De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

Redding vir alle mense….

Verwante presentaties


Presentatie over: "Redding vir alle mense…."— Transcript van de presentatie:

1 Redding vir alle mense….
….wat hul bekeer en volhard in die Weg tot die einde.

2 Vertel my die raaisel – die antwoord is Adam
Gén 3:23 Toe stuur JHWH God hom weg uit die tuin van Eden om die grond te bewerk waaruit hy geneem is. Gén 3:24 So het Hy dan die mens weggedrywe en gérubs aan die oostekant van die tuin van Eden laat woon, met die swaard wat vlam en flikker, om die toegang tot die boom van die lewe te bewaak. Mat 7:13 Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan. Mat 25:41 Dan sal Hy ook vir dié aan sy linkerhand sê: Gaan weg van My, julle vervloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele. Wat beweeg op ʼn breë pad na ʼn bestemming waar hul nie wil uitkom nie, van ʼn bestemming waar hul nie wou weggaan nie – en hul doen so al laggende en uit vrye wil.

3 Die eerste tree na redding, is die oomblik as jy begryp dat jou pad na die hel lei. Die tweede tree is wanneer jy besef dat jy ʼn keuse het. Mat 3:1 In daardie dae het Johannes die Doper opgetree en in die woestyn van Judéa Mat 3:2 gepreek en gesê: Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom. Mat 3:5 En Jerusalem en die hele Judéa en die hele omtrek van die Jordaan het uitgegaan na hom toe. Mat 3:6 En hulle is deur hom in die Jordaan gedoop met belydenis van hulle sondes. Mat 3:7 Maar toe hy baie van die Fariseërs en Sadduseërs na sy doop sien kom, sê hy vir hulle: Addergeslag, wie het julle aangewys om te vlug vir die toorn wat aan kom is? Mat 3:8 Dra dan vrugte wat by die bekering pas. Mat 3:9 En moenie dink om by julleself te sê: ons het Abraham as vader nie; want ek sê vir julle dat God mag het om uit hierdie klippe kinders vir Abraham op te wek. Mat 3:10 Maar die byl lê ook al teen die wortel van die bome. Elke boom wat geen goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi. Mat 3:11 Ek doop julle wel met water tot bekering; maar Hy wat ná my kom, is sterker as ek, wie se skoene ek nie waardig is om aan te dra nie. Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur. Mat 3:12 Sy skop is in sy hand, en Hy sal sy dorsvloer deur en deur skoonmaak en sy koring in die skuur saambring, maar die kaf sal Hy met onuitbluslike vuur verbrand.

4 Die wêreld se reëls stuur jou weg van die Weg na redding
Joh 14:3 En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is. Joh 14:4 En waar Ek heengaan, weet julle en die weg ken julle. Joh 14:5 Thomas sê vir Hom: Here, ons weet nie waar U gaan nie, en hoe kan ons die weg ken? Joh 14:6 Jahshua antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie. Joh 15:18 As die wêreld julle haat, moet julle weet dat hy My voor julle gehaat het. Joh 15:19 As julle van die wêreld was, sou die wêreld sy eiendom liefhê. Maar omdat julle nie van die wêreld is nie, maar Ek julle uit die wêreld uitverkies het, daarom haat die wêreld julle. Joh 15:20 Onthou die woord wat Ek vir julle gesê het: ʼn Dienskneg is nie groter as sy heer nie. As hulle My vervolg het, sal hulle jul ook vervolg. As hulle my woord bewaar het, sal hulle jul woord ook bewaar. Joh 12:25 Wie sy lewe liefhet, sal dit verloor; maar wie sy lewe haat in hierdie wêreld, sal dit bewaar vir die ewige lewe. Joh 12:26 As iemand My dien, laat hom My volg; en waar Ek is, daar sal my dienaar ook wees; en as iemand My dien, sal die Vader hom eer.

5 Alles lyk so maklik van bo af, maar as jy self die pad stap, sien jy ʼn ander perspektief.

6 Jy sal dit aan jou lyf voel as jy omgedraai het na die Weg, maar die vooruitsig laat jou volhard.
1Ko 2:14 Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word. Hnd 7:55 Maar hy was vol van die Heilige Gees en het die oë na die hemel gehou en die heerlikheid van God gesien en Jahshua wat staan aan die regterhand van God. Hnd 7:56 En hy het gesê: Kyk, ek sien die hemele geopend en die Seun van die mens aan die regterhand van God staan. Hnd 7:57 Maar hulle het met ʼn groot stem geskreeu en hulle ore toegestop en soos een man op hom aangestorm. Hnd 7:58 En hulle het hom buitekant die stad uitgewerp en hom gestenig….. Luk 21:27 En dan sal hulle die Seun van die mens sien kom in ʼn wolk, met groot krag en heerlikheid. Luk 21:28 En as hierdie dinge begin gebeur, kyk dan na bo en hef julle hoofde op, omdat julle verlossing naby is. Luk 21:29 Toe vertel Hy hulle ʼn gelykenis: Let op die vyeboom en al die bome. Snit A-A

7 Eenvoudig, ‘n kind kan dit verstaan!

8 Die eenvoudige Evangelie

9 2Ti 3:12 En almal wat ook godvrugtig wil lewe in Christus Jesus, sal vervolg word. 2Ti 3:13 Maar goddelose mense en bedrieërs sal voortgaan van kwaad tot erger, hulle wat verlei en verlei word. 2Ti 3:14 Maar bly jy in wat jy geleer het en waarvan jy verseker is, omdat jy weet van wie jy dit geleer het, 2Ti 3:15 en dat jy van kleins af die heilige Skrifte ken wat jou wys kan maak tot saligheid deur die geloof in Christus Jesus. 2Ti 3:16 Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, 2Ti 3:17 sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.

10 Die volle verhaal raak nogal besig

11 En dan kom die Duiwel by….

12 Spr 14:12 Daar is ʼn weg wat vir ʼn mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die dood.
Hos 4:6 My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis; omdat jy die kennis verwerp het, sal Ek jou verwerp, sodat jy vir My die priesteramp nie sal bedien nie; omdat jy die wet van jou God vergeet het, sal Ek ook jou kinders vergeet.

13 Efs 4:11 En Hy het gegee sommige as apostels, ander as profete, ander as evangeliste, ander as herders en leraars, Efs 4:12 om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, tot opbouing van die liggaam van Christus, Efs 4:13 totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot ‘n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus; Efs 4:14 sodat ons nie meer kinders sou wees nie wat soos golwe geslinger en heen en weer gedryf word deur elke wind van lering, deur die bedrieëry van die mense, deur sluheid om listiglik tot dwaling te bring; Efs 4:15 maar, terwyl ons in liefde die waarheid betrag, in alles sou opgroei in Hom wat die Hoof is, naamlik Christus, Efs 4:16 uit wie die hele liggaam—goed saamgevoeg en saamverbind deur die ondersteuning wat elke lid gee volgens die werking van elke afsonderlike deel in sy mate—die groei van die liggaam bevorder vir sy eie opbouing in liefde.

14 Waar jy is, beïnvloed jou bediening

15 Amen


Download ppt "Redding vir alle mense…."

Verwante presentaties


Ads door Google