De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

U Word uitgenooi om saam met Jesus sy laaste reis mee te maak.

Verwante presentaties


Presentatie over: "U Word uitgenooi om saam met Jesus sy laaste reis mee te maak."— Transcript van de presentatie:

1 U Word uitgenooi om saam met Jesus sy laaste reis mee te maak.
Ons gaan u laat nadink en stil word by 12 verskillende “stasies”. Oordink die betekenis van Jesus se lyding vir jouself. By elke stasie gee ons vir u ‘n kort gebed om te bid. Vul dit aan met jou eie gebed. Die gedagte is dat jy vir jouself genoeg tyd gee om hierdie “reis” te onderneem. Moenie haastig wees nie. Hierdie is ‘n uitnodiging tot gebed. Die nadenke oor die betekenis van Jesus se dood en lyding vir myself, lei tot dankbaarheid en gebed. Kyk na elke toneel – oordink wat daar gebeur. Probeer detail raaksien, ervaar die emosies van die mense. Hoe “praat” dit met jou? Lees die gebed wat van toepassing is, maak dit jou eie. Voeg by wat in jou hart leef. Moenie haastig wees nie, neem tyd en beleef dit. Laat die Gees van God toe om met jou te praat.

2 STASIE 1 JESUS WAS DIE DISSIPELS SE VOETE “As ek jou nie was nie, het jy nie deel aan My nie.” (Joh 13:8b). Hoe moes die woorde nie deur Petrus se hart gesny het nie? Kan jy ook vandag die Seun van God toelaat om voor jou te kniel en jou voete te was? Of sal jou trots jou daarvan weerhou? GEBED Jesus, ek wil so graag op my eie bene staan, my eie ding doen, self in beheer wees. As U so voor my kniel, dan moet ek beheer afgee. Dis só moeilik. Wees my genadig.

3 STASIE 2 GETSEMANE “Vader as U wil, neem tog hierdie lydensbeker van My af weg. Laat nogtans nie My wil nie maar u wil geskied.” (Luk 22:42). Kan dit wees? Dat Jesus as mens hier só bang was dat Hy gevra het om nie dié beker te drink nie? Tog was Hy bereid om sy wil volkome oor te gee aan die Vader. GEBED Vader, dis vir my so moeilik om my eie wil oor te gee. Tog sien ek in U dat my verlossing juis daarvan afhang. Leer my om U wil te omhels totdat dit ook my wil word!

4 STASIE 3 KUS VAN VERRAAD “Judas, verraai jy die Seun van die mens met `n soen?” (Luk 22:48). Wat het Judas hiertoe gebring? Die feit dat U wil en pad anders was as wat hy wou? Hoe maklik gebeur dit nie ook met my nie – en dan brand ook my lippe op U wang! GEBED Here, hoe dikwels het ek nie al my rug op U gedraai nie, gemaak of ek U nie ken nie? Voorgegee dat ek nie U kind is nie omdat ek ook skaam was vir U pad en U manier van doen. Vergewe my, Here!

5 STASIE 4 JESUS VOOR PILATUS “Omdat Pilatus vir Jesus wou loslaat, het hy weer met hulle gepraat, maar hulle het aanhoudend uitgeroep: ‘Kruisig, kruisig hom!’” (Luk 23:20). Waarom het U niks gesê nie, niks gedoen nie? Waarom bly U so weerloos, magteloos voor die wat dink dat hulle groot is in die wêreld? GEBED So baie keer word ek kwaad vir die maghebbers wat hulle mag misbruik; wens ek ek kon hulle bykom of laat betaal. Leer ook vir my dat die magteloosheid van die liefde harder praat as die geweld van vergelding.

6 Stasie 5: JESUS DRA SY KRUIS
“Jesus het self sy kruis gedra en uitgegaan na Kopbeenplek toe.” (Joh 19:17). Die kruis, simbool van vervloeking – en tog dra U dit vrywillig; en daarmee ook die vloek van die sonde, ook my sonde. GEBED Nou kan ek weet en glo dat ek nie meer `n vervloete is nie, maar `n geseënde van die Vader. U het die vloek oor my lewe weggeneem! Laat my soos `n geseënde leef wat ook ander seën. Vergewe my waar ek ander nog deur my optrede of woorde vervloek.

7 STASIE 6 SIMON HELP VIR JESUS “Terwyl hulle Hom weglei, gryp hulle `n sekere Simon van Sirene..., en sit die kruis op hom om dit agter Jesus aan te dra” (Luk 23:26). So, daar was `n punt waar U net nie meer kon nie, waar die soldate gesien het dat U hulp nodig het. GEBED Here, so U weet wat dit is om regtig swak te wees, so swak dat jy net nie meer kan nie. Ek wonder dikwels of U dit verstaan as ek so voel. Nou weet ek, U kán met al my swakhede medelye hê.

8 STASIE 7 DIE VROUE HUIL OOR HOM “Vroue van Jerusalem, moenie oor My huil nie, huil oor julleself en julle kinders.” (Luk. 23:28). Die ware rede vir droefheid is nie Jesus se lyding nie, maar die sonde van hulle wat die lyding veroorsaak. GEBED Here, ook ek huil so maklik oor ander se leed en pyn, maar so min oor my eie sonde en blindheid. Wees my genadig om te sien wat die ware oorsaak van droefheid in my lewe is.

9 STASIE 8 JESUS WORD GEKRUISIG “... het hulle Hom daar saam met die misdadigers gekruisig, die een aan sy regter- en die ander een aan sy linkerkant.” (Luk 23:33) Heeltemal naak, gestroop, tussen misdadigers, magteloos as gevolg van liefde vir jou en vir my. GEBED Só het U alle mag prysgegee om U lewenstaak te volbring. U doen dit om my te bevry van alle sinlose gejaag na mag en posisie, tog klou ek so vas aan elke vorm van mag tot my beskikking. Ek wil los, Here! Maak my los!

10 STASIE 9 JESUS WORD BESPOT Hulle....het Hom uitgelag en gesê: “Ander het hy gered. Laat hy homself red as hy die Christus is wat deur God uitverkies is.” (Luk 23:35). Om gespot en uitgelag te word, is nie maklik nie, veral nie as mens weet dat die waarheid aan jou kant is nie. Hoe sterk moes die versoeking nie wees om hulle op hulle plek te sit nie? GEBED Ek weet hoe spot soms in my binneste insny, tog lag ek dikwels so maklik saam met die spotters. Here, U is ter wille van my bespot en uitgelag. Wees my genadig sodat ek ook spot sal kan verdra.

11 STASIE 10 JESUS STERF “Dit is volbring!” (Joh. 19:30). Jesus het hard uitgeroep: “Vader, in U hande gee Ek my gees oor.” (Luk 23:46). Wat het hier gebeur? Die Bron van die lewe wat sterf? Hoe is dit moontlik? GEBED Vader, wat `n vreeslike oomblik – dit lyk of die Bose tog oorwin! U het selfs hierdie laaste tree vir my gegee. Here, ek is stil voor U genade en liefde. Ek wil sonder woorde voor U sit en net by U wees.

12 STASIE 11 JESUS IS DOOD “Nadat hy dit van die kruis afgehaal het, het hy dit in linne toegedraai en in `n rotsgraf neergelê waarin nog nooit tevore iemand begrawe was nie.” (Luk 23:53). Hoe praat die toneel met jou? GEBED Ek wéét ek kan so `n liefde vertrou. Daarom wil ek nou my hart vir U oopmaak. Ek bring my eie vrae, onsekerheid, vrese, frustrasies en gevoelens na U toe. Verlos my Here! Verlos my van myself!

13 STASIE 12 JESUS SE LEË GRAF “Waarom soek julle die Lewende by die dooies? Hy is nie hier nie. Hy is uit die dood opgewek.” (Luk 24:5-6). Dis verby! Die angel van die dood is verwyder! GEBED Vader, ek weet as ek die Lewe wil ontvang, die volheid daarvan, moet ek my eie lewe aflê. Dis só moeilik, want my lewe is vir my kosbaar. Wees my ook hierin genadig, want die Lewe wat U gee, is al lewe wat saak maak.

14 DIE TEKENS VAN SY LYDING
Deur te eet van die brood en die wyn bely ek my eie sterwe en opstanding saam met Christus en verkondig ek sy dood totdat Hy weer kom. GEBED Deel wat in jou hart is met die Vader.

15 JOERNAAL As jy wil kan jy ‘n paar aantekeninge oor jou ervaring tydens die reis in die Joernaal neerskryf. Mag dit steeds hierdie reis wees wat elke dag jou eie lewensreis definieer.


Download ppt "U Word uitgenooi om saam met Jesus sy laaste reis mee te maak."

Verwante presentaties


Ads door Google