Download de presentatie
De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub
GepubliceerdRenée Clément Laatst gewijzigd meer dan 6 jaar geleden
1
Jesaja 52:13-53:12 PowerPoint agtergrond
Volgens Matteus (27:33) is Jesus gekruisig by Golgota wat ook Kopbeenplek genoem is. Die koppie wat volgens oorlewering die plek van die kruisiging was lyk vanaf ‘n sekere hoek soos ‘n skedel. Foto met vergunning van Ritva Wait, geneem in Jerusalem (2007). Oorspronklike geknip met Picasa 3.
2
God nooi ons uit en ons kom tot rus
TOETREDE Lied 391 Vervul, o Heer, my hart of Vonkk 194 Was jy daar? of Flam 208 U Het Nie Gewag Op My VOTUM Jesaja 53:1-5 53 Wie sal ons glo as ons hiervan vertel? Wie sal die mag van die Here hierin kan raaksien? f 2Die dienaar was soos ’n loot wat voor die Here uitspruit, soos ’n plant wat wortel skiet in droë grond. Hy het nie skoonheid of prag gehad dat ons na hom sou kyk nie, nie die voorkoms dat ons van hom sou hou nie. 3Hy was verag en deur die mense verstoot, ’n man van lyding wat pyn geken het, iemand vir wie die mense die gesig wegdraai. Hy was verag, ons het hom nie gereken nie. 4Tog het hy óns lyding op hom geneem, óns siektes het hy gedra. Maar ons het hom beskou as een wat gestraf word, wat deur God geslaan en gepynig word. g 5Oor ons oortredings is hy deurboor, oor óns sondes is hy verbrysel; die straf wat vir ons vrede moes bring, was op hom, deur sý wonde het daar vir ons genesing gekom. SEËNGROET (of geen seëngroet, twv die somberheid van die diens.) JESUS SE LYDENSWEG (Wys uitbeeldings van Jesus se lyding tydens die Skriflesing. Ons kies die onderstaande indeling t.w.v. die aangrypende kunswerke deur Ken Cooke wat jy kan kry by Jy sou egter ook ‘n ander indeling kon gebruik, of selfs Jesus se kruiswoorde.) Jesus word gevange geneem: Iemand lees Johannes 18:3-9, 12 (Cooke se kunswerk nr I op skerm) Lied 379 Versreëls 1 & 2 (Jesus Christus, Lam van God, wat die las van sonde dra, wees ons genadig) of Vonkk 11 Heer wees ons genadig Jesus word bespot: Iemand lees Matteus 27:27-31 (Cooke se kunswerk nr VII of IX op die skerm) Lied 379 Versreëls 3 & 4 Jesus word gekruisig: Iemand lees Johannes 19:17-20 (Cooke se kunswerk nr XI) Lied 379 Versreëls 1 & 2 Jesus se klere verdeel: Iemand lees Johannes 19:23-24 (Cooke se kunswerk nr X) Jesus sterf: Iemand lees Johannes 19:28-30 (Cooke se kunswerk nr XII) Jesus se liggaam word van die kruis afgehaal: Iemand lees Johannes 19:31-34 (Cooke se kunswerk nr XIII) Jesus word begrawe: Iemand lees Johannes 19:38-42 (Cooke se kunswerk nr XIV) Lied 379 volledig f Vgl. Joh. 12:38; Rom. 10:16 g Matt. 8:17
3
God praat met ons en ons luister
Epiklese Skriflesing Jesaja 52:13-53:12
4
Jesaja 52:13-53:12 Fokusteks: Jesaja 52:13-53:12
Oor óns sondes is hy verbrysel 13My dienaar sal voorspoedig wees. Hy sal hoog in aansien wees, hy sal baie eer ontvang. 14Baie mense was ontsteld oor hom, hy was só misvormd dat hy nie meer soos ’n mens gelyk het nie, nie meer die voorkoms van ’n mens gehad het nie. 15Maar hy gaan baie nasies laat opspring van verbasing. Konings sal sprakeloos wees oor hom, want hulle sal iets sien wat nie aan hulle vertel is nie, hulle sal iets te wete kom wat hulle nog nooit gehoor het nie. e 53 Wie sal ons glo as ons hiervan vertel? Wie sal die mag van die Here hierin kan raaksien? f 2Die dienaar was soos ’n loot wat voor die Here uitspruit, soos ’n plant wat wortel skiet in droë grond. Hy het nie skoonheid of prag gehad dat ons na hom sou kyk nie, nie die voorkoms dat ons van hom sou hou nie. 3Hy was verag en deur die mense verstoot, ’n man van lyding wat pyn geken het, iemand vir wie die mense die gesig wegdraai. Hy was verag, ons het hom nie gereken nie. 4Tog het hy óns lyding op hom geneem, óns siektes het hy gedra. Maar ons het hom beskou as een wat gestraf word, wat deur God geslaan en gepynig word. g 5Oor ons oortredings is hy deurboor, oor óns sondes is hy verbrysel; die straf wat vir ons vrede moes bring, was op hom, deur sý wonde het daar vir ons genesing gekom. 6Ons het almal gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop, maar die Here het ons almal se sonde op hom laat afkom. 7Hy is mishandel, maar hy het geduldig gebly, hy het nie gekla nie. Soos ’n lam wat na die slagplek toe gelei word en soos ’n skaap wat stil is as hy geskeer word, het hy nie gekla nie. 8Terwyl hy gely het en gestraf is, is hy weggeneem, en wie van sy mense het dit ter harte geneem dat hy afgesny is uit die land van die lewendes? Hy is gestraf oor die sonde van my volk. h 9Hy het ’n graf gekry by goddeloses, hy was by sondaars in sy dood al het hy geen misdaad gepleeg nie en al was hy nooit vals nie. i 10Dit was die wil van die Here om hom te verbrysel. om hom die pyn te laat ly. As hy sy lewe as skuldoffer gee, sal hy ’n nageslag hê en nog lank lewe, deur hom sal die wil van die Here sy doel bereik. 11Ná sy bitter lyding sal hy weer die lig sien en hy sal die Here ken. My dienaar, die regverdige, sal baie mense regverdig maak: hy sal die straf vir hulle sonde dra. 12Daarom gee Ek hom ’n ereplek onder die grotes. Hy sal saam met magtiges oorwinning vier omdat hy hom in die dood oorgegee het en as misdadiger beskou is, omdat hy die sondes van baie op hom geneem het en vir oortreders gebid het. j e Vgl. Rom. 15:21 f Vgl. Joh. 12:38; Rom. 10:16 g Matt. 8:17 h Vgl. Hand. 8:32–8:33 i Vgl. I Pet. 2:22 j Vgl. Luk. 22:37
5
Mohammed Bouazizi Preekriglyn
Hy is deesdae regdeur die Arabiese wêreld beroemd. Sy droom was om genoeg geldjies bymekaar te maak om 'n bakkie te huur of te koop. Nie om die wêreld te verken of die omgewing plat te ry nie, maar om sy werk te doen. Mohammed Bouazizi was 'n groenteverkoper. "Hy het gereeld saans huis toe gekom gedaan gesukkel om sy groentekarretjie heeldag die wêreld vol te stoot. Al wat hy wou gehad het, was 'n bakkie," vertel Mohammed se tante, Radia Bouazizi. Mohammed het nooit sy bakkie gekry nie. In plaas daarvan het hy 'n revolusie ontketen wat die Arabiese lente ingelui het. Mohammed se verhaal lees presies soos honderde ander jong mans in hul harde, verarmde woonplek, Sidi Bouzid, 300 km suid van die Tunisiese hoofstad, Tunis. Op 26 was hy gelukkig om 'n inkomste te kon verdien uit die verkoop van groente, anders as baie van sy portuur wat desondanks universiteitsgrade werkloos is. Op 17 Desember 2010 is Mohammed en sy familie se lewensonderhoud bedreig toe 'n polisievrou sy ongelisensieerde groentekarretjie met die vrag daarop gekonfiskeer het. Dit was nie die eerste keer nie, maar dit sou die heel laaste keer wees. Nie tevrede met die R50 boete wat Mohammed probeer betaal het nie ('n goeie dag se inkomste vir 'n groenteverkoper), het die polisievrou die jong man na bewering geklap, in sy gesig gespuug en sy oorlede pa belaster. Vernederd gaan Mohammed na die provinsiale regeringskantore om te kla, maar hy kry niemand te sien nie. Om 11:30, reg voor die gebou, gooi hy brandstof oor hom en steek homself aan die brand. Hy is nie dadelik dood nie, eers weke later in die hospitaal, op 4 Januarie Daar was soveel woede oor sy lot dat selfs die diktator, pres. Zine el Abidine Ben Ali, Mohammed op 28 Desember in die hospitaal besoek het. Hy wou die verontwaardiging van die massas probeer kalmeer. Die opstand kon egter nie gekeer word nie. Op 14 Januarie 2011, slegs 10 dae na Mohammed Bouazizi se dood, was Ben Ali se 23-jaar lange regering op 'n einde. Hier sou dit nie eindig nie. Mohammed se daad van wanhoop het die Arabiese Lente ingelui wat tot die val van verskeie korrupte regerings gelei het. Diktators het hulle te pletter geloop teen sy groentekarretjie. Hy het sy lewe nie verniet gegee nie. (Bron:
6
Die ooreenkoms Die ooreenkoms
Die aangrypende lied in Jesaja 52 sing van die gebroke mens, sonder aansien, wie se lyding dramatiese gevolge het. Hierdie dienskneg van die Here ly en beland in die graf, sonder dat daar ook aansien en eer aan hom toegeken is. Hy was verag en deur mense verstoot, niemand het hom gereken nie. Tog het sy lyding vrug gedra vir ander. Sy lyding het seën gebaar. Merkwaardig genoeg het die lyding en dood van 'n groenteverkoper met 'n nederige groentekarretjie 'n revolusie ontketen. Daar is 'n venster op beter geleenthede vir 'n hele wêrelddeel geopen. Die krag van die individu se lyding en dood kan nie onderskat word nie.
7
Die verskil Die verskil
Die lyding van Jesus van Nasaret was sonder weerga. Hy was onskuldig, maar die volle geweld van die wêreld se selfgerigtheid, magsbeheptheid en opstand teen God het op Hom neergekom. Niemand in die wêreld se geskiedenis het die lyding geken wat op Jesus neergekom het nie. Hy het vrywillig gekies om die lydingspad te loop, ons te dien deur ons sonde op Hom te neem. En die oordeel van God oor die sonde het op Hom gerus. Hy het ons lyding op Hom geneem, oor ons oortredings is Hy deurboor. Geen ander mens se lyding kan in hierdie opsig ooit met Jesus s'n vergelyk word nie. Die Onskuldige dra die skuld van ander.
8
‘n Antieke lied 'n Antieke lied
Ons teks is 'n antieke dokument. Dit kom uit die tyd van Juda se krisis tydens die ballingskap in Babilonië. Dit is die vierde van vier sg. "Dienaar van die Here"-liedere in Jesaja. Op hierdie stadium is die volk in ballingskap (ongeveer v.C.). Jerusalem en Juda is verwoes. Die Babiloniërs is in beheer. Kores, die Persiese koning, verteenwoordig die opkomende politieke mag wat die Babiloniërs se wurggreep op die destydse wêreld gaan verbreek. Die "Dienaar van die Here"-liedere beklemtoon dat die Here menslike instrumente gebruik om sy verlossing te bring. Die dienaar kan sy volk wees. Ook mense buite sy volk, soos einste Kores en die Perse. Daar is deurgaans die bewussyn dat - hoewel die dienaar God se volk is - die dienaar meer as net die volk is, ook 'n spesifieke persoon deur wie God aan die werk is.
9
God aan die werk God aan die werk
'n Sentrale tema van ons teks is dat God aan die werk is deur God se dienaar. Hierdie werk van God bring vir die dienaar uiteindelik voorspoed, aansien en eer mee (52:13). Die pad na hierdie eer en heerlikheid is egter 'n pad van lyding en opoffering. Die lyding van die dienaar word met 'n waterval van opmerkings en metafore beskryf. 'n Paar voorbeelde: Hy sal misvormd wees, en nie meer die voorkoms van 'n mens hê nie (52:14); Hy is verag en deur mense verstoot (53:3); 'n Man van lyding en pyn (53:3); Beskou as iemand wat gestraf en deur God geslaan en gepynig word (53:4). Die eensame lydingspad wat hierdie dienaar bewandel, is tot heil van God se mense. 'n Paar voorbeelde: Die straf wat vir ons vrede bring was op hom (53:5); Deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom (53:5); Die Here het ons almal se sonde op hom laat neerkom (53:6); Hy is verbrysel en het gely om 'n nageslag vir die Here te skep (53:10); Hy maak baie mense regverdig (53:11). Hierdie lyding verdoesel as't ware die goddelike beweging agter die dienaar se opoffering. God gebruik die dienaar, die dienaar se lyding is betekenisvol. Maar dis nie vanselfsprekend dat mense dit sal raaksien nie. Daarom vra 53:1: Wie sal die mag van die Here hierin kan raaksien?
10
Toegepas op Jesus Toegepas op Jesus
Van die vroegste tye af het die Christelike kerk Jesaja verstaan as van toepassing op Jesus Christus. Een voorbeeld: Die hofdienaar in Handelinge wat waarskynlik persoonlik weens sy gebrek gely het, wil weet wie hierdie man in Jesaja 53 is (Hand 8:32-34). Filippus verduidelik aan hom dat dit Jesus is. Hoewel die dienaar van die Here in die tyd van die ballingskap vir volk kon wees, en selfs ook magshebbers uit daardie tyd, roep hierdie teks vooruit na Jesus van Nasaret se lydingsweg. Aan die hand van hierdie teks sien die Christelike kerk God in Jesus aan die werk. Die eerste Christene was verstom oor die feit dat die Messias moes lei. Almal het 'n Messias verwag. Die onverwagse was dat die Messias se pad in lyding en dood sou eindig. Vandaar die belangrikheid van Jesaja se vraag: "Wie sal die mag van die Here hierin kan raaksien?" Ons teks is vir Christene die gids om Jesus se lyding te ontsluit. Dit help ons om God se werk in die lydende Jesus te sien en te glo.
11
Verheerliking omraam lyding
Vandag is Goeie Vrydag. Ons staan verslae by Jesus se kruis. Verslae, by die aanskoue van soveel liefde, diens en omgee. In 'n wêreld waar almal iets vir beloning wil doen, is die gratis liefde van Jesus verbysterend. Hierdie Ou Testamentiese lied beeld die offer en gesindheid van Jesus uit. Die Nuwe Testamentiese weergawe hiervan staan in Filippense 2: Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was: Hy wat in die gestalte van God was, het sy bestaan op Godgelyke wyse nie beskou as iets waaraan Hy Hom moes vasklem nie, maar Hy het Homself verneder deur die gestalte van 'n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word. En toe Hy as mens verskyn het, het Hy Homself verder verneder. Hy was gehoorsaam tot in die dood, ja, die dood aan die kruis. Op Goeie Vrydag sien ons die wonde, hoor ons die slae, voel ons die eensame lydensweg, en weet ons: dit is vir ons. Natuurlik is dit nie die einde nie. Ons teksgedeelte begin juis met die belofte (52:13): My dienaar sal voorspoedig wees. Hy sal hoog in aansien wees, Hy sal baie eer ontvang. Ná die beskrywing van die dienaar se lyding, word belowe: ... sal hy 'n nageslag hê en nog lank lewe (53:10), en Na bitter lyding sal hy weer die lig sien (53:11), en My dienaar sal baie mense regverdig maak (53:11), en Daarom gee Ek hom 'n ereplek onder die grotes. Hy sal saam met die magtiges oorwinning vier, omdat hy hom in die dood oorgegee het (53:12). Die Nuwe Testamentiese weergawe hiervan, weer eens uit Filippense 2 (9-11), klink as volg: Daarom het God Hom ook tot die hoogste eer verhef en Hom die Naam gegee wat bo elke naam is, sodat in die Naam van Jesus elkeen wat in die hemel en op die aarde en onder die aarde is, die knie sou buig, en elke tong sou erken: “Jesus Christus is Here!” tot eer van God die Vader.
12
Die vrug van Jesus se lyding
Baie mense verander die wêreld deur hulle lyding. Mohammed die groenteverkoper is 'n sprekende voorbeeld. Volgens die lied in Jesaja deel mens in die vrug van die Dienaar van die Here se lyding deur jou sonde te bely. Die volk bely dat hulle skuldig was soos skape wat weggedwaal het (53:6). Hulle sonde was die oorsaak van die lyding van hierdie mens (53:5). Hy het in hulle plek gely en gesterf (53:6,8). Hy was hulle plaasvervanger (53:11). Sy dood het vir hulle soveel seëninge gebring. Hy het hulle lyding en siektes gedra, is deur sy wonde genees en het vrede gekry (53:4, 5). Op 'n dag soos hierdie pas dit dat ons ons sonde bely, en Jesus vasgryp as die Een wat vir ons sonde betaal het. Ons ontvang sy versoening langs die weg van skuldbelydenis en die erkenning dat Hy ons sonde gedra het. Meer as dit, een het vir almal gesterf en daarom het almal gesterf (2 Kor 5:15). Ons begin verstaan dat Jesus plekke geruil het, die onskuldige vir die skuldiges (2 Kor 5:21), die geseënde vir die vervloektes (Gal 3:13), die regverdige vir die onregverdiges (1 Pet 3:18). Luther noem dit die groot ruiltransaksie! Ons staan by Jesus se graf en onthou dat Hy as onskuldige gely het. Dit help ons nie net deur moeilike tye nie. Ek weet dat sy onskuldige lyding vir my was. Vir my was daardie wonde; vir my moes Hy daar staan; ja, die smarte en die hoon, dis vir my! Dis ’n vraag hoe ons met ons eie mislukkings, skuld en nalatigheid omgaan. Daar is net een manier. Skuld-belydenis. Dit is die goeie nuus van Goeie Vrydag. Dat ons bevry en versoen is met God. Ons onderstreep ons sonde voor God deur ons belydenis. Hy trek ’n bloedstreep daardeur. Wanneer ons van die kruis wegstap, is ons ander mense. Ons is aangeraak en gereed om self ook ons naaste liefdevol te dien.
13
God stuur ons om te leef God stuur ons om te leef NAGMAAL
(Uit Handleiding vir die Erediens) Die nagmaal is ’n gedagtenismaaltyd. Die Here het by die instelling van die nagmaal gesê: “Gebruik dit tot my gedagtenis.” In die nagmaal dink ons terug aan die lewe van Jesus, en in die besonder ook sy dood op Golgota. Wanneer ons die brood en wyn sien, sien ons in ons gedagtes die hele lydensweg van Jesus voor ons afspeel: hoe Hy Homself verneder het deur die gestalte van ’n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word; hoe hierdie vernedering telkens tydens sy aardse bestaan verdiep en uiteindelik daarop uitgeloop het dat Hy Homself verder verneder het deur gehoorsaam te wees tot in die dood, ja, die dood aan die kruis (Fil 2:7-8). Ons dink daaraan, en verkondig dit aan almal: hoe Jesus sy lewe vir ons gegee het; hoe Hy soos ’n koringkorrel in die grond geval en gesterf het; hoe Hy die lydensbeker gedrink het; hoe Hy van God verlate was en uitgeroep het: “My God, my God, waarom het U my verlaat?” (Mark 15:34), sodat ons nooit deur God verlaat sal word nie. Gereedmaak van die tafel: Lied 384 Jesus, o dink aan my of VONKK 28 Ons Aanbid U, Jesus Heer Tafelgebed Instelling en Nagmaal Litanie (Uit Aan tafel met Jesus deur Cas Wepener) Voorganger: Jesus, dink aan my, wanneer U in u ryk kom. Hoor ons gebede. Vir u kerk oor die wêreld heen… Gemeente: … vra ons nuwe lewe. V: Vir almal wat dien in u kerk G: vra ons genade en wysheid. V: Vir Christene in elke land G: vra ons eenheid in u Naam. V: Vir mense van ander gelowe G: vra ons ook u seën. V: Vir almal wat sukkel om te glo G: vra ons u liefde. V: Vir die leiers en regeerders van ons land G: vra ons leiding. V: Vir mense wat ly en truer G: vra ons u troos en helende vrede. V: En vir myself G: vra ek dat U ook aan my sal dink. Lied 384 Jesus o dink aan my V: Amen G: Amen SLOTLIED Lied 396 Aanskou die Heiland, sien die kruis of VONKK 14 Hy Het Self Ons Sondes of Flam 91 U Genade Vir My Is Genoeg GEEN SEËN Gemeente verlaat die erediens in stilte, met die gevoel van onvoltooidheid wat ons na Paassondag dra.
14
Volgende erediens: 1 Korinthiërs 15:1-11
1 Korintiërs 15:1-11 Liturgie: Rethie van Niekerk Powerpoint: Wicus Wait Preek: Danie Mouton Prosesbestuur en ekstra stof: Chris van Wyk
Verwante presentaties
© 2024 SlidePlayer.nl Inc.
All rights reserved.