Download de presentatie
De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub
1
God se hart klop aan ons harte!
1 Samuel 3:1-11 Luister ... God se hart klop aan ons harte! Agtergrond Samuel se roepingsverhaal word tweemaal deeglik in Woord teen die Lig behandel en wel in WtdL III/2 p 153 en WtdL III/6 p 29. Lees dit deeglik ter eksegetiese en hermeneutiese agtergrond. Al die hulpmiddels vir die Seisoen van Luister is ook ter sake. Alban Institute se “Discerning God’s will together” kan aanbeveel word vir gemeentes wat luister en onderskeiding as geestelike dissiplines en praktyke in hulle totale gemeentelike lewe wil implementeer. Die preekvoorstel hieronder is nie bedoel om net so gepreek te word nie. Dit wil gedagtes in die voorbereiding stimuleer.
2
Ingenooi deur God Ons raak bewus van ons diepste behoeftes, vrae en vrese en gee ons oor aan God
4
Ons betree God se wêreld en gaan in God se vrede in
Ingaan in God se tyd Ons betree God se wêreld en gaan in God se vrede in
6
Ons luister dieper na die Woord en ontmoet God
Luister na God se Woord Ons luister dieper na die Woord en ontmoet God
7
Hoor en doen Opsomming Die roepingsverhaal van Samuel is waarskynlik aan ons oorbekend. Ons leer vanoggend by Samuel dat ons God se stem tussen die geraas kan mishoor of nie besef dis Hy nie. Ons leer by Eli dat mens oop, nederig en kwesbaar moet wees voor jy sal kan “hoor”. Ons leer ook by Eli dat die Here met ons praat deur hulle wat jonger is en hulle wat nie noodwendig status het nie. Ons leer by Samuel dat die hoor van die Here se stem een ding is, maar die doen ‘n ander. Ons leer dat God se hart aan ons harte klop – en dat ons moet luister … juis in ‘n tyd waar die “Woord van die Here min gehoor word” (1 Sam 3:1)?
8
Luister na mekaar God maak ons ‘n luisterende gemeenskap en praat ook deur ander mense met ons
9
Vrae vir kleingroepe: Watter ingesteldheid het mens nodig voordat jy werklik na iemand anders kan “luister”? Hoe help dit ons om te besef wat ons ingesteldheid teenoor God moet wees om sy Woord te kan hoor en werklik na Hom te luister? Waar dink julle praat God vandag met jou/ons wat ons glad nie hoor nie, of dink dis ander stemme? Vrae vir kleingroepe: 1. Watter ingesteldheid het mens nodig voordat jy werklik na iemand anders kan “luister”? 2. Hoe help dit ons om te besef wat ons ingesteldheid teenoor God moet wees om sy Woord te kan hoor en werklik na Hom te luister? 3. Waar dink julle praat God vandag met jou/ons wat ons glad nie hoor nie, of dink dis ander stemme?
10
Kindertyd Kry ‘n Afrika-drom en laat iemand buite die gesig van die kinders daarmee sit. Sê vir die kinders dat die orrel nou gaan speel, maar dat daar iets anders is wat hulle moet probeer hoor. As hulle dink hulle weet wat dit is, moet hulle hulle hande opsteek. Laat die orrel hard speel (bv Spreek Heer) en terselfdertyd slaan iemand ‘n hartklop-ritme op die drom. Laat die orrel al hoe sagter speel totdat al die kinders aandui dat hulle die drom hoor. Verduidelik dat dit baie is soos om God se stem te hoor tussen al die ander geraas van elke dag. Brei uit op ons eie selfsugtigheid wat keer dat ons God se stem hoor.
11
Jy hoor dit waarvoor jy luister
Mens hoor dít waarvoor jy luister · ‘n Indiaan en sy vriend loop in New York naby Times Square. Die sypaadjies is vol mense, die karre se toeters blaas, sirenes loei, dis ‘n babelse lawaai. Skielik stop die Indiaan en sê: “Ek hoor ‘n kriek.” “Jy’s seker nie ernstig nie.” antwoord sy vriend, “Hoe kan jy ‘n kriek in hierdie geraas hoor?” “Nee, ek’s doodseker daarvan – ek hoor ‘n kriek.” “Dis laf,” sê sy vriend. Die Indiaan luister mooi vir ‘n oomblik en stap toe oor die straat na waar ‘n paar struike verdwaald aan die groei is in die betonoerwoud. Hy maak die bossie oop en sowaar - daar sit ‘n kriek. Sy vriend is verstom: “Jy moet super ore hê!” “Nee,” sê die Indiaan, “my ore is nie anders as joune nie.” “Onmoontlik, ek sou nooit ‘n kriek in hierdie geraas gehoor het nie,” sê sy vriend. “O ja, jy sou kon. Kom ek wys jou.” Hy vat ‘n paar muntstukke uit sy sak en laat val dit op die sypaadjie. Onmiddellik, te midde van die verskriklike geraas draai elke kop binne ‘n vyf meter radius om te kyk of dit nie hulle geld is wat geval het nie. “Sien jy wat ek bedoel,” vra die Indiaan. Dit hang alles af waarvoor jy luister. En jy luister na dit wat vir jou belangrik is.
12
Mens hoor dít waarvoor jy luister
Mens hoor dít waarvoor jy luister. Om goed te luister is soos om in te stem op ‘n radiostasie. Jy moet kies watter stasie jy wil luister en vir goeie luisterresultate kan jy ook nie na meer as een stasie op ‘n slag luister nie. Ons probeer dit nogal, bv probeer ek na my vrou luister terwyl ek koerant lees of TV kyk. Dit is soos om twee radiostasies gelyk te probeer opvang. Luister veronderstel ‘n keuse van waar ek my aandag gaan rig. Waar ek gaan instem. Waarop ek dus gaan uitstem, sodat ek kan instem op dit wat vir my belangrik is.
13
Ons is nie goeie luisteraars nie
· ‘n Mens dink omtrent 4x vinniger as wat iemand kan praat. Gebruik jy hierdie tyd om aan ander dinge te dink of te dink wat jy volgende wil sê, terwyl jy tegelykertyd probeer agterkom wat die ander persoon sê? · Filter jou vooroordele dit wat jy hoor en na luister? Beïnvloed iemand se voorkoms jou? Of sy/haar manier van dinge oordra? Is daar sekere woorde of frases wat jou afskakel of uitstem dat jy nie verder kan objektief luister nie? Lyk jy of jy aandag gee, maar eintlik is jy elders? Jou ore se hamertjies, aambeeldjies en stiebeultjies vibreer, maar dit gaan nie verder nie?
14
Ons verleer om na God se hartklop te luister
Ons kan ook verleer om na God se hartklop te luister - Eli is hiervan ‘n goeie voorbeeld. Hy is iemand vir wie die stem van God alledaags geword het – dis deel van sy dagtaak vir jare al. Hy sou dalk kon voel “Ek het dit alles al gehoor. Ek weet wat te weet is oor en van God.” Sy seuns is nog erger. Om voor God te lewe was vir hulle ‘n geboortereg, ‘n vanselfsprekendheid. En wanneer God nie meer vir my nuut is nie, sal ek sy stem ook nie meer nuut hoor nie. - Dat mense nie na God luister nie, beteken natuurlik nie dat God ophou praat nie. As jy na ‘n ander kanaal skuif op die radio of TV, hou die program op die vorige kanaal tog nie op nie. Jy luister net nie meer nie. Net omdat ons na ander kanale luister, beteken nie dat God ophou praat het nie! - In die Bybel moet God soms op heel besondere maniere sy kinders of volk se aandag trek. Moses is alleen in die woestyn en sy aandag word getrek deur ‘n brandende bos. Paulus word verblind op die pad na Damaskus. Vir Simon en Andreas, Jakobus en Johannes was die dag toe hulle God se stem gehoor het, egter maar ‘n dag soos elke ander, terwyl hulle besig is om hulle visnette heel te maak. Amos was ook met sy dagtaak besig – hy het skape opgepas (en soos Noordmans sê, sou wel nog mis aan sy broek gehad het toe God hom geroep het!). - Samuel word uit sy bed uitgesleep in die middel van die nag. Met die herhalende roep van God, amper ‘n roepspeletjie, blyk God se geduldige deursettingsvermoë om met mense wat verleer het om Hom te hoor, te begin praat en hulle van voor af te leer om te luister.
15
Ons kan weer leer om na God se hartklop te luister
... maar dan moet ons ‘n aantal “luisterhoudings” aanleer.
16
1. Glo dat iemand besig is om te praat
1. In die eerste plek kan jy nie luister as jy nie glo Iemand is besig om te praat nie! Het ons dalk na ‘n praktiese deïsme geskuif wat dalk nog glo God is daar, maar dit al hoe moeiliker vind om te glo dat Hy betrokke is by sy wêreld, wat nog te sê met my sou “praat”?
17
2. Bly stil! 2. In die tweede plek kan mens nie luister terwyl jy praat nie. Jy sal moet stilbly! En nou praat ons nie van die saboterende en manipulerende stilstuipes waarin ons so maklik ingaan nie. Dis allermins luister. Nee, ons praat van stilbly sodat ek kan probeer agterkom wat aangaan. Sodat ek na my eie binneste kan luister, na ander mense kan luister, na my konteks kan luister – en dwarsdeur dit alles na God se stem kan luister. Ons sal selfs oor gebed moet leer dat gebed nie net praat is nie, maar meestal stilbly en luister is! Wanneer en hoe ek stilbly het baie meer waarde as wanneer ek praat en wat ek sê.
18
3. Luister terwyl jy dien 3. In die derde plek sal ek moet leer om meer beskeie te wees. Niks laat mens luister soos wanneer jy besig is om te dien nie. [Ek het onlangs gaan help bou aan ‘n huis vir Habitat for Humanity. Wat ‘n wonderlike ervaring om iets te gaan doen waarvoor jy nie opleiding gehad het nie. Nooit het ek ‘n klas op kweekskool in “sement mix” gehad nie. Ek, met meerdere grade, was totaal afhanklik van die instruksies van ‘n ongeskoolde werker. Die wonderlike is dat ek in al my sintuie opgeskerp was om te leer en veral in my bewussyn opgeskerp was om ander en God se teenwoordigheid intens te ervaar, juis omdat ek nie in my gemaksone was nie.] Dit leer ons natuurlik by Samuel ook. Samuel het ‘n dienaarshart gehad. Hy was waarskynlik 12 jaar oud en sy take was om die lampe op te steek en die tempel en tabernakel skoon te hou. Hy’s die skoonmaker. Die leerlingkoster. Hy het nie die belangrike werk in die tempel nie. Hy het nie, soos Eli se seuns, mag om ander mee af te pers nie. Dis erg om te dink dat God die herstel van sy eer en sy Woord in die land aan ‘n jongeling toe vertrou, in plaas van aan Eli. Aan die terreinopsigter en tempelleerjonge, die leerlingkoster in plaas van die “senior pastor”! Skynbaar is Samuel se kinderlike naïwiteit (“Ek moet seker weer iets vir Eli gaan doen”) en sy dienaarsingesteldheid, nie ‘n diskwalifikasie nie, maar juis ‘n kwalifikasie om God te hoor! Hierdie beskeidenheid en dienaarsingesteldheid is nie papbroekigheid nie. Die Engelse woord “humility” kom van die Latynse “humus” – grond of die aarde. Beskeidenheid beteken maar net om naby aan die aarde te leef en eerlik te wees oor my eie beperkinge. Daarom ook versigtig te wees vir my eie motiewe en vir my selfsug en selfbelang wat kleur hoe en wanneer ek luister.
19
4. Wag! 4. In die vierde plek vra luister dat ek bereid sal wees om te wag. Let op wat Samuel se opdrag is. Hy moet teruggaan en gaan wag. Maar natuurlik ook “verwag” dat God met Hom praat.
20
5. Wees gehoor-SAAM 5. In die vyfde plek is luister ‘n groepsding. Mens is gehoor-SAAM – ons luister SAAM na God. Daarmee moet ons mekaar help, soos die stam in Afrika wat tot bekering gekom het, en baie toegewyd aan die Here was. Elkeen het sy eie plek in die woud gehad waar hy gaan bid het en sy hart gaan uitstort het en na God gaan luister het. Die paadjies was mettertyd uitgetrap na daardie plekke. Die gevolg was dat, indien van die gelowiges hulle gebedslewe begin afskeep het, die ander dit sou agterkom, want daar sou begin gras groei het op die paadjie! Daarom het hulle mekaar gereeld vriendelik vermaan: “Broer, die gras groei op jou paadjie!” Ons moet mekaar herinner om te luister. Ons moet ook die diversiteit in die geloofsgemeenskap gebruik om God van verskillende kante af te sien en saam te onderskei wat sy roeping vir ons is. Dit het in Eli se geval beteken dat hy na die jong generasie sonder vooroordeel moes luister, omdat God gekies het om Hom aan die jongeling te openbaar. Dit beteken dat ons in die kerk sal moet luister na mense wat op die rand van die samelewing en dikwels juis ook op die rand van die kerk geskuif is. Ek dink aan die armes, aan die kunstenaars, dramaturge en digters, ek dink aan mense wat die kerk verlaat omdat hulle vind dat “kerkmense” rigiede mense is en dat hulle vrae en kritiese denke nie daar welkom is nie.
21
Om te luister is om ’n leerbare gees te hê
“Die kerk is heilig, nie omdat sy volmaak is nie, maar alleen in die mate waarin sy daagliks groei en leer.” Calvyn Om te luister is om ‘n leerbare gees te hê Calvyn het dit mooi gestel: “Die kerk is heilig, nie omdat sy volmaak is nie, maar alleen in die mate waarin sy daagliks groei en leer.” As ons ons leerbaarheid verloor het, het ons alles verloor. Dan is ons vasgevang in ‘n sirkelbestaan. Uitgelewer aan die beperktheid van ons eie interpretasies en eensydige blik op sake … en op God. As ek my leerbare gees verloor, het ek my toekoms verloor, want dan het ek die vermoë verloor om myself te verras, om deur ander verras te word en veral … om deur God verras te word.
22
Wanneer het ek ’n leerbare gees?
Ek het ‘n leerbare gees as ek besef my kennis en wysheid is onvolledig. Hoe bevrydend om te besef jy hoef nie altyd reg te wees nie. [Dikwels moet ons onsself afvra wanneer ons so in beheer wil wees en ons insigte ten toon stel: “Wil ek reg wees of wil ek gelukkig wees?] Ek het ‘n leerbare gees as ek my mag kan prysgee in verhoudings en na God kan begin luister deur ander? As ek begin erken dat ek ander se perspektiewe nodig het. Om leerbaar te wees beteken dat ek dinge begin sê soos “Hoe sien jy hierdie saak?” en oor teleurstellings begin vra “Wat kan ek van God hierin hoor?” Dit beteken dat ek begin wonder: “Wat kan elke mens wat oor my pad kom my oor God en die lewe leer?” Ook die eenvoudigstes. Dit beteken dat ek my doelbewus omring deur mense by wie ek kan leer, in plaas van om hulle te vermy omdat hulle my bedreig en onbekwaam laat voel.
23
Ek kan nog verander! Om so te leer en te luister beteken dat ek in my hart der harte begin glo dat God nie met my klaar is nie. Dat ek nog kán verander. Dat ek myself nog meer kan offer vir God en vir ander en vir sy wêreld. Dat ek nog meer en meer soos Jesus kan begin lyk. Dat ek nog soveel perspektiewe op God kan kry waarvan ek nog nie eers gedroom het nie.
24
Hoor en doen is twee goed!
25
Luister impliseer ge-HOOR-saamheid
Maar luister impliseer ge-HOOR-saamheid. Ons luister nie as ons nie die bereidheid het om te gehoorsaam nie. Samuel lyk of hy sy opdrag gelate aanvaar en bereid is om te gehoorsaam. En tog, die volgende oggend begin hy met sy dagtaak. Dis vir hom “business as usual”. Hy bly stil oor wat hy by God gehoor het en gaan voort met sy dagtaak. Het hy gehoop sy opdrag sal net weggaan? Eli moet hom dwing voor hy die moed kry om te praat! Prof Hennie Rossouw sê in die nag word Samuel as profeet aangestel, maar die oggend gaan hy voort soos normaal. Ons sien die benoude hart van ‘n onwillige boodskapper. Die ywerige drumpelwagter word ‘n vlugtende profeet. En, ironies, terwyl hy die volgende dag aan die liturgie (tempeldiens) deelneem, is hy besig om sy diens aan God uit te stel!
26
Weerstand en wroeging is deel van luister na God
Dit moet ons weet: weerstand en wroeging in my hart is deel van luister na God. Dis hoe dit voel as God se Woord in my werk! Ons moet leer luister of ons daarvan hou of nie, of ons hoor wat ons wil hoor of nie. En dit sal beslis dikwels bedreigend en ongemaklik wees om na God te luister.
27
Luister na ander en die tye
Ons stel onsself oop om God van onverwagse kante af te hoor
28
God se stem vandag te midde van ander stemme
· Ons leer by Samuel dat God nie maar net verlief neem met hoe dinge maar is nie. Ook God bereik ‘n punt van “genoeg is genoeg”. En dan práát God en herstel sy eer. Hoe sou my lewe anders daar uitsien as ek gereeld en ernstig myself sou afvra: “Wat sê God vir my?” Hoe sou ons gemeente anders begin lyk as ons hele geloofsgemeenskap gereeld en ernstig sou begin vra: “Wat sê God vir ons?”
29
Hoe kan ek voor God lewe? Hierdie soort vrae het amper 500 jaar gelede die Reformasie aan die gang gesit, toe Martin Luther en baie ander saam met hom begin vra het “hoe kan ek coram Deo – by die hart van God of voor die aangesig van God – lewe?”
30
God se hartklop… Sy hartklop klop aan my hart. Die probleem is, mens hoor net dít waarvoor jy luister! [Laat die Afrika-drom vierkeer ‘n hartklop ritme in die stilte slaan]
31
Luister weer na God se Woord
Ons fokus op die Gees se beweging in ons hart en gedagtes
33
Fokus op wat God nou doen
Ons fokus op wat God nou doen en waarheen God ons lewe rig
35
Ons besluit op ’n gepaste reaksie op wat God gegee/ gedoen/ gesê het
Antwoord met ons lewe Ons besluit op ’n gepaste reaksie op wat God gegee/ gedoen/ gesê het
37
God praat – Leef Luisterryk
Eerste gedrukte media vir die Seisoen van Luister. Pakket met 10 boekies vir kleingroepe met 1 begeleiersgids – R49.95 Bestel by Bybel-Media
Verwante presentaties
© 2024 SlidePlayer.nl Inc.
All rights reserved.