De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

Ondersteun die Liggiefees sodat die kindertjies kan feesvier

Verwante presentaties


Presentatie over: "Ondersteun die Liggiefees sodat die kindertjies kan feesvier"— Transcript van de presentatie:

1 Ondersteun die Liggiefees sodat die kindertjies kan feesvier
Gemeente – Algemeen -Dank GOD vir Radiokansel & al die ander radiostasies wat SY Naam groot maak -Bid vir die gemeente se werksaamhede en elkeen wat ook leiding neem in die gemeente -Bid vir die eredienste, voorsang-groepie en ons predikante NG Gemeente Vaalpark Gebedsbulletin No. 49 van 2017 Voorbidding Dank Gebede Bid asb vir Janine Vorster – elke gebed is bitter nodig Bid asb vir gebroke huwelike – daar is baie egskeidings Bid asb saam vir Eskom & sy werkers Bid asb vir eenheid & herlewing in ons dorp & in ons land SA Bid asb vir al die verslaafdes vir volle genesing Bid vir Lottie Conradie – sy is ernstig siek Bid asb vir Chanté Pieterse – sy het Leukemie kanker Bid asb vir Marié Deysel – sy het kanker Bid asb vir Chenique vd Merwe – bid vir volle genesing Bid asb vir Deseré vd Walt – bid vir volle genesing Bid asb vir André Ackerman vir genesing na sy beroerte Bid asb vir Beatri Wagner – sy is ernstig siek Bid asb vir Hernann Sander – vir spoedige herstel en genesing Bid asb vir Alta Faurie vir genesing - sy is baie siek Bid asb vir Stephan Fourie – hy was vir ‘n groot operasie Bid asb vir Willie Matthee- het longontsteking Bid asb vir Maria Steyn – bid vir volle genesing sy is ernstig siek Bid asb vir Suzette Fourie en dogter-haar dogter het kanker 03 03 Desember 2 7 7 -Dankie HERE vir U groot genade & my gesondheid -Dankie HERE vir elke nuwe dag wat U my skenk -Dankie HERE dat U, U ENIGSTE SEUN gestuur het om vir my aan die houtkruis te sterf -Dankie HERE dat ek kan sit, opstaan, loop, lag, ruik, hoor, proe , redeneer & omgee, & dankie HERE dat U altyd daar is vir my -Dankie my GOD vir elke gebed wat gebid word & vir elke gebed wat U verhoor. Dankie my GOD dat U ons hand nooit sal los nie. - Dankie vir U wondergroot genade. Amen! 1 Deon Serfontein Tel: (016) Sel: Geloof lek ... * Behandel jy belangrike mense anders as “gewone” mense? Verwag jy dat mense jou altyd op sekere maniere moet behandel en neem jy hulle kwalik as dit nie gebeur nie? * Praat jy minder hoflik met mense wat minder aansien in jou eie oë het as vernames? * Val jy mense gedurig in die rede? Voltooi jy sommer hulle sinne namens hulle, of praat jy hulle dood? * Korrigeer jy ander gedurig as hulle opinies, gedrag of idees nie met joune ooreenstem nie? Ons taalgebruik kan gou-gou in ’n wapen verander waarmee ons mense “op hulle plek” hou. In Matteus 23:6-8 waarsku Jesus juis teen “godsdienstiges taal” wat eintlik maar net ’n vroom masker is waarmee sekere mense hulle eie arrogansie en magsbeheptheid versteek. Hy verwys met name na sommige godsdienstige leiers in daardie tyd wat baie gesteld op al die titels waarmee almal hulle moes aanspreek. Boonop het hulle ook aanspraak gemaak op voorkeur-behandeling op grond van hulle “hoë godsdienstige status.” Jesus roep ons op om nie in dieselfde strik te trap en te dink ons is iets besonders nie. God kan dit nie vat dat mense dink hulle is beter as ander nie. Ons is geroep tot nederigheid. Ons moet dit inoefen deur aanhoudend op te kyk na God en ander. Ook moet ons vars nuwe taal inoefen wat deurdrenk is met respek en omgee. Ons taal moet die afstand tussen ons en ander mense laat krimp op die regte maniere. Ons geloof wys immers hoe ons met en oor ander mense praat. Ons geloof lek uit in die maniere hoe ons onsself gedra tussen ander. En dit geld veral ten opsigte van mense wat anders as ons lyk, dink of glo. As ons mense van kleur byvoorbeeld met minder respek aanspreek of behandel, dan kort ons nuwe hartstaal. En as ons afpraat op andersdenkendes, ongelowiges, sondaars en kie, kort ons nuwe harte, Jesus se nederige soort! Stephan Joubert Gedagte vd week ??? Onthou om te onthou . . . Datum “Topic” Plek Des 2017 Cathrine Robson Kinderhuis Liggiefees Joubertstraat Vereeniging 10 Des 2017 Liggiefees - Onbeperk Joubertstr Ver 11 Des 2017 Liggiefees – Willie en Natasha Joubert Ondersteun die Liggiefees sodat die kindertjies kan feesvier R20pp & R10 vir kinders onder 10jr. Daar word allerhande goedjies verkoop Rig gebedsbulletin versoeke direk aan Deon Serfontein of handig by Kerkkantoor in.


Download ppt "Ondersteun die Liggiefees sodat die kindertjies kan feesvier"

Verwante presentaties


Ads door Google