De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

Die Koninkryk van God Waarheid – Lig - Lewe.

Verwante presentaties


Presentatie over: "Die Koninkryk van God Waarheid – Lig - Lewe."— Transcript van de presentatie:

1 Die Koninkryk van God Waarheid – Lig - Lewe

2 dja hwhy Wnyhla hwhy lar`y [m`
Sh'ma Yisra'el Yahuah eloheinu Yahuah egad. Luister, hoor en doen Yisra'el, hwhy is ons God; hwhy is een

3 Mark 1:14 Nadat Yoganan gevang is, het Yeshua na die Galil gekom en die goeie boodskap van die Koninkryk van God verkondig 15 en gesê dat die tyd tot volheid gekom het en dat die Koninkryk van God naby gekom het; draai om na God toe en vertrou in die goeie boodskap.

4 Nie iets in die toekoms nie.
Luk 17:20 Toe sommige Fariseërs hom vra wanneer die Koninkryk van God kom, het Hy hulle geantwoord en gesê: “Die Koninkryk van God kom nie sigbaar nie 21 en hulle sal ook nie sê: ‘Let op, hier!’ of: ‘Let op, daar!’ nie, want let op, die Koninkryk van God is in sommige van julle.”

5 Mat 5:17 Moenie dink dat Ek gekom het om die Wet of die Profete te ontrafel nie. Ek het nie gekom om te ontrafel nie, maar om volledig uit te lê, 18 want dit is waar wat Ek vir julle sê: ‘Totdat die hemel en die aarde verby sal gaan, sal nie een ‘yud’ of een ‘strepie’ van die wet verbygaan, voordat dit alles klaar gebeur het nie.’ 19 Enige een, wat daarom aan een van die minste van hierdie opdragte ongehoorsaam is en ander só leer, sal die minste genoem word in die Koninkryk van die hemel, maar elkeen wat dit doen en leer, hy sal groot genoem word in die Koninkryk van die hemel, 20 want Ek sê vir julle dat, as julle onpartydigheid en opregtheid nie baie meer is as dié van die leraars van die wet en die Fariseërs nie, julle sekerlik nie in die Koninkryk van die hemel sal ingaan nie!

6 Skepping Koninkryk op aarde Vader is Koning
Mens aangestel met outoriteit

7 Skepping God se Koninkryk op aarde Vader is Koning
Mens aangestel met outoriteit - Dan 7:27 Die heerskappye en die grootheid van die koninkryk onder die ganse hemel sal gegee word aan die afgesonderde volk van die Allerhoogste, wie se Koninkryk ’n ewige koninkryk is en al die heerskappye sal Hom dien en gehoorsaam.” God se beeld Heers oor skepping Vermenigvuldig

8 Skepping Shekinagh Shalom Gesondheid Vrede Geluk Blydskap
Vergenoegdheid Veiligheid Vrugte v d Gees Suksesvol God se Koninkryk op aarde Vader is Koning Mens aangestel met outoriteit God se beeld Heers oor skepping Vermenigvuldig

9 Keuse Die mens maak ’n keuse: - Glo die misleiding
- Misplaas die outoriteit - Kies ‘n ander koning Word deel van sy koninkryk Word ‘n slaaf in sy koninkryk Deel van die duisternis

10 Slawerny – voer Satan se wil uit
Keuse God se Koninkryk op aarde Vader is Koning Mens met outoriteit Lig en Lewe Satan se koninkryk Satan is koning Mens ‘n slaaf Duisternis en dood Slawerny – voer Satan se wil uit

11 Hoe kom ons terug Daardie mens moet sterf Alles van hom moet sterf
Nuwe Gees deur gebore te word uit die Gees. Nuwe bloedlyn van Yeshua Nuwe saad – onbesoedeld Nuwe optrede Nuwe Verstand Nuwe Wil Nuwe Emosie

12 Yog 3:3 Yeshua antwoord en sê vir hom: “Dit is ’n tydlose waarheid wat Ek vir jou sê: as iemand nie van bo af gebore word nie, is dit onmoontlik vir hom om die Koninkryk van God te sien.” 4 Nakdimon vra vir Hom: “Hoe is dit moontlik vir ’n mens, as hy oud is, om gebore te word? Is dit nie onmoontlik vir ’n man om ’n tweede keer in sy moeder se baarmoeder in te gaan en gebore te word nie?” 5 Yeshua antwoord en sê vir hom: “Dit is ’n tydlose waarheid wat Ek vir jou sê: as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, is dit onmoontlik dat hy in die Koninkryk van God kan ingaan.

13 Hoe? Dit is wat jou doop moet beteken.
Aflê van die ou Natuur – verlang of begeer nooit terug nie Opneem van hierdie Nuwe Natuur, karakter en lewenswyse Leef in die Nuwe Natuur Beeld van Vader = leef soos Yeshua Sy beeld kom wys het - 1 Yog 2:6, Outoriteit soos aan Yeshua gegee – Mat 28:18, Heers Dit is wat jou doop moet beteken.

14 Rom 6:3 Of weet julle nie dat díe van ons wat in Die Gesalfde Een, Yeshua, gedoop is, in Sy dood gedoop is nie? 4 Ons is saam met Hom begrawe in die doop tot die dood sodat net soos Die Gesalfde Een uit die dood uit opgestaan het deur die Gemanifesteerde Teenwoordigheid van Sy Vader, ons ook net so in ’n nuwe lewe kan leef, 5 want as ons een geword het met Hom deur dieselfde dood as Hy, sal ons ook een wees met Hom in dieselfde opstanding as Hy. 6 Ons weet dat ons ou mens saam met Hom gekruisig is sodat die liggaam van sonde vernietig sou word sodat ons nie langer ’n slaaf van die sonde sal wees nie, 7 want hy wat dood is, het homself van die sonde bevry. 8 As ons daarom saam met Die Gesalfde Een dood is, laat ons vertrou dat ons saam met Die Gesalfde Een sal lewe 9 omdat ons weet dat Die Gesalfde Een opgestaan het uit die dood en nie weer sal sterf nie en die dood geen outoriteit oor Hom het nie. 10 Hy wat dood is vir die sonde, het een maal gesterf en omdat Hy leef, leef Hy vir God. 11 Net so moet julle ook julleself beskou as dood vir die sonde en dat julle leef vir God in eenheid met ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een. 12 Die sonde sal daarom nie in julle dooie liggame heers, asof julle aan sy begeertes gehoorsaam sou wees nie. 13 Moet ook nie julle lede aanbied as wapens vir boosheid tot sonde nie, maar bied julleself aan vir God as mense wat uit die dood uit lewend is en julle lede sal wapens wees vir die onpartydige opregtheid van God.

15 Nou moet jy volkome wees soos Hy wil: Gees – 2Kor 7:1 Julle vir wie ons lief is omdat daar vir ons hierdie beloftes is, laat ons onsself daarom reinig van alle vuilheid van die vlees en die gees en laat ons groei in afgesonderdheid uit respekvolle vrees vir God. Verstand - Rom 16:19 Julle gehoorsaamheid het oral bekend geword; daarom verbly ek my oor julle en ek wens dat julle wys mag wees oor wat goed is, maar onskuldig oor wat boos is. Wil - Spr 11:23 Die begeerte van die regverdiges is net goed, maar die verwagting van die bose is toorn. Emosie - 1Tim 2:8 Ek wil daarom hê dat die mans op elke plek moet bid en afgesonderde, rein hande oplig sonder woede en komplotte. Dade - Efe 6:6 nie wat nodig het om dopgehou te word soos mensebehaers nie, maar soos slawe van Die Gesalfde Een wat die wil van God doen

16 Nuut in Sy Koninkryk Hy is Koning
Hy maak die reëls – Jy tree op volgens die koninkryk waaraan jy behoort. Sy Koninkryk is Afgesonderd – nie half / half Sonde besoedel jou en die Koninkryk Voor reiniging – maak nie saak nie, nou is dit onreinheid Satan het outoriteit in die Koninkryk van satan en sal probeer om jou volgens sy koninkryk te laat optree en lewe.

17 Mat 6:10 laat U Koninkryk kom, laat U wil gedoen word, op die aarde soos in die hemel. Luk 11:3 U Karakter en Outoriteit bly afgesonderd; laat U Koninkryk kom; laat U besluite uitgevoer word, net soos in die hemel, so ook op die aarde; gee vir ons dié brood wat ons nodig het elke dag

18 Die Koninkryk van God is:
- waar Sy opdragte uitgevoer word - volgens Sy gedagtes gedink word - Koninkryk eerste - volgens Sy omgee opgetree word - soos Hy liefhet - soos Hy gee - waar niks anders belangrik is nie - waar ten volle op Hom vertrou word

19 Yeshua het kom wys wat is belangrik!!
Aanvalle Gen 3:15 Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou en tussen jou saad en haar Saad. Hy sal jou kop vertrap en jy sal Sy hakskeen byt.” Satan sal alles probeer om die Liggaam van Yeshua, die Koninkryk, in die hakskeen te byt – stadig te maak – seer te maak – te mislei – te verwar – besig te hou met onnodige goed. Yeshua het kom wys wat is belangrik!!

20 Kom ons kyk hoe lyk en tree elkeen van die koninkryke op.
Ons het dus ‘n stryd tussen die 2 koninkryke. Daar is geen ander nie. Jou lewe en dade wys aan watter koninkryk jy behoort. Yeshua het kom wys wat reg is en ons het geen verskoning nie. Kom ons kyk hoe lyk en tree elkeen van die koninkryke op.

21 Yog 3:19 Dit is die veroordeling: die Lig het in die wêreld gekom en die mense het die duisternis eerder liefgehad as die Lig, want hulle dade was boos, Yog 3:20 want elkeen wat doen wat haatlik is, haat die Lig en kom nie na die Lig nie sodat sy dade nie veroordeel kan word nie,

22 Dit wat nie die Koninkryk van God behels en bevorder nie.
Aanvalle stadig te maak – Twyfel, Verdeeldheid, seer te maak – Afguns, Skinder, Praatjies te mislei – Rom 16:18 want sulke mense dien nie ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een nie, maar hulle eie maag en hulle mislei die verstand, wil en emosie van die reines deur hulle soet woorde en seëninge., Mooi klinkende leringe, Emosionele lering te verwar – Gebrek aan kennis, Wolwe in skaapklere besig te hou met onnodige goed – Eintydleer, temple, Joodse gebruike, Kerk leringe en feeste Dit wat nie die Koninkryk van God behels en bevorder nie.

23 Mat 6:31 Julle moet daarom nie bekommerd wees en vra: ‘Wat sal ons eet, of wat sal ons drink, of wat sal ons aantrek nie,’ 32 want dit is die ander nasies wat konsentreer op al hierdie dinge. Julle hemelse Vader weet dat julle ook al hierdie dinge nodig het, 33 maar soek eerste die Koninkryk van God en Sy onpartydige opregtheid en al hierdie dinge sal ook vir julle bygesit word. 34 Bekommer julle dus nie oor môre nie, want môre sal hom oor sy eie dinge bekommer. Elke dag het genoeg aan sy eie booshede.”

24 Die koninkryk van Satan
Die koninkryk van Satan. Gal 5:19 maar julle ken die dade van die menslike natuur; dit is: seksuele oortredings, onreinheid, wellustigheid, 20 aanbidding van afgode, towery, vyandskap, tweedrag, jaloesie, woede, hardkoppigheid, misleiding, valse leringe, 21 afguns, moord, dronkenskap, orgies en soortgelyke dinge en dat die wat hierdie dinge doen, soos ek vroeër gesê het en nou weer sê, nie die Koninkryk van God sal erf nie.”

25 Die koninkryk van Satan.
Rom 8:6 want die gedagtes van die vlees is dood, maar die gedagtes van die Gees is lewe, vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid 7 omdat die gedagtes van die vlees vyandskap teen God is, want dit is nie gehoorsaam aan die wet van God nie, want dit is ook nie moontlik nie. 8 Hulle wat in die vlees is, kan God nie tevrede stel nie,

26 Die Koninkryk van God. Gal 5:16 Ek sê: “Leef deur die Gees, dan sal julle nooit deur die begeertes van die menslike natuur gevang word nie, 17 want die menslike natuur begeer die teenoorgestelde as die Gees en die Gees die teenoorgestelde as die menslike natuur. Hulle staan teenoor mekaar sodat julle nie kan doen wat julle wil doen nie, 22 Die vrugte van die Gees is liefde, blydskap, vrede, geduld, sagte omgee, goedheid, vertroue, 23 nederigheid en selfbeheersing. Teen sulke dinge is geen wet in plek nie, 24 maar dié wat aan Die Gesalfde Een behoort, het die menslike natuur met al sy passies en begeertes gekruisig. 25 Ons moet daarom in die Gees leef en aan die Gees oorgee 26 en laat ons nie sonder lof en eer wees nie; mekaar slegmaak en jaloers wees op mekaar nie.

27 1Thess 5:22 Vlug weg van elke ding wat boos is
Die Koninkryk van God. 1Thess 5:22 Vlug weg van elke ding wat boos is 1Thess 5:23 en Hy, die God van vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid, sal julle almal volkome afsonder en julle volkome, (gees, verstand, wil, emosie en liggaam) geheel en al foutloos beskerm tot by die koms van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een!

28 Die Koninkryk van God. Eph 1:22 Hy het alles in gehoorsaamheid onder Sy voete gesit en Hom wat hoër as alles is as Hoof oor die gemeente, Eph 1:23 wat Sy liggaam is, gegee; die volledigheid van Hom wat alles in almal volledig maak;

29 As ons ons skuldig maak hieraan – val ons dus vir die lokval van Satan en help ons hom in sy koninkryk. Vermy dit – weier dit – neem nie deel nie. Lees niks wat nie kom van betroubare bronne nie. Jy sal weet as Vader jou kan gebruik om leuens te weerlê – anders, bly weg.

30 Maak seker jy ken die wet van God sodat jy nie die vyand kan help om chaos te bring nie.


Download ppt "Die Koninkryk van God Waarheid – Lig - Lewe."

Verwante presentaties


Ads door Google