De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

Johannes 14:15-21 PowerPoint agtergrond

Verwante presentaties


Presentatie over: "Johannes 14:15-21 PowerPoint agtergrond"— Transcript van de presentatie:

1 Johannes 14:15-21 PowerPoint agtergrond
Pigeon shadow is die eiendom van Edward Conde. Die foto is geneem op 16 Mei met ‘n Olympus 25mm f1.8. Kopiereg word gereël deur Creative Commons en laat sleg plasing toe. Die focal zoom funksie in Picasa III sou ‘n spesiale effek aan die foto byvoeg wat egter nie toegelaat word nie. Dit is beskikbaar by faZer4-d6AevJ-bWwRa2-e62NA3-pZxD49-c3TPGY-jSgEDT-aBb8zk-9rz6it-fbH8Z9- bcSxtt-o3JqZG-d7LKV1-8XkxgT-eDrsi8-cpTQL3-9p1mqZ-8YiGC8-9BeR1N-o5Fiyc- di9iRZ-quC2pw-btAbbD-e49bU4-8VAJ22-9j8N8y-oj3mHh-fKVnkL-cbpgTS-aBSvRu- 84gdJN-9uDkSb-kjyRUk-dcFk5S-96aqgq-9sHZEt-cfeShu-aB2FNi-dmBNAb-oudfNk- K9R6bU-j1RnLt-bvD83L-pMBnH9-zPjCBX-94sVM4-8SKsX3-8wNWfU-9mBUKM Johannes 14:15-21

2 God nooi ons uit en ons kom tot rus Rus Toetrede Psalm 66 of
F231. Dankie vir hierdie nuwe dag (U Vreugde Is My Krag) of VONKK 2 Kom Juig Oor God, Sing Almal Saam (Psalm 66) [bekende melodie] Votum (Psalm 66 vers 8-9, 20) Prys ons God, alle volke, laat sy lof weerklink! Dit is Hy wat ons die lewe gee en nie toelaat dat ons struikel nie! Die lof kom God toe wat my gebed nie afgewys en sy trou nie van my weerhou het nie. Seëngroet Lofsang Lied 431 O Gees van Vader en van Seun Wet In vandag se teks sê Jesus: As julle My liefhet, sal julle my opdragte uitvoer. Wie my opdragte het en dit uitvoer — dit is hy wat My liefhet. En wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom ook liefhê en My aan hom openbaar. (Johannes 14:15 en 21) Wat is hierdie opdrag? Dit sê Jesus tydens dieselfde gesprek. Ons lees dit in die volgende hoofstuk: Dit is my opdrag: Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle liefhet. Dit beveel Ek julle: Julle moet mekaar liefhê! (Johannes 15:12 en 17) Lied VONKK 57 Ek Gee Aan Julle ‘n Nuwe Gebod of Lied 235 Voor u wet, Heer, staan ons skuldig Genadeverkondiging Dit kan ons nie op ons eie doen nie! Gelukkig sê Jesus in dieselfde asem: Ek sal die Vader vra, en Hy sal vir julle ’n ander Voorspraak stuur om vir ewig by julle te wees, naamlik die Gees van die waarheid. Die wêreld kan Hom nie ontvang nie, omdat hulle Hom nie sien en Hom nie ken nie. Maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees. Dit sê Ek vir julle terwyl Ek nog by julle bly; en wanneer die Vader in my Naam die Voorspraak, die Heilige Gees, stuur, sal Hy julle alles leer en julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het. (Johannes 14:16-17 en 25-26) Toewydsingslied F245. God Van Die Skepping [bekende melodie] of Lied 244 Alles, alles is genade Geloofsbelydenis Lied 496 Jesus, U die lewe God nooi ons uit en ons kom tot rus

3 God praat met ons en ons luister God praat met ons en ons luister
Gebed Skriflesing Johannes 14:15-21 Familie-oomblik Preek God praat met ons en ons luister

4 Johannes 14:15-21 Fokusteks: Johannes 14:15-24
Die Heilige Gees sal by julle bly 15"As julle My liefhet, sal julle my opdragte uitvoer. 16Ek sal die Vader vra, en Hy sal vir julle 'n ander Voorspraak stuur om vir ewig by julle te wees, 17naamlik die Gees van die waarheid. Die wêreld kan Hom nie ontvang nie, omdat hulle Hom nie sien en Hom nie ken nie. Maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees. 18"Ek sal julle nie as weeskinders agterlaat nie; Ek kom weer na julle toe. 19Nog net 'n klein rukkie, en dan sien die wêreld My nie meer nie, maar julle sien My, omdat Ek lewe en julle sal lewe. 20Daardie dag sal julle weet dat ek in my Vader is en julle in My en Ek in julle. 21"Wie my opdragte het en dit uitvoer — dit is hy wat My liefhet. En wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom ook liefhê en My aan hom openbaar." 22Judas, nie Judas Iskariot nie, vra toe vir Hom: "Here, hoe kom dit dat U U aan ons gaan openbaar en nie aan die wêreld nie?" 23Jesus antwoord hom: "As iemand My liefhet, sal hy my woorde ter harte neem; en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woon. 24Wie My nie liefhet nie, neem my woorde nie ter harte nie; en die woorde wat julle hoor, is nie Myne nie, maar die Vader s'n wat My gestuur het. 25"Dit sê Ek vir julle terwyl Ek nog by julle bly; 26en wanneer die Vader in my Naam die Voorspraak, die Heilige Gees, stuur, sal Hy julle alles leer en julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het. 27"Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle. Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld wees nie, en julle moet nie bang wees nie. 28Julle het gehoor dat ek vir julle gesê het: Ek gaan weg, maar ek kom weer na julle toe. As julle My liefgehad het, sou julle bly gewees het dat Ek na die Vader toe gaan, omdat die Vader groter as Ek is. 29En nou sê Ek dit vir julle voordat dit gebeur, sodat julle kan glo wanneer dit gebeur. 30Ek sal nie meer lank met julle kan praat nie, want die owerste van die wêreld is aan die kom. Hy het geen mag oor My nie, 31maar die wêreld moet weet dat Ek die Vader liefhet en daarom doen wat die Vader My beveel het. "Staan op, laat ons hiervandaan weggaan." Johannes 14:15-21

5 Familie-oomblik Familie-oomblik
Storietyd! Koop Ben Clanton se “It came in the mail” op Kindle. Jy kan dit direk van jou kindle desktop app op jou rekenaar op die skerm gooi, of neem “screenshots” en sit dit in powerpoint. Om gehoorsaam te wees aan Jesus se opdrag om mekaar lief te hê, moet ons eers ons eie identiteit verstaan: ons is kinders van God vir wie God lief is. Wanneer ons God se liefde ken, loop ons oor daarvan. Die Gees help ons om hierdie liefde te deel. Die posbus in hierdie storie laat ‘n mens dink aan die Gees en hierdie idee van liefde. Liam is oorweldig deur die gawes wat die posbus vir hom stuur. Wanneer hy die oorvloed van gawes besef, soek hy die posbus se hulp om dit ook met ander te deel. Hierdie storie herinner ons dat ons nie God se liefde vir onsself kan hou nie, maar geroep is om dit met mense naby en ver te deel. Hier is volledig uitgewerkte lesse vir verskillende ouderdomsgroepe gebasseer op vandag se teks. Hier is pragtige hulpmiddels en idees gebasseer op die Judas wat vir Jesus die vraag vra. Een van die aktiwiteite praat oor openbaring. Ons dink dikwels dat openbaring is om die hele prentjie te verstaan, maar soms is dit om ‘n stukkie te sien. Met hierdie aktiwiteit word verskillend prente een vir een openbaar. Familie-oomblik

6 ”ek dink jy is uit die hemel aan my gestuur”
Preekriglyn In Charles Dickens se klassieke A Tale of Two Cities, 'n verhaal oor die Franse Revolusie, word vertel van 'n armsalige groep gevangenes op pad deur die strate van Parys na die guillotine. Hulle sou almal tereggestel word. Een gevangene, Sydney Carton, was op pad om sy lewe namens 'n vriend af te lê. Langs hom stap 'n jong meisie. Hulle het kort tevore in die tronk ontmoet, en die meisie het die man se sagte aanslag en moed raakgesien. Sy het gevra: "Kan ek saam met jou guillotine toe ry, en sal jy my hand vashou? Ek is nie bang nie, maar voel swak en benoud. Jy sal my moed gee." So was hulle saam op pad, haar hand in syne. Toe hulle die plek van teregstelling bereik, was daar geen vrees in haar oë nie. Sy het opgekyk in die oë van haar reisgenoot, vertel Dickens, en gesê: "Ek dink jy is uit die hemel aan my gestuur." Dis waaroor ons teks gaan. In die krisisuur op die vooraand van sy sterwe, verseker Jesus se dissipels Hy gaan hulle nie alleen laat nie. Hy sal vorentoe self by hulle wees, hoe swaar hulle ook al getoets sou word. Hy stuur 'n ander Voorspraak, Een om hulle hande te kom vashou, hulle te versterk en te bemoedig, hulle in gemeenskap met Vader en Seun te laat leef, en hulle te help om Jesus se gebooie uit te voer. ”ek dink jy is uit die hemel aan my gestuur”

7 Verlede Sondag Verlede Sondag
In die eerste gedeelte van Johannes 14, waaruit verlede week se boodskap gekom het, het Jesus sy dissipels bemoedig. "Moenie ontsteld wees nie," sê Hy vir hulle. Hy waarsku immers Hy gaan weg, maar gaan ook om vir hulle plek voor te berei (14:1-4). Thomas maak beswaar en sê die dissipels weet nie waarheen Jesus gaan nie, en ken nie die weg nie. Jesus reageer deur te sê Hy is die weg, die waarheid en die lewe (14:5-6). Filippus wil toe weet: "Here, wys vir ons die Vader" (14:8). Jesus antwoord deur in groter diepte te verduidelik hoe die verhouding tussen Hom en sy Vader lyk (14:9-14). Vanweë die liefde tussen Vader en Seun sal ons nie net vir God sien nie, maar sal Hy ook by ons kom woon. Dit gebeur deur die koms van die Heilige Gees. Hieroor praat Jesus verder in die gedeelte wat ons vandag saam gelees het. In vandag se Skrifgedeelte gaan dit oor: 'n Liefdesverhouding met Jesus wat sal uitmond in gehoorsaamheid aan Jesus; Die Heilige Gees wat ons bemoedig en versterk op die pad van gehoorsaamheid Jesus wat ook by ons sal wees en ons in gemeenskap met God die Vader sal laat leef Die wyse waarop ons ingetrek word in die liefdesgemeenskap van Vader, Seun en Heilige Gees. Verlede Sondag

8 ΄n Lewe van gehoorsaamheid 'n Lewe van gehoorsaamheid
Jesus sê in vers 15: "As julle My liefhet, sal julle my opdragte uitvoer." Dit is belangrik om Jesus se gebooie uit te voer. Die dissipels sou graag sê dat hulle vir Jesus liefhet. Hulle moet onthou dit beteken noodwendig dat hulle sy opdragte sal uitvoer. Ons moet versigtig wees om hierdie verband nie wetties te interpreteer nie. Mens kan maklik sê as ons nie al Jesus se opdragte uitvoer nie, het ons Hom nie lief nie, en hou Hy op om ons lief te hê. Jesus se liefde vir ons hang dan af van ons gehoorsaamheid. Die werkwoord, om uit te voer, kan ook as toekomsgerigte belofte verstaan word: "As julle my liefhet, sal dit daartoe lei dat julle my opdragte uitvoer." Gehoorsaamheid is dan nie ons verdienste nie, maar die byproduk van ons gemeenskap met Jesus, en van ons fokus op die liefdesgemeenskap wat ons met Hom ervaar. Die Heilige Gees is die Een wat ons sal help om Jesus lief te hê en sy opdragte uit te voer. ΄n Lewe van gehoorsaamheid

9 Bystand Vanaf vers 15 begin Jesus te praat oor die ondersteuning wat God vir ons as dissipels gee. Hy sal die Vader vra, en die sal vir ons 'n "Voorspraak" stuur. Die Griekse woord is "Parakleet". Dit beteken Iemand wat langs ons kom stap om ons te help en by te staan. In die ou Latynse vertaling is dit met 'n "Advokaat" vertaal, waarby die Afrikaanse vertaling met "Voorspraak" aansluit. In geregshowe word die advokaat ingeroep om namens die betrokkene te praat, hulle te verdedig en namens hulle by die regter in te tree. Nog 'n woord wat gebruik word om Parakleet te vertaal, is Trooster. Die Heilige Gees is die Een wat die gelowiges wat ly, onder druk is of rou kom bystaan. Dit is presies die situasie van die dissipel. Hulle is in 'n krsis omdat Jesus hulle gaan verlaat. Hulle het 'n Trooster nodig. Bystand

10 ”Ander” Voorspraak "Ander" Voorspraak
In vers 16 noem Jesus die Heilige Gees die "ander" Voorspraak wat aan die dissipels gegee word. Die Gees is 'n ander voorspraak omdat Jesus self ook 'n Voorspraak, 'n Parakleet, Advokaat en Bemoediger vir die dissipels is. Alles wat oor die Heilige Gees as Parakleet gesê word, word in die Johannes-evangelie ook oor Jesus gesê. Die Heilige Gees is 'n "ander" Parakleet omdat Hy van dieselfde soort as Jesus is. Die Heilige Gees kom gee aan ons wat Jesus ook vir ons gee. Die Heilige Gees is soos Jesus, tree nie anders as Jesus op nie, maar kom gee aan ons wat Jesus vir ons verdien het en aan ons skenk. Die Bybel noem die Heilige Gees daarom ook die Gees van Christus. Die Heilige openbaar Jesus, en pas Jesus se lering, gebooie en gawes in ons lewens toe. As ons daarom moet toets of iets werklik die leiding van die Heilige Gees is, moet ons vra of dit in ooreenstemming is met dit wat Jesus leer, vra of gee. Die Heilige Gees lei ons om uitvoering te gee aan die bedoeling en die waarheid van Jesus – niks anders nie. Die Heilige Gees is Christus-gelykvormig omdat Hy die "ander" Parakleet is. ”Ander” Voorspraak

11 Gees van Waarheid Gees van Waarheid
In vers 17 noem Jesus die Heilige Gees ook die "Gees van waarheid". Aangesien Jesus die waarheid is, is die Gees die Een wat die waarheid van Jesus aan die dissipels sal skenk en hulle daarin versterk. Die Gees neem namens Jesus waar by die dissipels, aangesien Jesus nou van hulle weggeneem gaan word. Die wêreld kan die Gees van Christus nie ken nie – dit wat teen God is, kan God se Gees nie ken, sien of ken nie. Die dissipels kan, want hulle is in Jesus. Hierdie Gees sal by die dissipels bly, in der waarheid sal Hy binne-in hulle kom woon (17). Op hierdie manier sal Jesus by die eerste dissipels wees, en almal wat Hom liefhet en sy gebooie onderhou deur die krag wat die Heilige Gees gee. Daarom kan Jesus vir hulle sê Hy laat hulle nie as weeskinders agter nie, Hy kom weer na ons toe. Die woord "weeskinders" is destyds gebruik vir kinders sonder ouers, maak ook vir leerlinge sonder 'n leermeester. So was Sokrates se leerlinge weeskinders genoem nadat Sokrates die gifbeker moes drink. Jesus se dissipels sal nooit weeskinders wees nie, want in Jesus het ons 'n Vader en 'n Leermeester. Dit bly 'n werklikheid in ons lewens deur die werk van die Heilige Gees. Gees van Waarheid

12 In groot geselskap In groot geselskap
In verse 21 en 22 brei Jesus uit op die wonderlike, hemelse gemeenskap waarin dissipels hulself bevind. Volgens vers 20 sal ons weet dat Jesus in die Vader is, en ons in Jesus. Ons is opgeneem in Jesus in die lewe van die Drie-eenheid. Deur Jesus het ons 'n Vader, en die Vader en Jesus is een, en Jesus is in ons en ons in Jesus. Volgens vers 21 word diegene wat Jesus liefhet en sy gebooie onderhou, ook deur Jesus liefgehad, en daarby ook liefgehad deur die Vader. "Wie My liefhet, hóm of haar sal my Vaderliefhê, en Ek sal hom of haar ook liefhê en My aan hulle openbaar". Dit gebeur deur die werk van die Heilige Gees. Terwyl die dissipels vrees dat hulle weeskinders gaan word, en dat hulle koersloos gaan ronddobber omdat hulle nie die weg na die Vader ken nie, verseker Jesus hulle dat hulle as kinders van God in groot gemeenskap met die lewende Vader, Seun en Heilige Gees self opgeneem gaan word. In groot geselskap

13 Betekenis vir ons Betekenis vir ons
Ons moet vandag nadink wat hierdie belofteryke gesprek tussen Jesus en sy dissipels vandag vir ons beteken. Ons staan aan die einde van die Paastyd in die kerklike jaar, en kyk vooruit na die viering van die Hemelvaart en die uitstorting van die Heilige Gees. Volgens die Westerse wetenskaplike wêreldbeeld leef ons in 'n klein wêreldjie. Dis slegs ons en die groot uitspansel. Al wat is en bestaan, is die materiële dinge wat ons rondom ons waarneem, wat ons in die ruimte sien, en wat ons nog hoop om met gevorderde tegnologie te kan sien. As mens so 'n wêreldbeeld het, begin jy te vergeet van God: Vader, Seun en Heilige Gees. Ons teks help ons onthou dat ons nie alleen is nie. Die belangrikste deel van die werklikheid is die Vader, Seun en Heilige Gees in wie se geselskap ons al gelowiges deur Christus ingetrek word, en in wie ons met gemeenskap leef. Dit is die wonderlike troos van Jesus, wat God met ons is. Wat ons nie alleen laat nie, maar vir ons 'n ander Trooster stuur terwyl Hy vir ons plek in die teenwoordigheid van die Vader voorberei. Ons kan daarom bly wees dat ons nie alleen is nie. Terwyl ons tydens die Paastyd die opstanding van Jesus anderkant die dood vier, kan ons nou opnuut ons harte oopmaak vir die Heilige Gees, ons Trooster en Voorspraak. Aangesien ons die Heilige Gees, die ander Voorspraak, van Jesus ontvang het, kan ons gemeente 'n ruimte word waar mense beleef hulle is nie alleen nie. 'n Plek waar mense vertroos, bemoedig en versterk word. Ons gemeente kan 'n ruimte wees waar die opgestane en verhewe Christus, en sy Vader, aan die wêreld bekendgemaak word deur ons gesamentlike lewe in die krag van die Heilige Gees. 'n Ruimte waaruit ons gestuur word met goeie nuus vir die wêreld. Betekenis vir ons

14 God stuur ons om te leef God stuur ons om te leef Gebed Dankoffer
Slotsang Lied 428 Loof Christus, roem sy wonderdade Seën Respons VONKK 144 Vrede Van God God stuur ons om te leef

15 Volgende erediens: Johannes 17:1-11 Volgende erediens Johannes 17:1-11
Familie-oomblik en Liturgie: Rethie van Niekerk Powerpoint: Wicus Wait Preekriglyn: Danie Mouton Prosesbestuur en ekstra stof: Chris van Wyk Volgende erediens: Johannes 17:1-11

16


Download ppt "Johannes 14:15-21 PowerPoint agtergrond"

Verwante presentaties


Ads door Google