De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

David de Lange Fanie Olivier Verskuns, p. 91.

Verwante presentaties


Presentatie over: "David de Lange Fanie Olivier Verskuns, p. 91."— Transcript van de presentatie:

1 David de Lange Fanie Olivier Verskuns, p. 91

2 David de Lange (1906-1947) was ‘n mynwerker.
Pre-lees David de Lange ( ) was ‘n mynwerker. Hy het ‘n wilde sosiale lewe gelei en was baie lief vir meisies. Sy boeremusiek was gewild: hy verkoop bykans ‘n miljoen plate. Die SAUK wou nie sy musiek speel nie omdat dit nie vir “ordentlike mense” was nie. Sy musiek was vir die werkersklas, wat bietjie wou vergeet van die swaarkry (byna soos Bruce Springsteen se musiek) Van sy bekendste liedjies was: “Skeeloog Daisy”, “Die lekker dop” en “Boomstraat”. Dié gedig is tydens die KKNK geskryf op versoek van ‘n jong seun genaamd David Dippenaar. Die seun het aan die digter gesê waarin hy belangstel, daarom het die digter vir hom ‘n gedig geskryf oor sy naamgenoot, David de Lange. Die digter het ‘n ooreenkoms gesien tussen David Dippenaar se belangstellings en die manier waarop David de Lange sy moeilike mynwerkerslewe bedags met iets moois gekombineer en so beroemd geword het.

3 Bou: vrye vers; 4 strofes van wisselende lengte; min rymwoorde
Titel: die naam van ‘n musikant wat in die dertigerjare geleef het; ‘n legende onder liefhebbers van boeremusiek. Titel laat dit lyk of die gedig oor David de Lange sal gaan. David de Lange Bou: vrye vers; 4 strofes van wisselende lengte; min rymwoorde Hoe maklik rym jy nie die dinge nie, jong David Dippenaar. Jou lysie dek krieket, Alistair MacClean, ‘n klarinet. Onder jou baie ander gunstelinge herken ek Beethoven en Chopin, ‘n wysie of twee van die Beatles daarby.* r. 2: die spreker praat met ‘n ander David, nl. David Dippenaar - alliterasie rym: r. 1 & 4; r. 2 & 5 r. 3: Alistair Maclean- skrywer van aksieverhale r. 3: “klarinet” beklemtoon deur: k-alliterasie, komma voor die voord en punt daarna en dis laaste woord in die reël. r. 5: klassieke komponiste r. 6: popgroep uit sestiger jare Spreker sien eienskappe van David de Lange in David Dippenaar raak.

4 r. 7 & 8: v-alliterasie; oe-assonansie
Strofe 2 (vervolg ...) r. 7: tipografies ingekeep; plaas klem op die woorde en rym met “soet” in r. 10, want om die “soet” uit die lewe te haal was iets wat David de Lange “goed” kon doen r. 11: “alchemis”: ‘n wetenskaplike uit die ou tyd wat goud uit ander metale probeer maak het 7. Hoe goed 8. voeg jy nog daagliks sonder voorbehoud 9. die stukke almal inmekaar, maak jag 10. op die lewe! Tower, wonderlik, soet 11. uit alles stuur; soos die alchemis snags 12. verander jy dinge rondom jou dag in goud. r. 7 & 8: v-alliterasie; oe-assonansie r. 10: herhaling van w-klank verbind die 3 gedagtes wat ooreenkoms met De Lange se lewe toon: “maak jag op die lewe! Tower, wonderlik”. r. 10 & 11: s-alliterasie – eindig uiteindelik in die woord “snags” – die tyd van die dag wat David de Lange d.m.v. boeremusiek die donker lewens van die goudmynwerkers in “goud” verander het. r. 12; “goud” beklemtoon: laaste woord van die strofe en rym met “voorbehoud”

5 Strofe 2 r. 13: “klarinet” is ‘n moeilike instrument om te bespeel Die spreker herhaal die woord “maklik” omdat David Dippenaar dit maklik laat lyk. Om hierdie gedagte te beklemtoon, rym die eindwoorde met mekaar (“klarinet” en “het”) sodat dit maklik lees en klink. Hoe maklik, maklik rym ‘n klarinet dan met al die note wat jou vingers het: om net só jonk te wees en weer so oud!! r. 14: die spreker praat van die note wat David se vingers uittower r. 14: leestekens vul aan wat die spreker nie se nie. Die dubbelpunt aan die einde van r. 14, beklemtoon die gedeelte daarna die dubbele uitroepteken bevestig sy stelling klarinet

6 VVan Coke Kartel en Jack Parow
Strofe 3 Die asterisk en die hakies, vertel aan die leser dat hierdie ‘n agterna- of bygedagte is. Die spreker klink amper teleurgesteld wanneer hy spekuleer dat die jong David Dippenaar vandag waarskynlik sy keuses verander het, omdat sommige van die musikante van sy portuurgroep blykbaar nie in subtiele blaas-instrumente belangstel nie. Hulle hou net van harde klanke. *(Nou, 15 jaar later, staan by jou portuur, Die Antwoord seker voorlopig bo, Van Coke Kartel en Jack Parow die Sparrow die vuvuzela al blaasding waarin hulle glo) VVan Coke Kartel en Jack Parow

7 Jeugdigheid en entoesiasme
Post-lees TEMA: Jeugdigheid en entoesiasme

8 1. Wie was David de Lange en David Dippenaar onderskeidelik? (2)
Vrae 1 1. Wie was David de Lange en David Dippenaar onderskeidelik? (2) David de Lange was ‘n mynwerker en het boeremusiek plate gemaak. David Dippenaar is ‘n seun wat die digter tydens die KKNK in 1995 ontmoet het. 2. Wat het die twee karakters in gemeen? (1) Beide het o.a. ‘n belangstelling in musiek gehad.

9 r. 10: “soet”; r. 11: “suur” – r. 11: “snags”; r. 12: “dag”
Vrae 2 3. Skryf 2 voorbeelde van kontras uit reëls Skryf slegs die woorde en die reëls neer (2) r. 10: “soet”; r. 11: “suur” – r. 11: “snags”; r. 12: “dag” 4. Skryf ‘n voorbeeld van herhaling in strofe 3 neer (1) “maklik”, “maklik”

10 Vrae 3 5. Skryf ‘n reël in die laaste strofe neer wat impliseer dat die spreker nie baie van moderne musiek hou nie (1) Die verwysing na vuvuzela dui daarop dat sommige van die moderne musikante eintlik net ‘n geraas maak! 6. Hoe voel jy oor moderne musiek teenoor klassieke musiek? Motiveer jou antwoord (2) Die jonger geslag vind meer aanklank by moderne musiek en het nie ‘n oor ontwikkel vir Barokkomponiste soos Beethoven en Chopin nie.

11 Bronne Volledig gebaseer op:
Vosloo, Riens: Verskuns vir Huistaal, Graad 10 Vosloo, Riens: Best Books Studiewerkgids - Verskuns vir Graad 10 Huistaal Radio Kalahari Orkes (links); Die Antwoord (regs)


Download ppt "David de Lange Fanie Olivier Verskuns, p. 91."

Verwante presentaties


Ads door Google