Download de presentatie
De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub
GepubliceerdMerel van der Zee Laatst gewijzigd meer dan 5 jaar geleden
1
Psalm 99 PowerPoint agtergrond
Grafika bekom met Google Advanced Search- geen kopiereg. Dit is beskikbaar by
2
God nooi ons uit en ons kom tot rus
Toetrede Flam 124 Agnus Dei (bekend) of VONKK 263 Hoog verhewe sit die Here of Psalm 99 Votum Psalm 99:1-3 Die Here regeer: die volke erken bewend sy gesag. Hy troon oor die gerubs: die aarde sidder van ontsag. 2Groot is die Here, Hy wat in Sion is, hoog verhewe bo al die volke. 3Hulle moet u groot en gevreesde Naam prys: “U is heilig!” Respons VONKK 69 Heilig, Heilig, Heilig Is Die Heer of Lied 170 Heilig, heilig, heilig Seëngroet Lofsang Flam 21 In Die Hemel Is Die Heer (bekend) of Lied 169 Heilig, heilig, heilig Wet 2 Korintiërs 3:12-4:2 Toewyding Flam 45 Die Heel Beste Rede of Lied 231 Heilig, heilig, heilig, Here Geloofsbelydenis
3
God praat met ons en ons luister
Gebed Skriflesing Psalm Lees die Psalm responsories: Voorleser: Die Here regeer: die volke erken bewend sy gesag. Hy troon oor die gerubs: die aarde sidder van ontsag. 2Groot is die Here, Hy wat in Sion is, hoog verhewe bo al die volke. 3Hulle moet u groot en gevreesde Naam prys: Gemeente: “U is heilig!” Voorleser: 4U is die magtige Koning, U het die reg lief; wat reg is, het U tot stand gebring. U het reg en geregtigheid in Jakob gevestig. Gemeente: 5Prys die Here ons God. Kom buig in aanbidding voor Hom: Hy is heilig! Voorleser: 6Moses en Aäron was onder sy priesters, Samuel onder dié wat sy Naam aangeroep het. Hulle het die Here aangeroep en Hy het hulle gebed verhoor. 7In ’n wolkkolom het God met hulle gepraat, en hulle het sy voorskrifte gehoorsaam, die opdragte wat Hy hulle gegee het. 8Here ons God, U het hulle gebede verhoor. U was vir hulle ’n vergewende God, maar Een wat ook hulle sondes gestraf het. Gemeente: 9Prys die Here ons God, buig voor Hom op sy heilige berg, want die Here ons God is heilig. Familie-oomblik
4
Psalm 99 Fokusteks: Psalm 99 Die Here ons God is heilig
99 Die Here regeer: die volke erken bewend sy gesag. Hy troon oor die gerubs: die aarde sidder van ontsag. 2Groot is die Here, Hy wat in Sion is, hoog verhewe bo al die volke. 3Hulle moet u groot en gevreesde Naam prys: "U is heilig!" 4U is die magtige Koning, U het die reg lief; wat reg is, het U tot stand gebring. U het reg en geregtigheid in Jakob gevestig. 5Prys die Here ons God. Kom buig in aanbidding voor Hom: Hy is heilig! 6Moses en Aäron was onder sy priesters, Samuel onder dié wat sy Naam aangeroep het. Hulle het die Here aangeroep en Hy het hulle gebed verhoor. 7In 'n wolkkolom het God met hulle gepraat, en hulle het sy voorskrifte gehoorsaam, die opdragte wat Hy hulle gegee het. 8Here ons God, U het hulle gebede verhoor. U was vir hulle 'n vergewende God, maar Een wat ook hulle sondes gestraf het. 9Prys die Here ons God, buig voor Hom op sy heilige berg, want die Here ons God is heilig.
5
Familie-oomblik Familie-oomblik
Hierdie is ‘n goeie Sondag om veral met kleiner kinders te gesels oor gebed. Gebed is nie inkopielysies nie. Ons gesels met God. Gebruik die hand om vir mense die verskillende aspekte van gebed te verduidelik: Duim – Loof: Duim is eerste – ons begin altyd by God deur God te loof – deur vir God te sê hoekom ons lief is vir hom. Gesels oor maniere waarop ons vir God kan loof. Julle kan bv die sin voltooi: Here, ons prys U, want u is ... (Julle kan dit vir elke vinger doen: Jammer dat ons.... Dankie vir.... Ons vra...) Jammer – Wysvinger: Wanneer iemand met jou raas of sê wat jy moet doen, wys hulle met hierdie vinger. Volgende sê ons vir God jammer vir die goed wat ons verkeerd gedoen het. Dankie – Middelvinger: Dis die langste vinger, want dis belangriker dat ons “dankie” sê as om te vra vir goed. Ons sê ook vir God DANKIE wanneer hy ons gebede beantwoord, wanneer hy iets in ons lewens doen en vir al die seëninge wat hy vir ons en ander gee. Vra – Ringvinger en pinkie: God wil ook hê ons moet VRA vir wat ons of ander mense nodig het. Ringvinger – dis die swakste vinger, daarom bid ons vir ander mense wat swak is. Pinkie – dis die kleinste, so ek bid heel laaste vir myself.
6
Agtergrond Preekriglyn Agtergrond
Die vierde Psalmboek , Psalms , fokus op die feit dat die Here reg deur die eeue getrou gebly het aan die volk van Israel ten spyte van die ontrouheid van Dawid se koningshuis en die volk se voortdurende ongehoorsaamheid. Dit eindig met 'n appèl aan die Here om die ballinge weer terug te bring na Jerusalem, soos dit in Ps. 106:47 uitgespel word. Die vierde Psalmboek in sy geheel, gegewe die koppeling met die tyd van die ballingskap, help ons ook om te verstaan dat selfs in 'n tyd wat jy swaarkry, 'n mens blydskap in die teenwoordigheid van die Here kan beleef deur lofprysing.
7
Buig in aanbidding voor die Heilige
Psalm 99 is een van die prima Aanbiddingspsalms. Twee keer loop die beskrywing van God se wese en werk uit op 'n gelykluidende oproep om God te aanbid: "Prys die Here ons God. Kom buig in aanbidding voor Hom: Hy is heilig!" (vers 5). Die direkte vertaling vertaal "voor Hom" heel korrek as: "voor die voetbank vir sy voete," wat dui op die verbondsark as simbool van die Here. "Prys die Here ons God, buig voor Hom op sy heilige berg, want die Here ons God is heilig." (vers 9). Die direkte vertaling vertaal "voor Hom op sy heilige berg" meer direk as: "voor sy heilige berg" wat dui op die tempelberg, Sion, as simbool van die Here. Dit is dan ook die indeling van die Psalm: vers 1–5 en vers 6–9. Inderdaad: "U is heilig." Neem 'n paar oomblikke om jou in te leef in aanbidding voor dié God.
8
Aanbid die Heilige Heerser God (vs 1-5)
Aanbid die Heilige Heerser God – vers 1–5 Die Psalm teken in die eerste deel 'n prentjie van God wat regeer vanaf die Allerheiligste deel van die tempel in Sion. Die Psalmdigter sê: "Hy troon oor die gerubs" (vers 1). Dit dui aan die eenkant op die twee gerubs (hemelse wesens soos die engele en die serafs) van goudbeslag wat op die deksel van die verbondsark in die Allerheiligste van die tabernakel, die tent van ontmoeting, aangebring is (vgl. Eks. 25:18). Salomo het later in die tempel nog meer gerubs gemaak (vgl. 1 Kon. 6). Dit is die plek vanwaar God met Moses gepraat het op hulle reis deur die woestyn (Num. 7:89), en waar die hoëpriester een keer 'n jaar versoening vir die sondes van die volk gedoen het (Lev. 16). Die beskrywing van die gerubs dui egter ook aan die ander kant op die werklikheid van God wat vanuit die hemel heers, wat Hy is koning oor die hele wêreld, "hoog verhewe bo al die volke." (vers 2). Die tempel en die verbondsark is dus simbole van die dieper werklikheid van God se wese en werk wat alles omvat. Dit pas ons ook om voor Hom neer te buig, soos Psalm 99 sê, en te roep: "Heilig is Hy!" (direkte vertaling). Hy is dus die Heilige Heerser, die magtige Koning (vers 4). Dit is Hy wat aanbid moet word. Waarvoor? Dat Hy die reg (geregtigheid – 2–14 vertaling) liefhet, dat Hy die reg (billikheid – direkte vertaling) tot stand bring, dat Hy reg en geregtigheid vestig in sy volk (Jakob). Dit is waarvoor Hy geëer en aanbid moet word. En let op dat Hy nie net geregtigheid liefhet nie, maar inderdaad tot stand kan bring sodat dit gevestig kan wees onder sy mense. Die prentjie van hierdie Heilige Heerser God word voltooi met die beskrywing in vers 5 – wat ongelukkig weggelaat is in die 1983 vertaling – oor die verbondsark as "die voetbank vir sy voete" soos dit heel korrek in die direkte vertaling aangebring is. Hierdie Heilige God heers dus vanuit die heiligdom in die stad Jerusalem. God is egter nie net in Sion nie. Dit is maar net sy "voetbank" (vgl. 1 Kron. 28:2 waar Dawid juis van die verbondsark "as rusplek vir die voete van ons God" praat; vgl. ook Ps. 132:7). Hy is ook: "hoog verhewe bo al die volke." Daarom kan die Psalmdigter alle mense oproep om sy groot en gevreesde Naam te prys: "U is heilig."
9
Aanbid die God wat gebede beantwoord (vs 6-9)
Aanbid die God wat gebede antwoord – vers 6–9 Die fokus van die Psalmis skuif na drie gebedshelde van weleer, Moses, Aäron en Samuel wat sy Naam aangeroep het en ervaar het dat Hy hulle gebed geantwoord het (interessant, al drie word priesters genoem). Samuel verbind homself interessant genoeg ook aan Moses en Samuel wat 'n aanduiding is dat hy sy lewe op dié van Moses en Aäron geskoei het (1 Sam. 12:6). In die 1983 vertaling staan daar egter dat Hy die gebed verhoor het, maar eintlik staan daar net dat Hy geantwoord het (direkte vertaling). Ons dink te maklik dat verhoring 'n ja–antwoord is. Dit is nie wat die drie se ervaring was nie. God het altyd geantwoord, maar soms ook nee geantwoord, soos wat ons eksplisiet van Moses (Eks. 32), en Samuel (1 Sam. 16) lees. Trouens, die Here waarsku vir Jeremia op 'n punt in sy eie worsteling met die Here, dat selfs al was Moses en Samuel in gesprek met Hom oor die situasie van die volk net voor die ballingskap, sou Hy nie van sy plan afwyk nie (Jer. 15:1). God se besluit is soewerein. En 'n nee–antwoord is ook 'n Goddelike antwoord. Laat ons dit nooit vergeet nie. Wat ons ook moet raaksien van dié drie gebedshelde, is dat hulle God se bepalings nagekom het, die vaste voorskrifte wat Hy vir hulle gegee het (vers 7). Gehoorsaamheid is belangriker as gebedsverhoring. 'n Les wat ons weer ter harte kan neem in ons eie worstelinge met die Here oor allerlei. Let ook op dat die antwoord op hulle gebede ingesluit het dat God hulle vergewe het, en soms ook hulle sondes gestraf het – al drie het dit ervaar: Moses kon nie die Beloofde Land in nie (Num. 16), Aäron ook nie (Num. 12; 16) en Samuel is deur die Here tereggewys oor sy hartseer oor Saul (1 Sam. 16). God se dissipline was dus werksaam in hulle lewe. Die Psalmdigter gebruik dus dié drie gebedshelde se lewens om ons op te roep om dié God te aanbid, sy leiding in ons lewens te aanvaar, want Hy is heilig!
10
Die boodskap van die Psalm
Psalm 99 roep ons op om God te aanbid. Daar is twee redes daarvoor. Eerstens is God die Heilige Heerser wat oor alles troon. Tweedens is God die een wat gebede beantwoord. Dit pas ons aan-aan die eenkant om met ontsag Hom te aanbid. Terselfdertyd nooi Hy ons aan die ander kant uit om soos Moses, Aäron en Samuel met Hom in gesprek te tree oor alles in ons lewe. Hy sal antwoord. Daarop kan ons vertrou. Maar, dit sluit in dat Hy soewerein bly in die tipe antwoord wat Hy gee. En gehoorsaamheid is belangriker as gebedsverhoring.
11
Verheerliking Verheerliking
Dis vandag Sondag van Verheerliking, die inleiding tot die herdenking van Lydenstyd, tot die kruisweg. Psalm 99 beskryf die heerlikheid van God, waarin Jesus deel. In die bediening van Jesus die Here word God se koningskap op 'n heerlike manier op aarde bevestig. Die heerlikheid lê by God, nie by ons nie. En tog her Jesus, gelyk aan God, sy heerlikheid nie gesien as iets waaraan Hy Hom moes vasklem nie, maar het Hy 'n dienaar geword wat ons tot in die dood kom dien het. Daarvoor kan ons die heerlike, hoë God vereer en dien.
12
God stuur ons om te leef God stuur ons om te leef Gebed Dankoffer
Slotsang Flam 18 Ek Kyk Op of VONKK 76 Onsterflik, Onsienlik, Almagtig En Wys (bekende melodie) of Lied 267 Ons Vader op die hemeltroon Seën Respons VONKK 69 Heilig, Heilig, Heilig Is Die Heer of Lied 170 Heilig, heilig, heilig
13
Volgende erediens: Lukas 4:1-13
Liturgie en familie-oomblik: Rethie van Niekerk Powerpoint: Wicus Wait Preekriglyn: Danie Mouton Prosesbestuur en ekstra stof: Chris van Wyk
Verwante presentaties
© 2024 SlidePlayer.nl Inc.
All rights reserved.