vra hy vir sy pa of hy net ‘n klein-klein stukkie daarvan kan terugvra. STROFE 1 Die seun behaal goeie akademiese prestasies. Hy is selfs ‘n Dux-leerling (versreël 2), maar die pa verwag steeds meer; “al is dit top” (versreël 3), is dit nie goed genoeg nie. Die seun ervaar die pa se druk op hom as negatief – as ‘n “galgtou oor my kop” (versreël 4).

3 My siel, Pa (vervolg) STROFE 2
Die seun behaal goeie prestasies as atleet – “eerstes by die wenpaal” (versreël 7), maar die pa verwag nog meer. Die seun wonder in watter mate hy moet aanhou presteer. “Hoeveel keer op die rostrum, Pa,”(versreël 9), selfs al sukkel hy met ‘n besering (versreël 10). Die Achilleshiel kan letterlik na ‘n voetbesering verwys en figuurlik na ‘n sensitiewe of kwesbare plek in die seun se lewe, nl. sy verhouding met sy pa. Aan die een kant wil hy sy pa tevrede stel, maar aan die ander kant voel hy dat hy sy eie identiteit verloor.

4 My siel, Pa (vervolg) STROFE 3
Die seun presteer op die rugbyveld. Hy het 2 keer die S.A.-skolespan gehaal en, soos sy pa, Cravenweek gespeel (versreël 13 en 14). Weereens vra die seun in watter mate hy moet aanhou presteer om sy pa trots op hom te maak. “Hoe hoog moet die turksvy-kind in die lynstaan spring om Pa eer te bring?” (versreël 15 en 16). Figuurlik word daar na ‘n moeilike of netelige kwessie as ‘n “turksvy” verwys. Beskou die seun homself as ‘n “turksvy-kind” (versreël 15) of ervaar hy dat hy vir sy pa ‘n “turksvy-kind” is?

5 My siel, Pa (vervolg) STROFE 4
Die seun is sy pa se “ewebeeld” (versreël 19); ‘n “foto” van sy pa (versreël 22). Sy pa is sy “proto” (versreël 21) – die eerste; die model. Nogtans is die pa nie tevrede daarmee nie. Die seun ervaar hierdie ontevredenheid van die pa as ‘n “donker kleed” (versreël 20) wat oor hom vou. Daar is ‘n mate van ironie hierin: ‘n mens sou verwag dat die pa tevrede sal wees met sy ewebeeld, maar die seun ervaar dit nie so nie. Let wel: die seun praat met sy pa; hy spreek hom direk aan. Hy ervaar deurgaans dat hy nie sy pa tevrede stel nie. Maar, die pa antwoord nooit op die vrae wat die seun vra nie. Ons hoor nie die pa se kant van die storie nie. Is daar dan nie ‘n groot mate van subjektiwiteit van die seun se kant af nie? Maak hy nie sy eie afleidings nie? Is dit nie ‘n tipiese tiener-kwessie nie?

6 My siel, Pa (vervolg) LEESTEKENS
Vraagteken aan die einde van die vrae. Komma, voor en na die aangesprokene (die pa) Weglatingspuntjies saam met “En/Maar my siel, Pa ...” BEELDSPRAAK Metafoor, bv. “galgtou oor my kop”; “turksvy-kind” Vergelyking, bv. “wat oor my vou soos ‘n donker kleed” TEMA Universele tema van ouer-kindverhoudings. BOODSKAP/LES Ouers moenie onredelike druk op kinders plaas om te presteer nie. Om te wen moenie ander belangrike dinge oorskadu nie.


Download ppt "My siel, Pa Marie van Rensburg"

Verwante presentaties


Ads door Google