Download de presentatie
De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub
GepubliceerdGijs Smit Laatst gewijzigd meer dan 6 jaar geleden
1
Vir meer inligting: www.matthew28.co.za
Die Genade van Geloof Saamgestel deur:Harry van Huyssteen Vir meer inligting:
2
Vir meer inligting: www.matthew28.co.za
Wat is Ongeloof? Dit is om te glo dat die heelal toevallig ontstaan het. Michael Behe het daarop gewys dat die waarskynlikheid om een proteïen molekule deur middel van ewekansigheid te laat ontstaan (ongeveer 100 aminosure in een proteïen molekule), is dieselfde om te glo dat ‘n blinde man ‘n spesifieke korreltjie sand drie-maal na mekaar sal kry in die Sahara woestyn. Hierdie een molekule is ook nog nie lewe nie. Om dan lewe te bewerkstellig moet jy ongeveer 200 van daardie proteïen molekules bymekaar kry! (22, p125) Ongeloof ry op die rug van materialisme. Dit bring die volgende mee: Deur te glo dat daar geen intelligensie agter lewe staan nie. Dat die inherente boodskap van die lewe deur onintelligente materialisme verklaar kan word (22, p128). Om te glo dat menslike denke is die resultaat van chemiese reaksies alleenlik. Chemika is beslis betrokke by menslike denke maar dit kan nie alle menslike denke verklaar nie. Geisler en Turek gaan voort deur daarop te wys dat iemand se gedagtes, of dit nou liefde of haat is, is nie chemikalieë nie. Hoeveel sou liefde weeg? Wat is die chemiese samestelling van haat? (22, p ) Die onvermoë om te verklaar hoekom een liggaam lewend is en die ander nie. Alle liggame bestaan uit dieselfde boustowwe, daar is beslis iets buite dit van die boustowwe van lewe (22, p129). Ongeloof is om te glo dat materialisme is waar. Deur dit te glo word dus dan beweer dat alle getuienisse van geestelike ervarings vals is. Dit sluit in die van Abraham, Moses, Jesaja, Kepler, Newton en Jesus Christus Homself (22, p129). Materialisme sal dan rede onmoontlik maak. Indien die verstand se funksies slegs chemiese reaksies is, kan ook beweer word dat niks waar is nie, insluitend die teorie van materialisme. Chemikalieë hou hulle nie besig met rede nie, hulle reageer slegs (22, p 125). Vir meer inligting:
3
Vir meer inligting: www.matthew28.co.za
Wat is Geloof? Sonder geloof aanbid ons die hoogste, begrypbare, vorm van God, en nie die Skepper met ‘n Persoonlikheid waarmee ons in verhouding kan staan nie. Hebreërs 11:1-2: “1Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie. 2Dit is immers vanweë hulle geloof dat daar oor die mense van die ou tyd met soveel lof getuig is.” Hebreërs 12:1-3: “1Terwyl ons dan so ‘n groot skare geloofsgetuies rondom ons het, laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop, 2die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof. Ter wille van die vreugde wat vir Hom in die vooruitsig was, het Hy die kruis verduur sonder om vir die skande daarvan terug te deins, en Hy sit nou aan die regterkant van die troon van God. 3Hou Hom voor oë wat so ‘n vyandige optrede van die sondaars teen Hom verdra het. Dan sal julle nie geestelik moeg word en uitsak nie.” Geloof streef na 'n persoonlike verhouding met die Here. Dit is nie gefokus op persoonlike welvaart nie. Efesiërs 2:8: “Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is ‘n gawe van God.” Vir meer inligting:
4
Vir meer inligting: www.matthew28.co.za
Wat glo ons? 1 Johannes 4:2: “Hiéraan ken julle die Gees van God: elkeen wat bely dat Jesus werklik die Christus is wat mens geword het, het die Gees wat van God afkomstig is.” 1 Johannes 5:10-12: “10Wie in die Seun van God glo, besit die getuienis in sy hart; wie God nie glo nie, maak Hom tot leuenaar, omdat hy nie die getuienis glo wat God oor sy Seun gelewer het nie. 11En die getuienis behels dít: God het ons die ewige lewe gegee, en dié lewe is deur Sy Seun. 12Wie die Seun het, het die lewe; wie nie die Seun het nie, het ook nie die lewe nie.” Johannes 1:11-14: “11Hy het na sy eiendom toe gekom, en tog het sy eie mense Hom nie aangeneem nie. 12Maar aan almal wat Hom aangeneem het, die wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word. 13Hulle is dit nie van nature nie, nie deur die drang van ‘n mens of die besluit van ‘n man nie, maar hulle is uit God gebore. 14Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid.” Vir meer inligting:
5
Waartoe stel geloof ons in staat?
Lukas 17:5-6: “5Die apostels sê toe vir die Here: ‘Gee ons meer geloof.’ 6Maar die Here antwoord: ‘As julle maar geloof so groot soos ‘n mosterdsaadjie gehad het, sou julle vir hierdie moerbeiboom kon sê: ‘Trek jou wortels en al uit die grond uit en plant jouself in die see,’ en hy sou julle gehoorsaam.” Johannes 10:14-15: “14Ek is die Goeie Herder. Ek ken my skape, en my skape ken My, 15net soos die Vader My ken en Ek die Vader ken; en Ek lê my lewe af vir die skape.” – Dit wys dat ons ‘n persoonlike verhouding met die Here kan hê, dat die Here wel met mense praat (vandag). Die satan kan nie ware getuies veroorsaak nie 2 Korintiërs 3:13-14: "13Ons is nie soos Moses wat sy gesig met 'n sluier toegemaak het nie. Dit moes hy doen om te verhinder dat die volk van Israel sou sien dat die ligglans aan die verdwyn was. 14Hulle verstand was ook toe, en vandag nog bly hulle verstand met dieselfde sluier toegemaak as hulle die Ou Testament lees, maar die sluier word deur Christus weggeneem vir iemand wat in Hom glo.“ Geloof stel my in staat om die Aangesig van die Here te kan sien en ken. Dit is die Messias. Geloof maak dat ek koester op dit buite myself en vreugde vind buite my eie probleme en buite my verwysingsraamwerk (vermoë) Geloof bring my in konteks tot die verlossingsplan van die Here, daarom is Hy Verlossing van die begin af. Dit stel my in staat om 'n ander persoon se situasie in deernis en liefde raak te sien – in konteks tot verlossing. Dit stel my in staat om sinvol die Here te aanbid. Vir meer inligting:
6
Vir meer inligting: www.matthew28.co.za
Wat bring geloof mee? Galasiërs 3:11-14: “11En dat niemand op grond van die wet deur God vrygespreek word nie, is duidelik, want ‘hy wat deur God vrygespreek is omdat hy glo, sal lewe’ 12By die wet gaan dit egter nie om die geloof nie, maar om die daad, want daar staan: ‘Hy wat doen wat die wet sê, sal daardeur lewe.’ 13Christus het ons losgekoop van die vloek wat die wet meebring, deur in ons plek ‘n vervloekte te word. Daar staan naamlik geskrywe: ‘Vervloek is elkeen wat aan ‘n hout opgehang is.’ 14Daardeur kan ook hulle wat nie Jode is nie, deur Christus Jesus deel kry aan die seën wat God aan Abraham toegesê het. So het ons dan deur die geloof die Gees ontvang wat God beloof het.” Romeine 10:9: “As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word.” Lees ook die res van Romeine 10. Dit maak dat ek in ooreenstemming met die Here se wil optree. Geregtigheid deur die geloof. Galasiërs 2: Die wat glo is kinders van Abraham. Galasiërs 3:6-7: "6So was dit ook met Abraham:’ Hy het in God geglo en God het hom vrygespreek.' 7Julle sien dus dat die wat glo, kinders van Abraham is." Geloof in die Here bring voorspoed in ons verhouding met Hom. Die volk, onder leiding van gehoorsame en gelowige Josua was voorspoedig in hulle verhouding met die Here. Geloof veroorsaak ‘n persoonlike getuienis – dit wat die Here in jou lewe gedoen het. Wanneer ons daarsonder praat, is dit ons eie wysheid. Filosofie: 1 Timoteus 6:3… en Kolossense 2:8-10: “8Pas op dat niemand julle van Hom af wegvoer deur teorieë (Engels: Philosophy) en argumente wat misleidend is nie. Dit is dinge wat berus op die oorlewering van mense, op wettiese godsdienstige reëls en nie op Christus nie. 9In Hom is die volle wese van God beliggaam, 10en in verbondenheid met Hom deel julle in sy volheid. Hy is die hoof oor elke mag en gesag.” Egtheid van geloof kweek hoop.... Romeine 5:2-11 Geloof gee: Getrouheid Algehele vertroue Vaste vertroue Vir meer inligting:
7
Vir meer inligting: www.matthew28.co.za
Wat van Goeie Dade? Galasiërs 3:2-9: “2Net een ding wil ek van julle weet: Het julle die Heilige Gees ontvang deur die wet van Moses te onderhou of deur die Evangelie te glo? 3Is julle dan so sonder begrip? Julle het met die Gees begin; wil julle nou in eie krag eindig? 4Was al julle swaarkry dan verniet? Dit kon tog nie verniet gewees het nie! 5Hy wat julle met die Heilige Gees toerus en kragtig onder julle werk, doen Hy dit omdat julle die Evangelie glo? 6So was dit ook met Abraham: ‘Hy het in God geglo, en God het hom vrygespreek.’ 7Julle sien dus dat dié wat glo, kinders van Abraham is. 8Die Skrif het vooruit geweet dat God ook mense wat nie Jode is nie, sou vryspreek as hulle glo. Daarom het die Skrif al voorheen die goeie nuus vir Abraham gebring: ‘In jou sal al die nasies geseën word.’ 9Dit is dus dié wat glo, wat saam met die gelowige Abraham geseën word.” Jakobus 2:17-19: “17So gaan dit ook met die geloof: as dit nie tot dade oorgaan nie, is dit sonder meer dood. 18Maar iemand kan miskien sê: ‘Die een het die geloof en die ander het die dade.’ Goed, wys dan vir my jou geloof wat sonder dade is, en ek sal jou my geloof wys uit my dade. 19Glo jy dat daar net een God is? Dit is reg. Die bose geeste glo dit ook - en hulle sidder van angs” Vir meer inligting:
8
Wat van wysheid en kennis?
1 Korintiërs 2:4-5: “4Die boodskap wat ek verkondig, het julle oortuig, nie deur geleerdheid en welsprekendheid nie, maar deur die kragtige werking van die Gees. 5Dus is julle geloof nie op die wysheid van mense gegrond nie, maar op die krag van God.” Psalm 19:8: “Die woord van die Here is volmaak; dit gee lewe. Die onderwysing van die Here is betroubaar; dit gee wysheid aan die wat nog onervare is.” Vir meer inligting:
9
Hoe lyk die lewe van ‘n gelowige?
Efesiërs 3:17: “dat Christus deur die geloof in julle harte sal woon en dat julle in die liefde gewortel en gegrondves sal wees.” Galasiërs 5:6: "In Christus Jesus is dit nie van belang of jy besny is of nie. Al wat van belang is, is die geloof wat deur die liefde tot dade oorgaan.” Geloof bring my in diens van wat God wil en ek glo in dit wat aan ons oorgelewer is Romeine 6:15.... Vir meer inligting:
10
Wat bereik ons deur geloof?
Efesiërs 6:11-17: “11Trek die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle op julle pos kan bly ondanks die listige aanslae van die duiwel. 12Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld, teen elke bose gees in die lug. 13Trek daarom die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle die stryd tot die einde toe gevoer het, nog op julle pos kan bly staan. 14Bly dan op julle pos, toegerus met die waarheid as gordel om julle heupe, die vryspraak deur God as borsharnals, 15en die bereidheid om die evangelie van vrede te verkondig as skoene aan die voete. 16Daarby moet julle altyd geloof as ‘n skild in die hand hê, want daarmee sal julle die brandpyle van die Bose kan afweer. 17Sit verlossing as helm op en vat die swaard van die Gees, dit is die Woord van God.” Geloof gee jou vertroue in die Here, dit maak dat jou vreugde volmaak is Bereik ons skeppingsdoel deur die Here te loof en prys Vir meer inligting:
11
Vir meer inligting: www.matthew28.co.za
Wat glo hulle? Teïstiese beskouings: Christendom Judaisme Islam Nie-teïsteise beskouings: Hindoe (panteïsties en politeïsties) Boedoe (panteïsties of ateïsties) New age (panteïsties) Sekulêre humanisme (ateïsties) Mormonisme (politeïsties) Wicca (panteïsties of politeïsties) Taoisme (panteïsteis of ateïsties) Confucianisme (ateïsteis) Shinto (politeïsties) Christendom is die enigste outentieke liggaam (die Kerk) wat getuig van ‘n persoonlike, en lewende liefdesverhouding met die Almagtige Vader, wat Hom deur Sy Heilige Gees openbaar in Sy Woord, die Messias. Vir meer inligting:
Verwante presentaties
© 2024 SlidePlayer.nl Inc.
All rights reserved.