De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

STAAT -NIEL VAN TONDER Geskep deur M Diamond 2013.

Verwante presentaties


Presentatie over: "STAAT -NIEL VAN TONDER Geskep deur M Diamond 2013."— Transcript van de presentatie:

1 STAAT -NIEL VAN TONDER Geskep deur M Diamond 2013

2 BELANGRIK!!!!! Dit is baie belangrik om te weet dat die gedig nie gaan oor SWART en WIT nie!!!! Die wit krap verteenwoordig wel die apartheidstaat. Die swart miere die meerderheid mense is wat onderdruk is tydens die apartheidsregering. In die gedig word dit gesuggereer dat die meerderheid (swart miere) die minderheid (wit krap) (apartheidstaat) van binne-af gaan verswak Daarom kan ons sê dat die gediginhoud aansluit by die titel. Geskep deur M Diamond 2013

3 Dis nie seker of die krap leef nie.
Inleiding Die gedig lyk na die eerste lees na die beskrywing van ‘n gewone natuurverskynsel : In ‘n gaterige wal sit ‘n krap en roer sy steeltjiesoë af en toe. Dis nie seker of die krap leef nie. By nadere ondersoek blyk dit ‘n kolonie swart miere het die krap van binne uitgevreet. Die natuurbeeld het egter ‘n dieper betekenis. In die gedig is daar ‘n letterlike laag en ‘n figuurlike laag : LAAG – GEDIG. Op simboliese vlak is dit ‘n politieke gedig. Geskep deur M Diamond 2013

4 Volgens die HAT is staat:
Titel staat Let op die kleinletters. Die feit dat nie ‘n staat of die staat is nie, maak die gedig universeel: Enige staat kan oorgerus raak, stagneer en oorgeneem word of tot ‘n val kom. Die kleinletters toon ook aan dat ons nie net aan ‘n politieke staat moet dink nie, maar dat die titel meerduidig is. Volgens die HAT is staat: ‘n Groep mense wat ‘n stuk land polities organiseer – landsregering. ‘n Toestand – toestand wat kan verander of nie. Geskep deur M Diamond 2013

5 Voorplasing van die woord “jare” beklemtoon die lang tydperk.
Strofe 1 – reël 1 - 3 Voorplasing van die woord “jare” beklemtoon die lang tydperk. Die staat regeer of duur reeds ‘n baie lang tyd. In die tweede versreël word hierdie stagnasie in die woorde “sit roerloos” verwoord. Die staat sit roerloos want dit is in ‘n magsposisie. Daar is ‘n gebrek aan dinamiese aktiwiteit as gevolg van rustigheid. Die woord “wit” in die tweede reël kan letterlik na die krap se ligte kleur verwys of figuurlik die apartheidsregering aandui. Geskep deur M Diamond 2013

6 In die derde reël kom “’n krap” vir die eerste keer ter sprake.
Strofe 1 (vervolg) In die derde reël kom “’n krap” vir die eerste keer ter sprake. Die krap kan letterlik geïnterpreteer word of kan as figuurlike beeld van ‘n regering of toestand optree. Die omgewing waarin die krap skuil, word as “gaterige wal” beskryf. Die beskrywing laat die indruk dat die wal nie stewig is nie, en enige oomblik kan intuimel. Hieruit kan ons aflei dat die apartheidsregering ook in 1975, toe die gedig verskyn het, volgens die spreker in ‘n onstabiele omgewing was. Hierdie aanname word deur die geskiedenis bevestig as die talle opstande herroep word. (bv Soweto – opstande) Geskep deur M Diamond 2013

7 Hierdie beweging is periodiek : “met tye”.
Strofe 2 – reël 4 – 6 Die tweede strofe begin met die woord “roer”, wat geringe beweging suggereer. Hierdie beweging is periodiek : “met tye”. Die krap se ogies is “waaksaam omhoog”, wat ironies is as ons later lees dat die krap van binne ingeneem is. Die waaksaamheid het niks gehelp nie! “waaksaam” suggereer dat daar tog ‘n element van bedreiging teenwoordig is. “omhoog” suggereer die hooghartigheid van die witman. Die woord “omhoog” in strofe 2 word baie mooi tipografies voorgestel deur die twee lang reëls met die kort reël tussenin. As jy jou boek draai, lyk strofe 2 na twee steeltjiesoë. Geskep deur M Diamond 2013

8 Die derde strofe bring die twyfel: Lewe die krap nog of is hy dood?
Strofe 3 – reël 7 – 9 Die derde strofe bring die twyfel: Lewe die krap nog of is hy dood? Weer is hier ‘n suggestie van bewegingloosheid of stagnasie in die woorde “droë dood ook in hom lê”. Tot dusver het die idee van stagnasie of bewegingloosheid nog in elke strofe voorgekom en ons kan aanneem dat dit ‘n baie belangrike tema in die gedig is. Let op die d – alliterasie : bind die gedagte saam. Die apartheidsideologie wat deel van die blanke was en inherent in hom lê, is waarskynlik ironies ook die kern van die blanke se ondergang. Geskep deur M Diamond 2013

9 Die kontras is op twee plekke waarneembaar.
Strofe 4 – reël 10 – 12 Die laaste strofe begin met die woord “maar” wat dadelik vir ons ‘n teenstelling aandui. Hierdie strofe gaan dus van die res van die gedig verskil. In reël 1 – 9 word gewonder oor die ondergang en in reël 10 – 12 gebeur die ondergang. Die kontras is op twee plekke waarneembaar. Die woorde “swart mierbataljon” roep die beeld van ‘n string krioelende insekte op wat in kontras staan met die wit, stagnante krap. Die suggestie is dus hier dat die swart landsbewoners van apartheid – Suid – Afrika die wit regering gaan verslaan. Geskep deur M Diamond 2013

10 Strofe 4 – vervolg Die onsekerheid wat in die derde strofe genoem is ,herhaal weer in reël 10 met “wanneer en hoe”. Die klem op onsekerheid kan ook ‘n waarskuwing wees dat die “droë dood” enige tyd en vinnig kan plaasvind en dat die wit krap dus weerloos is. Die laaste strofe bevat sterk militêre terme, soos “mierbataljon”, “parate” en “pantser”. Dit kan dui op die regering van die dag se gewoonte om oproeriges met die weermag te beheer. Die woord “parate” is ironies: Iemand / iets wat paraat is, sal nie oorgeneem word nie. Dus is die regering nie so waaksaam as wat hulle gedink het nie. Dit kan egter ook ‘n waarskuwing inhou: Moenie dink ‘n parate pantser kan nie binnegedring word nie. Die vraagteken suggereer dat niemand met sekerheid weet presies wat fout gegaan het of wanneer nie. Geskep deur M Diamond 2013

11 Deurlopende metafoor Die hele gedig is een , lang uitgebreide metafoor, waar die krap die oorgeruste wit regering uitbeeld en die swart bataljon miere die swart meerderheid wat oorneem. Geskep deur M Diamond 2013

12 Die gedig dra sy boodskap treffend oor:
Tema Die gedig dra sy boodskap treffend oor: ‘n Vers wat op die oog af na ‘n onskuldige natuurverskynsel lyk, dra ‘n ernstige waarskuwing. Die waarskuwing is nie net gerig op die Suid-Afrikaanse regering van 1975 nie, maar elke leser kan hierdie waarskuwing ter harte neem: Enigiets wat stagneer, loop gevaar om deur “ ‘n droë dood” oorval te word. Geskep deur M Diamond 2013


Download ppt "STAAT -NIEL VAN TONDER Geskep deur M Diamond 2013."

Verwante presentaties


Ads door Google