De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

Voegwoorde Voegwoorde se naam sê wat hulle doen – hulle voeg sinne saam (of verbind sinne). Soms verander die woordorde van ‘n sin na ‘n voegwoord.

Verwante presentaties


Presentatie over: "Voegwoorde Voegwoorde se naam sê wat hulle doen – hulle voeg sinne saam (of verbind sinne). Soms verander die woordorde van ‘n sin na ‘n voegwoord."— Transcript van de presentatie:

1 Voegwoorde Voegwoorde se naam sê wat hulle doen – hulle voeg sinne saam (of verbind sinne). Soms verander die woordorde van ‘n sin na ‘n voegwoord. Let goed op na die leestekens.

2 Inleiding Voegwoorde word in 3 groepe verdeel.
Met elke groep gebeur daar iets anders met die werkwoorde in die tweede sin. Groep 1 voegwoorde: Neweskikkende sin Sin 1 is net so belangrik soos Sin 2 Groep 2+3 voegwoorde: Onderskikkende sin Sin 1 is belangriker as Sin 2 Kom ons begin…

3 MEOW + DOG Groep 1 Voegwoorde
Daar is geen verandering in woordorde nie. Sin 1 voegwoord Sin 2 Watter voegwoorde val in hierdie groep? , maar en of , want , dog óf… óf nóg… nóg Sowel…as MEOW + DOG A N F A A N R T

4 Veelvoudige sin Sin + voegwoord + Sin Lawrence eet en drink koffie Lawrence eet. Lawrence drink koffie.

5 Groep 2 Voegwoorde Alle voegwoorde wat begin met “d” behalwe
Woordorde in tweede sin verander. Werkwoord 1 in sin 2 volg direk na die voegwoord. Watter voegwoorde val in hierdie groep? dan; daarna; dus; daarom; derhalwe; nogtans; nietemin; anders; gevolglik; al; toe; tog; buitendien. Alle voegwoorde wat begin met “d” behalwe dog en dat

6 Veelvoudige sin Sin + voegwoord + Sin Lebogang eet daarom is sy nie meer honger nie. Lebogang eet. Sy is nie meer honger nie.

7 Groep 3 Voegwoorde Alle voegwoorde wat eindig met “dat”, “wat”
Woordorde in tweede sin verander. Werkwoord 1 in sin 2 gaan na die einde van die sin. Watter voegwoorde val in hierdie groep? Dat; omdat; totdat; voordat; nadat; sodat. Wanneer; hoeveel, waar; waarom; omdat. Wie; terwyl; alhoewel; toe; sodra; sedert; aangesien; as; mits; tensy indien. Alle voegwoorde wat eindig met “dat”, “wat” en alle Vraagwoorde

8 Veelvoudige sin Sin + voegwoord + Sin Susan eet totdat sy versadig is
Veelvoudige sin Sin + voegwoord + Sin Susan eet totdat sy versadig is. Susan eet. Sy is versadig.

9 Kom ons kyk na die volgende voorbeelde. Verbind gou die volgende sinne:
Jan eet sy kos. Hy is honger. (want) Die seun doen sy huiswerk. Hy kry goeie punte. (daarom) Ons is baie bly. Dit is amper kersfees. (omdat)

10 Jan eet sy kos. Hy is honger. (want)
Want  voegwoord groep 1 Woordorde verander glad nie. Sin voegwoord Sin 2 Jan eet sy kos, want hy is honger.

11 Die seun doen sy huiswerk. Hy kry goeie punte. (daarom)
Daarom  voegwoord groep 2 Woordorde verander: werkwoord 1 direk na voegwoord. Sin 1 voegwoord ww1 sin 2 Die seun doen sy huiswerk; daarom kry hy goeie punte

12 Ons is baie bly. Dit is amper kersfees. (omdat)
Omdat  voegwoord groep 3 Woordorde verander: werkwoord 1 skuif na die einde van die sin Sin 1 voegwoord sin 2 ww1 Ons is baie bly omdat dit amper kersfees is.

13 Groep 1 Groep 2 Groep 3 , maar en of , want , dog óf… óf nóg… nóg Sowel…as dan; daarna; dus; daarom; derhalwe; nogtans; nietemin; anders; gevolglik; al; toe; tog; buitendien. Dat; omdat; totdat; voordat; nadat; sodat. Wanneer; hoeveel, waar; waarom; omdat. Wie; terwyl; alhoewel; toe; sodra; sedert; aangesien; as; mits; tensy indien

14 Wat as daar ‘n hulpwerkwoord in die sin is???
Ek voel gelukkig. Ek sal ‘n present kry. (omdat) ANTW: Ek voel gelukkig omdat ek ‘n present sal kry. Hulpww gaan voor die werkwoord aan die einde van die sin. Hulpwerkwoorde: wil/wou Moet/ moes Sal / sou kan/kon Gaan /mag

15 Wat as ek moet begin met ‘n Groep 3 voegwoord????
Ek het skool toe gegaan. Ek was siek. Alhoewel…….. WAT MAAK EK NOU?? Stappe: 1. Onderstreep V1 in altwee sinne. 2. Besluit watter een van die twee sal ‘n beter SIN 1 maak. NB: jy moet weet wat voegwoord beteken. 3. Plaas die werkwoord van Sin 1 aan die einde en die werkwoord van Sin 2 aan die begin. Alhoewel ek siek was, het ek skool toe gegaan.

16 GEEN LEESTEKENS VOOR GROEP 3 VOEGWOORDE NIE!!!
ONTHOU… Dis ALTYD werkwoord 1 van SIN 2 wat rondskuif. Jy kan jou sin NET met ‘n Groep 3 voegwoord begin. “Al” van Groep 2 is die enigste uitsondering waarmee ‘n sin begin kan word. Leestekens vir die voegwoord groepe: Groep 1 Groep 2 Groep 3 Komma  ,maar ,want ,dog GEEN leestekens  en of sowel…as óf…óf nóg…nóg Kommapunt  ;dus ;daarna ;nogtans ,al ,dan ,toe GEEN LEESTEKENS VOOR GROEP 3 VOEGWOORDE NIE!!!


Download ppt "Voegwoorde Voegwoorde se naam sê wat hulle doen – hulle voeg sinne saam (of verbind sinne). Soms verander die woordorde van ‘n sin na ‘n voegwoord."

Verwante presentaties


Ads door Google