De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

Sondag, 17 Februarie 2019 Welkom in die Erediens.

Verwante presentaties


Presentatie over: "Sondag, 17 Februarie 2019 Welkom in die Erediens."— Transcript van de presentatie:

1 Sondag, 17 Februarie 2019 Welkom in die Erediens

2 Gebed

3 Vrede vir jou…

4

5 Miskien moet jy die diere vra om jou te leer, die voëls daarbo om jou te vertel, of praat met die aarde dat dit jou leer en met die visse in die see dat hulle dit vir jou sê. Wie van hulle weet nie almal dat die hand van die Here alles gemaak het nie? - Job 12:7-9

6 Die Arend Die duif Die volstruis Die lelike eendjie (eend/swaan)
Die 4 voëls waaroor ons reeds gesels het: Die Arend Die duif Die volstruis Die lelike eendjie (eend/swaan)

7

8 Die Arend: (Ontwikkel die mentaliteit van ‘n arend)
Ons kan nie soos hoenders leef wat loop en rondpik en rondskrop op die aarde, terwyl die Here elkeen van ons gemaak het met die potensiaal om hoog te kan vlieg nie. Mekaar aanmoedig om ons volle potensiaal te ontwikkel Uit ons gemaksones beweeg

9 Die Duif: (Die duif binne in jou)
Die duif is ‘n simbool van vredemakers en die Heilige Gees. Eienskappe van die duif- nederigheid, sagmoedigheid, reinheid (kenmerkende einskappe van Jesus se bediening op aarde) Dieselfde Gees van God op Jesus tydens Sy bediening op aarde binne in elkeen van ons. Wat doen ons daarmee?

10 Die volstruis: (Die volstruis strategie)
Kenmerkend aan ‘n volstruis- langbene, lang nek en groot oë. Lees in Job- die volstruis het geen wysheid. Druk kop in die grond & sit op loop = volstruis strategie Ons is wel geseënd met wysheid, maar doen soms dieselfde as volstruise. Ons moet waak daarteen

11 Die lelike eendjie Die storie van die lelike eendjie
Iemand laat voel jou dalk soos ‘n lelike eendjie…Watter keuse gaan jy maak? Hierdie is God se dam en ons is die swane wat Hy bymekaar gevoeg het.

12 Is jy ‘n suikerbekkie of ‘n aasvoël?

13 Beide hierdie voëls vlieg rond opsoek na iets. Elke dag, heel dag
Beide hierdie voëls vlieg rond opsoek na iets. Elke dag, heel dag. Dit is wat hulle doen. Maar sien, hierdie twee voëls het twee uiteenlopende lewensuitkyke. Alle aasvoëls sien net karkasse en vrot vleis, want dit is waarvoor hulle soek. Maar die suikerbekkies ignoreer die stinkende vleis en dooie diere. Inplaas daarvan sien hulle altyd net die kleurvolle blomme.

14 Jy kan ‘n aasvoël wees wat die slegte in elke persoon sien, die lelike in elke situasie, of jy kan ‘n suikerbekkie wees wat die goeie in elke dag, situasie en mens soek/sien. Ongeag watter een van die twee jy kies- dit waarvoor jy soek- gaan jy kry

15 Wat sê God se Woord vir ons hieroor?
Spreuke 16, vers 24 en 27 stel die kontras tussen die verskillende leefwyses: Vers 24- Aangename woorde is soos heuning, soet en geneeskragtig vir die mens. (suikerbekkie) Vers 27 – ‘n Kwaadwillige mens bring net teenspoed; wat hy sê is soos ‘n verterende vuur. (aasvoël)

16 Johannes 10:10 ‘n Dief kom net steel en slag en uitroei (Aasvoël); Ek het gekom sodat julle die lewe kan hê en dit in oorvloed (suikerbekkie).

17 Jesaja 43:19 Kyk, Ek gaan iets nuut doen, dit staan op die punt om te gebeur, julle kan dit al sien kom.

18 Fil. 3:13-15: Broers, ek verbeel my nie dat ek dit alles het nie. Maar een ding doen ek: Ek maak my los van wat agter is en strek my uit na wat voor is. Ek span my in om by die wenstreep te kom, sodat ek die hemelse prys kan behaal waartoe God my geroep het in Christus Jesus. Ons almal wat geestelik volwasse is, moet hierdie gesindheid hê. En as julle in enige opsig anders daaroor dink- God sal ook hierin aan jule die regte insig gee.

19 As ons ‘n suikerbekkie lewensuitkyk wil hê in die gemeente- Dan moet ons, ons losmaak van dinge wat in die verlede gebeur het. Dit is dood, dit is verby. En ‘n suikerbekkie fokus nie op die dood en dit wat verby is nie. ‘n Suikerbekkie soek lewe en varsheid.

20 Wat beteken dit prakties?
1) Laat gaan bagasie van die verlede en fokus op hoe ons nou voorentoe kan beweeg 2) Onvoorwaardelike aanvaarding en vergifnis 3) Leef in vrede met jouself en met God

21 As suikerbekkies moet ons die soetheid, varsheid en nuwe lewe in die wêreld soek. Ons moet die mooi en die goed in mekaar en in elke situasie soek en daar sal ons God vind!

22 Mag elkeen van ons met ‘n arendsmentaliteit leef en die potensiaal in onsself en mekaar ontgin;
Mag ons nooit die duif binne in onsself vergeet nie, maar optree met sagmoedigheid, nederigheid en deernis; Mag ons ten alle tye waak teen die volstruis strategie; Mag ons nooit twyfel in die swaan binne in elkeen van ons in God se dam nie; En mag ons die lewensuitkyk van ‘n suikerbekkie hê.

23 Gebed

24 Nagmaal

25

26 Bevestiging van kerkraadslede

27 Is jy daarvan oortuig dat God Self jou deur Sy gemeente tot hierdie besondere diens geroep het?

28 2) Aanvaar jy die Ou en die Nuwe Testament as die enigste onfeilbare Woord van God en as die volkome leer van die verlossing, en verwerp jy alle leringe wat daarmee in stryd is?

29 3) Beloof jy om jou amp, soos dit aan jou voorgehou is, volgens hierdie leer getrou te vervul?

30 4) Aanvaar jy dat jou medegelowiges die verantwoordelikheid het om jou te help om op die regte pad te bly?

31 Dankoffers

32 Dankgebed

33 Ontvang die Here se seën...†

34 Amen


Download ppt "Sondag, 17 Februarie 2019 Welkom in die Erediens."

Verwante presentaties


Ads door Google